polly Posted December 21, 2008 Report Share Posted December 21, 2008 Ek soek desperaat die Brood en Botter resep. Dit het weg geraak in die trek en die nuwe Kook en Geniet het die nie meer in nie.k kan nie die hoeveelhede onthou nie:brood, melk,eiers, botter, 3/4 koppie rosyntjiessoutSmeer die brood. Sny die brood in blokkies. Meng die suiker, sout, eiers en melk. Pak die brood in lae met die rosyntjies tussenin in 'n bak. Gooi die melk mengsel bo-oor. Sit in die oond.Dis al wat ek kan onthou Groot asseblief. Ek kry nie my ma in die hande om weer die resep te gee nie. Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
jo1 Posted December 21, 2008 Report Share Posted December 21, 2008 Hier is 'n broodpoeding resep uit knuppeldik4 eetl botter3 k warm melk3 eiers geklits1/2 k suiker knippie soutgerasperde skil van 1 suurlemoen of 5 ml vanielje essens1 tl kaneel4 snye brood 10mm dik en in blokkies gesnySmelt die botter in die warm melk en meng met die eier, suiker, sout en geurmiddelsRangskik die broodblokkies in 'n gesmeerde bakskottel gooi die eier en melkmengsel oor en bak 30 min in 'n matige oond !80 garde)Broodpeoding met 'n verskil (baie lekker)genoeg vir 6-82 k sagte broodkrummels1 k karringmelkfyn gerasperde skil van 1/2 lemoen1 k lemoensap40 ml margarien 8tl1 k bruin suiker2 eiers geklits1/2 k koekmeel2 ml sout1 tl koeksoda2 ml kaneel1 ml gemengde spesery1/2 k pitlose rosyne100 ml gekapte okkerneutemeng broodkrummels, karringmelk, skil en sap goed saam en plaas eenkant.Verroom margarien, bruin suiker. voeg geklitste eiers by en mengSif koekmeel, sout (koeksoda in bietjie melk opgelos), kanel en gemengde speserye goed saam en voeg by eiermengselVoeg broodkrummelmengsel, rosyne en neute by en mengSkep in gesmeerde vuurvaste oodskottel en bak in voorverhitte oond 180 cir 35-45 of tot goudruin en gaarDien op saam room en vlaLekker bak Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
VivaOZ Posted December 21, 2008 Report Share Posted December 21, 2008 Hi pollyHier is 'n resep uit my ma se ou Kook en Geniet. Hoop dit is waarna jy opsoek is.Brood en Botterpoeding4 snye ou witbrood, 1 tot 2 cm dikBotter2 eiers62 tot 125 ml suiker1 ml sout750 ml melk187 ml ontpitte rosyne of125 ml fyn klapperSmeer die brood dik met botterRangskik die snye met die gesmeerde kant na onder in 'n vuurvaste bakskottelKlits die eiers en voeg die suiker, sout en melk daarbyStrooi die rosyne of die klapper tussen die snye broodGooi die melkmengsel oor die brood en laat dit 30 minute lank staanSit die deksel van die bakskottel op en bak in 'n matige koel oond by 160 C. Verwyder die deksel na die eerste halfuur en bak totdat die poeding bo-op mooi bruin is.Dien met bottersous opLW kook 12,5ml kakao saam met die melk om sjokolade broodpoeding te maak.As jy die sous resep soek laat weet my.Wilma Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
polly Posted December 21, 2008 Author Report Share Posted December 21, 2008 (edited) Daai is die een! Perfek dankie baieEk dien hom sommer op met roomys of vla Edited December 21, 2008 by polly Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
VivaOZ Posted December 21, 2008 Report Share Posted December 21, 2008 Plesier pollyBly ek kon help. Nou weet almal waar om resepte uit die ou kook en geniet te kry. Dit is my 2 de belangrikste boek in die huis en die eerste boek wat ek gryp as ek in die kombuis vasbrand (gelukkig danksy die kook en geniet nie meer baie nie )Geniet die poeding.Wilma Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
Mara Posted December 21, 2008 Report Share Posted December 21, 2008 Net 'n bietjie onbenullige nuus! Ek was op huishoudskool, en die skrywer van 'Kook en Geniet', S.J.de Villiers was die professor by Pretoria Universiteit wat al ons kookuns vraestelle opgestel het. Kook en Geniet was amper soos 'n kookuns bybel vir ons! Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
polly Posted December 21, 2008 Author Report Share Posted December 21, 2008 Eendag gaan ek my eie een hê... Defnitief 'n moet vir die tasse as jy emigreer Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
VivaOZ Posted December 21, 2008 Report Share Posted December 21, 2008 (edited) Net 'n bietjie onbenullige nuus! Ek was op huishoudskool, en die skrywer van 'Kook en Geniet', S.J.de Villiers was die professor by Pretoria Universiteit wat al ons kookuns vraestelle opgestel het. Kook en Geniet was amper soos 'n kookuns bybel vir ons!Nou weet ek hoekom die resepte ALTYD werk. Ek het regtig nog nie een van Kook en Geniet se resepte gemaak wat nie gewerk het nie. Manlief is baie vol £$£ as dit kom by kos. Toe ons getrou het was dit van hy eet nie die of daai of so nie. En plaat koekies en waffels kon niemand reg kry volgens sy smaak nie. Toe gee ma vir my haar boek en ek het letterlik die pad na my man se hart gekry met die plaatkoekie en waffel resepte. Om nie te praat van die Macaroni en Kaas en die poedings en die koeke en en en .Ag nee, dit is 7 in die oggend en nou is ek sommer skreeu honger vir 'n waffel en roomys!!!!! Edited December 21, 2008 by VivaOZ Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
polly Posted December 21, 2008 Author Report Share Posted December 21, 2008 Waffels vir ontbyt is die lekkerste ding Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
Mara Posted December 22, 2008 Report Share Posted December 22, 2008 Voordat ons uit SA weg is, het ek drie nuwe 'kook en geniet' boeke gaan koop. Een vir my wanneer my 'trougeskenk' van my Ma uitmekaar val, en een elk vir my twee seuns. Glo nie die oudste seun het al ooit syne oopgemaak nie, maar die jongste een geniet die resepte daaruit, saam met sy nuwe vroutjie. Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
Recommended Posts
Join the conversation
You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.