Jump to content

Wag, wag, wag


Annelien + Barry

Recommended Posts

Hallo daar

Ons het behoorlik 'n mal perd opgesaal! Het oorgekom op 'n besoekers visa en hier 'n sponsor kom kry! Het aansoek gedoen vir 457 visa net voor ons besoekers visas verval het en daardeur 'n bridging visa gekry wat ons hier laat bly tot daar 'n besluit gemaak is oor die 457.

Ongelukkig is my sponsor nog nie geregistreer nie en vat sy aansoek nou langer omdat dit 'n nuwe besigheid is en hy nou bewys moet lewer van sy finansiele situasie.

Ons het reeds medies gedoen, wat ook meer ingewikkeld was omdat my ma saam gekom het as een van my afhanklikes is en daar toe CT scans van haar longe gedoen moes word. Dit het meer as 3 weke gevat om die uitslae te kry! Maar gelukkig is dit afgehandel.

Vir IELTS moes ek Akademies gaan doen omdat die General vol geboek was vir 2 maande! Dit het ook gelukkig baie goed afgeloop en ek het 7.5 gescore (waarop hierdie vrou baie trots is!!)

Nou is dit net wag, wag, wag! Ek glo dat sodra die sponsor goedgekeur is, dinge vinnig sal gebeur! Maar ons geduld word behoorlik beproef! Sal maar net aanhou bid en glo want ek weet ons het die regte besluit geneem!!

Sterkte aan almal wat ook die wag speletjie speel!

Annelien

Link to comment
Share on other sites

Ek het 175 aansoek in wat al meer as sewe maande ingedien is. Moet se die gewag laat ons met die 175s ook die muur uitklim. Ek oorweeg ook at die roete wat jy gevolg het as dit nie gou deurkom nie. Ten minste is jy al daardie kant van die see.

Sterkte.

Link to comment
Share on other sites

Interessant.... daar was so 'n rukkie terug 'n vraag of jy mag werk soek op 'n Tourist visa. Ek het gedog jy kan, en julle het dit nou net so bewys!

Wat maak julle nou die heeltyd daar (behalwe wag, wag, wag en nogmaals wag)? Jis, dit klink so lekker, want dan het jy mos nou verskoning om heeltyd vakansie te hou! :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Interessant.... daar was so 'n rukkie terug 'n vraag of jy mag werk soek op 'n Tourist visa. Ek het gedog jy kan, en julle het dit nou net so bewys!

Wat maak julle nou die heeltyd daar (behalwe wag, wag, wag en nogmaals wag)? Jis, dit klink so lekker, want dan het jy mos nou verskoning om heeltyd vakansie te hou! :ilikeit:

Nee jy is nie veronderstel om werk te soek op 'n toeriste visa nie. Maar as jy dit kry en onshore 'n aansoek insit, is dit geen probleem nie. Hulle reken jy kan vir enige visa aansoek doen as jy hier is. Ons het geen probleme daarmee gehad nie. Jy moet net geen papiere by jou he as jy deur doeane gaan wat daarop dui dat jy van plan is om werk te soek as jy hier is nie. Ons het al ons papiere hierheen gecourier voor ons oorgekom het.

En die vakansie is nou laaaaaank! Dis hoekom ons nou so haastig raak. Ons bly by my sussie hulle. Gelukkig het ons mense hier anders sou ek nie die kans gewaag het nie!!

Maar ek is baie bly dat ons al hier is. Ek wil beslis nie teruggaan nie!!

Link to comment
Share on other sites

Ek het 175 aansoek in wat al meer as sewe maande ingedien is. Moet se die gewag laat ons met die 175s ook die muur uitklim. Ek oorweeg ook at die roete wat jy gevolg het as dit nie gou deurkom nie. Ten minste is jy al daardie kant van die see.

Sterkte.

Ai, alle simpatie!!! Dit maak mens mal. Ek is baie bly ek is al hier!! Wil nie terug nie!! Onthou net as jy offshore aansoek gedoen het, moet jy buite die land wees vir 'n besluit om geneem te word en as jy onshore aansoek gedoen het, moet jy in Aus wees vir 'n besluit.

Ek hoop julle kry gou 'n antwoord.

Link to comment
Share on other sites

Baie welkom Malperd Ridders!!

Mag julle hierdie perd geniet en elke oomblik onthou hoe gelukkig ons almal is om hierdie geleentheid te hê!

Gelukkig is Rockingham net so spoegafstand van die see af, so moenie kla oor 'n lekker lang vakansie nie - geniet net elke oomblik!!

Groetnis

L

Link to comment
Share on other sites

Hi Annelien

Ek hoop julle VISA word baie vinnig goed gekeur. Wag is nie altyd baie lekker nie, daar is altyd die onsekerheid. Op die ou einde word die wag die moeite werd.

Gelukkig is julle al hier en kan julle die land al geniet, n voordeel wat die ander nie het nie. Het julle ontmoet in Rockingham City waar jy werk by die slaghuis. Julle boerewors en spareribs is baie lekker. n Advertensie vir julle.

Ons hou duim vas vir julle.

Johan

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...