Jump to content

Hier kom ons!!


DanievV

Recommended Posts

I've decided to edit and re-write my post in english ... seeing as that is the national language of our new home. For the 'vasbyters', I'll leave the afrikaans version at the bottom.

-------

After what feels like an eternity, we are finally on our way to Adelaide. The container was shipped a couple of weeks ago and we're boarding on the 13th of June ... that is myself, Danie, my wife Michelle and our 5 1/2 monthy baby girl Mikaela.

I've picked up elsewhere in the forum that we're not the only one's brave enough to come over on temporary visas (SIR 495 or similar) and with no jobs, but that several other families find themselves in the same position. The fact for us is that it is now or never - and the 'never' option just doesn't fly with us.

So, here we come ... Bob, Marius and the others that have advised and done their bit for us, we'll see you soon.

A couple of questions and I do realise that these topics may have been addressed in some form or another, elsewhere in the forum ... I'm really just looking for the 'recently experienced' to give me their 2-bits.

Firstly, we'll also be going into holiday accommodation - seems the cheapest is in the region of $100/night and that the Adelaide4 caravan park in Hackney is centrally located. Taking into account that we have a small baby and arrive in dead winter, can anyone advise on do's and don'ts in this regard ... even maybe suggest alternative accommodation for the first period?

Next up is longer term accommodation and we're comfortable with the Hills, East, South East and Southern parts. Any comments here? Also, if someone is perhaps aware of accommodation that is, or will come available soon in the $300 - $350 range, we would like to know about it.

Lastly ... any sane advise on buying a 2nd hand car would be appreciated ... perhaps a contact that you have used and found to be reliable. Also anything on hidden costs, e.g. insurance, taxes, registration, etc. By the way, is the international drivers license, that we get from the AA here, valid for 1 year's driving in Oz?

That's about it - these are trying times, but we have come this far and from hereon in, we'll just have to keep our heads down and do what needs to be done.

We'll also make sure to meet up with all the good people of this forum at the first social that is arranged, following our arrival.

See you all then,

the van Vuurens

*************

Na wat voel soos 'n blerrie ewigheid, is ons op pad. Die container is seker al halfpad Adelaide toe, en die vliegkaartjies is bevestig ... die 13de Junie klim ons, come hell or high water! Di's nou ek, Danie, my vroutjie, Michelle, en ons 5 1/2 maande baba, Mikaela ... een van die meer aangename redes hoekom ons die hervestiging moes uitstel.

Hierdie is 'n redelike brawe stap, aangesien nie een van ons werk het nie, maar soos ek se ... come hell or high water, ons kom en ons sal dit maak werk!

Marius, stook jy solank die braai vure, ek bring 'n sak vol boerewors, potjiekos en biltong resepte. Ek het daai kangaroes al so op en af gekyk, en ek sien baie potensiaal!

Op 'n meer forum gerigde noot, as iemand daadwerklike en onlangse advies het oor 'holiday accommodation', so vir die eerste rukkie, luister ek graag. Ek het toegang tot al die Caravan park informasie en daai goete ... ek's op soek na iemand wat vir my gaan se ek kan met gemak my baba na die een plek vat, of ek moet wegbly met haar by 'n ander.

Dan verder, sal ons so gou moontlik 'n huis wil huur - ek reken so in die 300 - 350 range, in enige van die Hills, Oos, Suid-Oos en Suidelik voorstede ... so as iemand weet van so plek wat leeg staan ... Toemaar, ek weet om huurplek te kry is 'n missie, maar ek luister weereens graag.

Laastens, enige nugtere of selfs semi-nugtere advies oor 2de-handse karre koop, wil ek asseblief ook hoor. By watter plek moet ek gaan kyk ... kan ek 'n aanbod maak ... is daar versteekte kostes, e.g. versekering, belastings, registrasie, ensoaan?

So, di's ons storie en ons sal definitief 'n klompie van julle ontmoet by die heel eerste sosiale geleentheid wat nou weer gereel word.

Groete tot dan,

die van Vuurens

Edited by DanievV
Link to comment
Share on other sites

  • 2 weeks later...

Hallo die Van Vuurens,

Danie, ek het 'n kar ge adverteer hier op die forum vir $2000. Niemand het terug gekom nie. Ek het nou net my man gebel en hy stem saam met my. Jy kan die kar kry vir $500, die registrasie gaan jou plus minus $300 kos. so vir so $800 het jy wiele. Dis 'n Ford Laser TX3, in goeie kondisie. My man het hom elke dag werk toe en terug gery...stop, staan en verkeer, geen probleme gehad nie. Die enigste rede hoekom ons hom nie bly ry tot hy le nie, is dat ons nou met 4 karre sit. Seun het vir hom 'n ander een gekoop en syne vir my man gegee.

So, as jy hom wil he vir $500 is jy welkom.

