Jump to content

Wanneer jy land in Australia!


Mara

Recommended Posts

Julle kan alles leer van LOUWRENS VAN DER MERWE se advies by http://www.kiwiboer.virafrikaans.com/

Alhoewel hy net betrekking het tot NZ se werk en verblyf, is sy advies net so goed vir Australia!

Geniet sy skrywe, hy het 'n manier om baie duidelik vir jou te laat verstaan dat jy moet wakkerskrik!

DIE “VOETSLAANFASEâ€

Mense wie my al uit desperaatheid gekontak het sal weet wat die “Voetslaanfase†is. Die “Voetslaanfase†is daardie fase wat jy bereik (gewonlik die HEEL laaste fase voordat jy terug vlieg SA toe) nadat jy reeds maande in NZ sit en nie werk kan kry nie. Geen werwingsagent het na jou terug gekom nie en jy kon net ‘n paar onderhoude kry waarin jy nie belang gestel het nie en jy slaan nou voet van deur tot deur in ‘n laaste poging om werk te vind. Dis die “Voetslaanfase†(baie beskrywend al moet ek self so sê)!!

Die “voetslaanfase†is gewoonlik die laaste stuiptrekkings van jou werksoekpoging in NZ en dis ironies dat dit baie keer die mees effektiewe manier is, maar halfhartig aangepak word as jy uit tyd en opsies is. Die “Voetslaanfase†moet een van heel EERSTE opsies wees as jy hier aanland en nie die LAASTE nie.

Suid-Afrikaners se werksoekpogings volg gewoonlik so ‘n baie voorspelbare paadjie en die een na die ander volg dieselfde roete soos ‘n klomp koeie oppad na die melkstal toe. Heel eerste stel hulle ‘n “shotgun†CV op wat omtrent elke moontlike werk in hulle vakgebied of kundigheidsraamwerk dek en stuur dit aan elke moontlike werwingsagent en agentskap. Daarna hou hulle so ‘n week of wat vakansie en kla aanmekaar hoe AAAAA die werwingsagente is omdat hulle nie vir hulle kan werk kry nie.

As hulle nou die werwingsagente klaar gevloek het dan stuur hulle dieselfde “shotgun†CV na elke moontlik vriend of kennis of familielid in NZ en om sommer net seker te maak almal in NZ het ‘n afskrif gekry gaan die CV aan elke Afrikaanse Klub of website of kerk wat ‘n nuusbrief het (ek weet want ek kry gewoonlik so ‘n dosyn of wat CV’s elke week).

As dit nie werk nie begin hulle op die Internet poste soek en skiet dan met die “shotgun†na elke werkgewer wie moontlik in hulle mag belangstel se e-pos adres. Dis amper so erg soos om te “spam†– niemand kyk daarna nie. Op hierdie stadium kom hulle gewoonlik agter dat “shotgun†nie werk nie en begin hulle (na weke) eers werklik gefokus werk soek. Dan kom die ernstige CV’s sonder tierlangtyntjies vorendag en dan word werkgewers en maatskappye op sinvolle wyse ge-“targetâ€.

Werksoek in NZ is nie iets wat jy op “outo pilot†kan sit en hoop dit gaan outomaties uitwerk nie. Nee, jy moet elke oomblik SELF die “plane†vlieg (om dit so te stel)!! Jy moet vir jou ‘n stategie en plan van aksie uitwerk VOORDAT jy hier kom en dan jou strategie en plan van stapel stuur en nie hande gevou sit en wag dat werk soos manna uit die hemel moet val nie! PLAN YOUR WORK & WORK YOUR PLAN.

Jy moet tegelyk die sakie uit verskeie hoeke begin aanval. JA, Stuur jou CV aan die agente - JA, stuur jou CV aan familie en vriende - JA, stuur jou CV aan werkgewers. Dis alles verskeie aanvalshoeke, MAAR begin DADELIK die “Voetslaanfaseâ€!

Nou wat behels die voetslaanfase?

“Cold calling†(ek weet dit is uiters onsmaaklik en ongemaklik, maar dit werk!) – Die geleerde mense sê die sukseskoers is in die omgewing van 10% - Dis goed genoeg vir my want dit beteken dat een uit elke 10 onderhoude moontlik in ‘n werksaanbod kan eindig. “Cold calling†het egter ‘n paar voorwaardes en dit is dat jy jou sê moet kan sê in ‘n baie kort tydjie en dat jy WEET waarvan jy praat. Ek gaan nie verder uitbrei oor “Cold Calling†nie want jy kan op die Internet tonne inligting en hulp kry met “Cold callingâ€, maar wat jy ookal doen jy MOET dit oorweeg.

