Jump to content

Huis te huur in Rowville


koosd
 Share

Recommended Posts

Ons bly in n huurhuis in Rowville nou al vir 7 maande maar het besluit om na Berwick toe te trek. Die rede hiervoor is dat die meeste van ons vriende wat ons nou al hier in Oz ontmoet het in Berwick bly. Soos jul weet is vriende veral vir kinders baie belangrik in die proses. Ons het nou al aansoek gedoen vir n huis in Berwick, maar wil hoor of iemand belangstel om ons huurkontrak hier in Rowville oor te vat. Ons kontrak is nog tot einde Augustus, maar dan kan dit weer verleng word. Dis n 4 slaapkamer met 3 badkamers, dubbel garage met entertainment area. Naby Rowville laer en hoerskool en Studpark sentrum. Asb as iemand belangstel kan jul my pm of kontak besonderhede gee en ons sal jul skakel.....Cecile

Link to comment
Share on other sites

 Share

×
×
  • Create New...