Jump to content

New Zealand... Ag nee! dit is verby!


Riekie

Recommended Posts

Dag 11 en ons is oppad Taupo toe.

Ons beplan om 2 dae daar deur te bring en een daarvan te gaan ski in die berge � mens kan die berg van Taupo af sien en dit is altyd in sneeu bedek (so dink net hoe koud is dit in Taupo)! Net buite Taupo is 'n plek wat "jetboat" ritte op die rivier doen en dit was ook een van die goed wat ons besluit het 'n "must do" is, nog voordat ons NZ toe is. Ek was lanklaas in my lewe so bang � hulle jaag teen die spoed van wit lig in daai river af, maar nie mooi reguit in die middel nie � nee, al teen die kante se kronkels af en hulle gooi en draai daai boot in alle rigtings � insluitende 'n hele paar 360 grade draaie teen topspoed! Hulle pyl moedswillig op stompe en goed in die water af en nes jy dink dit is jou laaste dag op aarde, dan swenk hulle weg! Ons was almal papsopwaternat � die jassies wat hulle vir ons gegee het om aan te trek is regtig net vir troos�. Die bestuurder was 'n grapkas en het ons die hele tyd vermaak met allerhande opmerkings en na elke draai vlieg hy om en tel kastig of almal nog op die boot is. Die bootrit vat mens tot by die damwal aan die een kant en 'n waterval aan die ander kant. Hy het so naby aan die waterval gery dat dit gevoel het of die ding ons gaan insuig! Ek s� net die hele tyd vir myself dat niks kan gebeur nie want hulle doen dit al jare lank en daar was nog nooit 'n ongeluk nie, maar as hy so op 'n ding afjaag waai alle logika weer by die deur uit en gil ek vir lewe en dood! Dit was nou regtig "exhilarating"!

Ons volgende stop was die "Prawn Farm" waar jy jou eie "prawns" kan vang. Met 'n emmertjie ys (vir die vangs) stukkies vleis (aas) en 'n riet-visstok gewapen, span ons langs die "prawn" dam uit. Makliker ges� as gedaan�. 2 ure later het ons nog niks terwyl die ander mense kort-kort een uitpluk � selfs die klein kindertjies! (Tot ons verleentheid!!) Ons moes maar moed opgee want ons moet nog by ons karavaanpark uitkom voor donker. Martin het darem 'n "krat" gevang moet ek bys� � seker beter as niks! Die grap was, dat hy gedog het dit is 'n MOEWIESE prawn en die ding so stadig en versigtig intrek (jy het nie 'n kartol nie). Almal se o� is al teen die tyd op hom gevestig want daai rietstokkie is tot op maksimum gebuig en die spanning loop hoog. Toe hy daai krat uit die water trek, dog ek hy verdwyn in die aarde! Ons het onsself omtrent oopgeruk vir hom en selfs hy kon nie help om te lag toe hy besef hoe simpel hy was nie � ek meen, het hy nou regtig gedink hy gaan 'n prawn vang wat so swaar soos 'n krat weeg?! Dink logies��

Op Taupo aangekom moes ons hoor dat die bergpas gesluit is as gevolg van weersomstandighede, so ski vir die volgende dag is uit. Ons besluit toe om 'n dag vro�er terug te gaan dan kan ons Auckland stad ook bietjie gaan ontdek. Daardie aand is Martin & Marilee in 'n diep gesprek en die uiteinde is dat hulle altwee besluit het : die "prawn" kan nie wen nie � hulle gaan m�re terug om weer te probeer � en die keer sal hulle die "prawn" wys wie's baas! Ek maak toe mos nou my mond oop en vertel vir hulle hoe hulle dit MOES gedoen het en "score" daarmee vir myself 'n "prawn-vang" uitdaging. Ai tog, kan ek nie net leer om my mond te hou nie?!

Marilee se gunsteling tydverdryf by die verskillende karavaanparke was die "jumping pillow" - dit is 'n reuase kussing wat vol wind geblaas is - amper dieselfde effek as 'n springkasteel, maar dit is baie stywer opgeblaas en jy kry dieselfde gevoel soos wanneer jy sou trampolien spring - al verskil is, jy kry nie jouself in die "springs" vasgekoek (met allerhande onaangename nagevolge) as jy jou balans verloor nie!

