Jump to content

Voorstede om in te bly in Brisbane


Swerwer

Recommended Posts

:whome:

Hallo almal.

Ek (34) en my vrou(36) is besig om te emigreer na Australie. Brisbane is waar ons wil bly. Ons het 2 kinders van 5 en 7 jaar. Ons is op soek na 'n voorstad met goeie publieke skole, naby aan die busroetes of treinroetes en nie meer as so 40 km uit die stad nie.

Ek het gehoor Shailer Park is 'n goeie opsie vir baie Suid Afrikaners. Waar bly julle mense?! Ons is oppad...

Ek is 'n Windows Programmeerder, ek is mal oor stap en kampeer en ek en my vrou gaan Scuba ook 'n paar keer in die jaar. Verder hou ons van die buitelewe. Ek hou ook baie van fotografie.

Swerwer

Link to comment
Share on other sites

  • 5 months later...

Hi

Ek is op die oomblik hier in Brisbane om verskeie opsies te ondersoek in terme van besigheid, werksaanbiedinge en behuising. Terwyl ek die omgewing plat reis, plaas ek sommer my waarnemings en gedagtes op 'n blogspot. Julle kan hier meer lees daaroor.

Link to comment
Share on other sites

Hi Rudolph.

Dankie vir die foto's en jou moeite. Hou my asb "up to date" met jou ervarings daar.

As al ons dinge reg uitwerk trek ons Sept/Okt Brisbane of GC toe. My man is in die aircon bedryf en dit klink vir my Brisbane omgewing is die plek vir ons.

Ek kyk gereeld op realestate se web na huise en voorstede, maar dit is nie dieselfde as om self daar te wees nie.

Ek het 'n seuntjie 11 wat daar sal moet skool gaan.

Geniet elke oomblik.

Groete

Sheila2oz

Link to comment
Share on other sites

Hi Sheila2oz

Dis 'n plesier om inligting te deel oor Brisbane en omgewing. Ek sal die blog elke week opdateer met nuwe inligting.

Link to comment
Share on other sites

Rudolph

Wanneer kom jy ons rigting? Het jy nog my selfoon nommer? My straat adres het net verander in tussentyd :D

Laat weet weer iets van jou asb!

Mooi loop

L'mari

Link to comment
Share on other sites

  • 4 weeks later...

Hi Swerwer en almal

Ons is maar nog nuut in Brisbane, so 2 jaar, maar dit is sommer heerlik as jy hou van kamp! Daar is soveel plekke om te ontdek, ons lekkerste sover was Fraser Island! ;)

Hier is heelwat Suid Afrikaners in Brisbane, ek ontmoet seker weekliks mense wat Afrikaans praat, op busse, treine, straat hoeke, winkel sentrums en skole. Ons woon in die suid wes van Brisbane - neem ons so 45 minute met bus en trein in na die CBD toe vir werk. Kinders loop sommer skool toe. Shailer park, Springwood, Forest Lake, Kenmore, Moggil is areas wat SAners baie het - Mansfield ook. Brisbane het net nie 'n naby strand nie, en huidiglik het ons woeste waterbeperkings - hulle kyk na 140liter per dag per per persoon. Moet se dit maak tuin maak moeilik!!

Skryf maar as julle nog iets wil weet.

Link to comment
Share on other sites

  • 6 months later...

Hi almal,

ek en my dogter van 3 is ook besig omplanne te maak vir Oz. het nognie besluit presies waar nie (het sydney/brisbane en perth ingedagte) ek's 38, 'n radiografis en sal ook graag meer van die omgewing wil weet. ek stel veral belang in die skole/dagsorg vir my dogter, die kostes ens. is lewenskostes gemiddeld daar of soos sydney(sky-high?)

hoe ver is brisb van sydney (vlugtyd?) en van SA? ek moet jaarliks terugvlieg sa toe sodat my dogter haar pa kan sien.

dis lekker om kontak met soveel suid afrikaners so ver te he.

groete uit amanzimoti.

antz

Link to comment
Share on other sites

Hallo Antzy

Ons is nou al 10 maande in Brissie en die plek "groei" op jou.

Ons het besluit om na aan my man se werk plek te huur en bly in Banyo baie na aan die lughawe (waar my man werk).

Hier is baie baie voorstede en as ek weer moes sal ek weer (veral vir die begin) naby die werk bly.

