Jump to content

Pê Wê ons het "hazards"


Kapoen

Recommended Posts

Ek sien hier is 'n tendens op die forum...Dit lyk vir my feitlik almal is al in Oz en nou is elke subforum en elke tweede post net " In Australië loop ons in die nag buite rond..." en " hier is die strate so skoon.." ens. ens. ens.

Wel pê wê hier in Afrika het ons spesiale "hazards" op jou kar!!

Dit is ongelooflik, 'n feature wat net in Afrika gebruik word en dus waardig van die Proudly South African Logo.

Hier is net 'n paar gebruike van die "African Hazards":

*As jy verdwaal het of net oor die algemeen nie 'n idee het wat jy in 'n kar soek of waarheen jy op pad is nie, skakel aan jou AH en ry 12km /h in enige spoed zone terwyl jy of 1) Op jou selfoon praat om die tyd te verwyl of

2) verward ronkyk om te sien of daar nie iets is wat bekend lyk nie.

*As jy 'n U draai wil maak voor besige verkeer of op onmoontlike plekke: No Problem, sit aan die AH en draai net waneer jy wil Hazards het magiese kragte ook en gaan keer dat die verkeer jou wonderbaarlik nie gaan stamp nie.

*Moet jy gou 'n sms stuur aan jou maatjie terwyl jy in die lastige spistverkeer ry? sit aan jou AH en sms na hartelus ,moenie bekommerd wees as jou kar oor 4 lane strompel soos 'n dronk bergie nie, AH is magies onthou jy!

* Met AH is parkeer probleme iets van die verlede, sit dit aan en stop net waar jy wil, in die vinnige verkeer laan, voor die winkels, op ambulanse se staanplek,dwars in die pad voor 'n stopstraat. Die kragte van AH om vir jou stilhou en parkeerplek te kry is feitlik onbeperk.

*Nie eens parallel parkeer is vir AH te veel nie, skakel een voudig aan en parralel parkeer in 30 bewegings of meer terwyl verkeer 5 blokke vêr ophoop, almal weet mos hoe werk AH

* Met AH kan jy morsdood stop in die middel van die pad (100 tot 0 in 5 sekondes) om passasiers op of af te laai. Anywhere anytime!

Ag ek kan aangaan maar ek is bang julle word jaloers, so volgende keer as julle in die goed gereguleerde verkeer ry binne die spoedgrens en sukkel om te draai, stop, sms met vriende gesels ens. onthou ons hier in Afrika het AH en kan maak net soos ons wil!

Link to comment
Share on other sites

Lekker gelag. Ons moet maar die humor in alles sien - maak dit meer draaglik.

Link to comment
Share on other sites

Hier in Aus is ook hazards oppie karre. Mense gebruik dit slegs as hulle kar gebreek het langs die pad, of in 'n noodsituasie. Kan jy glo? What a waste...

Link to comment
Share on other sites

Hi Guys

Being from Durban by the sea....my Afrikaans is well....baie sleg. But hell you guys give me a good laugh when I read your stories. Somehow it doesnt sound the same in English.

Keep the stories coming.

Rooinek

Link to comment
Share on other sites

hahahaaaaaaaaaa Kapoen

Ja ons sal maar die klomp Aussies moet jaloers maak op iets!!

moet ook nie vergeet van die lekker groot invisible sign op jou kar wat outomaties aangaan by 'n besige robot om elke jan rap en sy maat nader te lok om artikels aan jou te verkoop wat a) jy glad nie nodig het nie nie, :ilikeit: tien teen een nie werk nie c) heel waarskynlik uit jou beste pêl se huis "geleen" is nie en d) jy net nie kan "weerstaan" nie want net nou word jou ruit stukkend geslaan.....

lekker!!

Marlese

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...