Jump to content

Corne: Ons ook!


Corne

Recommended Posts

hello almal!

ons bly nou al 2 en 'n bietjie maande in sydney en gister toe ek die site ontdek het het ek sommer baie meer wekom gevoel!

ek het hardop gelag vir party van die stories. dit was so lekker om agter te kom dat my ervarings gedeel word deur die res van julle!

ek (corne') en my man (karel) het die 4de julie hier geland.

ek is 'n arbeidsterapeut en hy is 'n ingeneur (kon nog nooit onthou hoe om dit te spel nie) :)

sy familie bly die hele australie vol en myse sit nog in suid afrika en london. maar ons werk met 'n plan.

ons het nog nie kinders nie maar sal nou daaraan begin dink omdat dinge veiliger is. ons dink daaraan om 'n hondjie te kry want karel werk baie keer weg van die huis af en dan is dinge rerig lonely!! so as iemand weet waar ons 'n oulike 13 inch beagle puppy kan koop kan julle maar se!

wel soos die slim mense se, ek kan nou al 'n potplant aan die lewe hou, nou moet ek eers 'n hondjie kry en daarna kan ons met kinders begin ne!? :unsure:

ek moet donderdag my NSW lisensie gaan doen so ek sien bitter min daarna uit! eish!

wel, dis dit vir nou

wou net laat weet het, ons is ook nou hier!

corne' en karel

Link to comment
Share on other sites

Guest Sunshine Sister

Hi Corne,

Welkom in Australië en natuurlik in Sydney ! Ons is presies ewe lank hier, ek en jy, en dus het ons moontlik HEELWAT in gemeen. Ek hoop jy gaan dit sommer baie hier geniet, by ons forum en in Oz. Baie welkom en ek sien uit daarna om baie meer van jou te hoor !! In watter gedeelte van Sydney is julle en van watter deel van Joburg kom jy ?

Liefde

SS

:)

Link to comment
Share on other sites

hi!

dit voel of ek jou al bietjie ken deur al my geleesery!

ek het in pta groot geword en vir toe getrek na benoni agv werk en vir 3 jaar daar gebly voor ons die groot skuif gemaak het. (jhb was goeie motivering!!) :)

ons bly nou in glenhaven in 'n townhouse en geniet elke oomblik van die rustige area!

ek moet nog myself party dae knyp om te glo dat ons regtig hier is! dis 'n ander wereld. die pappagaaie in die bome is net super ongelooflik! eks mal daaroor! :unsure:

ek wens net ek kan almal vir wie ek lief is hierheen "beam"

tot later

Link to comment
Share on other sites

Hi daar

Welkom!! Ons is nou 5 maande al in aus en die tyd gaan so vinnig verby. Ons het ook nog nie kinders, maar wel 2 honde kinders.

Ek self is so lief vir Beagles dis nie eers waar nie. My tweetjies is in kwarentyn op die oomblik en kom huis binne 6 weke. Kan nie meer wag nie. Dit lyk vir my of Beagles net so skaars is soos in SA, so jy gaan maar net die koerante moet dophou. Het jy al voorheen 'n beagle gehad? Gewoonlik weet mens nie watter size die puppies gaan word tot hulle eendag volgroeid is nie en dis nie nood wendig as ma en pa 13inch is dat kleintjies ook gaan wees nie. Ek weet ook nog nie regtig of ek die 13 of 15 inch het nie. Sal maar moet meet as die twee huis toe kom.

Beagle is die mees loveable honde wat daar is en daar is geen puppy mooier as 'n beagle puppy nie. :) Hulle temperament is tops!

Hoop jy geniet die forum!

Groete uit Cairns

x

Link to comment
Share on other sites

Guest Sunshine Sister

Hey,

GLENHAVEN !!! :) Dan bly ek en jy letterlik 'n klipgooi van mekaar af !! How cool is that !! Riekie, Ajay, Carlin, sa2auz, Sassy, Mev. Massyn, Helga, zana, dalk tyd vir 'n koffie'tjie met Corne daarby ? Ons container het afgelope naweek aangekom, so ek pak uit, ma' as julle vir my wil wag doen ons dit by my huis ? Of weer by die Flower Power ?

Ja, ek kan imagine dat Joburg 'n goeie motiveerder kan wees, veral soos dit nou daar gaan ! :whome: Dis nie die plek wat ek 8 jaar gelede agtergelos het nie.

Chat gou weer.

