Jump to content

Boer(s) en Sjellie: Adelaide ... hier kom ons (hopefully)


DanievV
 Share

Recommended Posts

Hallo aan al die forum-mers.

Hierdie is 'n 'GREAT' site en ons dank almal vir die bydraes waaruit ons nou voordeel trek. As ons voor-ouers tog maar so-iets gehad het toe hulle destyds die Kolonie verlaat het ...

Ironies dat PIET RETIEF SE MANIFES (heelonder), geskryf in 1837 om die burgers se redes vir die Groot Trek te dokumenteer, weereens 'n klompie instemmende kopknikke ontlok.

Ek is 'n Bedryfsingenieur en my vrou Michelle 'n Boekhouer; ons het nog geen kinders en het eers 'n paar weke terug ons aansoek proses begin. Alhoewel die gedagte al langer as 2 jaar in ons koppe is, was ons nou eers reg om daad daarby te voeg.

Aangesien ek pas 40 geword het, moet ons die state sponsorship (SIR) roete volg, wat ons in die rigting van Adelaide SA stuur. Ons was aanvanklik teleurgesteld, omdat ons familie in Brisbane & Sydney het, maar het intussen opgelees en baie opgewonde geraak oor Adelaide.

Ons hoop om Jan07 in Adelaide te land en beplan om eers 'n gemeubuleerde plekkie te huur terwyl ons so bietjie 'gewoond' raak aan die plek. Dit is ook duidelik dat ons nie eers moet probeer werk soek voordat ons voet aan wal gesit het nie.

Ons het twee vragies aan die gesoute trekkers (en verwelkom alle ander algemene kommentaar Engels/Afrikaans of Australiaans) ... (1) wat moet ons saamvat en wat moet ons los (di's nou huisraad, gereedskap, meubels ...)?, (2) dit maak sin om ssm mens se kapitaal in 'n meer stabiele eenheid om te skakel; ons was nie bewus dat ANZ die vermoe bied om 'remotely' 'n rekening oop te maak nie, en is tans besig om Barclays UK rekeninge via ABSA oop te maak. Wat sou die beste opsie wees?

Ons sal definitief 'n plan maak om by die coffee-club uit te kom en sal seker nader aan die tyd meer intens begin gesels en raad vrae ... die nerwe raak seker maar dun hier na die einde toe.

Groetnis

________________________________________________________________________________

_________

PIET RETIEF SE MANIFES

(Die Huisgenoot, Desember 1838)

Grahamstad, 22 Januarie 1837.

AANGESIEN daar talryke rapporte deur die hele Kolonie versprei is, blykbaar met die doel om vooroordeel op te wek in die gedagtes van ons medeburgers teen diegene wat besluit het om vaarwel te sê aan die Kolonie waarin hulle soveel jare 'n hele reeks ergerlike en ernstige verliese gely het; en aangesien dit ons begeerte is om hoog te bly staan in die agting van ons broeders en ons begerig is dat hulle en die wêreld ons nie in staat moet ag om die heilige band te verbreek wat die Christen aan sy geboorteland verbind sonder daartoe voldoende redes te hê nie, is ons verplig om die volgende kort uiteensetting te boekstaaf van die oorsake wat ons beweeg om so 'n stap te doen, en van ons voornemens aangaande ons optrede ten aansien van die naturellestamme waarmee ons in aanraking mag kom anderkant die grens:-

1. Ons wanhoop daaraan om die Kolonie te red van die euwels wat dit bedreig deur die oproerige en oneerlikie gedrag van vaebonde, wat toegelaat word om die land in alle dele te verontrus; en ons sien geen vooruitsig op vrede en geluk vir ons kinders in 'n land wat op dié manier gekwel word deur inwendige beroeringe nie.

2. Ons kla oor die ernstige verliese wat ons genoodsaak is om te ly deur die vryverklaring van ons slawe en die ergerlike wette wat daar gemaak is met betrekking tot hulle.

