Jump to content

Waar polonies vandaan kom

Biltongboer

Recommended Posts

Ek was vandag by Subiaco Waste Water Treatment Plant. Dis nou waar hulle “waste water†skoonmaak. Waste water is al daai goete wat mense by die toilet afspoel, in die wasbak se drein laat afgaan, en so aan.

Die watertjies kom aan in sulke dik stukke, en word dan deur ‘n suiweringsproses gedruk. Die gesuiwerde water word dan teruggegooi in die see in - dis nie geskik vir drink of tuinbesproeing nie, maar is heel vriendelik genoeg om in die see te gooi. Dit laat mens seker beter voel as jy weet hulle pomp nie jou toilet se water reguit in die see in nie. Dit laat mens ook dink aan ons mense daar in Afrika wat die goed sal drink en niks sal oorkom daarvan nie. Ek dink nou spesifiek aan daai klomp wat daar rondom Goreangab dam en die shonas in Wamboland woon - hulle bad, was klere, piepie en drink uit daai selfde bron uit. En net so paar gaan elke jaar dood van cholera, TB en sulke peste.

Om die waarheid te sê, daar is streng regulasies vir die water se kwaliteit. Subiaco het ook ‘n volledige “odour removal†sisteem. Ons loop deur daai hele plant, en jy kan ruik as die ou langs jou ‘n woertsie los, want daar is geen ander “foul odours†in die lug nie. Dis eintlik nogal indrukwekkend - om te dink ek loop daar waar die hele Perth CBD se poef deurhardloop, en dit ruik glad nie soos Oshakati nie.

Bo-op elke tenk is groot deksels, en alle lug word uitgesuig in ‘n sentrale sisteem in. Die “foul air†word deur ‘n chemiese proses gesit, en net stikstof en water word in die atmosfeer uitgelaat deur ‘n skoorsteen.

Die interessante deel is natuurlik daar waar die akkas inkom. Die eerste filterproses is “grids†wat die grootste stukke gemors uithaal. Die antie het vir ons ene oopgemaak om te wys wat sit alles daarin - piesangskille en alles wat groter as ‘n sekere diameter is, word net daar vasgekeer in die grids. Ek het ‘n foto met my selfoon geneem, maar die ding het nie mooi uitgekom nie. Verder af in die proses word daar al hoe fyner gesif en tekere gegaan totdat al die water relatief skoon is.

Die oorblyfsels word uitgedroog en gekompakteer en verder verwerk, en dan word daar polonies, “bully beef†en Australiese worsies van gemaak.

Ha-ha- het julle, julle het nou lekker geskrik ne? Die goed word na plase toe gery vir kompos/fertilizer en wie weet wat nog - nogal free of charge. Dis ‘n baie hoë pH, en boere wat die goed wil he, word op ‘n lys goedgekeur op grond van “soil tests†wat by hulle gedoen word.

Glo my, jy wil nie weet wat alles regtig in polony ingaan nie...

Nous ek sommer lus vir ‘n polony toebroodjie.

Link to comment
Share on other sites

Hey Biltongboer....

Jammer maar my afrikaans is nogal aaklig......

Polony is my favourite and is the one food item I will seriously miss when I move to Australia.. But you have cured me of my addiction !

Marc

Link to comment
Share on other sites

Ok maar goed ek het ook op plaas grootgeword en baie met vleiswerk te doen gehad. Was ok gelukkig in 'n koshuis - anders sou my maag dit dalk nie gehou het nie.

Link to comment
Share on other sites

Hey Biltongboer....

Jammer maar my afrikaans is nogal aaklig......

Polony is my favourite and is the one food item I will seriously miss when I move to Australia.. But you have cured me of my addiction !

Marc

Polony is available in Australia

Link to comment
Share on other sites

Polony is available in Australia

Yep - you can buy some wholesale at Subiaco WWTP! They are issued in brick-form.

Link to comment
Share on other sites

Ai BB, mens kan sien jy't kiddies: akkies, woertsies en al!!

Jy's snaaks!!

:holy:;):lol:

Lekker dag

NicciG

Link to comment
Share on other sites

Yep - you can buy some wholesale at Subiaco WWTP! They are issued in brick-form.

