Jump to content

Afrikaanse Sielsmusiek Konsert


Annecke

Recommended Posts

GETUIE VAN ‘N KAALVOETREIS

’n Heerlike aanbieding van Annecke Redelinghuys bied ‘n nostalgiese ontdekkingsreis deur die weë van die siel – juis dit wat die vrouesiel aanraak. Die luisteraar word ’n getuie van ’n bekende reis, ’n kaalvoet-reis sonder “fênsie-geite†en sonder ompaaie.

Ons het Annecke leer ken deur haar liedjies “Dwergieman†en “Lyf†wat deur Matthys Roets gesing word. Haar nuutste optrede in haar kenmerkende styl van ballades en intense meelewing in haar musiek kulmineer in ’n produksie “Getuie van ‘n Kaalvoetreis†deur die siel van ’n vrou.

Annecke neem jou met haar liedjies en tussengesprekke op reis deur die vele fasette van die wese van vrouwees. Jy beleef weer die opgewonde geloof in sprokies wat vertel van prinse en prinsesse, die teleurstelling dat die prins en prinses nie vir ewig en ewig gelukkig saam gelewe het nie.. Jy verstaan en onthou opnuut wat liefde vir jou beteken en hoe stilte jou heelmaak, hoe kreatief jou siel eintlik is en wat ondersteuning in jou lewe werklik is as die bang jou bekruip. Jy onthou hoe seer verwerping deur -en verlies aan ’n geliefde is en jy beaam jou soms onverskrokkenheid, maar ook jou maklike vergifnis. Jy beleef wat die anker van geloof in jou lewe bring en borduur daarom met die ononderhandelbare besef van afhanklikheid van God.

Hierdie is nie slegs ’n konsert / produksie vir vroue nie. Inteendeel – die mees kritiese verskille tussen mans en vroue word in hierdie produksie aangespreek. Die mees basiese elemente van die siel van die vrou word op ’n eenvoudige, verstaanbare en diep menslike manier aangebied, soms met bietjie humor. Die wêreld en realiteite van die vrou word deur middel van gepaste teks, musiek en gedigte geillustreer. Al die musiek, teks en sommige van die gedigte is deur Annecke geskryf. Antjie Krog se gedigte word ook geinkorporeer.

Kom saam op hierdie kaalvoet-reis – Hier waar jy geïnspireer sal word om meer te wees, om heel te wees in jouself. Hier waar jy sal besef en bly wees dat dit nooit te laat is nie, en dat jy die wete sal hê dat jy nooit alleen is nie, al is daar niemand rondom jou nie.

Maak dus seker dat jy nie Annecke Redelinghuys se optrede misloop nie!

Venue: Portside Christian School Auditorium

Address: 1 Causeway Road, Ethelton, Adelaide

Time: 19h30 for 20h00

Date: 19 June 2010

Kontakbesonderhede: annecke.redelinghuys@gmail.com

045 882 8666

Link to comment
Share on other sites

Archived

This topic is now archived and is closed to further replies.

×
×
  • Create New...