Jump to content

Old SA Recipes


sonnetjie

Recommended Posts

One of my cousins is typing up all my Ouma’s old recipes I have not tried any of the below recipes yet

Kerrie Mango Slaai (10-12 porsies)

75g (125ml, ½ K) Gebleikte Sultanas

125 ml (½ K) Brandewyn

3 Groot ryp Mangos (geskil, in skywe gesny)

300g (375ml, 1 ½ K) Suiker

1t (5ml) Sout

2kg Uie (gehalveer, geskil, in skywe gesny)

500ml (2K) Wit asyn

1t (5ml) Fyn gemmer

2t (10ml) Borrie

3t (15ml) Kerrie poeier of meer na smaak

2E (25ml) Mielieblom

Afronding:

2 Piesangs

Suurlemoensap

Brandrissies en/or dunhia vars koljander blaartjies

Metode:

1. Begin die aand vantevore. Skep die sultanas en die brandewyn in ‘n bakkie, bedek en plaas oornag in die koelkas. Pak die mangoskywe in ‘n plat houer, strooi die suier en sout oor, bedek met kleefplastiek en plaas oornag in koelkas.

2. Giet die ekstra vloeistof van die sultanas af, skep die mangoskywe in ‘n sif oor ‘n mengbak en skep die mangovloeistof by die sultana week vloeistof in ‘n groot kastrol. Voeg 125ml (1/2K) van die asyn by. Verhit tot kookpunt, voeg die uie by, bedek en prut oor medium hitte totdat die uie amper sag is.

3. Skep ‘n lepelvol van die uie in ‘n klein kastrolletjie of pan en strooi die gemmer, borrie en kerriepoeier oor. Roerbraai 2-3 minute. Voeg bietjies van die res van die asyn by indien dit lyk of die mengsel aan die boom van die kastrol begin vaskleef. Skep die kerrie0uie by die res van die uie, roer deur en een laat 1 min deurkook. Voeg die res van die asyn, mangoskywe en sultanas by, verhit tot kookpunt en laat 5-7 minute kook totdat die mangoskywe amper sag is, maar nie pap nie. Proe en geur met ekstra sout indien nodig. Roer ‘n bietjie kraanwater by die mielieblom in ‘n bakkie en maak aan tot ‘n gladde pasta. Roer by die uiemengsel en laat 2-3 minute kook. Proe en maak seker dat dit nie rou smaak nie. Laat die mengsel afkoel en skep in ‘n mooi glasslaaibak. Bedek met kleefplastiek en plaas in die koelkas.

4. Skil die piesangs en sny skuins skyfies. Bedek met suurlemoensap, rangskik op die slaai. Rond af met heel brandrissies en/of dunhia blaartjies. Sit voor saam met gebraaide varktjops, gekookte hap of geroosterde hoender.

“Hit†van die Jaar slaai

1 blik ingelegde Litchies

1 groot pynappel

1 Soetrissie (fyngesny)

Spanspek / papaja balletjies

Metode:

Meng alles en bedien (of hou) in ‘n mooi glasbak.

Hoenderslaai met Pere

1 blik Ingelegde pere

½ K Wit, halfsoet wyn

2K Gekookte hoender

½ K Selderyblokkies

3E Groenrissie (blokkies)

1 vars Lemoen (skyfies)

1K Druiwekorrels (opsioneel)

½ K Geroosterde Amandels

Slaaisous:

½ K Mayonaise

2t Suurlemoensap

2t Sojasous

4t Kerrie

Metode:

Giet wyn oor pere en stroop en hou in koelkas.

Rangskik peerhelftes op elke bord.

Skep hoender en ander bestandele oor die pere.

Meng bestandele van slaaisous en skep oor hoender.

