Jump to content

Verduidelik nou Afrika aan ‘n Ozzie?


Biltongboer

Recommended Posts

Ek sit nou die aand en kuier met 'n goeie ou Ozzie vrind. Die barbie se gas loop, en ons het selfs 'n vuur op die kant aan die gang.

Terwyl ek daarvan praat, moet ek eers uitbrei oor die vuurmaak-ding:

Sien, hierdie ander Ozzie-pel van my weet ek kom van die Donker kontinent af, en hy volunteer toe om 'n vuur aan die gang te kry sodat ek bietjie tuis kan voel. Toe ek daar aankom, het hy 'n moerse dieseldrom daar met gate hier onder aan die kante. "So far, so good", dink ek toe mos. Toe ek so inloer in daai drom, toe sien ek die perd het hom vol gepak. Ou boomstompe, planke, enige ding wat van hout gemaak is, is daarin gegooi, en dis net blare waar jy kyk. Ek weet sommer hier kom 'n ding - dis darem nie die eerste keer dat hierdie suidwester vuurmaak in sy lewe nie.

Toe hy begin "vuurmaak", toe gaan staan ek maar doer anderkant en begin met die ander ou kuier. Hy steek daai ding aan met 'n blowtorch - dis net rook en hare waar jy kyk. Die vroumense verstik almal van die rook. Daai blare rook te lekker - dit lyk soos ou Sleeping Bear se rookseine wat hy na Hairy Beaver toe stuur daar in die wille weste. Later-aan in die aand toe's die vuurtjie darem aan die gang, en dit voel sommer lekker man.

[sien foto op die SnotBlok]

In elk geval, hierdie ander perd vra vreeslik vrae oor Afrika en wat gaat aan en so aan. Ek begin vir hom vertel. Hy wil weet maar hoe is dit dat die Britte daar was, en die goete? Vrek, waar begin jy nou? Ek gee mos deesdae amper op 'n daaglikse basis hierdie geskiedenislesse - basiese (sub A) History 101. Sien, hier in Australië weet niemand niks van enigiets af nie. Hulle kyk nie nuus nie, want daar gebeur nooit iets nie, behalwe toe Diana gekraam het en gedooi het. Die res van die tyd is die nuus so vervelig dat hulle nie moeite doen om dit te volg nie. Wie wil nou hoor van Ouma Sara se kat wat die brandweer uit die boom gered het binne 42 sekondes na sy die oproep gemaak het?

Anyway - Ek verduidelik dat daar eendag, lank, lank terug, 'n klomp rykgatte in Europa gewoon het. Van hulle was konings en sulke goete. Ou Vasco da Gama en Babbelas Diaz en die manne trek toe hulle bote hier om die Kaap van Storms, en daar begin almal penne in die grond slaan en eiendom afbaken. Dis toe dat 'n paar grootkoppe daar in Europa sit en 'n kaart optrek van Afrika, en begin "cut en paste" totdat elkeen 'n stukkie het.

Die Belge vat sommer so groot hap in die middel - een van die rykste, maar slegste, dele van Afrika op die oomblik, wat vandag bekend staan as die DRC. Die Britte vat sommer sulke lekka groot happe uit die kaart uit, en die Porras vat net so baie. So hier en daar vat die Frenchies 'n stuk, en daars alles verby. Maar wag, nie alles nie. Die Duitsers het ook 'n stuk of twee van die "pie" gevat.

Dis mos toe dat die Duitsers daai mooi droeë Namibwoestyn vir hulle vat, en sommer so paar stukke van Wamboland, Hereroland en die Kavango ook gryp. Hulle baklei tot hulle die Caprivi zipfel ook kry, en daar staan die map soos hy vandag lyk.

En so leef almal vreedsaam en gelukkig saam, so tussen al die Herero massacres en Nama slagtings deur. Die Boere moor die zoeloes daar op die suidpunt van Afrika, en die Duitsers stuur kakebene en skedels na dokter Eugen Fischer in Duitsland. Hy het 'n hele boek geskryf oor die superior brein van die blanke teenoor die van die ander rasse, en het dele van die boek gebasseer op hierdie "studies" wat hy op die Herero en Nama skedels gedoen het. Hy word toe sommer een van Herr Hitler se mentors. In elk geval, ek het 'n lang gaap-sessie daaroor geskryf so tydjie terug.

Die tyd stap aan, en skielik begin die Great War soos hulle hom daai tyd genoem het - die eerste wêreld oorlog. Holland het intussen al lankal Suid Afrika prysgegee aan Engeland, en die Britte sit nou op die suidpunt van Afrika. Dis toe wat die manne Deutch Südwest-Afrika binneval, en die arme Duitsers goed pakgee. Die Kaap is toe nie meer Hollands nie, en al wat Duits bly in Duitswes, is Swakop. Die land SWA word die vyfde provinsie van Suid Afrika, en so bly hy tot en met onafhanklikheid.

Na die Tweede wêreld oorlog begin die rykgatte in Europa agterkom dat Afrika hulle 'n klomp geld en moeite kos, en hulle begin die lande links en regs weggee. Hulle begin daar ver Noord, en so word die een land na die ander "onafhanklik". Die Russe spring in en maak kommuniste van die lot. Almal is net te bly om AK47's verniet te kry, en roei mekaar uit teen die spoed van wit lig. In 1975 besluit die Porras dis nou hulle beurt, en hulle los daai arme Porras in Angola en Mosambiek agter - every man for himself. Die mense hol oor die grense na Suid Afrika en SWA - baie van hulle met die laaste bietjie eiendom wat hulle oorhet in hulle rugsakke of onder die Land Rover se seats ingeprop.

