Jump to content
  • 0

Will you return to South Africa?


Riekie

Will you return to South Africa?  

529 members have voted

  1. 1. What would best describe your thoughts about returning to South Africa?

    • Never Ever!!
      143
    • Might consider it if crime is addressed
      55
    • Might consider it if other issues are addressed
      31
    • I'm considering it already...
      19
    • I made a mistake to emigrate - I'm going back ASAP!
      12
    • Only to visit
      226
    • Unsure if I will
      43


Question

There's a lot of (conflicting) talk about South Africans returning to South Africa. I was just wondering what the reality is. As you know, the forum polls on SAAustralia are all 100% anonymous, so please make your tick.....

Link to comment
Share on other sites

Recommended Posts

  • 0

Vir iemand wat steeds in SA is en dit nou maar eers begin oorweeg is dit baie interessant om te lees hoe maklik jul wat alreeds in Australië is, kon "vergeet" van SA. Die besluit om te immigreer is beslis nie 'n maklike besluit nie en ek dink as almal eerlik wil wees, sal hul erken dat daar moontlik nog tot nommer 99 twyfel was oor die besluit. Dit is hartseer dat mens genoodsaak moet word om jou geboorteland te moet verlaat en dit oor iets soos politiek en misdaad. Alles is darem nie net sleg in SA nie. My dogtertjie is nou 6 en saam met haar in haar Kleuterklas is maatjies van alle bevolkingsgroepe. As mens so na hulle kyk wanneer hulle saamspeel, dan kry mens nogal hoop vir die nuwe SA. Vir hulle bestaan daar nie kleur nie, hul is net maats!!!

Daar was so rukkie terug 'n "poll" onder die jongmense van SA en die meeste het nogal gesê dat hul positief voel oor die land en hul toekoms. (En die groep het ook wit jongmense ingesluit). Ons woon in Stellenbosch en dit is meestal Kleurlinge en Xhosa-persone wat hier woon en werk. Miskien is dit die feit dat ons almal maar Afrikaans praat, wat dit nie so vreemd vir mekaar laat voel nie. Moet sê vanuit my persoonlike gevoel, het ek meer empatie met die Kleurlinge en voel ek meer tuis met hulle - ek glo dis omdat hul Afrikaans praat soos ek. Miskien ook omdat die swart mense steeds geneig is om alles wat verkeerd is op apartheid te laai en vergeet dat dit al meer as 10 jaar gelede is wat die nuwe SA aan die gang is! Verstaan tog mooi, ek is nie 'n rassis nie en ek gun almal 'n plek in die son. Ek dink mens raak net moeg wanneer mens agterkom daar is nou maar net 'n omgekeerde rassisme aan die gang met "affirmative action". ;)

Om 'n lang storie kort te maak, ek sien dikwels positiewe dinge in SA. Mense van verskillende groepe wat ordentlik optree teenoor mekaar, wat saam lag en wat waardering het vir dieselfde dinge. So ja, dit is min, maar daar is tog soms hierdie opflikkeringe wat mens hoop gee vir die nuwe SA. Die feit dat Helen Zille aan die hoof van die DA staan het baie mense ook hoop gegee. Sy het haarself hier in die Weskaap bewys as vrou wat nie nonsens vat nie, wat reguit praat en wat die moed het om korrupsie uit te roei. Met so 'n vrou aan die stuur van die opposisie, het ek sommer alweer bietjie moed geskep vir SA. :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Bienkie

In your post you ask for people to be honest so I will give you my honest opinion. Personally in never thought twice about the choice I made to move to Australia but yes it is a very-very big move. If I can give you some honest advice, do not even consider this move, as you are not in the right frame of mind to do it. You will be making the biggest mistake of your life. If you still see a future for yourself in SA then rather stay and help creating that future and build the country as that will be the right thing to do if you are still positive about its future.

This move to Australia is 90% a frame of mind thing. All of the best with your research and I am sure you will make the right choice for you as you must always remember that it will always remain a choice you made to stay or move, but hey life is made up of choices as I am sure we all know.

