Jump to content

CANBERRA WE ARE HERE ! ! ! ! !


Johnny & Rene

Recommended Posts

Hallo almal in Canberra,

Wel die Clark's het dit uiteindelik gemaak, die lang wag was die moeite werd, alhoewel ons nog net 4 dae hier is is ek en my man baie beindruk.

Natuurlik was die laaste 2 weke in Nelspruit n marteling op sig self, die uitsorteer en pakkery is genoeg om enige mens na drank te dryf indien nie moord nie. En dan nog natuurlik almal wat wil he jy moet n laaste keer kom kuier of n laaste braai wil hou, die mense verstaan nie, elke 5 minute weg van jou huis is 5 minute wat jy later as normaal gaan slaap om nog goed uit te sorteer. Maar natuurlik doen mens dit want jy gaan hulle nie weer sien nie en n gratis ete is n bonus aangesien die helfte van jou huis toe gestrooi le onder alles en nog wat.

Dit het darem alles tot n einde gekom toe die pakkers opdaag en hulle ding kom doen, mense maar ek was beindruk, hulle het in 2 dae alles gepak in my 4 slaapkamer huis wat gepak moes word, wat omtrent alles was. Natuurlik die oomblik toe ons nie kyk nie toe pak hulle al Johnny se skoene wat hom los met n paar crocs, nou ja die man moet skoene he vir werk so safety boots en tekkies is nog splinter nuut en doeane het nie eens 2 keer gekyk nie. Ons het crocs slippers, dies met skaapvelle binne in en ek het erg gestress dit het hulle nie eens gepla nie hulle worry meer oor die sand onder die skoene as iets anders.

2 aande in n lee huis geslaap wou net nie by vriende slaap nie, die laaste bietjie tyd in jou eie plekkie was wat ek wou doen.

Die kinders het dinsdag (25/11/2008) hulle laaste vak geskryf, hulle is opgelaai en ons is weg Johannesburg toe om by vriende te slaap om die volgende dag te vlieg. Die aand vir n laaste keer deur al die tasse gegaan en seker gemaak daar is niks onheiligs in nie, natuurlik baie laat gaan slaap. Was vroeg wakker kon net nie slaap nie was bang ek word nie betyds wakker nie al vlieg ons eers 10 voor 6 die aand.

Nou ja op die einde het alles goed uitgewerk, ons was net na 12 op die lughawe. Het iemand gekry om ons 9 tasse tussen 4 mense sonder ons rugsakke te weeg net om seker te maak ons is nie oor gewig nie voor ons regtig inboek. Low and behold nie een tas was swaarder as 24kg nie en ons kon 160kg vat ons het ingeweeg op 147kg. Kyk my man was darem baie trots op ons almal want hy was heilig oortuig almal is oorgewig, moet erken die tasse was bleddie swaar en ek het ook begin twyfel.

Half twee kon ons begin inweeg, ons was gelukkig heel voor in die ry so dit het lekker vinnig gegaan. Weg Spur toe om vir n laaste keer saam met my jongste sussie te gaan eet voor ons moet ingaan. Lekker geeet en gekuier en half vyf afgegaan om deur die poorte te gaan. Natuurlikw as die groet niks lekker nie, my oudste sussie (wat so siek is) het so gehuil toe ek met haar op die foon praat dat ek later die foon neergesit het. Met dit agter die rug stap ons die laaste tree met angsbelaaide bene, boude, hart, longe, arms, kop nek en skouers.

Dit het so onwerklik gevoel, die gebeur uiteindelik en ek weet nie of ek wil lag of huil nie. Wel dis nou te laat die hond is klaar daar, die huis is leeg en die tasse is op die vliegtuig. Die trappies baie stadig geklim en 20 keer omgekyk, net vir oulaas, mens weet nie wanneer jy weer hier gaan wees of ooit weer hier gaan wees nie.

Die vlug was nie te erg nie, Quantas voer jou genoeg eet en drink goed jy kan nie daaroor kla nie, slaap was buite die kwessie want wees nou eerlik wie kan in so beknopte spasie regtig gemaklik slaap, so power naps is die inding. Die tyd het letterlik gevlieg toe land ons in Sydney.

Hier het ek gedink gaan hulle ons uitvang met wie weet wat, mens hoor altyd al die stories en probleme. Ons het gese my man het sy voorskrif medisyne, hulle wou dit sien en ook ons skoene, dit was al. Verder geen probleme gehad nie. Almal was so vriendelik en behulpsaam, was ons dalk net gelukkig.