NOODLESLAAI SKULPIES ala

½ Pak Mooi skulpies

1 Middelslag pynappel

1 Soetrissie (langerig gesny)

1 bottel Rooi uitjies

1 bottel Groen uitjies

1 bottel Swart olywe (opsioneel)

Kook noedels in soutwater tot sag (nie te baie). Laat koud word… krap los met vurg. Voeg ander bestandele by, behalwe uitjies wat heellaaste ingeroer word. (voor jy dit tafel toe neem)

KERRIEFRIKADELLE

1 lb gemaalde vleis

sout, peper, tiemie (na smaak)

1 groot gerasperde tamatie

Meng alles liggies, sit in gesmeerde pan en bak in oond tot gaar.

Sous:

Braai 2 groot uie wat in skywe gesny is, in bietjie olie.

Meng:

1K water

1E Kerrie

2E Suiker

1E Maizena

1E Sout

1E Borrie

1 ½ K Asyn

1E Appelkooskonfyt

Kook vir 3-5 minute. Gooi sous, kokend warm, oor warm frikadelle en laat koud word.

Tannie Steyn se patats

Sny stukke en kook op baie lae hitte tot baie sag, met 2-3E goue stroop en 2-3E margarine. Knippie sout, Geen water.

Visslaai

Pilchards in chilliesauce

Finely sliced onions

Tomatoes

Greenpepper

Hard-boiled egg

Very finely sliced lettuce

Mayonnaise

Salt & Pepper to taste

Mix all the above, heat in oven and serve. Can also be kept in Deep-freeze.!!

Haddock Soutigheid

Kors:

2K Meel

½ t Sout

4 oz Botter

knippie rooipeper

4 oz gerasperde cheddarkaas

Geel van 2 eiers om aan te maak

Bietjie koue water

Vulsel:

Maak witsous van ½ pt melk, 1 ½ E Meel, 1 ½ E botter, 1 oz gerasperde kaas, 2 gekookte skelvisse, weer ‘n knippie rooipeper.

Rol kors uit, sit vulsel in en bedek met kors.

Smeer eier bo-oor en bak teen 350F. Sny in blokkies.

Ligte vrugtekoek

375 ml Sultanas

125 ml Groenvye konserf

125 ml Kersies

200 ml Glasuurpynappel of Waatlemoenkonsef

200 ml Gemmerkonfyt

125 ml Gekapte neute

5 ml Gerasperde Suurlemoenskil

Sny bogenoemde bestandele die aand vantevore fyn, en gooi 75 ml brandewyn oor. Bedek en laat oornag op ‘n koel plek.

750 ml Meelblom

3 ml Sout

10 ml Bakpoeier

225 ml baie sagte botter

5 ml Vanilje

250 ml Strooisuiker

3 Eiers

1. Voer die boom en kante van ‘n 23cm pan met swaar diensfoelie uit, sny ook ‘n deksel.

2. Verhit die oond vooraf tot 160 en draai af na 140 as die koek gebak word.

3. Room botter en suiker, Voeg eiers een vir een by en klop goed na elke byvoeging. Voeg vanilje by.

4. Sif meelblom, meet weer af en gooi Bakpoeier en sout by. Sif dit by die bottermengsel. Meng goed.

5. Voeg nou die vrugte by en meng goed deur, as dit te droog is, voeg ½ K lemoensap by.

6. Skep deeg in pan, maak effense holte in middle.

7. Bak vir 1 ½ uur met foeliedeksel en 1 uur, daarsonder.

8. Sodra dit afgekoel is, gooi 2 keer ‘n ½ K Hanepootwyn oor.

9. Bere 3 weke voor gebruik.

Aspersietert

Kors:

1 lb Meelblom

1 lb Botter

1 lb Sterk Cheddarkaas

Rooipeper

Rasper kaas en botter saam, voeg meel by en werk goed deur om ‘n stywe deeg te maak. Rol dun uit en voer tertborde uit.

Vulsel:

1 groot blik aspersies

3 E gerasperde kaas

8 E broodkrummels

2 E meelblom

2 E botter

1 ½ K vloeistof

Addisionele kaas- of aspersiewater, mel en sout.

