Jump to content

So, hoekom wil julle emigreer?


miran

Recommended Posts

Lewensverwagting in SA 'laer as in Irak' ARTIKEL IN VANDAG SE BEELD

Nov 12 2008 08:54:40:323PM - (SA)

Fanie van Rooyen

Die vlak van ongeletterdheid in Suid-Afrika is hoër as in Zimbabwe.

Suid-Afrikaners se lewensverwagting is boonop laer as Afrika se gemiddelde én as in die oorloggeteisterde Irak.

Dít is van die statistieke in die Verenigde Nasies (VN) se Bevolkingsfonds se verslag oor die stand van die wêreldbevolking vir 2008 wat gister bekend gestel is.

Ongeletterdheid onder Suid-Afrikaanse mans en vroue ouer as 15 jaar is onderskeidelik 16% en 19%. Dit is aansienlik hoër as in Zimbabwe, waar die syfers onderskeidelik 7% en 14% is.

Die huidige gemiddelde verwagte lewensduur vir mans wêreldwyd is 65,1 jaar en vir vroue is dit 69,6 jaar.

In die hele Afrika is die verwagte lewensduur onder mans 51,9 jaar en onder vroue 53,9 jaar. Hierteenoor is dit vir mans in Suid-Afrika maar 48,8 jaar en vir vroue 49,6 jaar.

In Irak is dié syfers onderskeidelik 58,4 en 62,1 jaar, en in Australië is dit byvoorbeeld 79 en 83,7 jaar.

Die verslag wys onderontwikkelde lande is vir die meeste van die wêreld se geboortes verantwoordelik.

In ontwikkelde lande word daar byvoorbeeld 23 babas vir elke 1 000 meisies tussen 15 en 19 jaar oud gebore. In minder ontwikkelde lande word 57 babas per 1 000 meisies in dié ouderdomsgroep gebore en in onderontwikkelde lande tot 116.

Die verslag wys Suid-Afrika se MIV-voorkoms van 14,5% onder mans en 21,8% onder vroue is steeds van die hoogstes in Afrika.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...