Jump to content

Stress


Biltongboer

Recommended Posts

Vir die ouens wat dink dis stressvol om te sit en wag vir ‘n joboffer of ‘n visa, ek het nuus vir julle:

Wag tot daai 457 visa goedgekeur is, na jy die joboffer gekry het en die kontrakte geteken het. Hierdie gereëlery met containers en vliegkaartjies, die verkoop van jou huis, jou karre, reëlings om jou eie geld saam met jou te vat. Glo my, dis stress wat ek nie kan verduidelik nie.

As ek iemand kan raad gee wat nog aan die begin van die proses is: verkoop jou huis en al jou karre nou al. Raak van al jou onnodige gemors ontslae. Huur ‘n huis, behalwe as jy van plan is om jou huis hier in Afrika te behou en uit te huur. Andersinds, huur alles: huise, karre, alles wat jy kan, en gooi weg jou ou gemors. Maak dit nou al so maklik as moontlik vir jouself om jou wortels hier uit te trek en pad te vat.

Hierdie laaste maand hier in Nam is uiters senutergend. Ek en die vrou baklei lekker, allerhande nonsens moet heeltyd gereël en bespreek word.

Almal begin groet ons – orals word afskeide gereël. Dis nou die prys wat ek betaal vir gewildheid, ne? Die skool se rugby-spannetjie het afskeid gehou. My seun se klas het vir hom ‘n afskeidspartytjie gehou. Vriende begin reël allerhande afskeide, elke naweek is vol geboek. Al die tyd wat ek gedog het ek gaan gebruik om my garage leeg te maak, word opgevat deur afskeidparties.

En mens wil darem ook nie padgee sonder om cheers te sê nie. Skielik onthou ek goed van jare terug, ouens wat ek nog wil groet voor ek gaan, en so aan. Goed wat jy vir mense wil sê wat jy in die laaste 20 jaar nog nie kon sê nie. Mens raak sommer moeg as jy dink aan alles. Ek het eintlik gehoop my nuwe Baas down under dwing my om oornag op ‘n vliegtuig te klim en net te begin werk, want dan het ek nie al hierdie stress oor so lang tyd gehad nie.

En dans daar nog die stress van mense wat jou groet, maar eintlik kwaad is vir jou omdat jy weggaan. Elke keer as ons braai by ‘n afskeid, vra een of ander dom aap of mens dan skaaptjops en beesvleis ook in Australia kry – daars mos nie vleis nie? En sal my kinders moet Ingils praat in die skool?

Hoe stupid kan mens wees? En dan moet ek my geduld-pakkie weer afstof en maak asof dit die eerste keer is wat die stupid vraag na my rigting kom, en ek glad nie ge-irriteer word daardeur nie.

Een ou by die werk noem ny sommer reguit ‘n blerrie verraaier. Ek smile maar net en sê “ehts roit mateâ€. Almal wil weet of ek nog vir die Bokke gaan cheer as ek daar is. Wat de hel maak dit saak? Ek weet nog self nie wat ek gaan doen nie, mens gooi nie al jou lojaiteite oornag by die venster uit nie, al dink jy die nuwe coach is pateties en hoort nie daar nie.

Dit gaan nie moeilik wees om skielik vir ‘n krieketspan te cheer wat al drie keer die World Cup gevat het nie. Maar ou Kallis en die manne is darem nog na aan die hart. As al die ou manne eers uit is, en al die ouens soos Ricky Ponting en Shane Warne is weg, sal ek seker ‘n Ozzie supporter kan word. Maar vir nou is dit soos om skielik vir Swapo te cheer nadat ek geleer het hoe om die goed met my R4 vrek te skiet – blerrie moeilik om skielik die vyand jou pel te maak. Dis darem nie heeltemal dieselfde nie, maar steeds – al hierdie goed druk emosies hier by jou hart rond en jy raak moeg vir al die rou wonde.

Ek kom nou eers agter hoe local die mense in ons land dink. Ons lag vir Amerikaners wat nie op ‘n wereldkaart kan wys waar is Amerika nie, maar ons is maar net so blerrie stupid. Ek dink dit kom nog uit daai Apartheidsdae toe ons so ge-isoleer is van die res van die wereld. Mense ken net dit wat hier is en wat hulle op TV sien. En hulle is bang vir enigiets wat daarbuite is, wat dalkies hulle comfort-zones gaan omkrap.

