Jump to content

Nog ‘n dag in Perth - 4 Oktober 08


Biltongboer

Recommended Posts

Gister toe trek ons sak en pak hier by ons huis in. Die manne van Good Guys trek hier in met my nuwe yskas, freezer en tumble dryer - nuut gekoop daar by hulle. Die dollars loop en my trane loop saam as ek die exchange rate uitwerk. (Good Guys is 'n winkel hierso.)

Die ouens wat meubels uitleen het ook net na die Good guys hier aangeland. Hulle laai beddens en tafels en goete af. My maatskappy was bereid om 'n maand se meubelhuur te betaal, omdat ons vroëer uit die duur hotel uit getrek het. Waar het jy al gehoor dat iemand meubels kan huur? Hier is dit algemeen. Jy huur alles - potte en panne, eetgerei, tafels, beddens, toasters, TV, DVD player, mop en besem - alles wat jy in 'n huis kan sit kan jy huur by hulle.

Die lorrietjie waarmee hulle hier stop is ge-gear, hoor. Hy het so hidroliese platform agterop. As hulle iets agter van die bak af wil laai, dan "whieeee" die ding tot hy gelyk is met die lorrie se bak. Dan skuif hulle die tafel, bed of wat ook al oor tot op die platform, en dan "whieeee" die ding totdat alles op die grond staan. Dan word daai goed gelaai op so trollietjie met wielietjies, en word in die huis ingestoot.

Dis 'n plesier om te sien hoe witmense goeters doen. Hoekom het ons in Afrika nooit gedink aan hierdie goed nie? Seker omdat jy tien wambos se werk gaan afvat deur net twee intelligente ouens met 'n lorrietjie te gebruik?

Ek raak bietjie benoud - die huis het nie eens basiese diefwering nie, geen alarm nie, geen "danger" signs met groot honne se koppe op nie, niks electric fence nie. Hier is nie lemmetjiesdraad nie, nie eens 'n Trellidoor om die skurke mee uit te hou nie. Geen "armed response" nie, en ek sien ook nie die security companies se karre wat die strate patroleer nie. Ek weet darem nie, jong. By die shopping centre raak ek skoon benoud, want die karwagte kruip weg - hulle vermy my om een of ander rede. Dalk is hulle bang vir die rowers wat hier naby is, of iets. Wie pas nou my kar op as ek gaan shopping doen?

Die plek is gevaarlik, man. Hier is so hier en daar 'n security guard - nogals sommer 'n wit ou - dan het hy nie eens 'n haelgeweer by hom nie. My comrades in Namibia sal darem die plek laaik hoor. Hier is dit peanuts om iemand in die straat te beroof, karre te hijack en in 'n huis in te kom. Die dom Ozzies sal dit nie eens naastenby verwag nie. Moet tog nie dat verkeerde ouens hiervan hoor nie - netnou wil hulle ook hiernatoe kom...

Vandag het ons saam met Dewald-hulle na IKEA toe gegaan. Dis so massiewe winkel net langs die Mitchell freeway. Daars goed om die kinders mee besig te hou, daars 'n groot eetplek, en daars alles wat jy in 'n huis wil he. Ons het meer as 5 ure spandeer in die plek. Daar is so baie om van te kies, ek is later skoon moeg man. Ons is daar uit na ek $303 betaal het vir klomp goed wat ons vir die huis nodig het. Weereens, moenie die conversion na ZAR doen nie, dit stress jou net onnodig op. Jy kan 'n hotdog koop vir $1, en 'n roomys ook. Troos jou daaraan.

Jy parkeer jou kar daar doer iewers, maar as jy wil ry en jou goed in die kar wil laai, dan parkeer jy jou trollie op so "designated" plek, en gaan haal jou kar. Dan stop jy daar met jou kar en laai die goed uit die trollie uit - niks se ge-ryery met jou trollie tussen ander ouens se karre deur nie. Op een of ander manier werk dit. Niemand misbruik die lekker parkeerplek reg voor die deur nie, want dis dan bedoel vir wanneer jy jou trollie uitlaai.

Die mense se maniere is iets om van te droom. Jy sien nooit dat een of ander ou sommer net parkeer op 'n gestremde parkeerplek nie. Daar is spesiale parkeerplekke vir "moms with prams" - niemand anders misbruik dit nie, maak nie saak hoe vol die parkeer area is nie.

Toe ons by die huis kom, is ons vrek moeg. Nico en Thia het ons geskype toe ons net mooi by die voordeur instap, en toes daar nog so paar mense wat ons kontak net daarna. Dis lekker om met almal te praat. Celesti raak egter heel hartseer na sy met al die bekendes gepraat het. Na sy met haar ma gesels het, het sy darem weer beter gevoel.

Ons het uitgefigure hoe mens die gasstoof moet opstart. Al hierdie klein "nuwe" goedjies wat mens moet leer, maak vir Celesti bietjie klaar - sy sê sy het nou genoeg nuwe goed geleer, en sy is nou moeg daarvoor. Die gasstoof was net een te veel vir haar. Sy weet toe ook nie hoe om die ding af te sit nie, toe word ek met 'n geskreeu uit die kombuis geroep - "help, hoe sit mens die ding af!?" Ek wys toe vir haar - draai net die knoppie na OFF toe, en nie na MAX toe nie...

In elk geval, ek spot sommer net. Dit maak mens egter moeg om so baie nuwe goed te moet uitfigure. En natuurlik dink my hele gesin ek het altyd al die antwoorde. Hoe doen mens dit? Hoe doen mens dat? - Pappa weet mos alles.