Dag 12: Nee, hulle het nie vergeet van die "prawns" nie. Na 'n uitstapie na die Huka watervalle sit ons toe nou weer langs die "prawn" waters�. Die keer is dit "personal"�. 'n Uur� 2 ure��.. niks�. Ons begin onderhandel oor hoe lank ons nog daar gaan sit, want dit raak laat en ons slaap vanaand in Auckland! Net toe ons ernstig begin dink aan opgee, vang Martin 'n "prawn"! Mens sou sweer dit was 'n walvis soos wat hy tekere gaan! Ag dankie tog! Nou is ek & Marilee vasbeslote om dit ook reg te kry en omtrent 15 minute later het ek myne in die emmer! (Wel, eintlik in die lug want ek was te bang om aan die ding te vat! Marilee moes dit vir my afhaal). Nou is al die "pressure" op Marilee en ons is omtrent soos "cheerleaders" hier om haar om te vertel hoe sy dit moet doen (so asof mens na EEN "prawn" skielik die "expert" is!) Martin moes toe nou maar bietjie hand bysit tot hy een aan die hoek kon voel en seker gemaak het hy is vas en gee toe vir Marilee om uit te trek. Ai, daai gesiggie!! Meer werd as AL die "prawns" in die dam!!

Wat "prawns" vang so interessant (en vrek moeilik) maak is dat die "prawn" die aas met sy handjie van die hoek afhaal en in sy mond sit - hulle eet nie die aas met hulle monde van die hoek af nie (nooit DIT geweet nie!). As jy voel iets karring aan die hoek, moet jy eers bietjie skiet gee sodat die prawn aanhou eet en die hoek hopelik deur sy handjie steek. Na 'n rukkie kan jy liggies begin trek aan die stok, want as jy pluk, ruk die hoek regdeur sy handjie en is hy los! As hy eers vas is, is hy vas, dan kan jy maar stadig die stok uit die water lig � doen jy dit TE gou, is die hoek nog nie deur sy hand nie, en pluk jy dit te hard, is die hoek uit. (Vertel dit nou vir die boertjies wat nog net vis gevang het in hulle lewe!)

Nou ja, ons is oppad terug Auckland toe met nog 1 stop oppad : die Waitama Grotte. Wat hierdie grotte uniek maak is dat dit vol onderwater riviere is en VOL vuurvliegies � dit lyk soos die melkweg! Dit was ongelooflik mooi! Vir 'n deel van die toer loop jy deur die grotte en op 'n stadium klim jy in 'n bootjie op die rivier � 32 meter onder die grond (nogal 'n vreesaanjaende gedagte!!) Dit is PIKDONKER terwyl die bootjie met 'n kabel in die river afgetrek word. Jy kan nie jou hand eers voor jou sien nie � net die vuurvliegies�. Hulle doen ook "abseiling" en "caving" in die grotte � ons het dit maar ge"skip"�.. NZ is bekend vir al hulle "extreme sport" en as daar 'n manier is om 'n ding meer gevaarlik te maak, dan sal hulle! Niks is te hoog of te diep of te vinnig of te gevaarlik vir hulle nie! Dalk as ek 18 was�..Intussen het ek darem paar breinselle bygekry�.

Nou is dit net voet in die hoek (wel, in ons geval 'n versnelling van slakkepas tot skilpad-spoed met ons skedonk!) Die kiwis is vreeslik lief daarvoor om te "brag" en alles is of die grootste of die hoogste of die langste of die diepste in die Suidelike Halfrond! Hier is die grootste kiwi en die groot skaap....

Ons stop op Hamilton vir middagete � wat eintlik nader aan aandete is na ons "prawn" uitstappie die oggend�.

....en so kom ons toe darem uiteindelik (en in die donker) in Auckland aan. Weereens in die r�en�..R�en dit ooit NIE in Auckland nie?!