As “Cold calling†per telefoon jou in koue sweet laat uitslaan (veral as dit nog in Engels is) dan is daar darem die alternatief van ‘n “koue besoek†waar jy ‘n afspraak maak met die baas of CEO van die maatskappy of besigheid wat jy teiken om so jou punt oor te dra. ONTHOU jy het letterlik net ‘n minuut of twee om te sê wat jy moet sê en jy SAL jou strategie en toespraak moet uitwerk en oefen. Daar is ook tonne inligting daaroor op die Internet te kry.

Die is egter UITERS BELANGRIK dat jy by die mense sal uitkom wat die BESLUITE neem. Probeer so vêr as moontlik om die HR-departement / personeelbestuurder te omseil, want hulle gaan jou net weer in ‘n “kanaal†gooi waaruit jy net mooi boggerôl gaan kry. As jy die moeite doen om “cold callingâ€doen kan jy net sowel die moeite doen om resultate te kry en by mense uit te kom wie werklike besluite kan neem en nie mense wie net “aanbevelings†kan maak nie.

Maak vir jou ‘n soort van besigheidskaartjie wat bondig en puntsgewys jou ervaring, kwalifikasies en vaardighede saamvat (en jou kontakbesonderhede). Iets wat jy vinnig kan oorhandig en wat aandag sal trek. Doen moeite om jouself te verkoop in ‘n paar reëls. Moenie loop en spog met al jou grade en kwalifikasies nie en die kaartjie vol dinge maak wat vir JOU belangrik lyk nie, maak die kaartjie vol dinge wat vir die WERKGEWER belangrik is en wat hom twee keer sal laat kyk en nie dadelik die kaartjie in die snippermandjie sal laat gooi nie.

WEET wat jy het om die werkgewer te bied en WEET wat jy soek. Vergeet van BULLSHIT jy kom nêrens daarmee nie.

Doen deeglike navorsing oor die besighede en maatskappye wat jy “target†– Hulle geskiedenis, behoeftes, toekomsplanne en mikpunte.

Behou kontak, al was jy nie suksesvol nie en maak die persone wie jy kontak mee het deel van jou netwerk. MOENIE kritiek en terleurstellings persoonlik vat nie – vat daaruit wat jy kan, verbeter jouself en gaan aan! Om Vadersnaam moenie daaroor sit en tob nie en moenie dit vir jou aantrek nie!! Die mense ken jou nie eens nie. Male sonder tal (hopeloos te veel male) sien en hoor ek van werksoekers wat sommer gou ontmoedig en verneder voel deur die proses en hulle verloor die stryd en gaan terug. BYT VAS, jy het ‘n goeie kans om suksesvol te wees as jy volhard.

Ek dink julle het noual ‘n deeglike begrip wat die “voetslaanfase†behels en ek is seker julle sal ‘n hele paar dinge/strategië kan byvoeg en dit maak werk.

REGISTRASIE VAN IMMIGRASIEAGENTE IN NZ VEROORSAAK ‘N MAGDOM PROBLEME

Op die 4de Mei het die wet in werking getree wat Immigrasieagente verplig om te registreer by die Immigration Advisers Authority . Sonder registrasie kan ‘n immigrasieagent geen dokumente by NZ Immigrasie indien nie. Die gevolg is dat daar duisende ongeregistreerde agente met immigrante se dokumente en geld sit en niks kan doen nie.

Baie van die skelm agente eis nou betaling by immigrante (pers hulle as’t ware af) voordat hulle hulle oorspronklike dokumente en paspoorte terug gee. As jy dit oorgekom het of van iemand weet wie dit oorgekom het of deur ‘n skelm immigrasieagent ingeloop word kontak asseblief vir Anton de Vrije (anton@riskadvise.co.nz) Sel: 027 2222 374 of kantoor (09) 479 8448.

KOM MAAK KWAAI VRIENDE IN NZ

Hierdie stukkie skryf ek uit goeie ervaring en as ‘n ligte waarskuwing vir voornemende immigrante.

BAIE (meeste) immigrante wie uit SA na NZ kom kom bly óf by familie óf by vriende tot hulle ‘n werk gekry het en/of vir hulle ‘n eie plekkie kan huur of koop. Dit maak baie sin in die opsig dat dit baie geld kan spaar en ‘n “sagte landing†kan wees vir nuwe immigrante. Dit klink baie idillies en na groot pret en baie plesier, maar dit het ook ‘n lelike angel in die stert.

