Jump to content

Die lewe is 'n fees


Biltongboer

Recommended Posts

Ek gaan dalk vir die volgende paar dae sukkel om op die internet te kom. My geagte lesers moet tog asseblief nie paniekeer nie, ek sal wel terugkom een of ander tyd. Ek het baie bederf geraak met my 20MB/s lyn wat my 'n skamele 12G per maand download gee.

More trek ons in ons ander huis in, en Vrydag sit ek op die WACA met my seun. Ek het gehoop die wedstryd gaan meer van 'n "decider" wees, maar nou het ou Ponting en kie ons almal teleurgestel met hulle swak vertoning. Mens sou ten minste bietjie kompetisie verwag het van die wereldkampioene.

My huis se telefoon word more gekoppel, maar hulle kon nog nie bevestig wanneer die ADSL gaan aan wees nie. Hopelik binnekort. Telstra hier in Australia is amper so sleg soos Telecom Namibia, volgens al die lokale gebruikers. Hulle vat partykeer ook maar lank om dinge te doen. "No worries mate" - beteken amper dieselfde as "Hau?"

My container land uitendelik more op 'n sypaadjie in Perth. Onder andere is daar twee klaviere, sakke vol tools, 'n fancy steam-cleaned grassnyer - wat Customs vir my skoongemaak het teen die geringe prys van $80 - , ses bottels rooiwyn, en 'n 10 jaar KWV brandewyn waarop ek helse belasting moes betaal. Ek weet nie of ek ooit die moed sal hê om daai bottel oop te maak nie, hy het nou al sentimentele waarde opgebou. Dis nou as Sipho hom nie dalk al lankal leeggemaak het voor hy hom ingelaai het in Windhoek nie...

Link to comment
Share on other sites

Dis fantasties - ek 'surf' met my 3G sellulere foon (soms GPRS) en gebruik 'n vooraf-betaalde data pakket. Laasgenoemde pakket bied my 'n ongelooflike 500MB datatoegang per maand vir 'n asemrowende R189. Nietemin moet ek byvoeg dat die T-maatskappy weldra 3 Maart 2008 ook my aansoek vir ADSL ontvang het.

Jy's reg - die lewe is sowaar 'n fees...

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...