All of the best in your choices :)

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Johan

Dankie vir jou eerlikheid. Ek dink jy is reg dat ek nog nie reg is om die finale besluit te maak nie. Dink dis maar soos 'n proses waardeur ek gaan. Miskien voel ek anders oor 'n paar maande. Ek gaan in elk geval begin om solank die papierwerke agtermekaar te kry (unabridged certificates en paspoorte). Dis net dat mens soms wonder of dit dan die regte ding is om jou heil in 'n ander land te gaan soek! Ek glo dat mens met 'n doel en rede gebore is, en wonder of mens dan nie ook met 'n spesifieke rede in 'n sekere land gebore is nie!!!

Maar laat ons nou nie te 'diep" raak nie!!! Ek skiet niemand af wat dit wel gedoen het nie. Net die feit dat ek aan hierdie forum behoort, behoort te sê dat ek dit ook oorweeg. Mens wil seker maar net nie uit die "Groot Plan' uitbeweeg nie.

Link to comment
Share on other sites

  • 0

No worries Bienkie an honest straightforward opinion is what you will always get from me. Sometimes South Africans that sits here in Australia and continuously talk about how much hope there is for South Africa just gets to me. My personal feelings towards that are as follow…..

If you already live in Australia and feel that way go back and help build the country to what you think it can be, don’t sit here in Australia and constantly talk about the potential of the country.

So yes, before you make the move make it for the right reasons and the already difficult move will be much easier to cope with.

:)

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Hi Bienkie

I'l throw my two cents in as well. I agree with what you say about watching the kids playing - you're 100% RIGHT! They don't see colour - they all play together, wonderfully. My children are 12 and 15 and had friends of all different race groups in RSA. (We only landed here 03April 07). BUT and that's a very big but! - that doesn't change anything in South Africa! Affirmative Action is there to stay. The mindset of all the adults and the blaming of everything on apartheid is not going anywhere fast! The crime is not dwindling because of it! Looking to find a rose among the thorns, or a needle in a haystack is a very hard thing to do. maybe there is a chance that RSA will turn over a new leaf (or should i say a whole forest?) but i'm not prepared to watch my children suffer for the sake of a maybe, or worse yet become a crime statisitic.

As Johan K so rightly says, emmigrating is a huge decision to make. if you make the move while you're in 2 minds, chances are you'l come here and not make it work.

About the "greater Plan" - i also believe God has a purpose and plan for my life. If we as a family weren't meant to make the move it wouldn't have happened. There are life lessons to be learned and this is where we are meant to be at this present time in order for that to be fullfilled.

Good luck with your decision.

Take Care

Pam

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Hi Bienkie

Ek wil graag kommentaar lewer op jou stelling: "Vir iemand wat steeds in SA is en dit nou maar eers begin oorweeg is dit baie interessant om te lees hoe maklik jul wat alreeds in Australië is, kon "vergeet" van SA"

Ek dink dit is absoluut jou eie persepsie en gegrond op onkunde. As jy reeds in Australie was en saam met ander Ex-Suid Afrikaners beweeg en gepraat het dan sou jy in baie gesprekke hoor dat daar na baie van die goeie dinge van Suid Afrika verlang word. Ongelukkig is baie van die goeie dinge reeds verby en nou net gedagtes van ons verlede. Vergeet, nee die sal ons seker nie. Miskien ons kinders of hulle kinders, maar selfs dit kan ek nie as 'n feit verklaar nie. Maklik is dit nie om van een land na 'n ander te immigreer nie. Vir party werk dit, maar vir ander glad nie. Ek dink Australie is 'n wonderlike plek met sy eie besondere pluspunte en tekortkominge, maar die nuwe begin het my weer baie moed gegee vir die toekoms.

Ek is geneig om met Johan K saam te stem dat jy eintlik jou tyd sal mors om hiernatoe te kom, want as jy nie reeds al 'n passie ontwikkel het om Suid Afrika te verlaat nie, dan sal dinge vir jou baie moeilik wees hier. Boonop lyk dit vir my asof jy goed integreer met die nuwe Suid Afrikaanse "samelewing". Iets wat ek glad nie bereid was om te doen nie. En laastens ek kan met vrymoedigheid verklaar dat ek nie op 99 getwyfel oor my besluit nie, dit was net geweldig stresvol en hartseer vir ons hele famlie.

