Jump to content

Koringkriek - jou lekka ding


Biltongboer

Recommended Posts

Daar in Windhoek kry ons mos vir meneer die Koringkriek. Daar is nie koring vir duisende kilometers nie, maar daai Koringkriek sal jy daar kry. Die lelikste ding wat nog ooit op hierdie planeet rondgeloop het. Vir dies wat glo in lewe in die buitenste ruim, dis hy daai. Ugly Mother as daar nou ooit een was.

Die ding se lyf het sulke gagga knoppies op daai harde dop, en daai gevreet is amper so lelik soos Jacob Zuma sin as hy toi-toi.

As dit lekker gereen het, en daar broei so bondel van hulle uit, dan is hulle die hele wereld vol. Oral waar jy kyk, sien jy die goed rondloop. Hulle hou daarvan om oor die pad te loop, en dan is dit my gunsteling tydsverdryf om hulle raak te ry op die pad. Ek het al menigmaal amper my lewe verloor in 'n padongeluk, omdat ek so oor die pad zigzag om die koringkrieke plat te trap.

Nou hier sien mens 'n walglike ding. Eerstens splat hierdie ding - soos net 'n opregte koringkriek kan. Ek weet nie waar al daai soppies vandaan kom nie, maar as hy ge-squash word, kan jy 'n hele blikkie coke met sy sappies volmaak, indien jy dit sou kon opvang. Dis so aaklige geel-bruin rooi kleur (seker afhangende van wat hy ge-eet het).

Wat egter nog meer disgusting is, is wat volgende gebeur:

Terwyl Koringkriek Nommer Een se lyk in die pad le, met die wangbene die kant, en die oogwimpers wat doer le, dan kom Koringkriek Nommer Twee aangedraf. Nie om sy maatjie te kom help nie, maar om te kom vreet aan Maatjie se lekker sappige lyf. Crunch, Crunch, lekka vreet Koringkriek Nommer Twee - totdat Voertuig Nommer Twee hom ook vrek ry. Dan daag Koringkriek Nommer Drie op die scene op, en so gaan dit aan

Walglike storie ne? But wait - there's more!

Toe ek 'n kind was, het ek baie fiets gery. Ek het 'n fiets gehad met net een rat - niks van hierdie fancy gear-changers en goeters nie. Met daai een rat het ek WHS se bult uitgery, die hele Ludwigsdorp se berge uitgeklim - ek het vandag nog sulke lekker fris kuite van fietsry.

In elk geval, die lekkerste ding was om met daai fiets se smal wielietjie die Koringkriek raak te ry. Dit maak so lieflike "crunch" geluid - te pragtag. Dan keer jy net dat die ding se sop nie jou hele lyf bespat nie.

Wat ek ook gedoen het, was om rond te loop met 'n lekker stok, of 'n krieketbat. As jy hulle sien loop, dan mik jy mooi, en dan slaat jy vir Mister Koringkriek dat hy doer trek. Terwyl hy deur die lug trek, maak hy so skreeugeluid - "tjiektjiektjiektjiek", en dan val hy homself des nerdes daar anderkant.

'n Koringkriek is 'n lekka ding.

Link to comment
Share on other sites

Laat my terugdink aan my grootword op die plaas in noord kaap.

Dink my kinders hol 'n myl.

Link to comment
Share on other sites

Liewe aarde. En ek dog ek is nou ontslae van hulle. Het in die Karoo grootgeword en daar was party jare vreeslik baie van die goed. Dis my enigste fobie!

Link to comment
Share on other sites

Oeee, hoe lekker gril ek nou weer ! Ons het in Olympia in Windhoek gebly in my laerskooljare en my broer het die grote goggas gevang, 'n hardbord met tinfoelie oorgetrek en van daai groot boksie-vorm batterye weerskante van 'n skeur in die tinfoelie gekoppel. Dan sit hy koringkriek so neer dat die voete weerskante van die skeur staan en dan begin die gogga dans en ruk en pluk soos 'n wafferse rock-ster, tot sy sop uitkook van al die krag wat deur hom gaan. Kan nie glo ons het dit heel gefassineerd gesit en dophou nie ! En as koringkriek een 'peck', is dit die volgende een se beurt. Nou gril ek van my atlaswerwel tot in my stuitjie ! Eeeeek !

Link to comment
Share on other sites

Ek moet net gou vir julle vertel......koringkriek? Is dit daai groot Parktown prawns? Ek dink so...alle geval...

As die huis doodstil is in die aand en jy sit alleen en lees by die kombuis tafel.....dan hoor jy hom, soos 'n ou man met twee kieries, oor die vloer loop. Hy his en hy suig en hy blaas en intussen loop hy tik, tik, tak. Dan vang jy hom in 'n lee jam botteltjie, na jy eers die ramba en die samba en die cha cha cha gelyk gedoen het. As jy hom nou mooi in die botteltjie het dan skroef jy die deksel stewig vas en sit hom bo op die yskas neer.

Eers gaan drink jy twee voltarens vir die uit-lit-uit-rug en dan gaan staan jy en kyk nou mooi hoe lyk die mamoerse ding van naby. Hy is mooi ooghoogte op die yskas en jy kan lekker kyk.

Dis dan wanneer die rillings oor jou begin spoel want jy kyk vas in suier agtige pote wat vasklou aan die bottel, jy kyk in sy oe en jy sien die Grim Reaper daar.

As die spoegies in jou mond so dun word dan moet jy weet die ding het jou hele gemoeds toestand ge affekteer en jy moet nou maar agter hubby se rug gaan inklim en probeer om te slaap. Die ding is net hoe om in die kamer te kom want jy weet vir 'n feit dat gog se kind se familie ook daar erens is.

Ergste nog as jy die volgende oggend daar kom en die botteltjie is leeg.....iemand met 'n sagte hart het hom laat gaan...vraag is net waarheen het hy gegaan?

Toe sal ons uitvind.....seun kom van die skool af en vertel die storie....Hy voel die heel oggend iets is nie lekker met sy skoen nie maar vee sy dinges daaraan af, loop maar so plaend die heeldag. Dis eers toe hy sy skoene uittrek later die dag dat Parktown Prawn ook daar uitkriewel! Loop toe die heeldag met 'n pasasier in sy skoen..........

Het julle geweet dat 'n groot uitgegroeide mansmens-kind soos 'n Bansjee kan skrou?

Edited by Blossom
Link to comment
Share on other sites

Ons het daai koringkrieke in Prieska ook net so baie gehad. Ek het 'n vriendin wat saam my op kosskool was daar, wat nou nog 'n fobie oor daai lelike gedoente het. :ilikeit: Darem nie hier in Tassie iets so leliks sover gekry nie, behalwe die groot Huntsman wat nou die dag op my kar se seat vir my seun gesit en wag het om in te klim. :thumbdown:

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...