Jump to content

9 Maande in Australie


Olkabolka

Recommended Posts

Vandag, 9 maande en 4 dae terug, het ons in Australie geland. Dit voel soos 'n leeftyd gelede, en soms voel dit asof ons net gister die familie gegroet het en op die vliegtuig geklim het.

9 Maande terug het ek nie geweet dat ek vandag in 'n personeelkamer gaan sit en weer deel gaan wees van 'n skoolgemeenskap nie. Dat my kollegas van Frankryk, Nieu Zeeland en Australie gaan wees nie. En dat ek saam met 'n Afrikaanse vriendin in die personeelkamer so nou en dan gaan Afrikaans gesels as die ander nie naby is nie.

Dat 'n ozzie seunskind vir my gaan se dat hy nie wil he die"teacher aide" in wie se plek ek die kwartaal afgelos het, moet terugkom nie, want "you are a much better teacher than she is!". En dit is dieselfde seunskind wat die dag toe ek daar begin werk het, vir my gese het: "you speak funny, you scare me!". Dit voel asof ek weer iewers hoort, asof ek weer 'n verskil kan maak!

Dan kyk mens terug na 9 maande se swoeg en sweet, verlang na alles wat bekend was en familie en vriende wat jy dalk nooit weer gaan sien nie. En besef dat mens jou lewe kan oor begin, as jou hart daarin is en jy elke dag aanpak met geloof dat alles weer sal normaal wees en dat jy weer gaan voel asof jy behoort, nie soos 'n vreemdeling in die vreemde gaan voel vir altyd nie.

Die wete dat jy 'n dokter gevind het by wie jy tuis voel, 'n tandarts wat jou goeie vriend is, en met wie jy in Afrikaans kan gesels. 'n Kerk waar jy tuis is en waar jy saam met mense van Nederland, Australie en Suid-Afrika kan aanbid, en weet dat jy 'n tuiste gevind het.

Om winkel toe te gaan en te weet in watter gangetjie om vir 'n seker produk te soek, om te weet watter winkel se vleis die beste is en waar jy die goedkoopste klere kan koop vir jou "budget". Waar jy die garage gekry het waar petrol die goedkoopste is, en jy weet waar om jou kar te laat was. Wanneer jy 'n haarkapper gevind het wat jou hare sny soos wat jy daarvan hou, en as die kinders al die slagspreuke van die ozzie advertensies kan herhaal.

Waar jy al jou nuwe "username en passwords" kan onthou vir jou nuwe "internet banking" en jou nuwe bankkaart se pinnommer kan onthou sonder om voor jy by die winkel betaal, gou te loer wat dit nou weer is. Wanner jy in die kar klim en nie meer wonder of jy dalk gaan verdwaal op pad na die skool of die "mall" toe nie. En om al verder as die kerk te kan ry sonder om op die GPS jou bestemming te moet intik om seker te maak jy kom by die regte plek uit.

En die gemak waarmee jy by jou nuwe vriende kuier, en kan lag, gesels en simpel wees, sonder om te wonder wat hulle van jou dink, want "actually" aanvaar hulle jou net soos jy is. En die wonderlike wete dat jy weer "behoort", dat jy na die wolke kan kyk en vir almal kan vertel hoe "amazing" helder blou die lug is en hoe wit die wolke, en dat jy buite kan rondloop sonder om bang te wees.

En die besef dat jy jou lewe oor begin het, en dat dit "actually" alles die moeite werd is, want hier is jy weer vry, en kan jy weer mens wees sonder om die hele tyd oor jou skouer te kyk. Waar ek weer in die nag kan deurslaap, en nie vir elke geluidjie wakker word en angstig wag of iets gaan gebeur nie. Waar jy in die nag kan wakker word, en niks, maar niks hoor nie - net stilte!! Geen alarms wat afgaan, helikopters en polisie sirenes hoor, en honde wat deurnag blaf nie.

Hier het ons rus en vrede gevind!!!!