‘n GROOT gros van hierdie saamblyreëlings eindig in kwaai vriendskap en baie hartseer en dit moet met baie sorg aangepak word. Die meeste struwelinge ontstaan oor ouers of kinders wie nie met mekaar kan regkom nie en natuurlik oor GELD en die bydrae wat die “bywoner†gesin tot die huishouding maak. Selfs al sou die vriende of familie goed by mekaar aanpas en saamleef sal die blote stress en druk van die “oorbevolking†van die gashere se huis en die gebrek aan privaatheid noodwendig tot botsings lei en daar is eintlik niks wat jy daaromtrent kan doen nie behalwe om jou verblyf by jou gashere so kort as moontlik te hou.

Vroeë uitbarstings of kwaaivriendskap kan voorkom word deur vroegtydig ‘n paar rëels of verstandhoudings tot stand te bring en daarby te hou nl:

a. Die tydperk wat die nuwe intrekkers by hulle gashere gaan bly – 3 weke word alom aanvaar as die maksimum tydperk. As die ooreengekome tydperk verstreke is moet jy ALLES IN JOU VERMÖE doen om ander verblyf te kry, want na 3 weke in ‘n ander man sê huis begin jy op ‘n tydbom sit en is dit net ‘n kwessie van tyd voordat daar ‘n uibarsting gaan kom!

b. Die bydrae (finansiëel of anders) wat die “bywoners†tot hulle lewenskoste gaan maak. Neem in ag dat die gashere se telefoonrekening, water en krag feitlik gaan verdubbel met twee gesinne in die huis. Moet ook nie vergeet van jou gasheer se brandstofuitgawes om jou by werksonderhoude, Immigrasie ens. te kry nie.

c. Verdeling van die huishoudelike take. Wie gaan wanneer bad, klere was, kook, stofsuig of opwas?

d. Huisrëels wat geld in die gasheergesin se huishouding.

Jy kan nie bekostig om hier in die vreemde jou familie of vriende van jou te vervreem of kwaai vriende te maak nie,

jy gaan hulle baie nodig kry met jou en jou gesin se aanpassing en vestiging so jy beter hulle GOED behandel.

Link to comment
Share on other sites

gosh mara, your afrikaans is excellent....it took me ages to read cause i have to translate every sentence, but very good advice...and very interesting!!

Link to comment
Share on other sites

Hi Lyall

Thanks for the compliment, but only the first three lines were written by me, the rest belongs to Louwrens van der Merwe, as stated.

Link to comment
Share on other sites

Ek is mal oor Louwrens. Het op 'n stadium self oorweeg om NZ toe te gaan as 'n makliker roete na Australie. (Het gelukkig daarteen besluit) Sy website is uitstekend en werklik leersaam. "He really calls a spade a spade" en bring jou vinnig terug na realiteit as jy dink dis net maanskyn en rose anderkant.

Link to comment
Share on other sites

Hey Mara!!! This is super dooper cool advise!! I never thought of the personal contact thing. I think it will be a brilliant idea if one can do this 'voetslaanfase' whilst on LSD. What do you think? Has anyone done it like this before? It is quite nerve recking for us guys still in SA.

Link to comment
Share on other sites

Hi JennyR

There are so many innovative ways of job hunting, anything is possible, you only need one door to open for you. The main problem is job hunting if you are not immediately available to start...I think that may be a problem for you if you are only here on an LSD. There is no harm targeting companies, though and perhaps going and introducing yourself. That way they have met you and when you are ready to leave SA you can give them a call and tell them you are on the way, do they have anything for you now!

Where are you going for your LSD...Melbourne perhaps?

Link to comment
Share on other sites

Thanks for the advise Mara!

Definitely Canberra! Well have to see how much time we have for our LSD once we start planning. I've met so many nice people on this forum that I really would like to meet some of them in person. If we plan on going to Melbourne than you definitely must have a cu-pa ready for me! Would love to meet you!!

Link to comment
Share on other sites

JennyR

You would be most welcome for that cuppa!

Link to comment
Share on other sites

JennyR

You would be most welcome for that cuppa!

I'll take you on on that one!! Thanks once again for all the wonderful advice! It really helps us a lot!!

Link to comment
Share on other sites

Hey Mara!!! This is super dooper cool advise!! I never thought of the personal contact thing. I think it will be a brilliant idea if one can do this 'voetslaanfase' whilst on LSD. What do you think? Has anyone done it like this before? It is quite nerve recking for us guys still in SA.

We did it last September. My husband personally handed 4 CV's to HR officers and even spoke to some directors at Printing Companies. His future looked very promising untill November '08. After that no one wanted to sponsor anymore. But anyways, if you can do it, go for it. Some HR officers admitted that they ignore emailed CV's unless they specifically advertised a job.

Just post some CV's to someone in OZ before the time....you can get in trouble if they find it on you at the airport.

Link to comment
Share on other sites

Surely if you have a PR visa then there shouldn't be any problems.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...