Jump to content

Suidwes: Lankal hier ... groet nou eers.


Suidwes

Recommended Posts

Hallo al die mense,

Jip, soos ek gesê het... ons is al sedert Junie 2004 in Australie maar eers in Augustus op die wonderlike forum afgekom.

Ons het eers in Queensland platteland gewoon en werk en is toe verplaas/bevorder na die Victoria platteland. Ons het een dogtertjie (4) en vroulief is op die oomblik baie broeis :unsure: .

Wel... ons het al Des 1999 aansoek gedoen vir Skills Visa met PR en dit in einde 2000 gekry (nadat die aansoek eers afgekeur was omdat die PTA technikon diplomas wat na verkiesing van 1994 gekry is, dalk vervals,gekoop of ongeldig kon wees :D ). Nadat ons en die Agent ge"appeal" het , het ons dit gekry. Teen 2004 het ons besluit genoeg is genoeg en die pad gevat. Ek wens net hierdie forum het al doerie tyd bestaan want Riekie se lys-van-dinge-om-te-doen-voor-jy-gaan.. sou my darem baie kopsere en glase wyn gespaar het! ;);)

Soos almal in dieselfde bootjie weet... vroutjie het deur al die fases gegaan van homesick, verlange, depressie ens maar sedert ons vanaf Julie hierdie kwalifiseer vir burgerskap is alle twyfel en verlange by die agterdeur sonder diefwering uit. Want.. .AUSTRALIë is die beste land in die wêreld! :ilikeit:

Gepraat van die platteland... in een van die vorige topics op die forum is daar gesê dat: " Aussies op die platteland is baie onvriendelik, eenkant ens." Baie vêr van die waarheid af.. in albei state het ons nog net gasvryheid, vriendelikheid en opregtheid beleef. Ons het baie min expats as vriende want die meeste van julle sit mos in die "Big Smoke" maar ons gesin het meer opregte vriende (Aussies) hier as wat ons ooit in Afrika gehad het.

Net vir interessantheid... die Skills visa was vir Construction Project manager en nou is ons al twee jaar op 'n tafeldruiwe plaas!

Ek groet op 'n ou bekende forum manier:

dis my 2sent se waarde!

Suidwes

Link to comment
Share on other sites

Hallo Suidwes - my man is in Grootfontein gebore. Waar is jy vandaan?

Dit klink of julle lekker bly daar. Ons het vanmiddag 'n heerlike middag deurgebring hier in die McLaren Vale tussen al die druiwe - wens ek kon soontoe trek! :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Hi Annette - my man is gebore en grootgeword in Walvisbaai, skool gegaan in Windhoek en oraloor gewerk. Ek is van die Wes Transvaal. Met die getroude lewe in Nam gewoon. :unsure:

Hier waar ons is ( Swan Hill, Robinvale, Mildura omgewing) is wyndruiwe, tafeldruiwe, olywe, amandels, sitrus en al wat 'n vrug en groente onder die son. En dan is ons op die Murray rivier se walle... :ilikeit:

Die omgewing en klimaat is baie soos die Swartland en Clanwilliam se wêreld, al wat kort is die berge. :D

Link to comment
Share on other sites

Hi Suidwes en vroulief :D

Lekker om van nog "plattelanders" te hoor! :ilikeit::unsure:

Groetnis,

Dreamy

Link to comment
Share on other sites

Hi Dreamy,

Suidwes en vroulief is een en dieselfde mens! Sorry man... ek het 'manlik' geklink en oor myself in die derde persoon geskryf in die intro! Was met opset... weet nie hoekom nie?!

Link to comment
Share on other sites

Welkom hier. Ja, ek is ook 'n ou Suidwester en is in '97 Kaap toe. Nou is ons in Melbourne. Die platteland klink vir my heerlik en as 'n plattelandse meisie, moet ek sê die stad kry my soms onder.

Link to comment
Share on other sites

Dankie vir al die verwelkomings. Van waar in Suidwes is jy? En mòet julle in de stad wees of kan julle dalk platteland toe skuif? Mildura is 'n pragtige plek ( omtrent so groot soos Windhoek.)

Link to comment
Share on other sites

Suidwes - Mildura is glad nie 'n duisend myl van ons af nie .... miskien eendag op ons "explorations" vam die Riverland sal ons inloer daar by julle.... :ilikeit: en as julle ooit afkom Adelaide toe, moet julle laat weet, dan braai ons bietjie. Manlief sal lekker kan gesels oor Suidwes.. ;)

Link to comment
Share on other sites

Hey daar,

BAIE GELUK!