3. Ons kla oor die aanhoudende plundering wat ons hier moet verduur van Kaffers en ander kleurlinge, en veral deur die laaste inval in die Kolonie, wat die grensdistrikte verwoes en die meeste inwoners geruïneer het.

4. Ons kla oor die ongeregverdigde blaam wat daar op ons gelê is deur belanghebbende en oneerlike persone onder die dekmantel van godsdiens, persone wie se getuienis in Engeland geglo is tot uitsluiting van alle bewysmiddele in ons voordeel; en ons voorsien as gevolg van hierdie vooroordeel niks anders nie as die totale ondergang van die land.

5. Ons is vasbeslote om, waar ons ookal mag gaan, die regverdige beginsels van vryheid hoog te hou; maar terwyl ons sal sorgdra dat niemand in 'n toestand van slawerny gehou word nie, is ons ook vas beslote om sodanige wette daar te stel wat misdaad sal onderdruk en 'n behoorlike verhouding tussen heer en diensbode sal bewaar.

6. Ons verklaar plegtig dat ons hierdie Kolonie verlaat met die begeerte om 'n rustiger lewe te lei as wat ons tot hiertoe gedoen het. Ons sal geen volk molesteer nie en aan niemand die geringste eiendom ontneem nie; maar as ons aangeval word, sal ons ons dit ten volle geregverdig beskou om ons persoon en eiendom tot die uiterste te verdedig teen enige vyand.

7. Ons maak bekend dat, wanneer ons vir ons toekomstige leiding behoorlike wette neergelê het sal afskrifte daarvan na die Kolonie gestuur sal word vir algemene informasie; maar ons neem hierdie geleentheid tewens te baat om te verklaar dat dit ons vaste besluit is om voorsiening te maak vir summiere bestraffing van alle verraaiers wat daar onder ons mag wees.

8. Ons stel ons voor om in die loop van ons trek, en wanneer ons aangekom het in die land waar ons gaan woon, ons bedoelings en ons begeerte bekend te maak aan die inboorlingstamme, asook ons begeerte om in vrede en vriendskap met hulle te leef.

9. Ons verlaat die Kolonie onder die volledige versekering dat die Engelse Regering niks meer van ons te vorder het nie en ons sonder verdere bemoeiing sal toelaat om ons in die toekoms self te bestuur.

10. Ons vertrek nou uit ons vrugbare geboorteland, waar ons enorme skade gely het en voortdurend blootgestaan het aan ergernis, om ons te gaan vestig in 'n woeste en gevaarlike gebied; maar ons gaan met 'n vaste vertroue op 'n alsiende, regverdige en genadige God, wat ons altoos sal vrees en in alle nederigheid sal probeer gehoorsaam.

P. RETIEF._________________________________________________________________________

__________

Link to comment
Share on other sites

:ilikeit::ilikeit:

Baie welkom by die forum! Ek is steeds verstom oor die hoeveelheid nuwe mense wat heeltyd aansluit!

Dit is beslis 'n wonderlike bron van info. Ek kan nie regtig raad gee oor wat om saam te vat of oor bankrekeninge nie, maar ek is seker julle sal baie antwoorde op jul vrae vind by hierdie forum!

Ons is ook op pad Adelaide toe, hopelik voor die einde van 2007.

Baie sterkte !!

Werner

Link to comment
Share on other sites

Guest Bronwyn

Hi Danie & Michelle - welcome to the forum. Another family leaving Pretoria for Adelaide - like us and a few others!

Your extract from Piet Retief's manifesto looks interesting. I printed it out & I'm going to scrutinise it properly, but wow what a lot of similarities to today's problems. Was the Huisgenoot around back then??? :ilikeit:

Regarding your questions, you might save yourself a lot of time if you go to the 'search keywords' function on the forum, and type in 'container' and then 'ANZ Bank'. Previous discussions will come up with your key words highlighted. I've seen both your questions covered in detail in the past month. If that's not enough then fire away & ask again, that's fine too, we will help you out.