Link to comment
Share on other sites

Klink lekker! Dankie vir 'n positiewe post - lekker om te hoor vir ons wie nog wag om te gaan ;)

Link to comment
Share on other sites

Ja ek weet presies hoe jy voel. Toe ons 9 maande terug saam met jul op OR Thambo lughawe gesit het, het ons nie geweet wat hier in die vreemde op ons ga wag nie. Na 3 maande het ek die "blues" gekry en wou met alle krag en mag terug gaan SA toe. Nou as ek terug dink besef ek hoe die Here dinge ten goede laat uitwerk, want nou na 9 maande en 4 dae is ek so gelukkig. Dit voel vir my sommige dae asof ek maar altyd hier moes wees. Glo my, ek het nog dae wat ek net aan familie en als wat bekend is dink, maar ons is hier om te bly. Beste besluit nog ooit! Een van die dae vier ons een jaar en as ons weer sien is dit die tien jaar merk. Wens net die familie wil by kom en ook die "move" maak......Cecile

Link to comment
Share on other sites

Ek kom ook, hou net aan.

bly om dit te hoor. beny julle intussen ;-)

Link to comment
Share on other sites

Olkabolka ek kon dit nie self beter beskryf nie, soveel nuwe ervaringe. ek het laas maand toe ons n jaar hier was besluit ek gaan vir die familie n epos stuur en vertel van ons jaar se gebeurtenisse. 2 bladsye later het ek nog net die eerste maand voltooi en besef ek is amper besig om n boek te skryf en dit toe maar laar vaar. daar is net te veel om te vertel (die goeie en die slegte).

Link to comment
Share on other sites

Dis goed om weer van jou te hoor. Ek's rerig baie bly dat julle so goed daar aangepas het en dat julle so gelukkig is.

Link to comment
Share on other sites

Olkabolka ek kon dit nie self beter beskryf nie, soveel nuwe ervaringe. ek het laas maand toe ons n jaar hier was besluit ek gaan vir die familie n epos stuur en vertel van ons jaar se gebeurtenisse. 2 bladsye later het ek nog net die eerste maand voltooi en besef ek is amper besig om n boek te skryf en dit toe maar laar vaar. daar is net te veel om te vertel (die goeie en die slegte).

Ek het 'n blog begin oor ons ervarings, en dis soos 'n dagboek vir ons gesin, en ook 'n manier waarop vriende en familie in SA op hoogte bly van al ons doen en late. Dit help om mens se gevoelens neer te skryf en beteken baie vir ander wat nog nie in Australie is nie om te weet wat emigrasie alles behels.

Biker, dis een van die dae jou beurt. Jy gaan dit ongelooflik geniet.

Cecile, ek is so bly dat jy nou gelukkig is. Dit was vir my net so moeilik toe jy so swaar gekry het, en ek is baie bly jy het uitgehou en uiteindlik rus en vrede gevind.

Aan almal wat nog op pad is, hou moed, as jul eers hier is maak dit al die wag en stres die moeite werk. Al wat ons nou voor wag is ons ENS, en dan sal ons werklik rus kan ervaar.

Link to comment
Share on other sites

Hi Olkabolka

Dankie vir jou post, ek dink dit is hoe baie van ons hier voel. My man is al 'n jaar hier en ek is die 11de Julie 'n jaar hier en ons is so gelukkig. Ons kry nog die verlangdae maar dit raak al hoe minder, ons het so 2 maande terug PR gekry en het so 'n maand terug ons eerste huis hier in Aus gekoop en trek die 1ste Aug in, is so opgewonde.

Bly dit gaan so goed met julle en al die ander wat hier geantwoord het.

Groete

Linda

Link to comment
Share on other sites

Hi Olkabolka

Dankie vir jou post, ek dink dit is hoe baie van ons hier voel. My man is al 'n jaar hier en ek is die 11de Julie 'n jaar hier en ons is so gelukkig. Ons kry nog die verlangdae maar dit raak al hoe minder, ons het so 2 maande terug PR gekry en het so 'n maand terug ons eerste huis hier in Aus gekoop en trek die 1ste Aug in, is so opgewonde.

Bly dit gaan so goed met julle en al die ander wat hier geantwoord het.

Groete

Linda

Linda

Ek kan net dink hoe opgewonde jul is oor jul eerste huis. Ek hoop julle gaan baie lekker daar bly. Ons kan nie meer wag dat ons PR kry nie, want eerste op ons lysie is 'n huis.

Die groot + van hierdie forum is dat mens in kontak is met ander wat dinge soos jy ervaar, en deur al dieselfde emosies gaan. En dit maak die pad net makliker. Dis ook 'n groot voorbereiding vir almal wat nog op pad is.