Ander ding is, ek sal nie in 'n karavaan park gaan bly as ek julle is nie...nie nou nie. Dit reen en dis koud. 'n Vriendin het so ruk terug hierheen gekom en ek het vir haar plek gekry by die Adelaide International motel op Anzac Highway. Dit was beslis nie $100 per nag nie! as ek reg onthou was dit 'n mooi groot kamer met 'n wassery onder en parkering agterin. Sy was dood happy daar. Hoekom google jy nie die motelle nie? Hulle is volop en as julle veilig, warm en gesettle is met julle eie ryding, kan jy op jou tyd rondkyk vir ander verblyf.

Laat weet maar oor die kar.....anders gaan ek hom na die dealer hier op die hoek vat en se maak my 'n offer.

Alle voorspoed met die reis............

Groete,

Blossom.♥

Link to comment
Share on other sites

If you come on a PR visa, you have three months to get an Australian driver's license. On a temporary visa, you can drive the whole time with your SA license. Good luck with the flight and the trip. I know you will love it here.

Edited by polly
Link to comment
Share on other sites

Hi Polly

Verstaan ek jou reg? Op 'n 475 SS wat ook 'n tydelike visum van 3 jaar is, mag ek met my SA lisensie ry of is dit te lank? Praat jy van 'n tydelike vakansie visum? Ek wens dit is nie nodig nie!

Dankie

Euneze

Link to comment
Share on other sites

Danie, ek het 'n kar ge adverteer hier op die forum vir $2000. Niemand het terug gekom nie. Ek het nou net my man gebel en hy stem saam met my. .......................................................................Jy kan die kar kry vir $500,

Groete,

Blossom.♥

so kind and considerate.

may god bless you.

Link to comment
Share on other sites

Euneze, op 'n tydelike visum kan jy daardie hele drie jaar op jou SA lisensie ry. Hy moet net nie verval in daardie tyd nie. As jy wil, kan jy die Australiese doen, maar dis nie 'n moet net. Net op PR soos ek verstaan. As jou aansoek ingaan vir PR, stel ek voor jy gaan doen die ding, want hy is nogal vol bespreek.

Ek wens ook dit was nie nodig nie :unsure: 'n Groot pyn in die gat. Ek gaan doen die prakties einde Junie. Volgende Vrydag is my bestuursles.

Link to comment
Share on other sites

Danie, ek het 'n kar ge adverteer hier op die forum vir $2000. Niemand het terug gekom nie. Ek het nou net my man gebel en hy stem saam met my. .......................................................................Jy kan die kar kry vir $500,

Groete,

Blossom.♥

so kind and considerate.

may god bless you.

Thank you so much for the blessings....and for being the only one to acknowledge the offer...... :unsure:

Link to comment
Share on other sites

Danie,

Welkom aan julle, ons sien julle in die week en ook daai Vrydag soos bepreek.

Net gou kommentaar or tydelike verblyf - die chalets in die karavaan parke is geheel self sorgend met kombuis, ys / vries kas ens asook aircon en verhitting so julle kan self kos maak daar. Vra die plekke en maak seker hulle het verhitting in, meeste het. Baie Saffers begin lewe hier so. Dit is 'n opsie, daar is natuurlik baie ander, 'n motel sal ook werk, maar daar is bes moontlik geen kombuis wees nie, dalk klein yskas, so jule sal moet ks koop daagliks. Maar, soos ek se, daar s baie opsies en dit hang af waarvan julle hou en hoe dit julle pas.

Sterkte, ons sien julle binnekort. Ek en jy het hoeka nog onafgehandelde besigheid wat oorgestaan het van julle laasbesoek aan ons.. :thumbdown: ons handel dit sommer daai Vrydag af, no worries :D

Link to comment
Share on other sites

  • 4 weeks later...

Hi Danie,

Ek weet nie of ek nou te laat is nie, maar as julle nog enigsins veblyf soek is julle welkom om vir n ruk by ons te bly. Ons het n ekstra kamer en het ook onlangs hier aangeland. My man het ook vir die eerste ruk by wild vreemde mense gebly, maar dis beter as om iewers te bly waar jy nie weet waar jy gaan land nie..

Ons is in die Hills en geniet dit vreeslik. dis jammer ek het nou so laat op die forum geloer, want die huis reg langs ons was baie lank leeg en het sopas uit verhuur vir $300. Dit is in Greenhill. Indien julle enige hulp nodig het, kontak ons gerus. Tel 0405 968 539

Groete Pieter en Lindie

Link to comment
Share on other sites

Hi Pieter en Lindie,

Jammer dat ek die "thread" hi jack!

Indien julle weer hoor van 'n huis in die Hills wat te huur is vir omtrent 300 per week laat weet my asseblief? Ons sal as alles goed gaan teen 20 Aug daar wees.

Groete,

Dries

Link to comment
Share on other sites

julle welkom om vir n ruk by ons te bly. Ons het n ekstra kamer en het ook onlangs hier aangeland.

Hierdie en ook die aanbied van die karretjie maak my hart sommer tjoklits pomp. Julle ouens is GREAT. Ons land eers, as als goed gaan, Jan 2010 en het alreeds 'n aanbod vanaf die lughawe. Sien uit om julle almal te ontmoet!

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...