Die stress eet aan ‘n mens. Jy is besig om alles wat jy het, en is, in ‘n groot wasmasjien te gooi en te tumbledry. Jou kop en jou voete hol heeltyd hier by mekaar verby. Daar is ‘n rede hoekom jy hier weggaan. Maar daar is so baie goed wat jy ken hier, die goed wat jou tot nou toe nog hier gehou het. En jy moet jouself nou losskeur van alles. Hoewel jy al lankal die besluit geneem het om dit te doen, is die praktiese uitvoering daarvan ‘n heel ander saak.

Ek word in die oggend vieruur wakker – dans my oë wawyd oop en ek kan nie verder slaap nie. Dan dink ek aan al die nonsens wat ek moet klaarkry. En more-aand dan word ek weer wakker oor dieselle goed, want ek het nog niks verder gekom nie.

My dogtertjie skryf briefies aan al haar maatjies by die skool, en vir die juffrouens. My vrou wys die goed vir my. In een briefie sê sy duidelik – “dit was nie my keuse nie, maar ek moet weggaanâ€. My hart breek in duisend stukkies oor my agtjarige dogtertjie wat nie kan verstaan hoekom Pappa haar wegvat van haar beste maatjies af nie. Sy wil nie gaan nie.

Emigrasie is nie vir sissies nie.

Edited by Biltongboer
Link to comment
Share on other sites

Vasbyt, BB, it is a tough time, but you will get through it and in a few years time you will look back and say boy, we got through it all and here we are.

Sterkte, Jill

Link to comment
Share on other sites

Emigrasie is nie vir sissies nie.

Dit is nog meer so die eerste jaar of twee aan die anderkant. Dit hang af van mens tot mens. 'n Ou moet maar duer druk, dis al.

Link to comment
Share on other sites

Dit was vir ons presies so - te min tyd en te veel goed, en die emosies wat skielik oorneem.

Baie sterkte en onthou dit sal vinnig verby wees!

Sue

Link to comment
Share on other sites

Hey BB

I am glad I am not the only one going through this. It has been chaotic since our 457 was approved. The motions are unbearable at times and I often wonder "What the hell am I doing?" I leave on 28 August and I am as nervous as anything, the unknown is very scary!!

Vasbyt!

Alan

Link to comment
Share on other sites

Dankie BB ek pleit skuldig, ek is een van die wat elke dag nag oor die bleddie 457 nog nie goedgekeur is nie. Wat nie kan verstaan hoekom dit so lank vat nie. Wat iemand wil aanrand as hulle my vra nou wanneer gaan julle weg eintlik gedink julle is al weg.

Miskien is dit tyd om bietjie terug te sit en oor jou lang brief te besin, en te besef hierdie weg ganery is niks teenoor die laaste maand wat jy alles en nog wat moet afhandel, verkoop, weggee, op pak en groet nie.

Ek het basies nog niks gedoen nie, weier tot die visa approval deurkom. Nou begin paniek so bietjie kop wys na jou brief. Miskein is dit nou die tyd om my vinger uit my G%^ te trek en te begin doen wat ek alles op my lysie het vir die dag as die approval deurkom. Dalk net dalk is die paniek dan die laaste maand so tritseltjie minder.

Baie dankie skielik draai die ratte in my kop nog vinniger, vannaand oor n lekker red heart en coke sal ek besin en my plan van aksie in werking stel.

Groete en alle voorspoed

Rene

Link to comment
Share on other sites

Jy som dit baie goed op BB. Ons container word gepak vandag oor 2 weke. Die dae en weke gaan verby in 'n "blur". Maar een ding weet ek. Ons is op daai vliegtuig oor 3 weke. Nou is dit net vorentoe! Al moet ons ook met 'n swartsak in die hand nog tasse gaan koop op die lughawe soos 'n mede-forumiet. Al moet ons, ons goed in kartoondose op die vliegtuig laai.