I'm so sorry we won't make it to the Coffee Club but you can chat to Carlos Carvallho there, he is also off to Adelaide. Hi Carlos! :ilikeit:

You made me laugh by saying you are going to ask your questions closer to the time, but you are flying in 2 months! That's NOW! Have you booked your tickets yet? Remember there is a great deal on air tickets available from IOM - that info has been pinned under the 'General' section.

Marius, Bob & Annette are the Adelaide experts who have helped me out countless times already, you can ask them specifics.

Good luck & enjoy the process!

Bronwyn in Lynnwood. :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Hi Danie & Michelle

Welcome to the forum and I hope all goes well with your planning to get to Adelaide by Jan 07. Not sure the process that you are following to obtain all required and be in a position to relocate in such a short space of time, but I would like to suggest that you ask your questions (as per intention) rather sooner than later (and in my opinion you have come to the right site for honest, no nonsense responses).

Hoping to meet you guys at the Coffee Club. :D

Cheers

Link to comment
Share on other sites

Hi Danie & Michelle

With regard to the bank accounts. If you open a UK account, I presume that your Rand will be exchanged to British Sterling. Now when you then decide to move the British Sterling to Australia it will be changed into Australian Dollars. I would say you could loose a lot in exchanging your money twice. You should be better off just changing from Rand to Australian Dollar, so my advice is, research the opening of an ANZ bank account.

Mara

Link to comment
Share on other sites

Danie en Sjellie,

welcome to this website and just ask all the questions you like. One of us should be able to give you a report from Adelaide.

I must say that one or three people are coming from Pretoria to settle in Adelaide. I was wondering if Qantas had opened a new air route from South Australia direct to Pretoria for a sec.

Anyhow, hope to see you guys soon in S.A. . . . . . direct from S.A.

Bob North

Link to comment
Share on other sites

Was the Huisgenoot around back then??? :lol:

Bronwyn in Lynnwood. :D

Bronwyn, die eerste uitgawe van Huisgenoot (toe genoem De Huisgenoot) was Mei 1916 en het 6 pennies gekos. (Die manifes kom wel uit 1837 - dalk was dit bedoel om 1938 se Huisgenoot artikel te wees?) Die eerste Huisgenote was in Nederlands en eers later het dit Afrikaans geword - ongeveer 1921...

Dit is baie interessant (en somtyds lagwekkend) om so deur die jare te sien wat van die hoof-artikels was:

"Beteken wyn in die bybel ongegiste wyn?" Julie 1922

"Sal Afrikaans groei of kwyn?" Junie 1936

"Daar is lewe op Mars" Januarie 1949

"Ons kan ook in Suid Afrika Beeldradio hê" Junie 1953

"Mag 'n Predikant Rugby speel?" September 1955

"Hoe gevaarlik is 'Rock 'n Roll'?" Oktober 1956

"100 000 Mense gaan naweke inry toe" April 1961

"Pa koop TV - Doop van Kind Belet" Julie 1976

Jammer nuwelinge! Wou nie julle verwelkoming "hijack" nie! :D Ek is seker julle sal ook waardering hê vir die stukkie geskiednis... :lol: Welkom in kuberspasie (hoe's DAAI vir Afrikaans?! :lol: ) en sterkte met die paadjie wat nog voorlê. Skree as ons kan help.... :lol:

Link to comment
Share on other sites

Guest Bronwyn

Interesting Riekie. My school history was so long ago that I can hardly remember if Piet Retief was around in 1837 or 1937, who's the blondie now? By the way, the kids don't do ANY of that history at school here any more. My daughter & son are in Grade 5 & Grade 3 and they have never even heard of the 'Great Trek'. It's disappeared from the school curriculum entirely. :D

Genuine Jammer om julle topic so te hijack, Boer! :D

Bronwyn

Link to comment
Share on other sites

Dankie aan almal vir die oorweldigende steun en vriendskap. Di's klaarblyklik nie heeltemal waar dat "die laaste keer wat die boere saamgestaan het, was omdat hulle see-siek was en sy-aan-sy oor die kant van die skip gehang het, op pad St Helena toe" nie. :D

For those who were wondering - Boer(s) & Sjellie ... Bruce & Sheila (maar jy moet jou tong so bietjie rol soos die Ozzies maak) :D

[obviously het ek ook nou die icons raakgeloop, want ek gebruik dit nou orals!]

