Jump to content

Wind, rook, snot en hael


Biltongboer

Recommended Posts

Vandat ons hier in Perth geland het, het ons nog nie veel reën gehad nie. Dit het laas seker in November gereën, en van Januarie af het hier net so hier en daar 'n druppeltjie geval.

So voorspel hulle nou al van laas week af aanmekaar dat ons oor drie dae gaan reën kry - maar daai drie dae skuif elke dag net verder aan.

Ek voel heel lekker, want dis mos hoe die weer in Windhoek is. Dit reën nie in die winter nie, en die son skyn lekker deur die dag, soos dit mos moet wees.

Gister stuur hulle vir ons een vreeslike waarskuwing - hier kom groot storms. Ek lees die ding, en weet nie wat om nou te dink nie. Is dit een van hierdie tipiese Aussie oordrewe "safety" stories? Is die storm amper so erg soos die "crime" waaroor hulle heeltyd kla?

Die plek is fancy. Almal by die werk sit en loer op die Bureau of metrology se website. Hulle loer van watter kant af kom die wolke, en waarnatoe waai die wind en so aan. Jy kan radar images kyk van hoe die weer hier aankom. Dis nou dieselfde plek wat die waarskuwings uitstuur. Niemand voel met sy vinger in die lug, of bel sy oupa en hoor of daai knie weer begin pyn nie - hulle gebruik hierdie moderne goete om die weer mee te lees.

Dit was nou gister. Hier deur die nag het dit so bietjie gereën, en die wind het bietjie opgetel.

Ek gaan vanoggend werk toe, en dinge lyk nie te sleg nie. Selfs die "Freeway", wat sommige ook noem die "Mitchell parking lot", was nie te besig nie.

Hier teen twaalfuur hoor ons dit reën nou dat die biesies bewe. Letterlik. Ons kyk by die venster uit.

Daar kom Mickey Mouse, Donald Duck, en die sewe dwergies almal verby gewaai. Liewe Heksie se besemstok is lankal op die maan, so erg waai dit. Dit lyk asof die reën van die kant af kom, nie van bo af nie. Dis die eerste keer dat ek sien hoe reën dit van die kant af.

Later slaan die krag sommer af. Ons hele gebou sit in die donker, tot hulle later vir ou Thomas opstart. Dis nou ons gebou se emergency generator. Ek dink ons het ons hele "carbon footprint" vandag weer opgeneuk met die ding, want dis net rook, snot en hare toe daai ding opstart.

Blykbaar het die wind 'n boom of twee omgewaai, wat bo-op die kraglyne geval het.

Toe ek by die huis kom, vertel my dogter my hulle het sommer hael ook gehad hier by die skool.

Dis 'n rowwe plek die - hier reën dit sywaarts.

Link to comment
Share on other sites

Aaaaah maar dis so lekker om weer 'n post van jou te sien, Biltongboer! Weet nie of ek net elke keer jou posts mis nie, maar het vir my gevoel jy's nou so lank stil... Jou posts is altyd so entertaining :blink:

Hoop die storms bedaar gou gou.

x Netta

Link to comment
Share on other sites

BB, mens kan sien jy kom van Nam af, hier in die Kaap gebeur dit gereeld in die winter. Ek weet nie hoe die bergies dit oorleef nie.

Z

Link to comment
Share on other sites

Ek kom van die Kaap en ken dwars reen en het vir jare in London gebly en ken hul reen ook maar, die reen in Sydney het ons heel verbaas, soos n koue monsoon. Het nog nooit erens gebly waar dit so hard gereen het nie. Wens ons kan die water uitvoer na waar mense dit nodig het.

Link to comment
Share on other sites

Ek dink ons het ons hele "carbon footprint" vandag weer opgeneuk met die ding, want dis net rook, snot en hare toe daai ding opstart.

Welkom terug... ons het jou gemis!

Link to comment
Share on other sites

Hi BB

Soos my boetie gesê het toe ons 5.5 jaar terug Kaap toe getrek het van Klerksdorp af aan die begin van winter: "Welkom in die Kaap".

Kan ek ook maar sê: "Welkom in Perth" :ilikeit::ilikeit:

Robert & Telanie

Edited by Robert & Telanie
Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...