Jump to content

great southern Western Australia Groot suide van die weste


legrange

Recommended Posts

Ons eerste vakansie in Aussieland

Ja, ek weet ons het al baie plekke besoek en baie dinge gedoen, maar ons het nog nooit VAKANSIE gehou nie. Ons was lus om nuwe dinge te sien en op grond te stap wat ons voet sole nog nooit getrap het nie.

Ons het al ons kamp goedjies bymekaargekrap. Ons het nogal paar goed gekoop op die die “garage sales†en het geskrik toe ons sien hoeveel goed ons het. Ek het nog berge wasgoed om te was voor ons gaan kamp en dan moet ek nog die kamp goed pak. Waar begin mens?

Ek sit op die bank en vou al die wasgoed op. Ja ok, ek kyk tennis en vou so tussen deur die wasgoed op. Cornelis is by die huis en kry al die mans dinge reg. . . visstokke ens. Die kinders slaap al lekker.

Die tasse is gepak, die kos is gepak en my lyf is moeg ek gaan nou lekker slaap. Maar soos ’n ma, vrou, minister van finansies, kok, bediende, GPS, dokter en sielkundige van die huis se kop mos werk, dink ek die hele aand aan alles wat ek nie moet vergeet nie en wat ek nog moet pak. Plaas staan ek op en gaan doen alles maar nee. Elke keer as ek iets onthou dan moet ek ook die lysie van vooraf noem. So die oggend was ek baie moeër as die aand toe ek gaan slaap het.

Alles is gepak. Ons ry met die Kia en vat ’n sleepwa saam. Eet ontbyt by McDonalds en daar ry ons. Ons ogies neem alles waar en is oee hier en aaaa daar. Die eerste plek waar ons stop is by Northcliffe. Dis ’n klein dorpie en ons stop net vir die kinders om bietjie bene te rek.

Ons volgende dorp is Pemberton. Dit het nou so lekker plaas atmosfeer. Hier is bome wat mens kan klim. Wie gaan nou nee sê vir boomklim. Wel, hulle het drie boomhuise gebou. Ek sal sê dis meer ’n platform met ’n hokkie om. Die doel van die boomhuise is vir die vuur wagters. So iemand het so paar jaar terug daar gesit en kyk vir vure. Die probleem is, die boomhuis is 60meter hoog in die boom en mes moet dit klim met ’n leer wat reg om die boom gaan. Kinders mag nie opklim nie so Cornelis het eerste op geklim toe het ek op geklim. My hande het blase gehad en my bene was lam.

Ons het lafenis gaan soek in die oulike dorpie en het nie mooiste kos geëet. Dit was nou regtig soos die Aussies sê, “Beautifulâ€. Net lammer dit het nie veel smaak gehad nie. Daarna het on die waterval gaan besoek. Hy was nou wel net 800cm hoog maar was lekker om die stroompie te sien en die water te hoor.

Ons het Margaret River bereik en met die GPS is alles net soveel keer makliker, as Cornelis na haar luister. Die karavaanpark was vol en die tente is teen mekaar. So skep dit tog ’n gesellige atmosfeer. Ons het die tent vinnig opgeslaan en die beddens en die tafel met stoele en waar gaan ons alles sit? Alles het darem mooi ingepas en die kinders is opgewonde en moeg gery.

Die Aussies se Karavaanparke is baie anders en mens moet gewoond raak aan die idee. Dit is nie baie mooi nie. Die huisies is van buite af nie baie mooi nie. Maar hulle is baie skoon. Daar is ook ’n “kampers kitchen†wat alles in het. Yskaste, ketel, mikrogolfoond, toaster, tafels met stoele en ’n stoof of 2. Almal werk saam en niemand steel jou goed uit die yskas nie. Ons is al wel ’n jaar en ’n half in Aussieland maar mens kry nog daai gevoel, daai gevoel van “ek moet my oog op my goed hêâ€. Na die 2de dag was ons soos ou Aussies en het die omgewing besoek en die tent oop gelos en die melk in die yskas gelos.

Die omgewing is baie mooi. Die bome en hewels is om verlief te word. Ons is nou baie bevoorreg om berge te sien op ons voorstoep maar vir die wat nie in Wes Australië bly nie, die plek is vir jou plat hoor. Die Natuurlike woud is pragtig en die wyn plase is fantasties. Die strande se sand is ook meer soos Suid-Afrika se strande. En die golwe is groot en mooi. Ons het nie baie die see besoek nie, Ons sien die see by die huis ook.

Cornelis se neus loop weer van die allergie, so ons stop toe by die apteek. Die Apteker vra waar ons vandaan kom en Nelis sê van Suid-Afrika. Hy sê dat hy van Knysna af kom. Hy sê toe, as ek nie met die kinders Afrikaans gepraat het nie sou hy nooit geweet het nie. Cornelis se aksent klink nes ’n Aussie sin. Ons lag toe net en sê dat ons Noord-Kapenare is, daar praat almal net Afrikaans en dat ons maar die Engels hier geleer praat het.

Ons besoek wynplase, grotte en kunsgalerye. Ons ry elke dag heeldag en stop waar dit mooi lyk en voor ons ons oë kon uitvee is die 4 dae verby en moet ons weer oppak.

