Jump to content

Aag sommer net sommer


5vannemerwea

Recommended Posts

Dit is weer so dag, daardie dae wat 'n mens mos sommer so kan sit en verlang. Sommer net verlang. Dalk nie iemand wat jy nie eens ken nie, dalk geken het of dalk nog gaan ontmoed eendag, of dalk nie. Julle weet mos, almal ken daardie gevoel. Ons het vandag die gepaste ding gedoen om sulke emosies te verwerk, toemaar so erg is dit darem nie.

Ons is seker so teen 10:00 uit Canberra uit, net toe die sneeuvlokkies so saam met die reendruppels begin neerdaal. Toe vat ek my goed en skededdel. Die gebore Suidwester hou nie van sulke koulike dinge nie. Dit byt waar ek nie gebyt wil wees nie. Dan moet jy opstop dat jy soos 'n Oros mannetjie lyk en voel. Steek dan jou neus of vingers uit en hulle is op die oomblik gevries. Nee, nee, gee my eerder warmer plekke. Ek hou nie van die gevoel van koudkry nie. Nilo en Queenslandgirl, soek vir my 'n plekkie daar in julle geweste, so hoekie in die son. Ons het darem goed gery, daar was baie om te sien langs die pad. So baie dat die 300 km ons ses ure geneem het!!!! Lekkerrrrr!!! Nou is die kinders uitgeslaap en die ouers poegaai moeg!!!!! HELP!!!!!!

Ons is die week Canberra toe met 'n missie. Opersaie karsoek. Ek het een tweedehandse handelaar gesien wat en nie deurgeloop het en mee gaan gesels het nie. Dit was vir jou 'n storie hoor. Vroulief en die spruite moet saam, hulle moet mos saam besluit!!! Die ding werk so. Die man doen die finansiele beplanning en begin soek vir wiele wat in die begroting pas. Vrou en kinders moet saam om te help met die besluit. Sodra daar na 'n voertuig wat die gesin se behoefdes kan vervul gekyk word vra die man elkeen se opinie en raad. Elkeen kry sy beurt om sy of haar opinie te lig. Dan besluit die man elkgeval net soos hy goed dink. Ek is mal hieroor.

Daar is baie grys areas in die lewe, baie vrae sonder antwoorde. In die gedagtewereld van die karkoper is daar ook sulke dinge wat opduik. Soms ry jy met 'n voertuig en alles lyk en voel reg. Selfs die verkoopsman lyk eerlik en ordentlik :ph34r: . Jammer verkoopsouens!! Daardie aand in die bed kom jou gedagtes net nie tot rus nie. Iets oor daardie Camry pla jou. Iets is net nie reg nie. Wat dit is kan jy net eenvoudig nie beskryf nie. Iets pla en daardie iets kry nooit regtig 'n naam nie. Daardie iets maak dat daardie verkoopsman een tjorrie minder verkoop daardie maand en daar gaan sy roomyskommissie. Deur die proses was ek kort-kort die laaste week of so. Naderhand voel 'n mens om die eerste en beste vier wiele te koop en klaar te kry maar, die gedagte wil ook nie strook met al jou binnegoed nie.

Dan, op die punt wat die lot op een voertuig geval het en jy jou naels kou todat die aansoek om finasiering of goed of afgekeur word dan sien jy die een. Die een wat jy eintlik van die begin af gesoek het. Hy (sy?) staan daar en roep jou naam. Die ding kyk jou in die oe en se in 'n amper hoorbare stem "Se dit, se jy wil my nie he nie, los my net hier aan my lot oor!" Wat is die belangrikste? Die prys wat jy eindelik vir die ding betaal of die bedrag wat jy afgestry het?

Om 'n laaaang storie korter te maak het ons darem ons karretjie teen 'n goeie prys gekry. Selfs die verkoopsbestuurder was verbaas dat ek hom so baie met die prys kon afstry! Een van die groot stappe om jou voete in Oz te vind, wiele moet 'n mens he. Ek is seker as Paulus in vandag se tye geleef het sou hy gese het 'n mens moet vergenoegd wees met kos, klere om aan te trek en 'n karretjie, al is dit 'n oue. Ek kan nog baie by daardie lysie bysit, visstokke, vierwiel motorfietse, plasma skerms ens, ens. Nou gaan die paters onder ons vir my PM en e-posse stuur!!! Eindelik is ek bly die hele episode is verby.

