Jump to content

Oor busry


Legalbuff

Recommended Posts

So het ek en manlief mos nou besluit ons wil nou ernstig spaar vir huiskoop en die een ding wat nou $60 'n week vreet is die kar. Stasie toe en terug is 'n goeie 10km en dit maak 20 'n dag. En so as mens nou van die werk af kom en die moegheid tref na 'n 10uur dag op kantoor dan wink die KFC Barrel oppad huistoe my (of pizza of burgers of wat ek ookal in my waas van moegheid raakgesien kry). Ons vlieg dan sommer daar in, aandete is ge"sort" en so tussen die skuldig voel oor die gebrek aan groente is dit 'n goeie dag.

Maar, dit beteken dat ons daaglikse uitgawes net meer word, in plaas van minder. Na ernstige denke en konsultasie oor KFC besluit ons om die staat se busse bietjie op die proef te stel. Daar is immers 'n busstop 700m van die huis af en dit keer die daaglikse gemorskos aksie sommer ook. Drie vliee (en hier is baie in Perth!!) met een klap - oefening (stap busstop toe), minder gemorskos (goed vir die cholesterol) en minder petrol. Kan net 'n bargain wees.

Dit gaan goed met die busryery. Ons is elke oggend kordaat by die busstop, klim op saam met 'n paar vreemde gesigte die eerste oggend en sit stil soos muise. In die aand is dit 'n ander storie - jy ry dan TERUG van die stasie af en moet die deurklokkie druk om uit die bus uit te kom. As jy vergeet, het ek 'n vermoede "loop" jy net eenvoudig terug treinstasie toe en dan sit en wag jy vir jou bus om weer te manisfesteer. Maar jy moet mooi kyk en die knoppie reg druk. Nie te laat nie, dan stop die oom erg skerp, jy stap/hardloop tot voor in die bus so saam met die stopper, jy val amper met jou wang teen die bus se voorste ruit en druk jou neus so byna plat soos 'n pannekoek. Dan moet jy jou waardigheid probeer herwin, jou kaart voor die scanner inkry en vinnig van die bus af kom. Die oom se voet huiwer al klaar weer op die petrolpedaal en hy gaan nie langer staan as nodig nie. Ek sien nog die dag kom wat my hemp gaan vasknyp in die deur so met die uitklimslag - die bus gaan wegtrek en ek staan daar in my Edgars bra. Hou maar die koerante dop.

Maar ek kom agter die onbekende gesigte raak nou bekend. Sommiges groet al. Baie groet eerder nie. En ek begin toe naampies opmaak vir hulle. Soos die "Ou-met-die-jean-met-die-pienk-verfmerke". Hy het bypassende staalpunt konstruksieskoene met dieselfde pienk verf op. Nou wonder ek waste werk doen hy met die pienk verf?

Dan is daar die Piet-Muis-Haartjies oom. Hy het sulke reguit stokkies hare wat so erg kort geskeer is. Hy het elke dag dieselfde kleur hemp en broek aan - skoon en netjies gestryk so ek weet dis nie dieselfde een nie. Vrydag leef hy on the edge en trek hy 'n denim aan. Hy wil-wil amper begin groet maar check ons nog uit. Nog seker nie regtig oortuig ons gaan permanente busryers wees nie.

Daar is ook die Oom-wat-in-die-middel-van-nêrens-afklim. Elke middag. So snaakse versteekte stoppie waar ek nie eens geweet het mens mag afklim nie. Hy is 'n gewoontedier - sit ook altyd op dieselfde sitplek. Praat met niemand - druk net met perfekte tydsberekening sy deurklokkie en wip van die bus af, af in die pad. Ek wonder oor hom. Waarnatoe loop hy?

Daar is ook die "All-American-girl-next-door" - maar sy is 'n Aussie. Maar so wholesome soos apple pie en boonop nice ook nog. Manlief groet ook nogals vriendelik terug. Uit beginsel check ek haar uit - ek sien as sy TE nice raak het ek darem 'n gewigsvoordeel - ek sal haar kan vat. Phew.

Nou wonder ek - wat noem hulle MY EN MANLIEF? Die "Twee-weirdos-wat-'n-ander-taal-praat". Of "die-kort-vroutjie-en-die-ou-in-die-suit". Of dalk meer akkuraat:

"Die-paartjie-met-die-vrou-wat-hulle-kar-mis..."

Link to comment
Share on other sites

LOL - Loved the story, Buff, one forgets to tell the newbies so many of the things we take for granted once we've been doing them for a while (like ringing the bell, or waving for the bus!)

On my first day of public transport I caught the bus into the city as it seemed easier than riding to the station and then catching the train - something to do with Baby Steps. On leaving the office that evening I had no idea where the bus departed from along St George's Terrace as there are about 100 bus stops, each covering a different route, and of course one can't ask anyone for fear of being spotted as a foreigner or worse. Luckily I stumbled on the correct stop and caught the correct bus home. After a week of bus travel I realised that my journey of 45 minutes would be reduced to 20 if I could find the courage to catch the train. Now, of course I saunter about with all the nonchalance of a sandgroper, but there were a few sweaty palm moments.

Die "Twee-weirdos-wat-'n-ander-taal-praat".

Just a word of warning on this one - there are heaps of saffers on "my" bus and even more on "my" train. The worst is this one couple who regularly discuss rather intimate details of their personal and financial relationships in Afrikaans in the obvious belief that they are the only two people in Perth who understand the language. I still haven't had the courage but one day I'm going to tap them on the shoulder and ask them how "such n such" that they mentioned last week is going.

C'Lou

Link to comment
Share on other sites

Just a word of warning on this one - there are heaps of saffers on "my" bus and even more on "my" train.

C'Lou

I hear you!! We generally keep it light and cheery - stuff about the cats etc... I've also had people on the train sit and talk about painfully intimate things... Just too much info!!

Link to comment
Share on other sites

Hahaha dit was awesome!

Link to comment
Share on other sites

:ilikeit: Dis wat ek mis, ons Suid-Afrikaners se humorsin! Ek weet presies waarvan jy praat met die busryery.... ons het ongelukkig nog nie 'n kar op hierdie stadium nie en moet elke dag die busse aandurf!!! Ons lag elke dag vir ons eie domgheid en dan natuurlik die snaakse karakters!
Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...