Jump to content

Australia Day


Biltongboer

Recommended Posts

Ek moet net eenvoudig iets griffel oor Australia Day. Ten spyte van die feit dat die Suid Afrikaanse koerante dit uitbasuin dat “the Proteas ruined Australia Dayâ€, was dit regtig ‘n besonderse belewenis. Die krieket het geensins die algemene atmosfeer in die land besoedel nie. Sport is sport, en die Aussies is ernstig daaroor, maar dis ook nie die einde van die wêreld nie. No worries, mate - more is nog ‘n dag.

(Well done Proteas!, by the way...)

Ons het half vier die middag al gery agter Dewald-hulle aan. Dit was sy beplanning, en ek kon nie lekker verstaan hoekom nie. Dit het wel later sin gemaak. Oral op die freeway ry karre met blou Ozzie vlae wat wapper. Mense langs die pad loop met vlae om hulle klere - oral is net sterre en blou vlae. Toe ons vieruur daar aankom by King’s Park, toe sit daar al duisende mense op die grasperke. Ons het ‘n lekker plekkie oopgekrap en daar geplak soos dit Afrikane betaam.

Die hele wêreld was vol vlae. Mense dra hoede, hemde, vlaggies, daar is gazebos met die vlag op, selfs borde waaruit hulle ge-eet het was versier met die suiderkruis op. (Ten minste is die suiderkruis iets bekends wat mens dadelik as jou eie kan aanneem.)

Die son sit nog hoog en dis warm, maar ons almal maak reg vir die groot vuurwerk-vertonings wat nege-uur begin. Intussen word daar ge-eet en gekuier vir die vales.

Ek het selfs vir ou Robert Mugabe daar gesien, en gou ‘n kiekie gevat voordat sy lyfwagte my teregstel. Weet nie wat hy en vroutjie daar gesoek het nie. Miskien oorweeg hy emigrasie? [sien foto op die Snotblog]

In elk geval, die atmosfeer was ongelooflik. Daar is ‘n trots onder hierdie mense wat ek nie meer in Afrika ervaar het nie. Jy sien mense van allerhande afkoms - Chinese, swartmense, indiërs, allerhande nasies. Maar almal is positief oor Australië. Baie van hulle is bly om hier te kan woon, weg van hulle familie en vaderland af, maar met ‘n kans in die lewe en ‘n hoop vir die toekoms.

Mense van Sri Lanka vlug weg van ‘n meerderheidsgroep wat hulle oorheers. (Klink bekend ne?) Mense uit Engeland soek meer sonskyn en minder misdaad. Vietnamese het hiernatoe gekom na die Vietnam oorlog vir hulle verkeerd afgeloop het. Ander is hier vir ander redes.

Maar almal is bly om hier te wees, en waardeer dit wat hulle het.

Vir baie mense is Australia Day die dag wanneer hulle burgers van hierdie wonderlike land word. Die oggend het ek op TV gekyk na mense in Canberra wat die burgerskap eed afgelê het, en hulle papiere gekry het. Ek sou graag een van daai papiere wou he - nog vier jaar, dan het ek hopelik ene.

Vliegtuie en helikopters het toertjies gedoen oor die rivier, en drie jets het oorgejaag op ‘n stadium.

Saam met 350000 ander mense het ons later die aand na ‘n briljante vuurwerk-vertoning gekyk. Ongelukkig het ons nie die hele show mooi gevolg met musiek en al nie, want ons was aan die oorkant van die rivier. Ons kon egter al die vuurwerke sien.

What a day! Australiërs het beslis iets om op trots te wees.

Elke nou en dan skreeu iemand “Aussie Aussie Aussie!!â€, dan skreeu die res “Oi oi oi!â€

Ons het geparkeer op ‘n parkeerplek wat Dewald georganise het, en die staptog terug kar toe was nie sonder klagtes van die kinders nie. Elfuur die aand kom ons by die huis aan - lekker moeg.

Vanoggend maak die selfoon se wekker my wakker met ‘n liederlike aanval op my slapende liggaam. Dis weer tyd om te gaan werk, na ‘n lekker vakansiedag.

I love this place.

Link to comment
Share on other sites

I love this place.

Me too! Dankie Biltongboer!

Link to comment
Share on other sites

Dankie BB. Al sit ek nog op die Afrika vasteland kon ek die vlaggies sien wapper. "Ausies,Ausies,Ausies" Oi Oi Oi!!!!!!

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...