Jump to content

Die eerste dag van 2009


Biltongboer

Recommended Posts

So wraggies waar, die nuwe jaar het aangebreek - 2009 is op ons. Dit klink soos iets uit een of ander Buck Rogers episode - die jaar 2009, toe ons met mekaar Skype op ‘n laptop, ons rekeninge oor die internet betaal, Wii speel, selfone gebruik, biltong en fudge in Australia koop oor die internet en natuurlik: blog. Wat sal my wêreld nou wees sonder blog en Facebook? Dit sal net nooit weer dieselfde wees nie. Blog is hier om te bly. (In 2031 gaan my seun seker hierdie inskrywing lees en sy agterent af lag vir ons primitiewe wesens van 2009.)

Gepraat van Facebook - ek het sopas die Mafia Mobwar op Facebook ontdek, en ek is nou ‘n groot gangsta. Ek beroof “pimpsâ€, vermoor detectives met Tommy guns en koop Italiaanse restaurante. All in the name of entertainment. Ek het in een dag gevorder tot level 10. Nie te sleg nie, nê?

In elk geval. Oor vandag, die eerste dag van die res van my lewe. En die eerste dag van 2009. My eerste nuwejaar in ‘n nuwe land, met nuwe vriende en nuwe plekke:

Vanoggend het stadig begin, want ons het eintlik vanoggend vroeg eers gaan slaap. Gisteraand is die oujaar gevier by Dewald-hulle se huis, en ons het eers na twee in die oggend weer by ons huis aangekom. Die dag het dus stadig begin, en rustig voortgegaan. Vir middagete is daar van gisteraand se potjiekos sommer warm gemaak. Dewald het pot gemaak daar op twee gas-stofies. Potjiekos op die Ozzie manier.

Laatmiddag het ek vir Tolla op Skype opgespoor, en ons het vir ‘n uur lank geklets. Nes Buck Rogers - ons sien mekaar op ‘n TV skerm en praat dat die biesies bewe. Hy het sy nuwe steekhaar-brak vir my ten toon gestel, en ek het vir hom my Windhoek Lager gewys wat ek hier om die draai in ‘n drankwinkel opgespoor het. Ons het sommer saam ‘n biertjie geklink so met die Indiese Oseaan en ongeveer 8,715 kilometer tussen ons.

Hier na sewe in die aand het dit begin afkoel, en ons het besluit om parkie toe te stap. (Die son sak eers regtig rondom nege uur.) Ons vyf is almal hier in die pad af, met die stootwaentjie vir ingeval Anica moeg raak. Ek vat die tennisbal saam, en ek en Michael gooi die bal vir mekaar tot ons moeg is. Anica hol rond en lag. Daar loop klomp ander mense ook in die park rond, party het honde, party het kinders. Toe ons begin terugstap, stap ‘n omie by my verby en groet my in Afrikaans met ‘n “Voorspoedige nuwejaar vir julle almal†so in die verbygang. Ons stop so bietjie en gesels - hy woon nou al 30 jaar hier. Hy lyk soos ‘n Capie, met die gap tussen die tanne en die aksent ook - ek vra maar nie so direk nie. Nie dat dit saak maak nie. Ons praat Afrikaans en ons albei geniet dit hier in Australië.

Carissa hardloop ver vooruit met haar roller-wheel affêre - ek weet nie wat noem mens die ding nie. Michael volg haar, en Anica hol voor my uit in die paadjie af. Sy lag heeltyd terwyl sy hardloop. Op die sypaadjies is daar oral sulke sement paadjies waarop jy kan stap of fietsry. Mense wat staan en kar was of tuinwerk doen langs die pad groet met ‘n vriendelike “g’day mate!â€, of ‘n “How you going?†Ons stap terug huis toe tot Anica moeg gehardloop is en in die stootwaentjie klim. Ek stoot haar, en sien Celesti begin stap al hoe vinniger soos wat ek my spoed optel. Later hardloop ons - ek laat wiel met daai stootwaentjie en Anica kraai soos sy lag.

En ek besef - dis nie net ‘n nuwe jaar nie, maar ons bly ook in ‘n totaal nuwe wêreld. ‘n Wêreld waar kinders maar vooruit kan hardloop tot waar jy hulle nie eers meer kan sien nie, en waar jy nie die alarm aansit as jy by die huis uitgaan nie. ‘n Droomwêreld wat bestaan.

Link to comment
Share on other sites

It is great, isn't it? I love how polite and friendly the suburbs are here. My visiting friend called it "Pleasantville", without any ill intent. Dreamworld indeed.

Link to comment
Share on other sites

Thanks BB i always enjoy reading your posts and the blog. Keep it up.

Link to comment
Share on other sites

En ek besef - dis nie net ‘n nuwe jaar nie, maar ons bly ook in ‘n totaal nuwe wêreld. ‘n Wêreld waar kinders maar vooruit kan hardloop tot waar jy hulle nie eers meer kan sien nie, en waar jy nie die alarm aansit as jy by die huis uitgaan nie. ‘n Droomwêreld wat bestaan.

Dit is great!!!!!!!!!!!!! Ons was weg vir 'n naweek en het nie die huis se alarm aan gesit nie... ja dit het wragties een... en toe ons so 50km van die huis af is toe onthou manlief dit is nie aan nie .... en wat was sy woorde.... "so what".... lekker naweek gehou en terug gekom en alles is nog waar ons dit gelos het.....

Dit is nou wat ek noem LEEF!

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...