Ons het nou net huis gekoop in Ipswich wat so 30+ kilo's van Brissie af is maar trek eers oor 'n jaar want dit moet nog eers gebou word. Teen daardie tyd is die Airport contract klaar en dan sal ons maar sien. Travel of change jobs?!?!

Weet nie van kleuterskole ens nie maar seker die girls wat kiddies het sal jou kan antwoord.

Die lewenskoste hier is regtig nie baie hoog nie en ons lewe lekker.

Lovies

Nilo

Link to comment
Share on other sites

  • 3 months later...

:ilikeit: Dagse

Ek en my jong gesinnetjie is ook op pad na "Down Under" Ons beplanning is om in Brisbane te vestig. Ek sal dit waardeer indien iemand net vir ons so bietjie lig kan werp rakende die verblyf, die omstandighede en die algemene lewenskoste. Dan, enige raad of aanbeveling asseblief. Soos, moet ek al my meubels saam trek ens, ens.

Sal waardeer word

Martin vd Merwe

Link to comment
Share on other sites

Brisbane het net nie 'n naby strand nie,

Nou dis nou wat ek inligting noem!

Ek soek 'n blyplek met NICE strande sommer op die voorstoep. Ons is bederf met die ongelooflike strande van Northland in NZ, en sukkel nou al vir 3 jaar om 'n ordentelike swemstrand te kry naby Auckland. Ek willie Oz toe trek en sit met dieselfde nie.

So julle ouens wat al daar is moet nou vir ons vertel waar moet mens bly dat dit voel of jy heeljaar met vakansie is.

Link to comment
Share on other sites

Dit hang af aan watter kant van Brisbane jy woon.

Ons is in North Lakes en Red Cliffe strand is omtrent 15km van ons af, as dit so ver is. Wanneer ons strand toe wil gaan, ry ons of Red Cliffe toe, en glo my ons is binne 10min daar. Ons hou ook daarvan om Bribie Island toe te gaan, bietjie meer noord van ons, maar ook lekker, dis ongelukkig nie 'n gepatroleerde strand nie maar baie lekker, vir braai en swem of sommer net lui lekker op die strand sit.

Mooloolaba is ook noord van ons omtrent so 50km, baie lekker en daar is lewensredders.

Iemand het gesê ons voorstad is baie soos Desperate Housewives, maar dis oor die algemeen 'n baie stil en veilige voorstad. Ons het die minimum voorvalle van inbrake ens. Ons het 'n groot mall en dit voel amper soos platteland hier.

Waar ons tans woon, ons wag dat ons huis gebou word, kom kuier die kangeroos baie in die oggende en die aande by ons heining. Ons het 'n staatskool, asook 'n privaatskool in North Lakes.

North Lakes het ook een van die beste golfbane in Brisbane, maar is bietjie duur met lidmaatskap $4000 vir 2 persone per jaar. Die baan is in 'n baie goeie toestand en ons parke is goed uitgelê en voetpaadjies is ook volop.

Oor die algemeen 'n lekker voorstad vir 'n familie. My man werk so 36km van North Lakes af en ry heen en weer. Om met die trein in die stad te kom is net so maklik. Petrie stasie is omtrent 7km van ons af en die treine loop elke halfuur.

Ek sien die neiging is maar dat die mense eerder suid gaan woon as noord, ons voorstede hier is tog nie so duur nie.

Dit kom tog seker op persoonlike keuse af. Ek sal nie in die suide gaan bly nie, want ek het gekry wat ek wou gehad in North Lakes. Soos die advertensie vir North Lakes sê: 'follow your instincts home'. :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

We've also decided to settle in North Lakes and I can concur with da Feemail's post.

It is a stunning community with asthetics that are very pleasing to the eye. :ilikeit:

Cheers.

Link to comment
Share on other sites

:ilikeit: Dagse

Ek en my jong gesinnetjie is ook op pad na "Down Under" Ons beplanning is om in Brisbane te vestig. Ek sal dit waardeer indien iemand net vir ons so bietjie lig kan werp rakende die verblyf, die omstandighede en die algemene lewenskoste. Dan, enige raad of aanbeveling asseblief. Soos, moet ek al my meubels saam trek ens, ens.