Ek en my man (en 3 jarige seuntjie) gaan nou eers maar begin met die proses... Hopelik sal ons oor 4 jaar ook kan terug kyk met soveel glimlagte wanneer ons deur al die 'dinge' gegaan het.

Mooi bly!

Link to comment
Share on other sites

Hey daar,

BAIE GELUK!

Ek en my man (en 3 jarige seuntjie) gaan nou eers maar begin met die proses... Hopelik sal ons oor 4 jaar ook kan terug kyk met soveel glimlagte wanneer ons deur al die 'dinge' gegaan het.

Mooi bly!

Hi Vissie,

My hart bloei vir julle, ek hoop en bid alles van die beste vir julle aansoek. My ouers en my hele familie sit nog daar en my ouers het baie besigheid in Jhb en ek baie bekommerd oor hulle.

As ek dalk kan raad gee.. ons het deur 'n agent gewerk ( Oud Saffer in Sydney) en hy het regtig 'n goeie job gedoen. Hy is 'n oud Polisieman en ken al die dinge en goeters. Hy het ook 'n kontak om die volledige geboorte sertifikate binne 4-6 weke te kry want dit kan soms maande vat. Dit is duurder maar ons het gevind dis die moeite werd. Toe ons aansoek gedoen het, het ons bo in Oshakati teen die Angola grens gebly en dit was net makliker as hy alles hanteer het. As jy wil sal ek sy besonderhede vir jou PM.

Elani ( Suidwes )

Suidwes - Mildura is glad nie 'n duisend myl van ons af nie .... miskien eendag op ons "explorations" vam die Riverland sal ons inloer daar by julle.... :ilikeit: en as julle ooit afkom Adelaide toe, moet julle laat weet, dan braai ons bietjie. Manlief sal lekker kan gesels oor Suidwes.. :lol:

Enige tyd, enige tyd! ;)

My ouers kom Des. bietjie kuier en hulle gaan miskien vir ons 'n worsstopper saam bring. So ons kan dan lekker worsbraai , bier drink en oor die 'ou' dae gesels. Ek wens net ek kan iewers 'Savannah - it is dry but you can drink it' in die hande kry... :D

Link to comment
Share on other sites

Guest Sunshine Sister

Hi daar Suidwes,

Sorry ek groet jou nou eers ! :)Baie welkom op ons forum. :) Die omgewing waar jy bly klink amazing. Ek is baie lief vir die Weskus van Suid-Afrika, my man was vir 3 jaar in Saldanha by die Militêre dinge daar en ons het baie op naweke die Swartland ingevaar. Dis 'n deel van SA wat ek baie mis. Sien uit daarna om jou te leer ken op die forum.

Liefde uit Sydney

Sunshine Sister

:holy:

Link to comment
Share on other sites

Suid Wes!

My Afrikaans is nie te goed nie. Are you anywhere near West Wyalong?

I'm off in December, if all goes to plan, to pour the footings for a new house about 12kms west of West Wyalong on the road to Hay.

The people are a brother and sister-in-law of mates of ours that came from Rhodesia - Zimbabwe over 20 years ago. He's from Mt Ayliffe and she's from Jo'burg. . . . with 5 kids!

I got roped in last weekend, once they found out that I'd built a couple of houses from go to woe in one of my past lives.

If you're near there, maybe I could talk these guys I'l be with, to hold a braai for some fellow Sth Africans in town???? . . . . and get introduced to some Aussie beers (mine)

Edited by Bob
Link to comment
Share on other sites

Hi daar Suidwes,

Sorry ek groet jou nou eers ! :)Baie welkom op ons forum. :) Die omgewing waar jy bly klink amazing. Ek is baie lief vir die Weskus van Suid-Afrika, my man was vir 3 jaar in Saldanha by die Militêre dinge daar en ons het baie op naweke die Swartland ingevaar. Dis 'n deel van SA wat ek baie mis. Sien uit daarna om jou te leer ken op die forum.