Sterkte daar

Riaan

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Rison se perpektief is baie goed.

Ek kan die saak miskien verder toelig met 'n eie voorbeeld gedurende ons onlangse vakansie in RSA.

Op 'n dag besoek ons die Kasteel in Kaapstad. (In my diensplig het ek daar beland vir 'n paar maande se garnisoen diens) Ek dwaal vol nostalgie deur die Kasteel areas en op 'n punt staan ek die wereld en beskou vanaf Leerdam Bastion. En ek dink so by myself:

* Die kasteel is nog dieselfde.

* Dit lyk nog steeds pragtig van die Kasteel af as Tafelberg se mis begin saampak - ons het altyd gese die berg trek sy Army Jas aan

* Mens hoor nog steeds die kanon vanaf Seinheuwel om 12nm (met dieselfde m@erse gejuig soos die DP's dit altyd gestel het)

* Dit spook seker nog steeds snags op Leerdam Bastion

* Die vlooimark op die Parade gaan steeds gepaard met klanke, reuke, skollies en toeriste.

Maar dit tref my toe dat sekere dine het onherroeplik verander.

Nie net die Kasteel nie, maar ons hele ervaring in RSA gedurende ons vakansie het aan ons beklemtoon dat die land het verander. Die ou boom voor die Kasteel se ingang was afgekap, die huidige garnisoen is seker soldate, net jammer hulle weet nie hoe om te marsjeer nie, en 'n mens voel nie meer baie veilig op die Parade nie.

Ek is deeglik bewus van die feit dat nie te ver weg van die kasteek nie, is die Parlementsgebou, en die regering wat tans daar in die kussings is, voel niks vir ouens soos ek nie.

En wat op kleiner skaal van toepasing is op die Kasteel, is net so geldig op groter skaal vir die hele land

Veral in Durban en Johannesburg het ons dinge gesien en stories gehoor wat vir ons beklemtoon het dat ons die regte ding gedoen het om te emmigreer.

Dis seker maar die beste om RSA te onthou soos dit was en nie te nostalgies te raak soos ek, toe ons by die Kasteel was nie.

Sommer net 'n paar gedagtes - jammer as dit 'n bietjie deumekaar klink. :)

Groete,

Dax

Edited by Dax
Link to comment
Share on other sites

  • 0
I'm considering it already... [ 5 ] [3.85%]

I made a mistake to emigrate - I'm going back ASAP! [ 2 ] [1.54%]

Why don't we hear from these 7 people? I would love to hear their side of the story as to why they want to go back....not to judge but to try and understand their situation. I'm sure it will be valuable to future immigrants as well.

Lindy-Lee

;)

Edited by Lindy-Lee
Link to comment
Share on other sites

  • 0

Bienkie Quote " Ek glo dat mens met 'n doel en rede gebore is, en wonder of mens dan nie ook met 'n spesifieke rede in 'n sekere land gebore is nie!!!"

Dit is nie deel van God se plan dat enige iemand doodgemartel, verkrag ens word nie. Jy is met een doel gebore en dit is om Sy Naam te verkondig En om die beste mens/ma/pa ens te probeer wees. Met ander woorde voluit te lewe.

Sw

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Daar iets snaaks aan die gang met hierdie thread

Die inhouds indeks se dat daar was onheveer 5"00 nm 'n pos heir, maar op die thread self lyk dit of die laaste pos giter teen 10:18 gemaak was - is daar 'n "gremlin" in saaustralia se cyber engine :(:)

Dax

Link to comment
Share on other sites

  • 0

We wont go back - to settled now - kids are getitng to the age where they need stability and roots

We will bo back and visit, but even the thought of doing that is waning everytime we do return for a visit.

I prefer to fly my family out to visit us. When we returned from our last trip in Dec I was talking to my wife and mentioned - The whole time we were there I was thinking one thing - let us get through this 3weeks and get back home without incident. What kind of a holiday is that. In my mind I was thinking we had left S.A. amongst other things for safety and here we are going back to visit - going back to what we had left for a reason. Almost like knowing that an iron is hot and you should not touch it but touching it anyway to see if it really is hot.