Het gister vir my 3 Afrikaanse CD's gekoop oor Kalahari.net. Ek weet as ek hulle gaan luister daar in die vreemde gaan ek skaamteloos tjank. Ek ken mense wat reeds oor is. Party boer net vooruit en is so gelukkig soos 'n vark in Palestina, maar ander kry 'n veraf uitdrukking in hulle oe as hulle oor daardie eers paar jaar praat. Ek weet nog nie of ek die ding reg aanpak nie. Het oor die naweek vir my 'n skildery gekoop van 2 koedoes by 'n watergat. Elke keer as ek na dit kyk trek my hart op so 'n punt en wonder ek of ek nie maar net my Afrika wortels moes afgekap het nie. Het vir die eerste en laaste keer gaan fliek by Menlyn se inry. Snaaks hoe spesiaal dinge begin raak net omdat jy weet jy gaan dit nooit weer sien nie of die kans kry nie. Die ding is 'n "mindset". Ek probeer nog die een kry wat gemaklik pas.

Link to comment
Share on other sites

Haai BB, vasbyt man, dis nou nie meer lank nie, ons is 6 weke hier en dit gaan sommer van dag een af baie beter, en ek hoop dit gaan net so goed met julle.

Se vir daai dogtertjie van jou, my dogertjie wat ook 8 is, het sommer vinnig nuwe maatjies gemaak, en is baie gelukkig in Aus en sy wil nie weer teruggaan SA toe nie, behalwe om vir Oupa en Ouma te kuier.

Sterkte,

Jeanne

Link to comment
Share on other sites

Thanks for all the honesty and information, I have never been an emotional person but find myself tearing up at silly things on a regular basis at the moment. My registration with the nurses board was approved to today and it brought tears and smiles simultaneously. My 5 year old keeps getting this sad look on her face and says she is sad about going to Australia and that is quite difficult to watch and how do you explain it all to a 5 year old? We have told her we are going on a big family adventure but she wants her animals and family. I will be lodging my 457 visa in the next few days and my husband and I were talking about putting the house on the market and the timing. I will show him BB's post as soon as he gets home. All the best to everyone in the final stages of going and thanks for the encouragement from those already there, we are about to really start our rollercoaster ride.

Susan

Link to comment
Share on other sites

Sjoe as ek so al die stories lees, dan hol my gevoelens weg met my. Ek wens net ek was al so ver gevorder soos baie van julle. My man wil maak soos jy gesê het BB. Hy wil nou al die huis in die mark sit en van al die gemors ontslae raak. Ek weet dit is seker die regte ding om te doen, maar ai, dis so moeilik. Ek is so bang ons kry nie werk daar anderkant nie, en dan het ek my huis verkoop en ek wil nie nou al vir ou Boela weg gee nie. Dit sal my hart breek. Soms raak ek so moedeloos, dit maak dat ek nie weet of ek wil lag of huil nie. Julle wag darem al vir julle visa. Ek kan nog nie eers aansoek doen vir een nie, want die job offer moet eers kom.

Charmaine

Link to comment
Share on other sites

Hi BB

Sjoe, ek ken al die emosies wat jy beskryf het, glo my. Ek het nog nooit in my lewe emosies so intens beleef soos die laaste maand in SA nie en ook nie op die vliegtuig nie. Die oomblik toe ons hier land toe voel dit of 'n berg nee, sommer 'n hele bergreeks, soos die Kommas Hochland, of Drakensberge van my rug af is. Ek ontspan elke dag, f of ek werk of visvang.

Dalk is ek nog nie lank genoeg hier om die "realiteite" in te sien nie. Ek geniet nog Oz. Een ding is seker. Of dit nou lekker, sleg, maklik of moeilik gaan wees , hier bly ek. Ek is elke dag meer en meer as 100% oortuig ek het die regte ding gedoen. Jy sal sien as jy eers hier is.

Ek het gereeld op 'n punt gekom daardie laaste maand in SA dat ek net alles wou los, so paar riemies klere vat en vlieg!!! Die volgende huisbewoner kan maar self sien wat hy met my "leftovers" gaan maak.

Sterkte vir die chaos van die laaste maand, laat die rus en vrede wat die kant vir jou wag jou bemoedig.

Martin

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...