Maak witsous van meel, botter, sout en vloeistof.

Sny aspersies in stukke en pak in rou tertkors.

Strooi 4E kaas en 2 E broodkrummels daaroor.

Skep die witsous bo-op. Strooi orige broodkrummels en gerasperde kaas bo-oor.

Plaas hier en daar ‘n klontjie botter. Bak teen 375F vir 20 min.

Winterslaaivreugde

150g Pruimedante

2 Piesangs

125ml pynappel / vanilla jogurt

60ml gekapteneute

15ml suurlemoensap

blaarslaai

mayonaise

Sny pruime in stukkies en hou eenkant

Halveer en kerf piesangs en meng met jogurt, neute en suurlemoensap

Rangskik slaaiblare op bord en plaas een helfte van piesangmengsel bo-op.

Strooi 2/3 van pruime bo-oor en volg met res van piesangmengsel.

Strooi orige pruime oor en garneer met mayonaise.

Hoenderslaai

150g Gaar hoendervleis

1 Klein groenrissie

25g - 50g geroosterde amandels

40ml - 50ml slaaisous

'n paar bros slaaiblare

1 tamatie

Sny hoender in stukke en plaas in bak.

Verwyder stingel en pitte van rissie en sny in dun repies.

Voeg saam met amandel by hoender en meng met genoeg slaaisous om mengsels te bind.

Rangskik slaaiblare op bord en skep hoenderslaai bo-op

Garneer met tamatie-wiegies.

Kaasslaai

200g gerasperde cheddarkaas

3 ml sout

2 fyngekapte hardgekookte eiers

3 ml bereide mostert

2 t blatjang

2 t gerasperde ui

5 t gekapte pitlose rosyne

5 t mayonaise

Meng al die bestandele. Verkoel en skep op tamatieskywe wat op slaaiblare gerangskik is. Versier met pietersielie.

Roomkaasslaai

250g Roomkaas

6 t gekapte, pitlose rosyne

4 t slaaiolie

1/2 t suiker

knypie paprika

30g gekapte neute

10 t gekapte soetrissie

10 t mayonaise

10 t ingedampte melk (of room)

1 groot ryp tamatie (geskil)

Meng kaas, rosyne, sout, olie, paprika en suiker tot romerig.

Sny tamaties baie fyn en voeg dit by eerste mengsel saam met gekapte soetrissie en mayonaise.

Gooi mengsel uit in plant, vierkantige bak.

Laat goed styf word in koelkas en sny dit dan in vingers en sit voor op slaaiblare.

Bengal curried Chicken

1 cooked chicken

1 clove garlic

2 oz butter

2 large onions

2 T tomato paste

1 T milk

salt

3/4 pint stock

1 T curry powder

lettuce to garnish

Brown onions and garlic in butter. Cut uo chicken and add with other ingredients.

Garnish with lettuce and serve with boiled rice, pickles, coconut, popadums and sliced tomatoes.

Groentepotjie

Braai 1 groot gesnipperde ui in olie

Voeg by: 1/2 t borrie, 1/2 tot 1t Kerrie, 1 t Suiker

Voeg by: 4 aartappels (gesny)

Volgende laag: 6 wortels (in ringe gesny)

Volgende laag: 8 Baby marrows (ringe gesny) or bruusel sprouts

Volgende laag: Blomkool

Voeg by: Vars sampioene

Sny 1 groot tamatie bo-op, sit sout en peper op

Voeg 1K water by OF lemoensap OF appekoossap

Prut oor lae hitte.

Wanneer groente gaar is, verdik sous met maizena OF gebruik 'n pakkie sampioensop.

Bedien met rys of koring.

