Jump to content

Onthou jy nog?


Michelle Taylor

Recommended Posts

Ek het hierdie in 'n 'e-book' resepte boek van Anna Eksteen gekry, en dit was vir my nogal mooi...

As ek terug dink dan raak ek sommer kwaad (en hartseer), want al bly my kinders hier in SA gaan hulle nooit van hierdie dinge weet nie.

"ONTHOU JY NOG? .....

Lank, lank gelede voor TV speletjies, en dwelms ........

Ek praat nou van die tyd van wegkruipertjie in die park, of saans; van die kafee op die hoek, 'hop scotch' vir meisiekinners as dit 'alie'-tyd is by die skool; touspring, klippie en 'handstands' en donkie; krieket in die groot agtertuin; Haas Das se Nuuskas vroegaand; swem in die rivier; kamp op die stand; 'n swaai gemaak van tou met tamatiekasplank vir sitplek aan die groot appelkoosboom; rugby op die oop stuk veld; tennis in die straat.

Die ruik van koekies bak uit die kombuis; gemmerbier in die spens; kougom vir 'n pennie; roomys by die kombi met 'n eentonige deuntjie.

Wag, wag kan jy nog onthou .... toe om-die-hoek ver was; toe jy moes was en aantrek om saam dorp toe te gaan.

Honderde muskietbyte, stukkkende knieë en repe vel afdop in die somer;

Taai toffie-appels en sand in die swemklere en oral;

"Cowboys en kroeks", 'rounders' 'foefie-slide' en boomklim; modderkoekies bak.

Skooltoe loop of fietsry - ongeag die weer. Jagertjie speel tot jy op die gras neerslaan sonder asem. Lag tot jou maag pyn.

Rondomtalie draai tot jy dronk-dronk val.

Moeg en vuil gespeel ..... onthou jy?

Grootste verleentheid groter as om laaste vir daardie kant gekies te word.

Waterbomme en kleilat was jul grootste wapens.

'n Stukkie karton in die speke het jou fiets laat sing.

Ek's nog nie klaar nie .... kan jy nog proe en ruik: die droë jelliepoeier uit die pakkie; of droë Milo vir sjokolade; yslollies in Tupperhouertjies gevries van aanmaakkoeldrank; jou eie suurpoeier van versiersuiker en Eno's;

borrels blaas met seepwater en 'n strooitjie, lang ure se kook aan 'kondensmelk' tot karamel; Wilson's en pienk toffies; taai malvalekkersvissies en lang stukke 'liquorish' of 'drop.'

Onthou toe die enigste tekkkies wit seilskoene was, maar die enigste keer wanneer jy dit mag dra was vir PT.

Dit was nie vreemd om 2 of 3 'beste' maats te hê nie. Niemand het betaal vir 'n troeteldier nie. As jy gelukkig was het jy 25c vir sakgeld of vir die kermis gekry.

Almal se ma's was by die huis as die skool uitkom.

Onthou hoe 'n slim pa kon toor as hy sy duim aftrek of 10c agter jou oor uithaal.

Die lekkerte van by die padkafee gaan eet - uiteet by 'n restaurant of hotel was taboe vir kinders.

Onthou toe niemand 'n wenkbrou sou lig as enige ouer 'n kind berispe of in die werk steek nie en almal op die werf kosgee as dit etenstyd is nie.

Om by die skool gestraf te word was niks in vergelyking met wat tuis wag as ma daarvan hoor nie, basies was ons doodbang - nie vir aanranding, dwelms, bendes, ens nie. Grootmense was 'n groter bedreiging - baie van ons is vandag nog bang vir wat Pa daarvan sal dink.

Het dit nie goed gevoel nie .... die onthou .....

Onthou nog toe besluite geneem is met "eeny-meeny-miney-mo."

Foutjies was omseil met 'n eenvoudinge "nixs daps."

Geldsake was net in "Monopoly."

Die ergste wat jy van die 'ander' geslag kon kry was kieme.

Gevang met 'n wapen by die skool was die BIC pen 'pea shooter' waarmee jy die klasmaats agter die oor probeer piets het of dalkies 'n kettie op die speelgrond.

'Verdowingsmiddel' het beteken Melk van Magnesia of Lewensessens.

Roomys was kos; en moed is ontdek as iemand jou "dare".

Ouer broers was die grootste boelies maar ook die beste beskermers.

As jy die meeste van die dinge onthou, dan het jy G E L E W E!!!!"

Link to comment
Share on other sites

Dankie --

-- It reminded me of my/our experiences, but thought it was just something I had read somewhere , something lost never real, just vague images without feeling -- unreal of another dimension

Edited by Coyote Ugly
Link to comment
Share on other sites

Dis baie waar. Ongelukkig verander die tye en probeer ons maar vir ons kinders ander herinneringe skep......

Link to comment
Share on other sites

Somewhere in the history of this site we did a "remember when" thread! It was really pretty awesome!

A person wonder's sometimes if modernisation has really done us all a world of good? Sometimes it seems as if life was simpler and a lot more caring in years gone by!

Link to comment
Share on other sites

It is all very true and somewhat nostalgic. Often I wish for simpler days without complications but on the other hand I do not want to give up any creature comforts.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...