Dis toe dat Oom Sam en sy trawante ook besluit dis hulle plek die, en daar begin die sogenaamde Vryheidstryd. Na die Tweede wêreld oorlog is die hele wêreld verdeel in twee kampe - Oos en Wes. Die stryd tussen Kapitalisme en Kommunisme. En almal kies 'n kant. Swapo kies die Russe se kant en die witmense in Afrika kies Amerika se kant. Rusland bring wapens, en lei terrs op om die suidpunt van Afrika mee te kolonialiseer. Hulle plak later sommer 50000 Kubane en tenks daar neer, en kry 'n klomp Oos-Duitsers om te help om die imperialiste en rassiste te ondermyn.

Amerika doen meestal niks. Die witman in Afrika moet vir homself sorg - daars nie nog 'n grens om oor te vlug nie.

Hoewel baie mense vandag anders praat, was die geveg daai tyd teen Kommunisme. En teen Swart oorheersing, maar die twee was eintlik maar sinoniem.

Toe ek by die deel van die storie kom, vra my Ozzie vriend - maar is daar nou vandag nog 'n bosoorlog daar aan die gang? Ek klap hom amper - het hulle nooit blerrie nuus gekyk nie?

Ek vertel vir hom van diensplig, van UNTAG en van die verkiesing - daai selle verkiesing waaroor die hele wêreld in rep en roer was. Hy het nog nooit daarvan gehoor nie. Om die waarheid te sê, hy het nog nooit van Namibia gehoor totdat hy my ontmoet het nie. Kan jy glo.

Ek vertel vir hom van Rhodesia, waar Ian Smith die Britte kwaad gemaak het deur sy eie onafhanklikheid te verklaar. Hy het al iewers gehoor van Rhodesia - waar is dit nou weer, wonder hy. Ek vertel hom van hierdie ander idioot met die naam van Mugabe, en dat die land nou Zimbabwania genoem word. Hau. Nou verstaan hy.

Die punch line was toe ons begin praat oor die Abbo's. Die man, hy ken van die Abbo's. Hy het al met hulle gewerk. Hulle is nou nie noodwendig sleg nie, sê hy vir my, maar jong, hulle is darem anders as "ons". Ek sê vir hom "imagine they were a 70% majority and they ruled this country" - daai man raak amper aan die huil toe ek dit vir hom sê.

Hy verstaan nou wat in Afrika aangaan, sê hy vir my. Hy verstaan.

Link to comment
Share on other sites

Dis reg, verduidelik dit so dat hulle aan hulle eie bas dit indink...

Jy kan gerus vir daai selfde Ozzie vra hoe hy sal voel as daai Aborigini's nou sonder enige vaardighede 30% van Australie se landbougrond gegee moet word en daar elke 2 maande hofsake is omdat die regering die grond nie wil koop teen markwaarde om aan hulle te gee nie. Noem ook net dat jy dan 'n 'Abbo' vennoot moet he om te mag besigheid doen as jou omset bo R5miljoen(A$80,000) is en dat hy nie die geld gaan he om 'n belang te koop nie en ook nie bereid is om dieselfde ywer en tyd aan die besigheid te spandeer om dit te maak werk nie...

Ek sweer daai Ozzie beskyt homself as hy net probeer om die pandemonium in te dink...

Maak my sommer mismoedig, want ek hou wraggies baie van hierdie kol hier onder in donker Afrika.

Link to comment
Share on other sites

Janee, uitstekend soos altyd! Sien nogals uit om bietjie met die Ozzies kennis te maak! Dink die ou se gesigsuitdrukkign was sekerlik 'classic' aan die einde van jou geskiedenis les! Hie..hie..hie

Yo

Link to comment
Share on other sites

Dis darem ok nou nie waar dat die Amerikaners ons heeltemal aan ons eie lot oorgelaat het nie. Daar was darem deurentyd so 'n bietjie steun onder deur die tafel deur. Tot die kommuniste natuurlik hulle gat gesien het en hulle belangstelling in ons verloor het.

Ek dink jy kan Afrika net verstaan as jy in hom geleef het.

Link to comment
Share on other sites

  • 1 month later...

Biltongboer, brilliant post as usual.

When Aussies hear that I'm from Botswana they have NO IDEA where that is and just assume it's part of South Africa - not because they are gifted with excellent geography knowledge, but because of my accent.

Naturally they then ask about the population breakdown and are shocked to hear that the white community in Botswana constitutes only 2% of the population. And these are predominantly expats, living on work and residence permits which have to be regularly renewed and can be revoked at any time.

The next question is always the same - so WHY did you live there? I still haven't come up with a good answer for that one.

Love your posts, keep them coming...reading Afrikaans is like mental floss for me!

zorba

Link to comment
Share on other sites

Once again and excellent post ... when I laugh my wife knows I'm reading one of your posts, keep up the good work.

Ausraven :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

:ilikeit:

Can I ask for the english version............??

I struggle to understand the afrikaans posts................ :blink:

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...