Chicken & Mushroom paté

200g Fresh mushrooms

1 chopped onion

1 Clove crushed garlic

85g butter

230g thinly sliced liver

4 rashers fatty bacon

1 Tbs Mace

Pinch Thyme

Black pepper

1. Melt 1/3 butter in pan. Add onion and garlic and cook over low heat until soft.

2. Chop mushrooms and add to pan. Add salt to taste, cover and simmer for 2 min

3. Add liver and bacon and sauté for 3 min

4.Sprinkle with herbs and seasonings and cook for 5 min

5. Cool, then chop and mince until fine

6. Melt remaining butter and stir into mixture, turn into mould and chill

Chilli Con Carne

Braai 1 middelslag ui, 2 huisies knoffel en 1 groenrissie effens.

Voeg 1/2kg maalvleis by en laat bietjie braai

Voeg 3 kleinerige tamaties (of blik tamaties) by, 1t sout en 1t kerrie en 1 blik tamatie puree.

Roer goed deur, kook 'n rukkie.

Roer nou 1t Jeera, Cardomonsaad en 'n bietjie rissiepoeier by.

Sout na smaak.

Voeg laastens 1 blik Baked Beans by en laat stadig prut.

Bedien met rys en groen slaai.

Chicken with Lemon Sauce

4lb Chicken

5T butter

1/4 cup Sherry

1/4 cup white wine

2t lemon juice

1t salt

1/4t pepper

1 cup cream

grated rind of 1 lemon

1/4 cup grated parmesan cheese

Cut chicken into serving pieces and brown on all sides in 4T butter.

Cover tightly and continue cooking over low heat till chicken is tender, about 30mins.

Remove chicken from pan, add sherry and white wine.

Cook to boiling point and stir in cream (slowly).

Return chicken to pan and cook over low heat for 5 mins.

Thereafter, top with cheese, dot with remaining butter and place under Grill until brown.

Gebraaide Kentucky Hoender

1 hoender in stukke gesny

geurmiddels na smaak

250ml meelblom

5ml bakpoeier

5ml sout

1ml peper

1 eier (effens geklits)

250ml melk

olie

Geur hoender na eie smaak.

Kook in water tot sag.

Dreineer gaar hoenderstukke op absorberende papier en hou in koelkas of vrieskas.

Haal dit eers met bereiding weer uit. Let wel, die meeste welslae word verkry as die hoender vooraf verkoel is!

Sif meelblom, bakpoeier, sout en peper.

Voeg geklitste eier en melk by en meng goed.

Verhit genoeg kookolie vir diepvetbraai in 'n pan wat gebruik word vir "chips".

Dompel elke stuk hoender in die beslag.

Braai 'n paar stukke op 'n keer vir ongeveer 5 min of tot goudbruin aan alle kante.

Pampoenpoffers

3KG gaar, fyn pampoen.

2 Eiers

1t sout

2K Bruismeel

3t Bakpoeier

2K kookolie

Stroop:

2 K suiker

1 K water

1/2 K melk

2E (rond) Margerine

Knypie sout

3 Desert lepels mielieblom

Klop pampoen, eiers en sout saam.

Sif meel, bakpoeier en meng met pampoen.

Verhit olie in kastrol tot matige hitte.

Skep desertlepels pampoen daarin en braai tot ligbruin en gaar.

Dreineer effens op kombuispapier.

Skep in op dienbak, hou warm.

Verhit al die stroopbestandele behalwe mielieblom saam tot kookpunt.

Meng mielieblom tot 'n pasta met 'n bietjie koue water en voeg by stroop.

Gooi oor warm poffers.

Chicken with Honey Glaze

1 Chicken - quartered

1 egg

2 T oil

2 T soy sauce

60 ml Honey

2 T lemon / pineapple juice

2 t paprika

1 t salt

Freshly ground black pepper

Arrange chicken quaters in a greased baking dish. Beat egg and oil, soy sauce, honey, lemon juice, salt and paprika.

Spoon over chicken pieces and place in oven (180C or 350 F) for about 1 hour.