ERATA

Jammer vir die confusion en bekommernis wat ons veroorsaak het deur ons landings-datums verkeerd aan te haal ... ons beplan om Januarie 2008 in Adelaide te land.

Werner, ons behoort baie naby aan dieselfde tyd as julle dan te land. Ons het besluit op Jan08 ipv einde 07, aangesien dit klink of Oz toemaak van mid-Des tot einde Jan van elke volgende jaar.

Bronwyn, thank you for the 'search function' advice, and we'll make sure to meet Carlos at the coffee club. I'll also make sure to read up Marius, Bob & Anette's postings.

Carlos, we should be at the club meeting in Irene - see you then.

Mara, thank you - your advice about moving the funds twice makes perfect sense. Given that we're 14 monts away from landing in Adelaide, can you confirm that we can in fact open the acount/s now, make multiple fund deposits (how?) over time, and then activate the acount when we land in 1+year?

Bob, the whole of Pta moving to Adelaide is really good news. We were afraid that we were going to be the only boertjies there. I'm starting to think that many Blue Bulls do in fact want to stay in the Cape; but would rather immigrate to Adelaide, lest they be seen to be forsaking their team?? :lol:

I take it that you live in/outside of Adelaide and would make sure to ead your posting for on-the-ground facts.

Bob, can you or one of the eperienced hands give me a quick take on what one should take or leave behind, re furniture, tools, etc. I've heard opinions ranging from 'take everythinh you can pack' to 'take nothing, not even furniture, because its affordable and you're saved the container costs'.

Thank you all.

Best,

Link to comment
Share on other sites

Hi Boer/Danie & Michelle,

Welkom op die forum. Eerste topic wat jy MOET op soek is Riekie se "Things to do before you go..." dis in die General afdeling. Wens ek het al daai goed gedoen voor ons gekom het.

Maar Januarie 2008 is nog sooo vêr?!

Suidwes

Link to comment
Share on other sites

Hi Bronwyn,

We don't feel hi-jacked ... please carry on. This is an interesting and heartfelt subject and if you are that interested, you should visit the following URL's:

Dorsland Trek

Thirstland Trek

Groot Trek

These sites lead onto others, giving quite an intense and realistic picture of the times.

It is sad that today's curriculae do not even give a glimpse of what the early settlers had to (and could) endure. That responsibility now lies with us.

Lekker lees.

Link to comment
Share on other sites

Danie & Michelle . . . . or are you guys changing your names to a more Aussie name, "Bruce an' Sheila" on landing??

Anyhow, it's entirely up to you what you feel you'd like to take or not. If your furniture is on its last legs there, it's rather pointless taking cheap or well worn furniture and paying the price you'd pay to ship top quality stuff.

Check out the prices paid in Australia for furniture items.

However, if you have any uniquely South African furniture made out of African timber that is irreplacable here, then consider factoring that into the shipping costs.

Power tools here in Australia are readily available and are the same voltage as household power supply . . . 240V AC.

English power tools are 110V AC while household applicances are 240V AC, making tools from the U.K. unusable here. I don't know how South African power tools are wired.

One last thing . . . . take any personal items, any family items that have been passed on. These will be able to also be passed on in time to your kids / grandkids. It is one thing that many don't do and regret later on in life . . . . having items that remind them of family or friends of the past.

Link to comment
Share on other sites

Hey B & S!

(amper se ek net BS! vir kort) :D

Welkom op die forum, lyk my julle gaan nog lekker saamkuier!

