Jump to content

Melbourne: Privaat Afrikaanse Onderwyser gesoek


Doortjie
 Share

Recommended Posts

Ek het 'n versoek ontvang van 'n IT besigheid met Afrikaans sprekende Suid-Afrikaners aan die stuur en 'n hele aantal in diens.

Hulle ontvangsdame is egter 'n Fair Dinkum Aussie.

Sy wil baie graag leer Afrikaans praat (ook op versoek van haar Afrikaanse "baas" :ilikeit: )

Is daar iemand in Melbourne wat opgelei is wat belangstel om aan haar privaat Afrikaanse lesse te bied?

Soos onder andere professionele spreektaal, Suid-Afrikaanse "besigheids etiket" ens.

Sy is regtig baie angstig om afrikaans te leer praat.

PM my en ek sal haar kontak details verskaf sodat julle onder mekaar die detail kan uitsorteer.

Dankie.

Link to comment
Share on other sites

Hi Doortjie

Dit is ongelooflik. Ek wens ek kan haar help. Ek sal haar help met Afrikaans en dan kan sy my leer Aussie-Engels praat. Gie...gie..

Hoop julle kry spoedig iemand.

Groete

Euneze

Link to comment
Share on other sites

:blink: Haai Doortjie,

Het jou boodskap (PM) gestuur. Sy's welkom om my te kontak.

Groete

Olie

:ilikeit:

Edited by Olie
Link to comment
Share on other sites

Hi Olie

Dankie vir die terugvoer.

Ek het nog nie jou PM gekry nie - kan jy dalk weer stuur asb?

As ek net 'n telefoonnommer en/of epos-adres kan kry dan kan sy jou kontak.

Link to comment
Share on other sites

Euneze

Dis vir my ook wonderlik as daar Aussies is wat wil leer Afrikaans praat. En hoekom nie?

En dis nie die eerste keer nie. Ek weet van 'n paar wat met Afrikaanssprekendes getroud is en dan sommer dadelik begin om hulle man/vrou Afrikaans te leer. Ek werk saam 'n Aussie wat elke dag terugkom met 'n nuwe "gebroke" Afrikaanse sin wat sy by haar ou geleer het en op my kom toets.

Ek wens alle Afrikaanssprekendes wil liewer een ander Aussie geinteresseerd kry in Afrikaans - net die basiese - eerder as om hulle taal totaal op te gee. Dit fassineer hulle dat ons so maklik kan oorslaan tussen tale.

Ek glo sy sal dalk iets met Olie kan reel.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

 Share

×
×
  • Create New...