Jump to content

Dink weer oor OZ!!!!!


5vannemerwea

Recommended Posts

Sjoe, dit was 'n tyd sedert ek hier op die forum tyd gespandeer het. Ek moet dalk net om almal se bekommernis tot ruste te bring. Dit is darem omdat ons besig is dat ek nie meer so baie tyd op die forum spandeer het die laaste ruk nie. Om die waarheid te se, enige ding wat op die rekenaar of internet plaasvind is agter. Selfs ons week tot week begroting en ook ons maand tot maand begroting is nou al so ver agter dat ek wonder of ek dit ooit weer sal kan inhaal.

Vandat ons by Eden klaar die mense se tuine omgedolwe het om nuwe pype te le pak ons die laaaaang pad aan, Bendigo toe. Daar na die middel van Victoria se goudvelde toe. Die tog op sy eie was 'n storie en 'n half. My werkgewer in sy oorvolgelaaide Holden Commedore voor, Vroulief met ons tjorrie en die mees onooglike Aussie waentjie denkbaar in die middel en ek met die werk se Holden bakkie met die voorraadwaentjie agterna. Ons drie het saam gery. Die ander twee gesinne is met hule eie voertuie en drie trokke eers Canberra toe om daar toerusting af en op te laai voor hulle by ons in Bendigo sou aansluit.

Elkgeval, hier slaan ons die pad deur Gibbsland, stop gou by Lakes Entrance om brandstof in te gooi en iewers langs die pad eet ons broodjies wat vroulief met keurigheid en liefde voorberei het. So net voor 17:00 bereik ons Melbourne en sy klomp paaie, baie karre, helse lang tonnel en so indrukwekkende lang brug. Oor die detail van die mensgemaakte wonders kan ek nie veel oor uitbrei nie. My aandag was op 'n ander plek. Ek probeer vir Vroulief voor my in die verkeer dophou en bybly. Sy probeer Oom Ochse dophou, Corne in toom hou en ons jonge dogterjie kalmeer na die hele dag se sit in die karstoeltjie. Dit vir 'n plaasvars boeremeise uit die Vrystaat en Kalahari se wereld. Nee kyk, ons ou nasie is van ander stofasie gemaak. Ek moet toegee, 'n Vrydagmiddag net om vyf in 'n stad van seker 5 miljoen mense, almal op pad huis toe of kuierplek toe, is nie grappies nie.

Lank en kort, Ons toergids kry die regte afdraai en Vroulief en ek kruie maar voort en kyk waar die verkeer ons heen neem. Met ons toerleier iewers op pad noord en ons iewers op pad wes wonder ons wat om te beleef. Is dit nou opwinding en avontuur of is dit nou "panic stations"? Dank Vader ons is in die wonderlike land van Oz en oral waar jy jouself mag bevind is dit veilig. Ek belowe myself om sodra dit moontlik is ek vir my een van daardie goeters gaan koop waar 'n vriendelike tannie vir jou se: draai links of draai regs of "make a u-turn when possible." Na 'n uur se ompad is ons almal weer op dieselfde pad noord, Bendigo toe.

Bendigo is 'n historiese dorp met 'n klomp ou huise, ou geboue, 5 300 myntonnels, ou trems wat loop en baie om te sien en te doen. Weereens is die dorp besaai met speelparkies, fiets paaie, publieke braaiers. Kinders van alle ouderdomme loop alleen of in groepies enige tyd van die dag rond en speel in die parkies. Selfs tot laat saans speel kinders nog buite. Dit het my laat dink aan die dae toe ek kind was in Outjo. Ons het fiets gery en tot ou nag toe die hele dorp se strate rond gespeel, tok-tokkie gespeel, poetse gebak en allerhande kattekwaad aangevang. Ek wonder of vandag se kinders ooit weet wat beteken die woord, kattekwaad? Twyfel.

Na vier weke se harde hande arbeid is dit weereens tyd om die tasse te pak, die vierkantige Ozzie waentjie te hak en die lang pad aan te vat. Tydens ons verblyf in Bendigo het ons moeite gedoen om so veel mootlik dinge te sien en te doen. Wie weet wanneer ons weer in die wereld kom, indien ooit. Ons het trem gery, in die myn afgeklim, om die meer gaan stap en op die restourant se dek middagete gaan eet. Ons het my heel eerste wynfees bygewoon in Heathcote. Een dag was ons Echuca toe en het op die Murryrivier middagete op 'n outydse stoomboot gaan eet. Wees gegroet mooie Bendigo, sien ons dalk weer? Tyd sal leer.

