Jump to content

Wag, wag, wag


Annelien + Barry

Recommended Posts

Hallo daar

Ons het behoorlik 'n mal perd opgesaal! Het oorgekom op 'n besoekers visa en hier 'n sponsor kom kry! Het aansoek gedoen vir 457 visa net voor ons besoekers visas verval het en daardeur 'n bridging visa gekry wat ons hier laat bly tot daar 'n besluit gemaak is oor die 457.

Ongelukkig is my sponsor nog nie geregistreer nie en vat sy aansoek nou langer omdat dit 'n nuwe besigheid is en hy nou bewys moet lewer van sy finansiele situasie.

Ons het reeds medies gedoen, wat ook meer ingewikkeld was omdat my ma saam gekom het as een van my afhanklikes is en daar toe CT scans van haar longe gedoen moes word. Dit het meer as 3 weke gevat om die uitslae te kry! Maar gelukkig is dit afgehandel.

Vir IELTS moes ek Akademies gaan doen omdat die General vol geboek was vir 2 maande! Dit het ook gelukkig baie goed afgeloop en ek het 7.5 gescore (waarop hierdie vrou baie trots is!!)

Nou is dit net wag, wag, wag! Ek glo dat sodra die sponsor goedgekeur is, dinge vinnig sal gebeur! Maar ons geduld word behoorlik beproef! Sal maar net aanhou bid en glo want ek weet ons het die regte besluit geneem!!

Sterkte aan almal wat ook die wag speletjie speel!

Annelien

Link to comment
Share on other sites

Innige simpatie!!! Ek weet presies hoe dit voel - ek moet die 2de Jan daar begin, het nog nie die visa nie, kon nog nie vliegkaartjie bespreek nie, ens...ens...ens.

Gelukkig kom dit seker ook tot 'n einde!!! Geniet dit - ten minste is jul al daar in Aus - ons sit nog hier en wag, en dit is nog erger!!!!!

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...