Jump to content

Baie oulik


Pierre&Wanda

Recommended Posts

Wees gewaarsku!

Die Ma ry met die twee kleintjies (3 en 5) in die kar. Die kinders is onhebbelik en sy raas en raas, maar hulle wil nie luister nie, wat nog van stilsit. Sy strip haarself en trek van die pad af, wiks die twee goed, sit hulle terug in die kar en sê: Nou wil ek nie weer 'n woord hoor nie.

Na so paar minute sê die seuntjie: "Mamma ek wil iets sê"

Sy sê: "Net vinnig, want jy is veronderstel om stil te bly" Sê hy: "Ek wil net vir Mamma sê, Jesus gaan hiervan hoor!"

****************************************************************************

Toe ek ses maande verwagtend was met my derde enetjie kom my driejarige ingeloop in die kamer toe ek net oppad stort toe is.

"Ma, jy is besig om vet te word" sê sy ondiplomaties. "Dis reg my skat maar jy moet onthou mamma het 'n babatjie wat in my maag groei" probeer ek skerm. "Ek weet," sê sy '' . . . maar wat groei in mamma se boude?"

********************************************************************************

*****************

My dogtertjie was so 3 jaar oud gewees. Ouma het by ons gekuier vir die naweek. Toe ouma die oggend gaan stort, is die kleinding ook in die badkamer om met ouma te gesels.

Die volgende oomblik kom sy met 'n spoed uit die badkamer gehardloop en skree : Mamma, Mamma kom kyk!.

Ek het geskrik en saam met haar badkamer toe gehardloop.

Toe ons daar kom, sit ouma op die toilet en aantrek. Sy wys na haar ouma en sê opgewonde : Mamma, kyk net ouma se groot tietiebottels.

********************************************************************************

*

Geheim.

Pieter wys sy seun hoe om die ritsluiter van die sweetpak toe te trek. "Die geheim is," sê hy " . . . is om eers seker te maak dat die hakkie van die een kant mooi in die ander pas!"

Sy seuntjie kyk hom met 'n frons aan en vra "Hoekom moet dit 'n geheim wees?"

********************************************************************************

*

Daniël in die leeukuil

Dis Sondag en baie kerke gee deesdae mos spesifieke Sondae voor die gewone diens 'n kort kinderdiens. Die dag vertel dominee van Daniël en die leeukuil en al die kinders moet kom voor sit. Baie dramaties vertel die dominee:

"En die koning vat vir Daniël en GOOI hom in die leeukuil. !" Die kerk is tjoepstil en die een seuntjie het hom so ingeleef in die storie, hy haak kliphard af: "So 'n bliksem!"

[Die dominee het blykbaar so gelag hy kon nie verder preek nie.. Het een van die ouderlinge gevra om net af te sluit en na die tyd vir die ouers gevra om asseblief nie die kind pak te gee nie want hy was die enigste een wat regtig geluister het! ]

********************************************************************************

*************

My vriendin het aan haar kinders die feite van die lewe probeer vertel toe sy haar derde enetjie verwag.

Sy sê toe dat pappa 'n saadjie in haar geplant het en dat die babatjie uit daardie saadjie groei.

Met 'n vraagteken op haar voorkop vra die vyfjarige "Toe pappa my saadjie geplant het - was my gesig op die pakkie saadjies?"

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...