Jump to content

Stotterwors en Crap Crooksaders


Biltongboer

Recommended Posts

So tussen al die laaste pakkery deur ontdek ek my boks vol goed wat ek wil verkwansel aan Cash Crusaders. Ek laai alles in my Camry se groot boot, en daar gaat ek. Stop daar, die man kom kyk. Hy is vol nonsens, man. “Nee, ons het van daai, en dit verkoop nie, en dies te klein en daai’s te groot…â€

$%^&!

Ek is later so kwaad vir die man. Hy wil my R50 gee vir ‘n computer screen wat maklik nog R300 kan werd wees.

Maar nou het die screen se connectortjie beitjie roes op – wat jy maklik met gewone spuitolie sal afkry, maar ek het nie nou tyd vir dit nie. “Neeeeeeâ€, sê die Expert, “daai roes gaan maak dat die ding short en dan blaas hy die rekenaar.†Ek verduidelik vir hom maar de roes is dan op die grond-konneksie gedeelte – waantoe moet hy short? “Neeee, dit het al gebeur, met my eie oë gesienâ€, sweer die man daar vir my.

Ek sê toe vir hom hy kan maar sy stories vir iemand anders spin, ek gee eerder die ding weg as wat ek sy liegstories staan en luister. Blerrie crook.

Die plek se naam is eintlik Crap Crusaders. Moenie probeer om iets aan hulle te verkoop nie. Gee dit liewer vir die tuinboy. Hy sal ten minste dankbaar wees vir enige ding, en nie moan en kla oor ‘n bietjie roes nie. Dis vandag se tip vir Comsumer Watch.

Ek bel toe my ou ex-kollega Marcel, en vra of hy die goed wil he. Daar is duisende rande se ligskakelaars, muurproppe, elektriese kabels, alles wat enige elektriese kontrakteur aan die huil sal maak as ek dit vir hom gee. Ek sê vir hom hy kan maar vat. Hy voel so bly, hy dring aan om met sy baas te praat – miskien kry ek nog ‘n ou ietsie vir die goeters.

Stotterwors het vandag laat waai met die bokse en die geskenkpapier. Hierdie ouens het seker by die Noordpool in Vader Krismis se workshop gewerk - wraggies, hulle operate hoor. Daai hele huis is in bokse, kompleet met groen geskenkpapiertjies toegedraai - ongelooflik. More verpak hulle die laaste paar groot goeters, en dan gooi hulle alles in die container.

My kinders gaan wraggies dink dis Krismis as daai ding eendag in Perth afgelaai word. En ek ook – my ogies gaan skoon nat raak as ek weer al my toolbokse, die rekenaar en my TV daar uitpak.

Kannie wag nie…

Link to comment
Share on other sites

Hi Biltongboer

Dit is waar wat jy se, die tuinboy sal meer dankbaar wees.

Baie sterkte vir julle vorentoe.

Marius en Euneze

Link to comment
Share on other sites

Ja, die kinders sal dink dis Kersfees as hulle al hulle goedjies weer sien!!

Geniet julle tyd in die Kaap en probeer ontspan daar - ek weet dit is amper onmoontlik.

Seeya

Sue

Link to comment
Share on other sites

Voorspoed! Hoe wens ek nie ek was al sover nie!

Lucky duck

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...