Vir die van julle wat dink dat karre net aan vrouens groei moet weer dink. Mans is nie die gewetenlose, gevoellose dierasies wat julle dink nie, ons het ook binnedinge. Ons raak ook geheg aan karre, dalk meer as wat julle dink!! Hoe dan nou anders? Jou kar bring jou orals en jy bly in beheer wel, meestal. As alles goed gaan praat hy ook nie terug nie!! Nou kom ek op gevaarlike terrein, Kom ons hanteer die moontlike konflik by wyse van ontwyking en stap van die onderwerp af.

Ons het ook die week ander Saffers in Canberra gaan opsoek, ongelukkig nie by almal uitgekom nie. Jammer Kurkprop. Sal regtig volgende keer werk maak om by julle uit te kom. Dit is so lekker om mede SA'ners hier op te soek en kennis te maak. Mens leer baie by hulle, dit wat ons nog moet leer en aanpak het hulle al afgehandel. Die spul gee 'n mens moed ook. As hulle kon, dan kan ek ook. Dit wat ons ervaar en deurmaak is nie so abnormaal nie.

Ons het op pad huis toe soos gewoonlik die hoofpaaie vermy en al die ompaadjies en mooi paadjies gery. Jong, die Oz is 'n mooi land. Ek wes verstom in die klein dorpies hoe netjies die infrastruktuur daar is. Selfs die fietspaadjies en speelpartjies is tip-top en netjies. Ek wonder hoe sou die liedjie Sproetjies geklink het as hy vandag in SA geskryf was. Geen kinders in die parkies na skool nie. Vandag, kinders doen huiswerk die hele middag lank agter tralies en sekuriteitsheinings en die rowers le in die parke rond. Hier kan die kinders in die baie netjiese parke rustig speel. Die beste is as die maatjies jou kwaad maak dan gaan speel jy in die parkie om die hoek. Dit is verbasend hoe baie parkies hier is vir die grootte van die dorpies. Lekker om te sien.

Lekker plek die. Lekker plek vir kinders.

Martin

Link to comment
Share on other sites

Hey, vergeet die koue, gaan kyk of julle kan ski !! Dankie weer vir 'n heerlike storie !

Link to comment
Share on other sites

Dankie Martin, ek en my man baklei elke dag oor die forum.

Ek soek inligting oor alles en nog wat en hy kyk of jy en BB nie weer n ietsie geskryf het nie. En glo my as daar geskryf is moet ek my maar besig hou tot hy alles klaar gelees het. Ek skuld julle elkeen 'n ietsie lekkers, julle hou sy kop bymekaar so deur ons gewaggery wat net nie wil einde kry nie.

Moet se het al begin nommers soek van spoorsnyers om julle 2 te begin soek, lyk my BB is so besig nou dat hy van ons op die forum vergeet het.

Groete en hopelik sien ons julle een van die dae in Canberra

Rene

Link to comment
Share on other sites

Martin, hier is altyd 'n plekkie in die son vir julle!! Dit is die afgelope rukkie nogal koel in die oggend en aand maar deur die dag kan mens weg kom met 'n langmou T-shirt. Ek hou van Queensland!! Ek hou van Brissie!! Ek is baie bly ons het hier geland!!

Baie geluk met die kar, mog julle 1000e wonderlike moeite vrye kilometers met haar ry.

Ek het dit al vele kere gese maar gaan dit tog nog 'n keer se: Dis baie baie belangrik om die regte "attitude" te he waneer mens immigreer! Net soos julle Martin!! Met die regte attitude gaan julle groot vrugte pluk, ons praat weer oor 'n jaar of wat, julle sal "pleasantly surprised" wees!!

Aan die negtiewe Migreerders: Moenie Australie toe kom en moan moan moan nie!! As jy dit nie laaik nie, gaan terug Suid Afrika toe!! Australie is nie en sal NOOIT Suid Afrika wees nie!! Moet nie vergelyk nie!! Niemand het jou gedwing om Australie toe te kom nie!!

Link to comment
Share on other sites

Goed gese Nilo! soos meeste mense hier weet het ek maar swaargekry met die emosies vir so 2 maande aan die begin, maar nou is dit vir my HEMELS hier in Oz.... Sal nie teruggaan nie.

Jou attitude is soooooo belangrik!!!! As jy negatief is en probleem vind met als in Oz gaan jy swaar trek en nie maklik aanpas nie! Maar as jy besluit jy gaan dit maak werk, sal jy dit maak werk!

Link to comment
Share on other sites

Martin

Dankie weer vir 'n lekker storie en geluk met julle eerste Oz tjorrie, hoop julle sal nog ver paaie kan ry!!!!

Wilma

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...