Jump to content

Die Perth makker in die wit Holden


AtInOZ

Recommended Posts

Ry vanoggend rustig hier te Reid Highway in Perth so net na 9 in die oggend. Verkeer is druk maar almal sit

kalm en bedaard in hulle voertuie en geniet die sonskyn - soos westerlinge maar doen. Daar is `n noodbaan

aan die linkerkant van die pad vir noodvoertuie en motors wat breek maar dis mos `n beskaafde land en niemand

gaan onwettig daar ry nie. Ek kyk toe maar heeltyd in my tru-spieel oorlat daar mos enige tyd `n demoon in `n taxi aangejaag

kan kom en voor almal kan probeer indruk. (Is maar nuut in OZ en het nog bom-skok van die hele bestuur in ZA

ding)

Sowaar sien ek `n werfetter in `n wit Holden dubbelkajuit wat lekker aangejaag kom in die nood-baan. Jaag soos

`n wafferse Suid-Afrikaanse E20/Hi-Ace met die een wiel op die grond en die ander op die teer dat die klippe sommer so spat.

Op die bak van die voertuig is een van daai nuwe SA vlaggies geplak (daai wat lyk of dit deur `n kleuter uitgedink is). Dis nou die tipe

idioot wat in die aand om die "barbie" vir sy pele vertel hoe bly hy is om weg te wees van die gevaarlike taxi's op die pad in ZA.

Nou kom hy hier gedra homself so.

As enige iemand weet wie die po.ph.l is, vra hom asseblief om sy maniertjies terug ZA toe te vat of om `n ander land se

plakker op sy dinky-toy bakkie te plak. Suid-Afrikaners hier in OZ probeer voortgaan met die lewe en integreer in die

samelewing. Al wat ons nodig het is breindood bobejane soos die' wat naam weggooi en ons almal laat sleg lyk.

Link to comment
Share on other sites

Doesn't it work in OZ that you can call a number to report bad driving? Just take the Reg No. and phone??

Link to comment
Share on other sites

Mens sien nie gereeld sulke assholes hier rond nie. Wanneer dit gebeur, is dit een van twee - dis 'n jong "hoon", of dis 'n blerrie saffer. Kanse is baie groot dat dit die Saffer is - ewe met sy Bloubul sticker en sy jockey vlag op die gat geplak. Nkosi sikelelei blablabla.

Ek het nog net een keer 'n ou so sien ry op Mitchell freeway. Dis nie baie algemeen nie.

Edited by Biltongboer
Link to comment
Share on other sites

Doesn't it work in OZ that you can call a number to report bad driving? Just take the Reg No. and phone??

They call it dobbing, mate.

Link to comment
Share on other sites

Oeps, amper gedink jy praat van my, maar dit is die Aussie forum! :ilikeit:

En daar is geen manier op aarde wat ek die nuwe SA vlag op my trok sal sit nie.. :angry:

Link to comment
Share on other sites

En moenie die blou bul ballas aan die tow bar vergeet nie!!

Link to comment
Share on other sites

En moenie die blou bul ballas aan die tow bar vergeet nie!!

LOL!! :lol: Ek het myself ge"can" die eerste keer wat ek dit gesien het - kyk ek ken fanatics, maar dammit, dis pleinweg skaamteloos om sulke goed aan jou kar te hang!!! (I'm gonna be crucified for this one!!!) :ph34r:

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...