Sadly we have family back in S.A. and that guilt thing is a powerful beast

Rgds

matman

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Dax,

Elke keer as iemand in die poll stem sonder om 'n reply te skryf word sy 'stem/vote' as 'n nuwe reply ingesit.

Ek het dit ook nie lekker verstaan met een van die ander polls nie maar toe het Riekie dit verduidelik.

Sw

Link to comment
Share on other sites

  • 0
Dax,

Elke keer as iemand in die poll stem sonder om 'n reply te skryf word sy 'stem/vote' as 'n nuwe reply ingesit.

Ek het dit ook nie lekker verstaan met een van die ander polls nie maar toe het Riekie dit verduidelik.

Sw

Dankie Suidwes, ek het begin dink die forum "spook" nes die spoke(?) wat ons as DP's op Leerdam Bastion "gesien" het - kyk my pos hierbo :ilikeit::ilikeit::blush:

Matman,

Ons her presies dieselfde ondervinding en gedagte-gang gehad toe ons ook in Desember daar was. Ons gaan net oor om die familie weer te sien plus geliefkoosde plekke soos die Kap en die Klein Karoo.

Groete,

Dax

Link to comment
Share on other sites

  • 0
Why don't we hear from these 7 people? I would love to hear their side of the story as to why they want to go back....not to judge but to try and understand their situation. I'm sure it will be valuable to future immigrants as well.

Lindy-Lee

:ilikeit:

I agree with Lindy-Lee, I would very much like to hear their view-point as well. Lots of friends ask us about coming to NZ or going to Aus, but we are never able to give the other side of the story as well.

More than a year ago, a friend of my sister-in-law immigrated with her family. They went back to SA after 3 months here and I almost felt liable for that....know it is silly, but we knew they were here and we knew they were struggling, but never knew how much. And no, they were not struggling financially, but emotionally. The wife did not work, which lead to her only staying at home and not getting out to meet people. Her husband was fine and even the children adapted well, but her whole negativeness, made the whole family suffer, so they returned.

Link to comment
Share on other sites

  • 0

I am aware of only one family that went back (it was in 2000, I believe) but they were back in 2002. They simply could not cope with the new RSA

Dax

Link to comment
Share on other sites

  • 0

I also know of a family that came to OZ and 3 months-to-the-day later they were on a plane back to SA....BUT that was all because of money!!

They felt they had more support from friends and family in SA (yeah right financially!!)

They felt it was wrong to let their kids grow up without grandparents etc (who says they are going to live long enough inSA to see them!)

They could not live up to the Jones's...they always wanted everything better and bigger and suddenly they had to stand on their own 2 little grown-up feet :) and couldn't do it financially.

And it's not like they didn't have money...just not enought to live a totally lavish lifestyle. The husband came over with a job (sponsored) but the only friends they had here with Saffers as well. And according to me that makes a big difference...it is so much easier settling into life in OZ when you make friends form all over not just Saffers.

Some people just want everything given to them on a golden tray and then they still bitch about what they get as well (and the tray for that matter)

We had to fight hard and long to be here and it was worth every second and I would never exchange it for anything in the world...I also miss friends and family but not nearly enought to move back!

Edited by Lindy-Lee
Link to comment
Share on other sites

  • 0
Guest wilna

Hi

Ek ken 2 vroue in ons dorp wat terug gekom het van Aus af.

Die een vrou het nie 'n keuse gehad nie, haar man het siek geword en wou terug kom om by sy familie te wees ens. Sy wou nooit terug kom nie en sal enige tyd terug gaan Aus toe. Hulle was so 6 maande in Aus, en sy se dit was wonderlik. :D

Die tweede vrou het ek vandag ontmoet. Hulle was ook 6 maande in Aus, maar sy het niks daarvan gehou nie. :lol: Sy se sy was net vreeslik alleen, het niks van die stad gehou nie ens. Hulle het opgepak en terug gekom.

Die twee vroue kom letterlik van oos en wes Aus. Dink julle dit kan 'n verskil maak in watter deel jy bly?