Waar is ons nou? "The nation's Capital." Canberra. Hier verwyl ons tot ons volgende kontrak realiseer. Intussen sien en doen ons wat in die pragtige stad te sien en doen is. Glo my, as mens alles in die plek wil sien en doen gaan dit 'n jaar se toegewyde inspanning en rondry kos om elke item af te merk. Komende van die Vrystaatste hootstad, is dit nogal lekker om dit te beleef. Reg rondom die Lake Griffith (?) is daar weereens fiets- en wandelppadjies. Orals is bankies en braaiplekke, versorgde plekkies. Nou neem ons weer die sport ernstig op, visvang!! Ek stap die meer van wal tot wal om op soek na elke denkbare hengelplekkie. As die wind ons toelaat wil ek vanmiddag so bietjie gaan roei, sommer net so bietjie vir die ontspannig daarvan. Ek weet my kar is veilig, ek weet ek is veilig, ek weet my gesin is veilig. Ek kan orals langs die meer gaan, net waar ek wil, dit is publieke besit. Indien ek moeg is vir Lake Griffith, elke woonbuurt het sy eie meer met soortgelyke geriewe. Lekker plek die, ne?

Daarom se ek, almal wat oorweeg om te trek na Oz, almal wat wonder of hulle moet trek, doen ek die regte ding? Vergeet van die negatiewe berigte wat in die Beeld en ander RSA se koerante opgedis word. Almal wat besig is om planne te maak vir die vlieende ossewa. Heroorweeg julle besluit ernstig, dink weer en dink mooi. Vra jouself die volgende vraag: "Is daar geen manier dat ek dalk vroeer kan trek nie, kan ek iets doen om die proses te versnel?"

As iemand vir jou uitkryt as 'n verraaier, banggat, ongelowige of wat ook al. Antwoord hom as volg: "Martin van der Merwe se dat net onkundige en mal mense woon vrywillig in enige land wat jou die omstandighede bied wat Afrika bied." Maak nie saak watter kant van die politieke spektrum jy jouself bevind nie. Dalk wag jy dat Duitsland van Luderitz af treinvragte vol wapens gaan stuur sodat al die Boere weer "hul land" kan terugvat. Miskien glo jy dat rasse integrasie die antwoord is. Dalk is Zuma RSA se redder. Hoe dit ook al sy, gebruik jou verstand en IK. Kyk na die res van Afrika as 'n voorbeeld en heroorweeg jou besluit.

Ek is bly ons is in Oz. Ek wonder nie wanneer gaan dit my beurt wees vir 'n roof of kaping nie. Nee, ek wonder waar gaan ek more visvang, gaan ons museum toe of parlementsgebou toe. Ek weet nie waar gaan ek tyd kry om by almal uit te kom vir 'n braaivleisie nie. Ek kan nie besluit of ons Saterdag gaan piekniek hou langs die meer en of ons by Batemans Bay op die strand moet gaan speel nie. Het ek kopsere? Verseker ja!! Hoe kry ek my familie uit die Afrika gemors uit, hoekom kan my vriende nie insien nie? Dalk omdat hulle nog binne die boot sit en dit maak dit moelik om jou omstandighede in perspektief van buite af te sien.

Ja, die Oz is 'n lekker plek. Ek gaan gou Biltongboer se joernale lees en hoor of hy met my saamstem.

Groete

Martin & Kie

Link to comment
Share on other sites

Hi Martin & Kie

Dankie vir die post, het dit geniet, ons is ook hier van Junie af en bly nie so ver van Bendigo af nie, ons is in Ballarat en kan net saam met jou stem, dit is wonderlik om hier in Aus te wees. Die lewe hier is so rustig en ons voel so vry, geniet elke oomblik daarvan.

Geniet julle tyd daar in Canberra, laat ons weer weet van al die wedervaringe.

Oosie

Link to comment
Share on other sites

Biltongboer stem vir seker saam, ou maat.

Maar ons se nou al vir mense hulle moet liewer nie kom nie - netnou kom neuk hulle alles op.

Link to comment
Share on other sites

Biltongboer stem vir seker saam, ou maat.

Maar ons se nou al vir mense hulle moet liewer nie kom nie - netnou kom neuk hulle alles op.

Te laat ou beer ek is op pad!!!

Link to comment
Share on other sites

Boeta, hoe gouer ons hier kan uit hoe beter ! Dink harder aan nog planne ! Het darem nou al ons papiere tot en met die polisieklarings ! Nou wag ons in gewaande geduld op 'n werk vir DH.

Kannie wag om die vrede saam met julle te beleef nie !! Ek smag na 'n skoon, veilige omgewing.

Lief julle.

Link to comment
Share on other sites

  • 3 weeks later...

Nou ja, hier is nog n uitnodiging vir n braaivleisie... Sit maar ons name ook op die waglysie of op die 'to do list'...

Klink asof jy al die visvang onder die knie het, sal maar kom kers opsteek een of ander tyd.

Bly om te hoor dit gaan nog goed, en dat julle soveel mooi dinge gesien het. Oz is amazing!

Link to comment
Share on other sites

  • 1 month later...

Martin - are you still on this blog? I see that there werent posts for quite some time

I am curious about Canberra, we are planning to relocate there at the end of this year. What is it like over there generally?

yolandi

Link to comment
Share on other sites

Good one...we are close to getting our PR visa ( vic sponsored)have a case officer from december and I really am scared to make the big move... Had a family talk wife(Milo) Meaghan 14 and Jason 11. I am scared that my kids dont fit in and are unhappy. I read on the Forum of some kids (of my kids age), are nopt fitting in...then its the whole finding a job and retrenchements etc etc etc. Just plain scared. Have put a lot of prayer into the whole move and doors have really opened...yet the fear still gets to me, the unknown.....what if.