Liefde

SS

:unsure:

Link to comment
Share on other sites

Hi Dedrei!

nee, ekt nog nie 'n beagle gehad nie. maar ek het gaan oplees oor hulle persoonlikheid en hulle klink net vreeslik oulik!!

sjoe, jy kan seker nie meer wag vir joune om uit kwarentyn te kom nie! ek kan net imagine hoe bly hulle gaan wees om jou te sien!

dankie vir die raad oor die grootes, ekt dit nie geweet nie. sal maar aanhou soek vir puppies!

lekker dag

corne

SS

hoe cool is dit nie! eks so bly ek het die site ontdek! kan nie glo hier is so baie suid afrikaners so naby nie!

ons container is nog oppad so ons huisie is maar pretty leeg! ek kan net myself indink hoe lekker dit was om al die goed te kry! ek sien baie uit dat ons sin moet kom. ek mis my stuff!

laat weet my van daai koffie, my ore is gespits!

corne

Link to comment
Share on other sites

Hi Cornè

Ek gee vir jou 'n email adres van 'n vriendin van my, sy is dierbaar en het begin Augustus na Australie geimmigreer saam met haar man. Een van haar grootste bekommernisse was dat sy nie 'n vriendin in Sydney gaan he nie - so, hoe lyk dit, is jy nie dalk lus om haar op te soek nie.??

Hulle bly in Coppecabana, maar haar man werk in Sydney. Email haar gerus en wie weet, dalk is die begin van 'n goeie vriendskap??

magda@spacexplorer.co.za

Groete

Tania

Link to comment
Share on other sites

Een van haar grootste bekommernisse was dat sy nie 'n vriendin in Sydney gaan he nie - so, hoe lyk dit, is jy nie dalk lus om haar op te soek nie.??

Hi Tania, gee asb vir jou vriendin hierdie webadres - sy sal HOPE vriendinne hê! Ons is al 'n baie lekker klomp wat gereeld onderling bymekaar kom en sy is MEER as welkom om ons te join! :) (Ons kan al amper op een kuier 'n hele kaaskoek alleen opeet...... :) )

Link to comment
Share on other sites

Hi Tania, gee asb vir jou vriendin hierdie webadres - sy sal HOPE vriendinne hê! Ons is al 'n baie lekker klomp wat gereeld onderling bymekaar kom en sy is MEER as welkom om ons te join! :) (Ons kan al amper op een kuier 'n hele kaaskoek alleen opeet...... :) )

Mmm, yum-yum - dit klink lekker! Gaan beslis vir haar die website aanbeveel sodat sy dadelik kan inskakel. Dankie!

Groete

Tania

Link to comment
Share on other sites

hi tania

ek voel geeerd! en sal haar sommer nou e-mail.

ek het maar met daai selfde vrese hierheen gekom en sal dit geniet om 'n lekker goeie vriendin te maak!

dankie :rolleyes:

beplan jy om ook op 'n stadium te immigreer?

corne'

Link to comment
Share on other sites

  • 2 weeks later...

Hi My name is David Brown, just transferred to Newcastle, NSW. I have been here for 8 weeks now and waiting for my wife to join me once our furniture arrives. Good luck to you all with your move away from South Africa and I hope you enjoy Australia. Thus far I am enjoying the welcome atmosphere and friendliness of the people both at work and socially, having not even visited Australia before taking the plunge to come this side on a company sponsored 5 year tempory working visa.

Link to comment
Share on other sites

Hi David!

I must say I’m really enjoying the friendliness and openness as well! Newcastle and sydney is not that far from each other and my husband has company fuel :ilikeit: so we must meet up when your wife arrives! We’re also waiting for our container…. It’ll be here in a few days and I cant wait!!

It must be hard being here alone?? Good luck with that!

Chat again soon

Corne’

Link to comment
Share on other sites

Hi Corne

Welcome to Australia. I'm a physiotherapist but we live in Perth. All the best with your exam. I hope you ace it!

Y

Link to comment
Share on other sites

Ons is al 'n baie lekker klomp wat gereeld onderling bymekaar kom en sy is MEER as welkom om ons te join! :ilikeit: (Ons kan al amper op een kuier 'n hele kaaskoek alleen opeet...... :ilikeit: )

Haai julle my hart lê in skerwe, :cry: soos 'n delikate glas ornament wat hom m0&r toe geval het.... :cry: snik, snik...ek is dan mal oor kaaskoek ...snik snik :cry: snik.....en julle eet en kuier so lekker...snik snik...sonder my.....Ag okay ek weet ek bly te ver weg maar jissie julle kan maar vir my ook geinvite het...dis mos die idee wat tel :blush::P

Jissie ek is mal oor Perth maar wens party dae ek was nader aan julle net sodat ek ook kan lekker kuier saam my maatjies. :D:P Geniet dit!!!