Sal waardeer word

Martin vd Merwe

Hi Martin, ons is ook oppad en ek moet se ons is ma skiut bang vir hierie hele storie, ek is 'n engelsman ma my vrou is 'n boremeisie. Ek se verkoop al die junk as dit nie baie is nie want 'n houer gat jou so 50000 uit die sak ruk. Dink net aan al die shopping wat jy daar kan doen vir al die nuwe goetes.

Ek gaan met my onderbroek en my tandeborsel.

Deur watter agent werk julle en wat vra hulle?

DD

Link to comment
Share on other sites

Nou dis nou wat ek inligting noem!

Ek soek 'n blyplek met NICE strande sommer op die voorstoep. Ons is bederf met die ongelooflike strande van Northland in NZ, en sukkel nou al vir 3 jaar om 'n ordentelike swemstrand te kry naby Auckland. Ek willie Oz toe trek en sit met dieselfde nie.

So julle ouens wat al daar is moet nou vir ons vertel waar moet mens bly dat dit voel of jy heeljaar met vakansie is.

Ja Ja, ons is ook oppad uit SA en ek wil ook weet waar ek ka bly waar dit voel of jy heel jaar op vakansie is en lekker bier ka drink.

DD

Link to comment
Share on other sites

Hi Martin, ons is ook oppad en ek moet se ons is ma skiut bang vir hierie hele storie, ek is 'n engelsman ma my vrou is 'n boremeisie. Ek se verkoop al die junk as dit nie baie is nie want 'n houer gat jou so 50000 uit die sak ruk. Dink net aan al die shopping wat jy daar kan doen vir al die nuwe goetes.

Ek gaan met my onderbroek en my tandeborsel.

Deur watter agent werk julle en wat vra hulle?

DD

Hallo DD

Nee man, niks om oor bang te wees nie. Ek het vir drie maande in Brisbane gebly in 2001, lieflike plek met lieflike weer. Baie mooi omgewing en ek hou veral van die rivier. Ons Vrystaters trek mos agter die water aan.

Ons werk deur Visas-R-Us, hulle is baie goed. PM my dan gee ek jou hulle besonderhede.

Ek beplan om my trek saam te vat. Die probleem is die prys waarvoor 'n mens jou meubels 2de hands verkoop is SA is omtrent niks, nou moet jy daardie geld Oz toe vat, dit is 7.8 keer minder werd Down Under. Daar is nie manier dat jy dit kan vervang met die ekstra geld nie. Het jy geld in jou gatsak wel, dan is dit 'n ander saak.

Anders gesien, vanuit Aussie se kant kos 'n 6m kontainer so net oor die AU$ 7 000. Koop een yskas, wasmasjien en 'n sitkamerstel en dit alleen kos jou AU & 7 000. Kyk maar bietjie op die forum rond, daar is heelwat links wat pryse in Oz deurgee.

Sterkte met al die besluite en veranderinge, ons sien julle Down Under :ilikeit:

Groete

Martin

Link to comment
Share on other sites

Hallo julle wil net gou 'n eiertjie le in verband met die "container". Ek verstaan dat party mense liewer hulle eie goed wil saambring en dis goed so veral as mens meubels het wat waardevol of nuut is en dis goed so!!

Alhoewel, die afgelope ruk vandat ons hier is Aus is het ek met verskeie forumies kontak wat containers gebring het en daarom wil ek net die volgende aan julle meld.

Die containers neem 'n HELE ruk om hier uit te kom, as dit dan eers in AUs aan land is neem dit so 3 tot 6 weke (regtig ek ken iemand met wie dit right now gebeur!!) So nou moet mens vir omtrent 3 maande sonder meubels bly!! Met ander woorde, huur 'n gemeubileerde plek vir omtrent $600 per week vir 12 weke voordat mens kan settle. $600 x 12 = $7200 sit dit by die $7000 vir die container en mens kan 'n huis baie lekker meubileer. Met kindertjies is dit moeilik om te kamp!! Dan moet mens in elkgeval breekgoed en potte en lakens ens aankoop!!!??? Ek weet wraggies nie of 'n container altyd die beste opsie is nie!!

Link to comment
Share on other sites

Dankie vir die inset Nilo, gelukkig is ons in die bevoregte posisie dat my werkgewer verskaf die eerste ses maande se verblyf. Ek reken dit behoort lank genoeg te wees om my container oor en deur doane te kry.

Indien dit nie die geval was nie, sou ek regtig heroorweeg het om alles oor te trek.

Martin

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...