Die Sky Tower word in verskillende kleure belig en toe ons daar was, was hy pienk vir kanker ondersteuning - baie mooi!

Dag 13 en ons vaar Auckland stad binne! Wat 'n mooi stad! Baie ou geboue en klein straatjies. Allerhande interessante winkeltjies en eetplekkies. As ons net meer tyd gehad het�.. Ons mik vir die "sky tower" (328m hoog!) - die hoogste enkelstaande toring in die Suidelike Halfrond! 'n Rukkie later is ons 220m hoog in die lug op die "viewing platform". Van daar het ons 'n 360 grade "view" van Auckland - dit is 'n baie groot stad! Moeilik om te glo, maar daar is mense wat so mal is om van die toring af te spring! Hulle noem dit "skyjump" maar dit is basies 2 kabels waaraan jy vasgemaak is, en dan "drop" hulle jou tot onder - as jy naby die onderkant kom, dan begin hulle jou stadig "briek" so jy land basies op jou voete. (Op die foto wat van onder die toring geneem is, is die swart spikkel aan die linkerkant juis iemand wat gespring het!)

Na die dag in die stad is ons op die ferrie oppad na Devonport � 'n historiese dorpie met baie ou huise en geboue aan die oorkant van die hawe. Ons het 'n ete afspraak daar met van ons "cyber" vriende by 'n Griekse Restaurant. In ons hele tyd in NZ het ons maar 2 Suid Afrikaners ontmoet, maar daar is blykbaar 'n groot spul Suid Afrikaners in New Zealand. Hulle het ook 'n baie groot � en aktiewe - Afrikaanse beweging en o.a. het hulle Lucas Maree daar gehad terwyl ons in NZ was, vir 'n optrede. Hulle het verlede jaar Steve Hofmeyr ook soontoe gehad en ek was verbaas om te leer dat dit HULLE is wat ook die Suid Afrikaanse sangers r�el wat Australi� besoek � mens sou nou dink dit moes andersom wees�. Nog iets wat vir my opvallend was � so daarvan gepraat � is dat elke supermark, selfs in die kleiner dorpies, 'n hele rak met Suid Afrikaanse produkte gehad het en selfs boerewors in die gewone vleis vrieskaste! En ons dog ONS is ge"organize" in Sydney! Wys jou net: "size" is nie alles nie! NZ is miskien baie klein, maar hulle hoef vir niemand terug te staan nie!

Dag 14 en ons pak in. 'n Hele TAS brosjures moet verminder word tot 'n skoenboks vol en dit vat meet en pas om alles weer ingepak te kry. Ons het nie eers baie goed gekoop nie, behalwe vir paar "souveniers" vir ons Aussie vriende, maar vir een of ander rede "swel" mens se goed mos as jy alles weer in dieselfde tas moet kry aan die einde van 'n vakansie! Moet seker die lugdruk wees�. Al ons kruideniersware word aan die kamp geskenk en die tannie glimlag breed, want baie van die goed is nie eers oopgemaak nie. Oppad lughawe toe maak ons die gasbottel vol en die watertenk en "septic tank" word vir oulaas leeg en skoon gemaak ('n takie wat Martin gelukkig op homself geneem het�. Ai, ek het darem maar 'n wonderlike man!!)

Uiteindelik is ons op die lughawe en sak moeg en lyfseer ('n motorhome se sitplekke het nie vere nie - of dalk was dit net ONS s'n....!!) in die Qantas Club se diep gemakstoele weg met 'n glasie wyn en 'n bordjie eetgoed tot dit ons vlug is. 'n Paar uur later stap ons uit in Sydney se naglig en dit "ruik" soos huis!! Wat 'n heerlike vakansie, maar NOG lekkerder om by die huis te wees!! Dit was lekker, maar nou's dit klaar��tot volgende keer�..!!

PS: Wat die "motorhome" (alias "kamp ding") ervaring betref: ek is "convert"!! Solank daar n�rens kakkerlakke is nie, sal ek dit oorleef�..selfs geniet!! :ilikeit:

PS: Sorrie - ek moes paar foto's afhaal, ek het al my spasie opgebruik! :lol::lol:

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...