Jump to content

'n Posbus om te leen asseblief?


miran

Recommended Posts

Ek en my man kom van die 2de tot die 15de September Australie toe. Ons land in Perth, en vlieg die 4de na Adelaide. Ons wil al die nodige dokumente om werk te kom soek, saambring nl. CV's, "trade assessment applications" ens. Dis blykbaar die vinnigste manier om gedeporteer te word as doeane hierdie tipe dokumente in jou bagasie vind.

Ons wil baie graag weet of iemand asseblief vir ons hulle posadres sal "leen" om die koevert soontoe te pos. Ons sal julle stix vir koffie en gratis skindernuus uit Suid Afrika..... wanneer ons dit kom afhaal.

Groot asseblief

Marinda

Link to comment
Share on other sites

Marinda

Die maklikste is om vir jou 'n "gmail" rekening oop te maak. Scan al jou dokumentasie en stoor dit op gmail. As jy hier kom, kry toegang tot die internet by 'n internet plek of biblioteek. Print dit en jy het dit veilig by jou. Op die wyse het jy geen dokumentasie by jou waarop hulle jou kan vastrek nie. Dit is ook baie veilig. Mail dit net eenvoudig na jou adres toe.

Sterkte

L'mari

Link to comment
Share on other sites

Of sit die dokumente en scans op 'n CD of memory stick. Hulle sal nie daarvoor soek nie. In elk geval is doeane net verdag as julle met

'n one-way kaartjie inkom en nie genoegsame geld het vir julle periode van verblyf nie. Wees liefs versigtig.

Link to comment
Share on other sites

Ons het die CV's op flashdisk, maar vir my man se trade assessment soek hulle "certified copies" van sy sertifikate ens. en ons is nie seker of hulle dit gaan aanvaar as dit "printouts" is nie. Het julle assessments so deurgegaan? Ons wou oorspronklik als saam met die $300 draft/money order deur koerier het, maar ons bly in Moorreesburg (baie klein dorpie...) en nadat ons al die derde keer moes deurry Paarl toe was die bank nog steeds vol nonsens (die "draft" moet eers 2 weke reserwe bank toe......, hulle soek bewys waarvoor die $300 is.... my hemel! Dit het mos niks met hulle te doen nie. Ons wou net R oorsit na $. Dis nie asof ons geld wil leen nie!!! Toe besluit ons, ons pos dit maar vooruit, en gaan gee dit persoonlik in met $300 kontant.

Dankie julle, ons kan nie wag om in Australie te wees nie!

Marinda

Link to comment
Share on other sites

Hi Marinda

Miskien moet jy net noem waar in Perth gaan julle die 2 dae bly, dit sal dit dalk makliker maak. Help nie jy pos dit aan iemand Noord en julle gaan Suid wees nie.

Link to comment
Share on other sites

Hi

We have flown to OZ many times with all kinds of documents, they only ever checked for food/fruit. They have never been interested in any documents. I would just put the documents in my hand luggage so that it doesn't get lost. Then you also don't have to run around Perth looking for your documents.

Has anyone on the forum ever been hassled about documents?

D

Link to comment
Share on other sites

There is a program on Channel 7 called "Border Security"

I've seen many people's Visa's cancelled because of all these kind of forms.

Link to comment
Share on other sites

Hi

Soos Bloubul gese het, Border security wys gereeld van mense wat uitgevang word met "werksoek dokumente" in hulle tasse. Dit sal 'n groot risiko wees om die dokumente saam met julle in te bring, ek veronderstel dat julle op 'n vakansie visa oorkom. Die minuut wanneer jou bagasie deur die scans gaan sal hulle dit op tel en dan gaan jy alle hel he om te verduidelik. Indien hulle bevind dat jy "op vakansie" ingekom het met die eintlike doel om te kom werk soek, kan hulle jou terugstuur SA toe en vir 'n tydperk van 3 jaar verbied om 'n visa te kry vir OZ.

Julle beste opsie sal wees om die dokumente aan iemand in Perth te pos of selfs die hotel waar julle gaan bly as julle klaar bespreek het. En omdat gesertifiseerde afskrifte nodig is sal jy dit nie op 'n cd of 'n flashdisk kan sit nie. EK is ongelukkig in Kalgoorlie (so 600 km van Perth) anders sou ek met plesier dat julle dit na my toe pos.Ek hoop julle kom reg.

Wilma

Link to comment
Share on other sites

Baie dankie vir julle gasvryheid met die posbusse. Ons gaan sommer Enrica s'n gebruik. Ek waardeer dit regtig dat julle gereageer het. Ons gaan die 2de Sep. land en sommer 'n slaapplek suid van die rivier in die rigting van die dieretuin soek. Omdat dit buite seisoen is, het B&B's ens. ons verseker dat vooruit bespreking nie nodig is nie. Woensdag wil ek beslis die dieretuin besoek en my man 'n Printing Company of twee. Wil iemand dalk 'n date maak vir 'n kuiertjie Woensdagaand? Noem die plek (goedkoop asb) en tyd en ons ontmoet julle daar.

Marinda

Link to comment
Share on other sites

Hi

We have flown to OZ many times with all kinds of documents, they only ever checked for food/fruit. They have never been interested in any documents. I would just put the documents in my hand luggage so that it doesn't get lost. Then you also don't have to run around Perth looking for your documents.

Has anyone on the forum ever been hassled about documents?

D

I have done the same thing a few times, even told the person at the airport once what I was doing. I guess I should count my blessings. :D

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...