Lindy-Lee

;)

Link to comment
Share on other sites

Hi Corne

I've been very slack on the forum recently - so I never welcomed you - humblest apologies :whome: But, as they say, better late than never. I also live in the same area as SS, Riekie and the gang, so it would be great to organise another get together for us all to meet up. Welcome from me meantime though :angry:

Love Ajay

Hi David

I've heard Newcastle is lovely -- and probably mcuh quieter than out manic city life here in the 'burbs :whome: Welcome to the forum. Bet you can't wait to have all your things around you again and start settling in. Hope it all goes well!

Love Ajay

Link to comment
Share on other sites

hi L-L

moenie so huil nie,,, jy gaan al perth se tissues opgebruik :whome:

as perth nie so ver was nie sou ek vir jou 'n stuk kaaskoek gepos het! het juis nou die dag sulke lekker chocolate kaaskoek geeet :whome:

tara

corne'

Link to comment
Share on other sites

Hi Corné,

Dit lyk darem of jy lekker bly daar tussen die ander klomp in die "verre-ooste" van Aus. :thumbdown: Moet net nie te veel kaaskoek eet nie, (en nog daaroor spog ook) jy maak ons jaloers :D .

Lindy-Lee, nee kyk jong, hierdie ding raak nou erg. Ons moet bymekaar uitkom, en dan bak ons sulke lekker groot kaaskoeke en eet dit alles self op.... :huh: Ek is net so mal daaroor.

Groetnis,

Dreamy

Link to comment
Share on other sites

hi ajay

dankie vir die welkom heet :blush: dit sal lekker wees om almal te ontmoet!!

dis heerlik om te weet hier is nog SA-ners naby!

:ilikeit:

hi dreamy

aai ek spog so oor die kaaskoek en vandag kom ek agter my broek sit bietjie stywer as laaskeer :holy: so ek sal maar minder kaaskoek moet eet!!

miskien moet ek nou fokus op wortels en seldery stokkies ;)

tara

corne'

Link to comment
Share on other sites

aai ek spog so oor die kaaskoek en vandag kom ek agter my broek sit bietjie stywer as laaskeer :ilikeit: so ek sal maar minder kaaskoek moet eet!!

miskien moet ek nou fokus op wortels en seldery stokkies :blush:

Dis jou verdiende loon! ;) Seker nie nou die tyd om vir jou te sê ek bak die beste wortelkoek in die wêreld nie? Seker hoekom al my klere so styf sit, en daar gaan blameer ek toe nou al die tyd hierdie "Australiese tuimeldroërs" wat die klere so vreeslik laat krimp. :holy::lol:

Groetnis,

Dreamy

Link to comment
Share on other sites

en daar gaan blameer ek toe nou al die tyd hierdie "Australiese tuimeldroërs" wat die klere so vreeslik laat krimp. :lol::)

Groetnis,

Dreamy

Nou wat kan ek sê...ek het nie 'n tuimeldroeer nie :cry:

I am not over weight...I am voluptous...I have curves on places where other women don't have places!!! :blush::ilikeit::holy: Okay so that's what I tel myself. :lol:

Dreamy en ons moet fotos neem om die ander daar in Sydney lekker jaloers te maak. EN ons deel 'n hele kaaskoek net tussen ons 2...nie 'n hele "gang" nie ;)

Lindy-Lee

:lol:

Link to comment
Share on other sites

Lindy-Lee,

Ten minste het jy nog 'n verskoning vir die plekke en kurwes :ilikeit: Maar toe maar, ons sal hulle kry né!

Skies Corné, daar steel ons jou hele thread.... maar dis jou skuld, jy't begin met die kaaskoek. Mmmm, water my mond al weer. Laat ek gaan soek vir 'n sellerystokkie om aan te kou :holy:

Groetnis,

Dreamy

Link to comment
Share on other sites

hihihi dis goed om te hoor eks nie die enigste een wat met die nuwe kurwes struggle nie!! dink julle ons moet die toekomstige auzzies waarsku oor wat "the good life" aan die figuur doen? :ilikeit:

corne'

Link to comment
Share on other sites

Corne

ons kan dalk nie sê ons is in Australia gebore nie....maar ons het GROOT geword hier :holy:

Koeksisters Rule!!!! (en al die ander lekker vet maak dinge :ilikeit: )

Lindy-Lee

;)

Link to comment
Share on other sites

Jissie ek is mal oor Perth maar wens party dae ek was nader aan julle net sodat ek ook kan lekker kuier saam my maatjies. ;):holy: Geniet dit!!!

Lindy-Lee

:ilikeit:

My sentiments exactly - you guys sound such a cool bunch that side - wish I was there too... (as much as I love Perth too!) :blush:

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...