Nou is dit Mandurah. So 80km suid van Perth se middestad. Die groot rede hoekom ons soontoe gaan is SPUR! Ja, mense daar het ’n Suid-Afrikaanse Spur oop gemaak. Soos ons Noord ry kan mens sommer voel hoe die land warmer word. By Mandurah is dit darem nie so warm soos wat ons gedink het nie.

Weer slaan ons die tent mooi op en pak alles uit. Hulle kamp kombuis is baie mooi en gerieflik. Vinnig pak ek alles wat nodig is in die yskas sonder om vir ’n oomblik te dink dat iemand dit sal vat. Ons het ook die tent so gelos en die plek gaan verken. Dit voel soos stad en ek is half spyt dat ons gekom het. Die kinders wil by die parkie speel, so ons stop naby Spur en ontspan so bietjie.

Regtig, dit is in die middel van die dorp teen ’n rivier, seker meer ’n meer. Die see stoot op so dit is soutwater. Ons sit in die park en al die mense is so rustig. Oral sit gesinne en hou piekniek. In die middel sing iemand rustige musiek. Een seuntjie sit sy skopfiets teen die boom en gaan speel op die parkie wat 100meter verder is.

Die son sak en 3 seilbote vaar op die meer en die Oranje lig is skoon. Dis rustig. Die karre ry agter ons op die pad tussen die geboue maar niemand jaag nie, niemand blaas die toeter nie. In die park is niemand op hulle selfoon nie. Hulle stap as ’n gesin of met ’n hond.

Is tyd om Spur toe te gaan. Toe ons uit die kar klim, ruik ons die Spur. Dis ’n lieflike reuk en verlange spring in my keel. Ek moet ook drie keer sluk om die trane te keer. Is so lekker om die bekende te sien. Die spyskaart is baie kleiner maar wie gee nou om. Die kos is baie duur maar smaak darem nog dieselfde. Ons eet lekker en hoor baie Afrikaans. Daar was ook regte AFRIKANERS met kroesies en die versoeking was daar om ’n foto te neem. Wou ook baie graag Dumelang sê.

Die volgende dag het ons Rotness Island toe gegaan. Ons het op ’n ferrie geklim en teen 50km/h die see-in gevaar. Die kinders was mal daaroor. Die eiland is nie baie groot nie. Ek is dalk net bederf met die groot eiland waarop ons bly. Daar is nie baie voertuie op die eiland nie. Almal huur fietse en ry met fietse daar rond. Die strande is wit en die water blou. Seker die beste plek om te snorkel. Ons is weer terug en dit is warm.

Die aand wil nie afkoel nie en die muskiete eet ons lewendig op. Die kinders is moeg en huil oor die muskietbyte. Dit voel ook of ek raak mal word en krap laat jy net velle sien. Ons besluit maar om in die swembad te gaan klim vir so bietjie verligting. Die swembad se ligte is af en op die bord staan daar dat die swembad toe is van 7uur die aand. Ons is nou hier, so ons klim maar stilletjies in die water en slaan net ons voorkoppe laat jy net muskiete sien spat. Na ‘’n uur klim ons uit en teen die tyd wat ons die tent haal was ons weer warm.

Die laaste dag was weer warm en het ons die Suid-Afrikaans winkel gaan besoek. Ons koop toe lemontwist, iets wat ons nie in Aussieland kry nie. Hier is alle ander lemon gaskoeldrank maar dit is nie LEMONTWIST nie. Groot is die teleurstelling wat daar is nie baie gas in nie. Die Suid-Afrikaanse gas koeldrank het mos nie meer so baie gas in nie. Die blikkies is ook kleiner. Sien die lekker boerewors en my mond water sommer. Die biltong was mooi maar die prys was ook baie mooi.

Ons het ’n bootjie gehuur en al die paleise lans die water gaan besigtig. Sjoe, met sulke huise het jy nie ’n mall nodig nie. Dan is die bootjies groter as my huis. Sommige mense het net te veel geld.

Ons is nou reg om huis toe te gaan. Die vakansie was lekker maar nog ’n week sou darem maar lekker gewees het. Al die goedjies is gepak en ons vat die pad. Die kar is stil en die opgewondenheid is oor. Nou dink ek aan alles wat by die huis gedoen moet word. Maandag begin die skool.

Dit is droog en warm. Die veld is dood en die gras is wit. 60km van die huis af sien mens al die wolkies en die berge. Ai maar dit is lekker om by die huis te wees. Toe ons uit die kar klim sny die koel windjie deur ons en almal smile. Tuis, dit is tog die beste plek.

Groete almal

Jacqueline

Link to comment
Share on other sites

Goed geskryf!!!

Ek het nou die dag fotos van Rottnes island op facebook gesien, so kon dus in my verbeelding saam toer.

Link to comment
Share on other sites

  • 1 year later...

Mooi geskryf. Ons pak ons tasse volgende week en is weer op pad daar in julle rigting in. Ons kamp in Denmark vir 7 nagte en dan in Busselton vir nog 4 nagte.

Kan nie wag nie.

Groete

JD

Link to comment
Share on other sites

nou wil ek ook op vakansie gaan. Dankie vir jou mooi manier v vertel.

ons het wel een dag deur gery Mandurah toe. Pragtige plek.

Link to comment
Share on other sites

Archived

This topic is now archived and is closed to further replies.

×
×
  • Create New...