The brand is called Poolony :holy:;)

But you can also get the real thing at Woolworths or any supermarket.

Edited by GerhardinOz
Link to comment
Share on other sites

Baie interessante storie van die polonie fabriek.

Ek het ook al fotos en ander inligting gesien van Europese rioolaanlegte. Jy kan so te sê van die vloere af eet. Die goed is skoon en netjies en die hele aanleg werk 100% reg.

Hulle het reeds gisteraand op 50/50 gewys hoe swak word ons rioolaanlegte bestuur word en hoe baie ertjiesop direk in ons riviere beland, sonder dat eers 'n drupper daarvan deur 'n suiweringsproses is. Daar is net nie meer vaardigheid om die rioolaanlegte te bestuur nie.

Suid Afrika se water kwaliteit is besig om vinnig agteruit te gaan. Baie vinnig. Die water kwaliteit het die potensiaal om 'n baie groter probleem te raak as wat ESKOM ooit was.

Link to comment
Share on other sites

Vir al julle Polony liefhebbers: Julle wil liewers nie weet hoe Polony gemaak word nie. Ons was op uitstappie met die skool na 'n abattoir en dis nie lekker om te dink wat jy eintlik eet nie

Link to comment
Share on other sites

Jip, in Vleissentraal in Windhoek is gesien dat al die afval - letterlik alles wat op die grond van die vleistafels afval, bymekaar gevee word, gemaal, gekook, gegeur en gekleur word en dit is die mooi polony in sy mooi verpakking op die rak ... ek kan eenvoudig nie polony oor my lippe kry nie, net oor ek weet hoeveel gemors daar in is ! En o ja, die kleursel is nog 'n gevaarlike ding op sigself ook ! Jammer, polony-liefhebbers !!! Ons kan 'n PAA stig - Polony Addicts Anonymous. :blink:

Link to comment
Share on other sites

Biltongboer, you are so funny!

Yeah, polony is pretty gross. Visited a meat processing plant once and just couldn't eat polony or viennas after that. When I told my daughter (about 6 at the time) that there were even eyeballs in the polony, she happily continued to eat them, but she always checked if there was ane "eye" looking at her before she took a bite!!

MarcK, I will be sure to buy you a polony and jar of chunky apricot jam as a welcome gift when you get to Aus!

zorba

:rolleyes:

Ag kom nou!! Stop telling these stories. I still have to eat polony sandwiches I take to work. :blink:

Link to comment
Share on other sites

Baie interessante storie van die polonie fabriek.

Ek het ook al fotos en ander inligting gesien van Europese rioolaanlegte. Jy kan so te sê van die vloere af eet. Die goed is skoon en netjies en die hele aanleg werk 100% reg.

Hulle het reeds gisteraand op 50/50 gewys hoe swak word ons rioolaanlegte bestuur word en hoe baie ertjiesop direk in ons riviere beland, sonder dat eers 'n drupper daarvan deur 'n suiweringsproses is. Daar is net nie meer vaardigheid om die rioolaanlegte te bestuur nie.

Suid Afrika se water kwaliteit is besig om vinnig agteruit te gaan. Baie vinnig. Die water kwaliteit het die potensiaal om 'n baie groter probleem te raak as wat ESKOM ooit was.

Ek onthou ons het inspeksie by Rundu gedoen eendag. Toe sien ons die dorp pomp hulle riool in die rivier, minder as 100m stroom-op van ons pompstasie wat die dorp se water uit die Kavango rivier onttrek...

Edited by Biltongboer
Link to comment
Share on other sites

Die oorblyfsels word uitgedroog en gekompakteer en verder verwerk, en dan word daar polonies, “bully beef†en Australiese worsies van gemaak.

Ha-ha- het julle, julle het nou lekker geskrik ne? Die goed word na plase toe gery vir kompos/fertilizer en wie weet wat nog - nogal free of charge. Dis ‘n baie hoë pH, en boere wat die goed wil he, word op ‘n lys goedgekeur op grond van “soil tests†wat by hulle gedoen word.

Jaaaaaaaaaaaaa BB :ilikeit:

Nou weet ek hoekom sit hulle so bale knoffel in polonie - camouflage!

Cheers, :ilikeit:

Dax

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...