Baste the chicken frequently with honey sauce.

During the last 10 minutes, increase heat to crisp and brown the skin.

Serve with rice and a green salad.

**Honey can be replaced with SWEET marmelade**

Bobotie

1,5 kg maalvleis

1 t sout en peper

1/2K sultanas

1 Eier

1 t Worchestershire sous

6 Lourierblare

1 Piesang

1 K melk (opsioneel)

1,5 E kerrie

1 E asyn

1 E appelkooskonfyt

1 E chutney

1 E suiker

1 Sny brood

Braai 1 groot ui in 1.5 E botter. Meng als saam en bak 1.5 uur

Koeksisters

4 K koekmeelblom

4 t Bakpoeier

1 t sout

4 E botter (vryf in meel)

Klits:

+- 1 K melk en 1 groot (of 2 klein) eiers.

Meng als saam tot ligte deeg.

Stroop:

8 K suiker

4 K water

Los op en kook vir 5 minute.

2 Desertlepels gouestroop

1/2 t Kremetart

1/4 t Wynsteensuur

Gerasperde skil van 1 suurlemoen

2 desertlepels suurlemoensap

Voeg al die bestandele by stroop en plaas oornag in yskas.

Rol deeg uit, sny koeksusters, vleg en braai in olie.

Wanneer goudbruin, haal onmiddelik uit die olie en druk in YSKOUE stroop sodat die koeksisters die stroop intrek.

Let wel, as die stroop warm word trek dit nie so lekker in die koeksisters in nie. Hou stroop dus koud deur om te ruil met 'n ander houer stroop in die yskas.

Link to comment
Share on other sites

Baie dankie!!!

Die bobotie en KFC hoender gaan beslis nog voor Sondag probeer word. Ek het al jou resepte klaar geprint.

Nogmaals dankie vir al jou moeite!

Link to comment
Share on other sites

Baie dankie!! Daar is resepte wat ek nog glad nie voorheen gesien het nie, en lyk heel maklik.

Link to comment
Share on other sites

Hallo Sonnetjie

Jy is 'n ster met al die lekker resepte. Wil graag die pampoenpoffertjies probeer. Dit is net bietjie moeilik om te kook ek wag nog vir my container.

Ek is al mooi moeg vir al die gemors kos.

Ek is nou al lank op soek na 'n resep wat ek gehad het vir kerrie eiers.

'n mens het uie gebraai dan het jy so 'n sousie gemaak wat water gemeng met 'n stock blokkie en chutney ingekry het.

Ek kan nie die ander bestandele onthou nie.

Het iemand dalk so 'n resep.

Ek kan onthou die resep wat baie maklik en baie lekker, sal graag weer die resep wil kry.

Groete van Nita uit Darwin

Link to comment
Share on other sites

Hi Sonnetjie

Hier is jou resep vir kerrie eiers. Dit kom uit my eeue oue Kook en Geniet wat ek saam met my op die vliegtuig na Oz gebring het.Geniet dit!

6 hargekookte eiers

2 eetlp botter of marg

2 middelmatige uie

2 teep kerriepoeier

2 eetlp meelblom

1 eetlp suiker

1 eetlp asyn

1 eetlp blatjang

2 kop vleisekstrak of water

1 teelp sout

en half teelp peper

Kap die ui fyn en braai dit effens bruin in die botter of marg.Meng die droe bestandele en maak dit aan met die asyn en/of blatjang.

Roer dit by die uie en voeg geleidelik die vloeistof by. Roer dit aanhoudend en laat dit 10 minute lank stadig kook. Gooi die kerriesous in n warm skottel en rangskik die hardgekookte eiers in die lengte of die dwarste gesny daarop.

Hoop julle eet die gereg net in Junie of Julie in Darwin. As ek daaraan dink begin ek klaar sweet hier in Mackay!!!Mooi loop. Suzette in Mackay

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...