Jump to content

'n Klip in die bos oor 16 Des


Legalbuff

Recommended Posts

Haai almal,

Ek loop nou al 'n paar jaar met 'n ding in my hart.

By Bloedrivier het ons voorvaders God beloof as Hy hulle sou help, sou hulle en hul nageslagte hom eer - en Geloftedag het ontstaan.

Nou hier kom die groot oorvereenvoudiging:

Dink julle nie dalk 'n groot deel van SA se probleme spruit uit ons ongehoorsaamheid om Geloftedag te eer nie?

Wat kan ons doen om Geloftedag te eer in 2008? Enige voorstelle?

Groetnis

L

Link to comment
Share on other sites

Legalbuff, jy sal seker gestenig word want dit is mos nie meer polities korrek om Bloedrivier te vier nie.

Die feite is egter dat dit 'n gelofte was tussen 'n nasie en God, 'n handjievol teen 'n oormag, en maak nie saak hoe polities inkorrek dit deesdae mag voorkom nie, maar dit moet gerespekteer word.

Dit gaan mos nie daaroor dat God die witman bo die swartman verkies nie maar eerder oor die antwoord op opregte gebed, en om 'n gelofte te eer. Ek stem 100% met jou saam.

Link to comment
Share on other sites

Hi daar!

Ek dink nie die God wat ek ken sal SA straf oor 'n belofte wat deur 'n handjie vol mense aan hom gemaak is nie, God is aan almal se kant. God sal nie dat babatjies verkrag word en kinders vermoor word om ons te starf nie, dit maak net nie vir my sin nie.

Groete

Link to comment
Share on other sites

Ek dink dit is meer as net bloedrivier.

Ons Vader het Dawid se baba laat sterf oor Dawid se sondes. 2 Samuel 12.

Ons volk moet terug gaan skrif toe en leer wat die bybel sê. Ons volk loop agter mense aan.

Die dokter hou jou gesond

Die tandarts hou jou tande heel

Die boekhouer hou jou boeke reg

Die bankbestuurder jou geld

Die prokureer hou jou uit die tronk

Die domenee hou jou in die hemel. (Jammer hy gaan jou nie daar kry nie)

Link to comment
Share on other sites

Net jammer na ons gewen het het ons hulle soos slawe en sonder enige waarde begin behandel, miskien is dit hoekom dit nou so gaan.

Link to comment
Share on other sites

Aan die een kant dink ek dit is soos om 'n wind te los teen donderweer om die hele land se koppe te draai. Geloftedag is al vir lank nie meer wat dit was nie 3en baie mense het geen benul waaroor dit gaan nie (ook die wat behoort te weet). Ek glo maar mens beinvloed jou eie kring en doen wat reg is. Die naby my weet duidelik wat my siening is hieroor en dat dit niks met rasse nie maar wel met geloof te doen het. Ons gedenk dit waar ons ook al is en besin oor die werklike betekenis.

Jy kan eintlik dieslfde vraag vra oor Kersfees - mense gedenk ook nie in die algemeen die geboorte van Jesus nie maar dit is net 'n "feestyd" met kersvaders en geskenke. Jy sal meer mense op die strande sien as ons paar in die kerk op kersdag.

Link to comment
Share on other sites

Hi Pine en Riana

Ons het hierdie bespreking in ons groot familiekring oor en oor gehad. Ons gesin voel baie sterk daaroor dat dit 'n gelofte aan God was. My kinders ken die hele storie en ons het hulle selfs na Dundee geneem waar die slag van Bloedrivier plaasgevind het. Dit was vir hulle baie interessant, aangesien hulle ook skooltake daaroor gedoen het. Ons gaan kerk toe op daardie dag en beskou dit as 'n Sondag. Mens wonder net wat daarvan sal word as ons eers in Australie bly. Ek sal graag hierdie belofte wil onthou en eerbiedig.

Euneze

Link to comment
Share on other sites

I was but a babe in arms when I attended the official opening of the Voortrekker monument on the 16th December 1949, having been born in April of that year. The whole family travelled from the Bosveld to witness the auspicious occasion.

Whilst we lived in SA we often took our children there on the 16th, it never ceased to amaze me that the sun only shone on the crypt at midday on that day. I remember there were a number of times that it was pouring with rain, however, at 11h55 the skies would clear and at 12h05 it would be pouring again. Somehow I am pretty sure a higher power had a hand in that!

Link to comment
Share on other sites

Since the mid 70's I've held the view that in a strict historical sense, the celebration of Bloedrivier is the prerogative of those who were THERE and their descendants.

None of my foreberars were there. I have no feelings for or against it, but as one of my wife's direct forebears were there, I respect it in that sense.

I insert an authentic list of the names of Afrikaner forebears who were at Bloedrivier for the info of any who may be interested. See if you find your surname there, maybe you could trace an ancestor who fought there.