Baie interessant om die groot trek perspektief te lees! Die boere was maar nog altyd pragmatiste en nie altyd oor - ideologies nie! As dit nie gewerk het waar hulle was nie het hulle maar aangetrek!

Ja Bronwyn ironies dat al leer jou kinders(en baie ander) nie van die eerste groot trek nie gaan hulle heel waarskynlik deel wees van die "tweede groot trek"

B & S ek sou se bring so veel dinge saam as wat julle kan mits dit nog 'n redelike "lewensverwagting het". Siende dat julle eers oor meer as 'n jaar kom sou ek selfs dinge wat julle weet vervang moet word, begin opkoop daar. Mens is veronderstel om invoer belasting te betaal op dinge jonger as 'n jaar oud dink ek - nie dat enige iemand sal agterkom nie anyway! Bly by die bekende "brands" soos LG, Samsung en dies meer! Veral white goods.

Ek weet nie wat beplan julle nie maar as julle bv beplan om 'n 20 ft container oor te bring sal dit seker so tussen 35 - 40 K kos. Ek is van mening dat jy sal sukkel om vir daai tipe geld in Aus, 'n 20ft container se goed te vervang. Let alone die sentimentele waarde wat baie van die goed vir julle sal he. Ook as jy hier aanland (afhangende van hoeveel geld julle het om rond te gooi - en of julle sommer net lus is vir "oorbegin") is dit lekker om nie sulke basics te moet koop met jou Rande in Aussie dollars omgeskakel nie. Glo my veral in die begin is dit scary om te sien hoe die geldjies, gewoonlik als wat 'n ou het, al hoe minder raak. Dit vat in my opinie baie druk van julle af. Later kan julle dinge vervang soos julle aangaan en die res of vir die Salvation army skenk dit op ebay verkoop of sommer net "dump". Ons is tans besig daarmee maar dis lekker om nog steeds dit nie onder druk dit te doen nie. Plus ek het nou 'n LG mikrogolf oond wat van daai automatiese knoppies het wat se "mieliepap" en nog een wat se "bobotie". Cool ne? ...aan daai mikro gaan ek vashou en hom nog eendag verkoop as Afrikana! hehe. O ja baie Aussies vind ook ons yskaste eienaardig met die dat hulle slotte vir die vries kompartement het! Wys jou net!

Hoop dit help

Lekkerbly

Gogga

Link to comment
Share on other sites

Hi Danie & Michelle

With regard to the bank accounts. Yes, to my knowledge you can open the ANZ account now and keep on depositing funds into it until your arrival, when you can do your 100 point identification and gain access to the funds. How to get the money out of SA, I have no idea, perhaps somebody else can shed some light here!

Mara

Link to comment
Share on other sites

Guest Bronwyn

You can take R160,000 per person in your family over age 12. And R50,000 per child under 12. This is your Travel Allowance. It can go out per calendar year, so you could theoretically take it this year (2006) and again in January (2007). The only thing is you have to show them your ticket each time, so it's really per TRIP, and only once per calendar year.

For the above amounts you don't need to tell SARS or get tax clearance. Only go to your bank with passports & tickets, and your Australian Bank account number and Swift code. They do the necessary.

If you need to bring more money, you will need to apply for Tax Clearance. It all depends if you are 'emigrating' or 'temporarily re-locating' as to what rules SARS will apply.

Bronwyn

Link to comment
Share on other sites

Hi B & S,

Interesting way to get right into the discussions :ilikeit: Welcome to the forum.

I agree completely with what Chatterbug has mentioned about your things. Bring them. Start replacing things now if they need replacing. Pickfords told us the time frame for the tax on new furniture is 6 months. Do not keep the original packing, and they won't know. There are certain things in life you just cannot replace, and you'll be amazed at how expensive it is to replace the little things, like kitchenware. Also look up Mara's post on beds, the single and double beds are the same size, but the queen and king size beds are about 10cm longer here. Keep that in mind when you buy linen or matresses.

Good luck for the "Groot Trek"

Greetings,

Dreamy

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

 Share

×
×
  • Create New...