Link to comment
Share on other sites

Linda

Ek kan net dink hoe opgewonde jul is oor jul eerste huis. Ek hoop julle gaan baie lekker daar bly. Ons kan nie meer wag dat ons PR kry nie, want eerste op ons lysie is 'n huis.

Die groot + van hierdie forum is dat mens in kontak is met ander wat dinge soos jy ervaar, en deur al dieselfde emosies gaan. En dit maak die pad net makliker. Dis ook 'n groot voorbereiding vir almal wat nog op pad is.

I'll second that Olkabolka! :( People on this forum truly can relate to each other as we face similar challenges and new joyous discoveries. We are also waiting for our PR (176 Vic SS) so that we can move to Melbourne and buy our first Aussie house too. Until then, we happily rent in Wagga where the crows are many and the traffic jams few! :ilikeit: :ilikeit: :lol:

Edited by Good Witch
Link to comment
Share on other sites

Goed beskryf! Geluk met die goeie : aanpassing, deursettingsvermoe en "Attitude" :(

Link to comment
Share on other sites

Hi Olkabolka

Baie dankie vir die post. Ek sit nou al vir lang ruk en dink of ons ooit sal "hoort" in Australie daai gevoel van jy pas nou in tot sekere mate jou post is nou net vir my bewys dat dit moontlik is. Ons het die besluit gemaak en is seker maar so nou en dan wonder mens maar wat jy werklik alles opgee...in ruil vir die vreemde...

Groete en sterkte hoop om nog te kan lees oor julle nuwe lewe.

Chantelle

Link to comment
Share on other sites

Well said!! You will always miss something and somebody but yes you can make Australia your home. I read After the boxes are unpacked by Susan Miller and that really helped me in settling in. Small things like getting a potplant, making a best friend or two makes a huge difference and at the end of the day its your attitude that determines how you feel about this new country.

Link to comment
Share on other sites

Dis waar ek wil wees

Ek kla nou net oor die stress van die immagrasie proses en dit het my weer nuwe hoop gegee

Dankie Martin

Link to comment
Share on other sites

Het jou pos geniet. Ek is bly dat julle dit geniet en dat jy so positief is.

Alles van die beste!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Link to comment
Share on other sites

Bly julle is gelukkig, dit voel soos nou die dag dat ek jou ontmoet het, en ons gesels het, net toe julle hier gekom het.

Link to comment
Share on other sites

Wow 9 maande is baie vinnig om so te voel. Well done Olkabolka. So 'n positiewe uitkyk sal julle ver bring. Dis lekker om so 'n uplifting post te lees en iemand te sien wat die bul by die horings pak en die beste van alles maak.

Link to comment
Share on other sites

Wow 9 maande is baie vinnig om so te voel. Well done Olkabolka. So 'n positiewe uitkyk sal julle ver bring. Dis lekker om so 'n uplifting post te lees en iemand te sien wat die bul by die horings pak en die beste van alles maak.

Annette, ek dink die groot plus is dat ek en my man se koppe reg was om die groot stap te doen. En ons weet ons moet dit maak werk, daar is nie omdraai vir ons nie. Ons het albei 40 geword nadat ons hier aangekom het, en ons wens ons het dit 10 jaar terug al gedoen. Nog 'n plus is die land en sy wonderlike, vriendelike mense. En die pragtige natuur en wonderlike weer van Queensland.

Link to comment
Share on other sites

Baie dankie aan al die positiewe mense op die forum. Dit laat mens goed voel en gee 'n mens hoop vir die toekoms wat onseker voorle.

Sterkte vir die wat nog oppad is, soos ons en ook vir die wat reeds daar is. Mag die jare vorentoe nog beter wees.

Groete Euneze

Link to comment
Share on other sites

Dankie vir jou post Olkabolka,

Ek kan nou regtig nie meer wag om Brissies toe te kom nie.

Klink asof julle goed inpas daar en jy nou tuis is.

Alles van die beste vir julle toekoms!

Link to comment
Share on other sites

Dankie vir jou post Olkabolka,

Ek kan nou regtig nie meer wag om Brissies toe te kom nie.

Klink asof julle goed inpas daar en jy nou tuis is.

Alles van die beste vir julle toekoms!

Ons is regtig gelukkig in Brisbane. Die kinders het so vinnig aangepas en ons voel asof ons weer begin rigting kry. En daar is nog so baie plekkies wat ons wil "explore". Laat weet as jul hier aankom!

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...