Groete Wilna

Edited by wilna
Link to comment
Share on other sites

  • 0

Ek is geneig om met Johan K saam te stem dat jy eintlik jou tyd sal mors om hiernatoe te kom, want as jy nie reeds al 'n passie ontwikkel het om Suid Afrika te verlaat nie, dan sal dinge vir jou baie moeilik wees hier. Boonop lyk dit vir my asof jy goed integreer met die nuwe Suid Afrikaanse "samelewing".

Soos aangehaal deur Rison

Sjoe! Voel nou amper soos 'n stout kind wat oor die vingers getik is!!! :lol:

Elk geval, ek voel jammer vir enige iemand wat dink daar is net sleg in die huidige SA samelewing. Om die waarheid te sê ek dink dit is vir so 'n persoon wat net negatief sien makliker om te aanvaar en te weet dat hy die regte besluit geneem het om te emigreer.

Die feit dat ek wel iets positief kan sien in die huidige SA (soos die klein kinders wat almal saamspeel) maak nie dat ek met oogklappe rondbeweeg nie. 'n Klein plus maak nie 'n groot negatief reg nie. Ek is deeglik bewus van die korrupsie, regstellende aksie ens. Ek is 'n Maatskaplike Werker wat daagliks deur ons derde wêreldse problematiek gekonfronteer word! :D

Wat die aanpassing in Australië aanbetref, dink ek nie dis vir enigiemand om te kan voorspel hoe suksesvol ek dit sal kan doen nie! Waar daar 'n wil is , is daar 'n weg. :lol: Beteken dit dat as ek uiteindlik in Australië is dat ek elke dag myself sal moet herinner aan hoe sleg dit eintlik in SA is, anders sal ek dit nie kan maak of kan aanpas nie ? Aikona - vir my gaan dit oor meer as net die negatiwiteit - dit gaan ook oor geleenthede en avontuur.... ;)

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Sjoe... Bienkie..

Ek ( ons) weet dit klink seker vreeslik om jouself te herhinner hoe sleg dit in SA gaan maar jy besef nie hoé moeilik dit is die eerste jaar van immigrasie nie.

As jy jouself nie kort kort herhinner aan die redes hoekom jy die groot stap geneem het nie ( buiten avontuur & geleenthede) gaan jy sukkel om jou oë op die eind doelwit te hou. Jou emosies en verstand speel wonderlike speletjies as jy erg verlang...

Ek het ook al in die verlede iewers op die forum gesê : die woorde avontuur en immigrasie val nie vir my in dieselfde kategorie nie maar dis net MY SIENING. In Afrika is daar ook baie geleenthede om geld te maak ( soms meer as in Aus) as jy die entrepeneur tipe is.

Maar die beste raad in elke geval vir 'n nuwe immigrant... HOU ASB NET LANGER AS 2 (soms 5 ) JAAR UIT!!! As jy dit kon doen dan sal enige iemand kan immigreer.

SW

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Bienkie ek dink wat ek eintlik wil benadruk is die feit dat dit glad nie maklik is om te immigreer nie. Die stelling wat jy gemaak het dat ons Suid Afrika maklik "vergeet" het ondertone van verwyt en is volgens my nie waar nie.

Ek wil nie graag probeer regverdig of iemand in Australie of Suid Afrika moet bly nie. Dit hang van te veel faktore af en geen persoon gaan dieselfde daaroor voel nie.

Jy is reg dit sal uiteindelik net van jou afhang of jy suksesvol sal kan immigreer of nie en my kommentaar is net 'n persoonlike waarneming gegrond op dit wat jy genoem het. Miskien het ek te sterk deurgekom in die opsig. My manier van oorleef en denk proses tydens aanpassing mag dalk heeltemal anders wees as iemand anders sn.

Net so kan jy dit ook nie dit vir 'n feit stel dat ek of enige ander RSA immigrante hier in Australie bloot negatief is oor Suid Afrika nie. Ek is stem nie saam met wat daagliks in Suid Afrika gebeur nie en wil nie so lewe nie. Ek gun beslis dan terselfdertyd my mede Suid Afrikaners ook hulle ruimte om daar te bly en so ook familie en vriende wat daar is. Elke ou moet maar sy eie keuses maak en daarmee lewe.