Ek loop daar in Woodvale (ek dink dis die plek se naam) in 'n shopping mall in; daar sien ek 'n winkel met 'n RSA vlag op die deur, en groot geskryf: "Baie Dankie". By IKEA het ons vandag gereeld Afrikaans gehoor, so tussen al die mense deur hoor jy gereeld die Kombuistaal wat deur iemand gepraat word. Dit voel party dae asof ek by een of ander Suid Afrikaanse kusdorpie kuier...

Link to comment
Share on other sites

As mens eers gewoond geraak het aan gas gaan jy nooit weer terug na elektriesiteit nie

Link to comment
Share on other sites

Ek geniet jou skryf oor julle ervaring vreeslik baie. Ons is nog "babas" in Oz en leer nog steeds gaan nog vir baie lank leer so troos jou daaraan maar dis lekker om nuwe dinge uit te vind. Lekker bly in julle nuwe huis. Die karre wat die mense nie in die motor huis in trek nie en sommer in die straat los, kan nog steeds net wonder daaroon. In ons dorp wat ons in bly is dit niks om 'n boot ook so buite te sien staan nie. Dit verstom my nog steeds elke dag.

Link to comment
Share on other sites

Hi BB,

It was great reading your journal ... takes me back to when we arrived :ph34r:

I must say the lack of security was too much for me as well, no 10ft walls around the houses and the "bakkies" at the shopping center with all the tools thrown on the back ... and they are still there when the tradies come back from their shopping!

When I read your story to my wife, we both had a good laugh.

Same story when we moved into our house, as a "troosprys" we had a security door fitted to the front door so that we could leave it open in summer when the Fremantel Doctor brings cool relief in the evenings.

Keep up the journal :)

Ausraven

Link to comment
Share on other sites

Welkom hier by ons "Suid Afrikaanse kusdorpie". En moenie worry nie, die Aussies is besig om goed aan te pas hier tussen ons klomp afrikaners ;) Ons sukkel net om hulle die taal en ordentlike rugby te leer...

Ek hoop jou container is vol Windhoek Lager gelaai want klink my jy't sommer klaar al die meubels hier gekoop.

Edited by Almost Aussie
Link to comment
Share on other sites

Die beste vir my rondom die "gebrek" aan sekuriteit in ons huis hier in Perth:

Ek bel die versekeringsmense om huisinhoud versekering te reel.

Die tannie oor die foon vra of daar "security" by die huis is.

Ek sê nee tannie, die plek het nie 'n alarm nie, en sien klaar in my gemoed hoe my premie sommer verdubbel.

Sy sê so ewe met 'n giggle in die stem:

"No honey - I meant does your house have locks on the doors...."

Toe voel ek soos 'n aap. ;)

Link to comment
Share on other sites

"No honey - I meant does your house have locks on the doors...."

Beteken dit dan daar is plekke hier waar die mense nie slotte op die deure het nie..... ;)

Link to comment
Share on other sites

Hi !

Se vir Celesti sy is nie alleen nie, die karavaan opsigter moes my gasstoof elke dag vir my kom aansteek toe ons in die karavaanpark gebly het die eerste 2 weke. Ek reken hy was heel gatvol vir die south african girl !

Groete

Cristel

Link to comment
Share on other sites

die lekker ikea. Dis nou een winkel wat ek rede soek om te gaan shop. al is dit net vir teelepels.

Sy sê so ewe met 'n giggle in die stem:

"No honey - I meant does your house have locks on the doors...."

Ons het al n paar keer hier gaan slaap met die voordeur wawyd oop. Nie aspris nie.

Link to comment
Share on other sites

BB,

Het sopas terug gekom van my LSD na Melbourne. Het die eerste 2 aande skoon hoofpyn gehad van 'sensory overload'. Australia is mooi man.

Het ook 'n halwe dag in IKEA gewees. Julle moet die meatballs en chips by die restaurant probeer. Heerlik sê ek jou. My vriendin se seun noem dit 'sticks and balls'.

Na my trip is ons container ook aansienlik leër. Alles is so mooi, en mens wil net koop, maar oooh die exhange rate maak 'n groot gat in die sak.

Lekker nesskop!

Link to comment
Share on other sites

BB,

Het sopas terug gekom van my LSD na Melbourne. Het die eerste 2 aande skoon hoofpyn gehad van 'sensory overload'. Australia is mooi man.

Het ook 'n halwe dag in IKEA gewees. Julle moet die meatballs en chips by die restaurant probeer. Heerlik sê ek jou. My vriendin se seun noem dit 'sticks and balls'.

Na my trip is ons container ook aansienlik leër. Alles is so mooi, en mens wil net koop, maar oooh die exhange rate maak 'n groot gat in die sak.

Lekker nesskop!

Dis juis daai lekka meatballs en chips wat ek ook ge-eet het! En die refill koffie - het 4 keer ge-refill. Die kinders is mal oor die koeldrank refills - hulle het regte iAfrika-maniere, maak daai koeldrank stalletjie skoon leeg...

Link to comment
Share on other sites

BB,

Ek was ook lus vir nog 'n koffie, maar dan moes ek eers toilet toe, en dit sou inbreek maak op my shopping tyd in IKEA! En jy kan 'n bord kos by 'n Asian restaurant koop vir A$7.

Dit voel soms of 'n mens nie verdien om in Australia te wees nie. Alles voel net te goed om waar te wees. Ek het eintlik heel bemoerd (skuus) terug gekom. Omdat ons regering nie ons belasting geld behoorlik gebruik nie. Ons betaal deur ons nekke en ons het nie eens 'n behoorlike vervoer sisteem nie, wat nog van medies, onderwys ens.

Maar dis 'n galbraak sessie vir 'n ander keer. Nou verlang ek eers terug na Melbourne en lekker koffie met balls en sticks, en treinry en skoon lug en spoedgrense en......

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...