Thank you for that...makes me feel better.

Link to comment
Share on other sites

Hi Alexis

See you are heading for Victoria, any idea where?

Link to comment
Share on other sites

Good one...we are close to getting our PR visa ( vic sponsored)have a case officer from december and I really am scared to make the big move... Had a family talk wife(Milo) Meaghan 14 and Jason 11. I am scared that my kids dont fit in and are unhappy. I read on the Forum of some kids (of my kids age), are nopt fitting in...then its the whole finding a job and retrenchements etc etc etc. Just plain scared. Have put a lot of prayer into the whole move and doors have really opened...yet the fear still gets to me, the unknown.....what if.

Thank you for that...makes me feel better.

Alexis, stop worrying about the kids, they will be fine. No better than fine, they will be so happy!

I have two, aged 15 and 12, both as happy as pigs in mud, made friends the very first day in our new home, don't even want to go back for a visit EVER. There is a world of opportunity for young people in this country.

4vdM's, I really enjoyed your post! My Afrikaans is improving with all the reading on this forum, had become a bit rusty from all the years in Botswana!

zorba

Link to comment
Share on other sites

Ek wonder nie wanneer gaan dit my beurt wees vir 'n roof of kaping nie. Nee, ek wonder waar gaan ek more visvang, gaan ons museum toe of parlementsgebou toe. Ek weet nie waar gaan ek tyd kry om by almal uit te kom vir 'n braaivleisie nie. Ek kan nie besluit of ons Saterdag gaan piekniek hou langs die meer en of ons by Batemans Bay op die strand moet gaan speel nie.

Ons sit met dieselfde probleem! Wil iewers 'n piekniek, visvang en bootrit gedurende die skoolvakansie indruk, weer 'n rit op die ferry van Parramatta na Circular Quay vat met 'n dag by Taroonga Zoo, oe, en die kinders wil graag "Le Grand Cirque" gaan kyk by die Sydney Opera House, dan is daar nog 'n dag by Jamberoo wat ons iewers moet indruk ook nog. En dan praat ek ook nie eers van die baie braaivleise wat ons moet reël met die baie vriende wat ons hier gemaak het nie (dit sluit mense van die forum in wat ons in ons donkerste oomblikke die eerste paar dae/weke hier in Oz uitgehelp het, toe ons nog vreeslik stupid was om te dink dat ons 'n fout gemaak het om hiernatoe te kom). <_<

Kry sommer lag as ek terugdink aan daardie dae - voel soos 'n leeftyd gelede...

Link to comment
Share on other sites

Dankie Martin, dit was 'n puik joernaal van julle wedervaringe.

Ons is nou 12 jaar hier en ek moet sê, ons eerste jaar was traumaties. Maar dan, die groot motivering was die kans op 'n nuwe lewe, veral vir ons kinders, asook die wete dat ons het niks om na terug te keer nie in RSA.

Wanneer mens in 'n posisie is dat jy het g'n keuse nie (soos dit met ons was) en jy MOET net doodeenvoudig dinge laat werk dan is dit 'n motivering. En dan besef 'n mens ook die waarheid van die spreuk; "gelukkige mense maak hulle eie geluk."

Ongelukkig was daar in ons tyd nog nie 'n saaustralia nie, anders is ek seker dat ons landing baie sagter sou gewees het.

Maar deesdae is mens heeltemal "ingesettle", ons kinders onthou nie meer 'n lewe in RSA nie en ek en Mev. Dax het meer en meer die gevoel dat die RSA wat ons verlaat het, is soos 'n plek op 'n ander planeet. Die nuus wat ons van familie en uit ander bronne oor RSA kry bevestig net dat Suid-Afrika nou volledig in die Afrika wentelbaan is. Dus, ek gee nie 'n flenter om wat mense sê omtrent Suid Afrikaners wat emmigreer nie. Dit kos baie dink, navorsing en wik-en-weeg voordat mens die emmigrasie besluit neem. NIEMAND neem daardie besluit ligtelik nie.

Deesdae wanneer ek lees en hoor hoe emmigrante in RSA uitgekryt word deur politici en ander oningeligdes dink ek net by myselwers; “Bugger you mate, I’m an Australian now.â€

Groete,

Dax

Link to comment
Share on other sites

Hi Martin & Kie

I stem saam. :o:ilikeit::ilikeit:

Geniet!

Manny

We have just come back from a two week trip to Melbourne via the Great Ocean Road (spectacular), five days in Melbourne (for the Boxing Day cricket test) and back via Ballarat, the Grampians (mountains) and Coonawara (wine region), and will definetily be going back to explore some (more) of the beautiful regions that we passed through.

Edited by MannyT
Link to comment
Share on other sites

hi Martin

I got your message, I sent you an e-mail.......

later

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...