Groete

Riaan

Edited by Rison
Link to comment
Share on other sites

  • 0

Hallo Bienkie en almal,

Ek moet net antwoord...het nie eintlik tyd nie want my middag movie gaan nou begin. Ek wil net se dat ons nooit, nooit, ooit sal of wil terug gaan nie. Hier is ons om te bly, ons gaan klou soos 'n neet aan 'n wol kombers

Ons het hierheen gekom in 2001, gebly in Perth vir amper 3 jaar en moes terug weens verskeie redes. Ek het al hieroor geskryf en wil net se dat ons nie wou terug nie, maar geen keuse gehad nie.

Die eerste dag terug in Suid Afrika was bittersoet. lekker maar ook vreeslik. Ek was bang vir alles, die spoed waarmee die mense ry, die haat in die witte oe wat so vir my gestaar het uit die taxis uit. Die opvallendste was die rommel wat die aarde vol gestrooi was. Dit was vuil, alles was vol rubbish, rondloper honde, bedelaars.... Maar wag ek begin weer 'n verhaal skryf.. Ek wil net se dat ons, ons dae op ons kniee deurgebring het om te vra vir leiding.

Ons het weer deur die hele proses gegaan in 2005/6 en nou, in 2007, is ons weer hier. Vir goed! Almal van ons clan is gelukkig en ons is kliphard besig om te werk daaraan dat res van my familie ook hiernatoe gaan kom.

Vandat ek hier is het ek nie meer Oil of Olay nodig nie, ek lyk en voel sommer jare jonger en 50 vir my is nou die nuwe 40!

Viva Australie!

Groete,

Betsy. :P:lol:;):whome::ilikeit::)

Edited by Betsy
Link to comment
Share on other sites

  • 0
Hi almal,

Dit gee my sommer weer nuwe moed en krag om deur te druk met die besluit wat ons geneem het. Ek kan nie wag om te ervaar wat julle almal daar anderkant van vertel nie.

Ek sal ook wragtig nie terug kom nie. Ek is nie bereid om my vrou en kinders op te offer nie. Ek is baie lief vir SA en dit is baie moeilik om totsiens te sê, maar my en my gesin se geluk, toekoms en veiligheid weeg swaarder.

groete,

Hannes & Lizelle.

Hello

Mens het nogal nodig om al die goed te lees wat mense se, want daar is regtig dae wat ek wonder of dit die regte besluit gaan wees om te trek en is dit regtig so veilig in Aus as wat almal se. En nie net die veiligheid nie - kan mens jou kinders in daardie samelewing grootmaak? Ek is wat ek is, maar my dogtertjies is klein en gaan deur die invloede van 'n 'vreemde nasie' haar self moet vind. My invloed en beskermde omgewing is net so groot. Wil ek he my kind moet 'n 'AUSSIE' wees? Kan iemand my help?

Groetnis

Petronel

Link to comment
Share on other sites

  • 0
is dit regtig so veilig in Aus as wat almal se.

Ja dit is!

kan mens jou kinders in daardie samelewing grootmaak?

As ek mag vra wat is nou blykbaar so verkeerd met "die" samelewing?

:)

Edited by JohanK
Link to comment
Share on other sites

  • 0
Ja dit is!

As ek mag vra wat is nou blykbaar so verkeerd met "die" samelewing?

:)

Hello JohanK,

Ek is jammer as ek aanvallend oorgekom het. Dit is gladnie my bedoeling nie. Ek is maar net 'n oningeligte Suid Afrikaner en al wat ek tot baie onlangs gehad het is die persepsies van mense hier - wat nog self nie daar was nie. Dit is die rede hoekom ek by die forum ingeskakel het - om die persepsie van Australieaners reg te stel.

Soos ek verstaan is Australie baie kosmopolitaans, en is daar ietsie van alles daar. Net so is daar maar ietsie van alles hier in SA. Ek is maar net baie konserwatief groot gemaak en het in 'n geslote gemeenskap my ding gedoen. Tye het verander en ek het ook nou die verantwoordelikheid teenoor my kinders om my horisonne te verbreed en saam met hulle in 'n nuwe wereld te leef.

Dankie vir die 'reply'.

Groete Petronel.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Answer this question...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...