Jump to content

Afrikaans as 'n tweede taal


K'moerse trek

Recommended Posts

Ek het in die afgelope jaar drie jong (middel 20's) Australianers ontmoet wat in Suid-Afrika gebore is en in 'n 50/50 (ma of pa was/is Afrikaans of magtig) taal huishouding groot geword het. Al drie is op 'n jong ouderdom uit Suid-Afrika uit weg en kan min of geen Afrikaans huidiglik verstaan of praat nie. Hulle het almal hul spyt uitgespreek dat die geleentheid om 'n ekstra taal te leer (in die geval Afrikaans) by hulle verby gegaan het.

Nou buiten dat dit my kinders se moeder taal is (hulle is nog nie in die skool nie), is dit seker ook 'n geleentheid om hulle nog 'n vaardigheid te gee. En indien hulle nog 'n taal op skool as vak neem, wie sal kla om twee tale magtig te wees en 'n derde (dalk oosters) gedeeltelik. Dan is daar ook darem die verbintenis met hulle (of hulle ouers) se geboorteland as hulle daartoe voel.

Indien daar dalk individue is wat Afrikaans, as taal, onderig ondersoek het en/of idees het om te deel sal ek graag daarvan wil hoor.

1. Is daar enige instansie wat iets beskikbaar het vir distansie onderig van Afrikaans as taal in ander lande? Ek dink aan Suid-Afrikaanse instansies soos die ATKV, universiteite, departement van onderwys? Ek kon nie juis iets opspoor nie.

2. Enige iets bekikbaar vanaf Australiaanse instansies soos onderwys instellings?

3. Groepe of klubs wat iets aanbied waarmee mens kan inskakel?

4. Is daar 'n behoefte aan iets soos 'n Afrikaans as eerste/tweede taal distansie/huis tipe leerplan vir jou kinders, onder forum lede (lees, skryf, praat, geskiedenis)?

5. Wat werk vir jong en skoolgaande kinders kinders om hulle betrokke te kry en te hou (websites, boeke, klubs)?

Groete,

K'moerse trek.

Link to comment
Share on other sites

H K'moerse trek, ek het ook al redelik gedink oor die ding en by Impak Onderwys (tuisskool met baie goeie reputasie en 'n internasionaal erkende matriek in Afrikaans), navraag gedoen. Hulle is oop om Afrikaanse kinders buite Suid-Afrika te bedien. Al is dit net vir die vak Afrikaans, of volledige Afrikaanse tuisonderrig, kyk maar by www.impakonderwys.co.za. Jy kan selfs by hulle hoor of hulle dalk nog ander Afrikaanse kinders in Oz het, of in die spesifieke streek in Oz waarheen julle oppad is. Hulle bou ook skoolgemeenskappe op, of studiesentrums, waar tuisskoolkinders van die omgewing kan heen kom vir aktiwiteite, sosiaal, ens. Heel oulik. Kyk maar.

Link to comment
Share on other sites

Archived

This topic is now archived and is closed to further replies.

×
×
  • Create New...