Liefde uit Sydney

Sunshine Sister

:)

Hi Sunshine Sister,

Sjoe.. ek het amper gedog ek gaan nooit weer 'mail' kry nie!! :) Dié forum is amper soos 'n verslawing en 'n antwoord op my intro is soos 'n SMS vir 'n verliefde tienermeisie!!! ;)

Dankie vir die verwelkoming! Ons bly rerig in 'n lekker en mooi deel van die land. Queensland was mooi en goed vir ons maar die humiditeit het my onder gekry. My man se ouma hulle is Rooibos tee boere in Clanwilliam en hiér op die plaas waar ons bly kry jy dieselfde gevoel en reuk as by hulle. My beste vriendin paar jaar op Saldanha /Langebaan?(lugmagbasis) gewerk.

Julle is enige tyd welkom as die verlange na die Swartland teveel raak!

Suidwes

Suid Wes!

My Afrikaans is nie te goed nie. Are you anywhere near West Wyalong?

I'm off in December, if all goes to plan, to pour the footings for a new house about 12kms west of West Wyalong on the road to Hay.

The people are a brother and sister-in-law of mates of ours that came from Rhodesia - Zimbabwe over 20 years ago. He's from Mt Ayliffe and she's from Jo'burg. . . . with 5 kids!

I got roped in last weekend, once they found out that I'd built a couple of houses from go to woe in one of my past lives.

If you're near there, maybe I could talk these guys I'l be with, to hold a braai for some fellow Sth Africans in town???? . . . . and get introduced to some Aussie beers (mine)

Hi Bob,

Your sentense in Afrikaans is perfect!! :) And thanx for the invitation but West Wyalong is about 400km north east of us. We are exactly, right, smack in the middle of nowhere :holy: ..Just joking!! We are on a table grape farm 72km from Swan Hill on the way to Robinvale on the 'Murray Valley Highway'. Mildura is about 160km north west ( I hope I have my direstions right) from the farm.

You can drop in anytime on your way to West Wyalong for Aussie beers (ours) and maybe a shot of Mampoer ;) ?

Good Luck with the construction project.

Suidwes

Edited by Suidwes
Link to comment
Share on other sites

I might just take you up on that invite.

The question is . . . . will I be fit enough to carry on to West Wyalong AFTER your hospitality??

Can't say I've ever had Mampoers.

Link to comment
Share on other sites

Guest Sunshine Sister

Hey daar,

O ja, ek ken die lugmagbasis, ek neem aan jy praat van Langebaanweg ? Hmmm, verlang en nou sommer na alles wat Weskus is ! Dankie, as dinge te veel word hier in Syds sal ek jou area in gedagte hou en 'n bietjie inloer ! Klink na die ideale plek om 'n bietjie mens se siel te kom red. Is daar ook nice Hotelle/Spa of B&B in die omgewing ? Ok, so praat 'n bietjie verder, :huh: mens vlieg tot waar en ry dan hoe om in julle vallei van verleiding te kom ? Wat is julle naaste groot dorp/stad ? (Sorry ek het nie 'n clue nie :( ). Ek weet presies wat jy bedoel met verslawing en so... ;) Hehehehehehe, ons kan maar solank T-Shirts begin druk !! :ilikeit:

Groete uit Syds

SS

:P

Link to comment
Share on other sites

I might just take you up on that invite.

The question is . . . . will I be fit enough to carry on to West Wyalong AFTER your hospitality??

Can't say I've ever had Mampoers.

I am afraid you won't be , Bob!! :P You will have to stay over. Mampoer is similar to 'Moonshine'/ Grapa ( Italian) . It is home brewed/made from any kind of fruit especially peaches, apricots, grapes etc. POTENT stuff. We brought some back from South Africa Feb this year. Declared it and everything.

Suidwes.

Hey daar,

O ja, ek ken die lugmagbasis, ek neem aan jy praat van Langebaanweg ? Hmmm, verlang en nou sommer na alles wat Weskus is ! Dankie, as dinge te veel word hier in Syds sal ek jou area in gedagte hou en 'n bietjie inloer ! Klink na die ideale plek om 'n bietjie mens se siel te kom red. Is daar ook nice Hotelle/Spa of B&B in die omgewing ? Ok, so praat 'n bietjie verder, :huh: mens vlieg tot waar en ry dan hoe om in julle vallei van verleiding te kom ? Wat is julle naaste groot dorp/stad ? (Sorry ek het nie 'n clue nie :( ). Ek weet presies wat jy bedoel met verslawing en so... ;) Hehehehehehe, ons kan maar solank T-Shirts begin druk !! :ilikeit:

Groete uit Syds

SS

:P

Hi SS,

Mildura is die plek om heen te vlieg... dis waar daai ronde Italianertjie Stefano Chef speel. "Gondola on the Murray". Ons naaste groot dorp is Swan Hill. Vir interessantheid... die grootste Olyf plaas in die suidelike halfrond, is so 25km van ons af. Hulle produseer blykbaar net olyfolie. Lorries met tanks vervoer dit van die plaas af!!!