Dax

post-964-1225542343.jpg

Link to comment
Share on other sites

Ons sal voortgaan om 16 Desember as 'n Sondag te eerbiedig, al sou ons in 'n ander land woon. Beide my en my man se familiename kom voor. Dit gaan nie oor die land nie, maar die gelofte. Dit gaan oor uitredding in benoudheid en bewaring en hulp 'against all odds'. Die details van die gebeurtenis is amper onwerklik, so geweldig was die oormag en so geweldig die uitredding. Dit gaan oor om God te eer vir die voortbestaan van my familie. Dis omdat hulle daar bewaar is, dat ek vandag bestaan. So ek sal voortgaan om Sy Naam te eer daarvoor !

Mara, daardie lig wat elke jaar 12h00 sonder uitsondering op die sarkofaag skyn ongeag die weer, is vir my 'n wonderlike teken dat God steeds bewus is van en waarde heg aan daardie gelofte wat gemaak is. Heerlik om te weet ons dien die ewig-lewende God !

Edited by Alida
Link to comment
Share on other sites

Hmm, interessante sienings hieroor.

Ek neem nogal veral kennis van die standpunt rondom Kersfees wat ook nie meer herdenk word soos dit moet nie, MAAR:

Daar was geen gelofte nie.

Ek besef, soos ook genoem, dat daar veel meer "at play" is, en my stelling was 'n groot oorvereenvoudiging, maar ek dink nog steeds ons moet meer probeer om hierdie dag aan die lewe te hou.

Daar staan tog in die woord:

"God is vandag en more dieselfde, en tot in ewigheid". So wat is die "vervaldatum" op 'n gelofte? Ek dink nie daar is een nie. Ek dink ook nie dis beperk tot die wat daar was nie - met respek aan wie dit geopper het. Dis nêrens vervat in die gelofte wat hulle gemaak het nie, of in alle geval nie die weergawes wat ek gehoor het en van geleer het op skool nie.

Ek besef daar het sonde plaasgevind na die tyd met mense wat soos slawe behandel is, maar sekerlik skeld dit ons nie kwyt nie?

God het aan die mens belowe, met 'n reenboog, dat ons nooit weer 'n vloed soos Noag sal he nie.

Hy het Sy woord gehou.

Dalk moet ons ons s'n hou?

Edited by Legalbuff
Link to comment
Share on other sites

hey dax, thanks that is so interesting, I wont find my forebears there, am only third generation South African, but my family threw their whole lives into living in South Africa, after world war 1 in UK, I was brought up on the history of South Africa, and also remember the sun shining on 16 Decemeber..I was so paraat i even joined SADF as soon as I finished school, was stationed at Voortrekkerhoogte and going to the monument was part of our routine.

i remember as a little girl wearing my kilt and marching alongside the soldiers at the parades....(my older sisters refused to talk to me for days afterwards)

and the fly overs, jets making a stream of orange white and blue...'

It was a promise made to God, and one that the people are not able to keep right now in South Africa, i dont think He would punish us for that, though. And it doesnt matter where you are, some of our families died for their country, and that will always remain in their hearts, no matter where they are in the world..it's about honour.

Not sure if I'm making sense here!

Link to comment
Share on other sites

Ek dink ek sal dit graag wil behou as 'n dag waar ons dink en praat oor ons geskiedenis (goeie en slegte dinge), ons helde en veral aan die KRAG van gebed (soos by Bloedrivier)- en so eer aan God bring dat hy ons ook tot nou toe gespaar het, al is ons nou nie meer in Afrika nie.

Link to comment
Share on other sites

Haai almal,

Ek loop nou al 'n paar jaar met 'n ding in my hart.

By Bloedrivier het ons voorvaders God beloof as Hy hulle sou help, sou hulle en hul nageslagte hom eer - en Geloftedag het ontstaan.

Nou hier kom die groot oorvereenvoudiging:

Dink julle nie dalk 'n groot deel van SA se probleme spruit uit ons ongehoorsaamheid om Geloftedag te eer nie?

Wat kan ons doen om Geloftedag te eer in 2008? Enige voorstelle?

Groetnis

L

Nee ek dink nie so nie. Ons probleem is dat ons voorvaders die verkeerde kontinent kom koloniseer het. Dink nou net waar sou ons gewees het as Jan van Riebeeck eerder in Nuwe Holland gaan land het. Ek was laas jaar by die voortrekkermonument en daar was baie mense by die Geloftedagvieringe. Die vorige jaar het ek en my vrou en kinders rondom Ladysmith na die slagvelde daar, insluitende bloedrivier gaan kyk. Die toestand van die monument by Bloukrans (my fotos) het my uiters hartseer gestem. In die besoekersboek wat 'n jong Zoeloeseuntjie daar aangebring het, het 'n man geskryf: 'n Nasie wat sy verlede vergeet verdien om te vergaan.

Dus as iemand my ooit as verraaier sou uitkryt, sal ek hom vra wat hy doen vir die behoud van hierdie monumente en ons geskiedenis.

Edited by mrmaritz
Link to comment
Share on other sites

Legalbuff,

Ek weet nie waar julle ouens gaan woon nie, maar ek weet die Afrikaanse Klub Australie wat uit Brisbane omgewing werk hou elke jaar 'n Afrikaanse Gelofte diens!

D :rolleyes:

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...