Dadelik n pre-paid starter pack gekoop by vodafone net om aan die gang te kom, almal moes darem weet ons is veilig tot daar. Die bord se inboek is by hek 1, ons wag en wag en wag en raai wat inboek was verander na hek 8 en niemand het dit afgekondig nie. So met die spoed wat jy kan he met jou bagasie word daar afgesit na hek 8. Geen probleme daar nie. Ons raak sommer almal al so half aan die slaap nog voor die vliegtuig opgestyg het. Gelukkig was hierdie nie n lang vlug nie.

Die opgewondenheid het ons behoorlik beetgepak toe ons op Canberra kon afklim, dis een hele deurmekaar spul. Klim uit en beloer die wereld met so haai oooeee kyk op ons gesigte. Wonderlik ons is hier. Deur om ons tasse te gaan haal waar die prokureur wat ons gehelp het om hier te kom en ook vir ons blyplek gekry het vir ons wag. Gelukkig ry hy n groot kar en kon hy al die bagasie en ons almal ingepas kry. Die aand by hom en sy vrou oorgeslaap en die volgende dag na ons plaashuis gegaan. Dis pragtig, so 4km van die lughawe en n regte plaas atmosfeer.

Die volgende dag sommer klaar by mense beddens, wasmasjien, tuimeldroer, koffietafel en 2 sitbanke gekoop. Alles verloop volgens plan op die stadium. Natuurlik winkels toe om die nodige te gaan koop tot die container erens teen einde Januarie arriveer. Wat n belewenis, die Canberra Center is asemrowend groot, het nie geweet daar bestaan sulke groot plekke nie Nelspruit se mall is nie n patch teen die nie.

Nou ja Johnny het vandag begin werk eintlik ook nie, want toe se hulle vir hom hy moet eers saam met my ry om n paar goed uit te sorteer. Dankie tog die mense is absoluut wonderlik.

Wil natuurlik ook net se sonder ons Tom Tom wat ons in SA gekoop het, en die OZ kaart wat ons ook alreeds gekoop het, het ons al vrek baie gehelp, sonder dit sou ons seker nou nog al om die eerste sirkel gery het. Seker ons ry nie altyd die korste pad na n bestemming toe nie, maar dis ok ons sal dit later uitwerk. Op die stadium kom ons waar ons wil wees al is dit via die lang pad.

Ek dink dis genoeg vir nou eers sal weer laat weet hoe dit gaan soos ons aangaan.

Groete tot later uit n lekker winderige Canberra

Rene

Link to comment
Share on other sites

Hi Johnny en Rene

Baie welkom hier in Canberra! Dit klink of julle baie goed regkom. En nie meer lank nie dan is Snippie ook hier : )

Link to comment
Share on other sites

  • 5 weeks later...

Hallo Rene,

Ek het nou n knop in die keel......oor twee en n half maande stap ons teen daai vliegtuig trappe op (kaartjies bespreek vir 15 Maart 2009)!!!

Dit klink darm of alles goed uitwerk vir julle. Ek voel skoon jaloers want jul is klaar daar en het reeds die berg (voel vir my soos n vreeslike berg) uitgeklim en kan nou werk aan n nuwe toekoms vir jul gesin.

Dink maar aan ons. Sal julle hopenlik in 2009 in Canberra ontmoet.

Sterkte!!

Sandra

Link to comment
Share on other sites

Wanneer julle eers hier is dan lag mens oor die berg...

Kan jy jou vandag indink dat jy net gister geskryf het dat julle mense sal ontmoet in 2009, klink so ver, en tog vandag is dit 2009.

Geniet die laaste dae in SA, doen alles wat julle kan, neem fotos van alles, en kuier met almal wat na aan die hart is, want as jy jou oe uitvee, is julle soos ons al maande in Canberra.

Dit sal goed gaan, wees net altyd positief!!!

Groete

Louise

Link to comment
Share on other sites

Hallo Louise,

Dankie vir jou raad en dat jy terug geantwoord het (ek is nog nuuterig hier so dit voel baie "cool" om n "reply" te kry).

Tata!

Sandra

Link to comment
Share on other sites

Hi Rene

Ag ek het nou so lekker gelag vir al jou se goed! Bly jul is veilig hier en glo dit sal net goed gaan met julle hier in Canberra. Ons het laas jaar Okt hier aangekom en is mal oor Canberra. As jul hou van fietsry, kan jul ure se pret hier he. Laat weet as jul enige vrae het.

Mooi bly

Rienie

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...