Suidwes

Link to comment
Share on other sites

My man se ouma hulle is Rooibos tee boere in Clanwilliam en hiér op die plaas waar ons bly kry jy dieselfde gevoel en reuk as by hulle. My beste vriendin paar jaar op Saldanha /Langebaan?(lugmagbasis) gewerk.

Hi Suidwes :huh:

Welcome to the forum! Just one problem... you're making me homesick! :ilikeit: We had a smallholding between Clanwilliam and Lambert's Bay for 12 years before moving here and my hubby had a garage, so we know lots of the rooibos farmers, if not personally then definitely by name. It was a beautiful area to live in and I'd love to find an area like it in Aus to settle in one day.

Julie ;)

Link to comment
Share on other sites

Hi Suidwes :(

Welcome to the forum! Just one problem... you're making me homesick! ;) We had a smallholding between Clanwilliam and Lambert's Bay for 12 years before moving here and my hubby had a garage, so we know lots of the rooibos farmers, if not personally then definitely by name. It was a beautiful area to live in and I'd love to find an area like it in Aus to settle in one day.

Julie :P

Come to South Australia! :huh: In fact, if I had the money I would start a rooibos farm here (don't know if that would be allowed?). It has long been a dream of ours to start something like that, but alas, our lottery numbers haven't come up yet :ilikeit: . The climate and landscape (and people!) around these parts are SO similar to that area of SA .... Weskus uitgeknip!

Link to comment
Share on other sites

if I had the money I would start a rooibos farm here (don't know if that would be allowed?).

Hey Annette,

I don't know about the legalities of such a thing but I do know that rooibos only seems to grow in a very small area, mainly Clanwilliam and environs. It seems that outside of that general area it doesn't do well at all and it will only grow in certain types of soil in that area. I suppose in a way this is a good thing as it means that rooibos will always remain a South African product unless someone comes up with a way of growing it outside of Clanwilliam. You could always start a protea farm! They also grow very well in the Clanwilliam/Cederberg area and apparently there are more varieties here than in SA. :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Hi Suidwes :whome:

Welcome to the forum! Just one problem... you're making me homesick! :ilikeit: We had a smallholding between Clanwilliam and Lambert's Bay for 12 years before moving here and my hubby had a garage, so we know lots of the rooibos farmers, if not personally then definitely by name. It was a beautiful area to live in and I'd love to find an area like it in Aus to settle in one day.

Julie :whome:

Hi Julie,

Does Jan du Plessis, Frans du Plessis & Aggenbagskraal sound familiar? My husbands grandpa, Charl du Plessis was one of the founder members of the Rooibos Co-op/Council.

Love to meet all of you someday. :whome:

Suidwes

Link to comment
Share on other sites

Guest Sunshine Sister

Hey there,

I found a bit more of Swan Hill on the net, including the following :

I found more info on the region here. It's very interesting, especially the wineries. Thanks for sharing with us, Suidwes, the olive farm you mentioned must be a very interesting place, is it also open for visitors ?

Love

SS

:ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Ek weet presies wat jy bedoel met verslawing en so... :blush: Hehehehehehe, ons kan maar solank T-Shirts begin druk !! :)

Waar's my T-Shirt?

Groetnis,

Dreamy

Link to comment
Share on other sites

  • 1 month later...

post-2-1165267592.jpg

Hi almal,

Net gou 'n lusmakertjie vir tafeldruiwe ;) . En ek hoop SS lees hierdie topic... eerstens ons mis jou :whome: en tweedens jy't lankal terug gevra van toere op die olyfplaas. Jip, hulle het dagtoere.

Die foto is in Mei maand hierdie jaar geneem.

Tot later

Sw

Edited by Suidwes
Link to comment
Share on other sites

  • 5 months later...

Hallo, my naam is Retha (oud Namibier).

Ek sit en lees die forum nou al vir 'n rukkie en het altyd gewonder hoeveel Namibiers het ge-emigreer. Dit klink vir my in Kanada is net Sa'ners (no offense :( ). So, goed om te hoor daar is Namibiers in Oz. Die dat ek myself moet voorstel.

Laat ek voor begin. Ek en my man is gebore Suidwesters/Namibers. Ek het gebly op Kamanjab, Otjiwarongo en Windhoek en gestudeer op PU vir CHO. My man is 'n gebore en getoe Windhoeker, behalwe vir die tye wat hy op sy oupa se plaas naby Okakarara gebly het. Hy het op RAU gestudeer.

Ons het in 1999 'n LSD trip na NZ en OZ gemaak. Ons het vir Adelaide, Sydney en Canberra gaan kyk. Ons was mal oor Adelaide. Sydney is hopelooslik te groot. Ons het vir Aukland in NZ besoek en binne 3 dae het ek net 'n bruin klip gesoek om iets anders as groen te sien :) So, al daardie reen sou nie werk vir hierdie Namibier nie.

Daardie tyd was daar meer inligitng oor Kanada op die Web as Australie. Dit het ook geklink of die Kanadese vreeslik graag immigrante wil he. Ons was ook skrikkerig vir die groot stede en dit het gelyk of as IT professionals, ons makliker werk in 'n kleiner plek sal kry in Kanada as in Australie. Ons het beplan vir vir Londen Ontario, maar nadat meer narvorsing gewys het dat een derde van Kaanda se bevolking suid van die Lawerence rivier gebly het, het on snet gese: nee dankie, en kies toe 'n prairie provinsie wat gelyk het of dit minder mense het. Ons het geland in Kanada September 2001. Ons het Calgary probeer, maar werk gekry in Edmonton. Groot stede is toe nie so vreesaanjaend nie, en ek is vandag 'n vernuftige bestuurder in 'n stad met amper 'n miljoen mense.

Ons het intussen Kanadese geword. Die vreeslike lang winters is besig om ons onder te kry. Ek kan nog die -30 hanteer solank as die son skyn, maar ons het die laaste 2 jaar sulke grys winters dat ek dit nie meer lekker kan hanteer nie. 3 maande somer is net te kort, ek mis die son en is so wit soos 'n spook.

Ek en my man begin dink om dalk Oz toe te skuif, maar ek moet eers heelwat meer navorsing doen. Ek sal nog 'n paar vrae vra later. Immigrasie is vir sommige mense nie so moeilik nie a.g.v. hulle ekstrovert persoonlikhede, maar ons is redelik introverte en dus het by depressie gaan draai. Hierdie keer moet een van ons ten minste werk he voordat ons skuif. Ek skuif nie weer sonder dat een van ons werk het nie. Dis nerve-wrecking. As ons skuif sal dit Adelaide toe wees of as daar 'n kleiner plekkie is met IT werk in Suid-Australie, sal ek bly wees as julle my kan laat weet. Ek is 'n Progress programmer (het in GUI geprogrammeer in Windhoek, maar die Alberta werkgewers vir wie ek al gewerk het, is nog op character base, so my GUI is verroes). My man is 'n heldesk analyst/systems adminstrator/network administrator vir Windows en 'n bietjie Linux/Unix.

As ons die besluit neem om weer te skuif, dan sal dit eers 2008 wees. Ons is in die proses om ons familie te vergroot deur aanneming :ilikeit: en ek wil eers dit agter die rug kry. Een groot stap op 'n slag.

Jammer vir die lang brief, maar ek was so opgewonde om te hoor van Namibiers en moes se waar ons vandaan kom. Net dalk ken ons van julle. Van ken gepraat, ken enige van julle vir Sue Barnes wat Adelaide toe geskuif het vanaf Calgary? Ek het met haar gekorrespondeer 'n paar jaar terug (nooit ontmoet nie), maar haar yahoo-email adres is nie meer aktief nie. Sy is in 'n finansiele beroep, miskien is sy nie meer in Adelaide nie. Maar dalk is sy en dit sal wonderlik wees om te hoor hoe sy die skuif beleef het of as daar ander is in Adelaide wat van Kanada af geskuif het, sal ek bly wee som van julle te hoor. Of sommer enige iemand wat inligting het oor IT in Adelaide en omgewing.

Groetnis

Retha

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...