Jump to content

Tania: Die Ferreira's


Tania

Recommended Posts

Goeidag almal!

Net 'n kort briefie om ons gesin aan jul voor te stel. :D

Hierdie website is uitstekend, ek het myself gister voos gebrowse - het amper elke brief en topic bestudeer en moet sê dat dit baie lekker was om te sien hoe die een na die ander dapper mater laat weet wanneer hulle hul Visa gekry het.

Ek dink die dag wat ons ons VISA kry, gaan ek vir myself SES biere koop, drink laat ek lê en dan die ander VYF in die yskas bêre, vir 'n volgende keer!! :D

Nou ja.. waar begin mens..

My man Heinrich, ek noem hom sommer proffie, is in sy "early thirties" en 'n rekenaar fundi, raak koekoes oor elke nuwe "gadget", meet als wat voorkom en sit dit om in wiskunde formules - vandaar die bynaam proffie. Hy is nou besig met sy RPL vir die ACS, nodeloos om te sê, baie baie deeglik en ek hoop om die aansoek teen 2020 te kan indien. :( Ons agent voorspel nie probleme nie, hy sê dat hy lanklaas 'n deeglike mens soos my man ontmoet het, hie-hie, VIVA PROFFIE!!

Ek is ok in die thirties, werk vir 'n skouerspesialis halfdag en in die middae rits ek my twee kindertjies rond, die een Markus 7jr (klein proffie) - lyk soos sy pa, dink soos sy pa ens. Dan is daar Naomi, ma se kind, leef in haar eie wêreld, raak histeries oor als wat wonderlik is, sy is 5.

Dan is daar Frikkie, my hondekind, 6mnde oud en absoluut "adorable", my hart se punt.

Ons het besluit op Australië omdat die weer en kultuur die naaste aan ons s'n is en ons natuurlik baie goeie dinge gehoor het van mense wat reeds daar bly. Die slegte goed hoor ons van die mense wat hier bly, of wat nie kan gaan nie. Ek dink tog dat ons met 'n redelike oop gemoed hierdie bul by die horings aanpak en beskou dit as 'n avontuur en natuurlik die belangrikste, 'n belegging vir ons kinders. Ek is nie altyd seker of ons (ek en my man) die rerige vrugte gaan pluk nie, vanweë ons raamwerk van verwysing en familie bande, maar ek GLO dat ons kinders gaan, hulle gaan tog groot word in Australië en hulle Memoires daar opbou. Die ander rede hoekom ons die trekpas wil vat, is natuurlik die MISDAAD, ons het sedert Okt/Nov verlede jaar al vyf maal onwelkome "besoekers" gehad en dit raak net te erg!! :ilikeit:

Die detail, hoe om die visa te kry, wat om waar te doen, watse soort visa ens., ken ons baie goed. Inteendeel ek dink oor die visa 136 is daar min dinge wat ons nie weet nie vanweë ons navorising. My behoefte is dus meer emosioneel van aard.... :(

Ek sal graag wil hoor wat het jul gedoen om hierdie skuif na Australië emosioneel te oorleef en te vergemaklik!! As 'n mens kinders het, verander jou bekommernisse baie. Ons, ek, as ouers, is maar bekommerd oor my bloedjies, gaan hulle "cope", oordat ons AFR is. Ek glo dat 'n mens baie af-dae kry, hoe hanteer julle dit en gaan die verlange oor. Enige raad asb.

Ons het ook besluit om my dogtertjie wat glad nie Eng magtig is nie na 'n Eng'se skool te stuur - sy begin met GR R / 0. Markus kan vanweë al die rekenaar speletjies 'n goeie gesprek in Engels met my voer en sy juff het gevoel dat ek hom in die AFR skool moet hou. Markus is 'n mannetjie wat dinge maar eers goed uitkyk en nie baie goed met nuwe verandering is nie, hy volg reëls tot op die letter en sy juff dink dat hy slim genoeg is en as ons eers in Oz is sal hy die taal sommer gou opraap.

Ons beplan om ons LSD toer volgende jaar te doen en dan te besluit waar ons ons wil vestig. Ons hou die meeste van Perth en Brisbane, maar sal maar gaan waar die werk die beste is!

So.. dis dit, hou asb duim vas en weereens baie dankie vir almal wat so 'n positiewe bydrae tot hierdie kuierhoekie lewer!!

Groetnis uit SA (Centurion)

:D Tania

N.S. Dankie Riekie vir jou vinnige welkom-sê. Jy is 'n flinke vrou!

Link to comment
Share on other sites

Ek dink die dag wat ons ons VISA kry, gaan ek vir myself SES biere koop, drink laat ek lê en dan die ander VYF in die yskas bêre, vir 'n volgende keer!! :D

he-he :(

N.S. Dankie Riekie vir jou vinnige welkom-sê. Jy is 'n flinke vrou!

Dankie, nou het ek dit op skrif - vir manlief!!........ :ilikeit:

Sterkte vir alles wat vir julle voorlê. Ek was een van daai mense wat vir al die ergste gereed gemaak het toe ons emigreer het, en toe gebeur die helfde daarvan nie, en die ander helfde was nie so erg nie. Ek kan vir jou opstelle skryf oor alles, maar die hoofsaak is: dit is deur en deur absoluut die moeite (en trane, en stres en vrese en verlang) werd! :(

Link to comment
Share on other sites

Hi Tania,

Welkom hier by die kubber familie!

Bekommernisse...hoekom het mens al ewig bekommernise... maar gelukkig is die graad van bekommernisse hier in Aus nie heeltemal vergelykbaar met SA nie. Soos jy genoem het die geweld, misdaad en ander goed.

Maar tog is mens bekommered oor die kinders hier in die vreemde... gaan hulle cope, maats maak, sulke goed. Om te veralgemeen pas kinders, veral die jongeres, baie gou aan. Hulle het baie minder 'hick-ups' as ons groot mense! MAAR, tensy jy 'n baie terug getrokke seun het wat vreeslik moeilik maats maak, sal julle dalk meer effort moet in sit. Maar dit is 'n klein dingetjie teenoor groter prentjie van Aus!

Ek stem volkome saam met Riekie. Ek het myself voorbery vir die ergste, en bitter min het eintlik gebeur!

Ek glo as julle motief/redes reg is en jy is volkome oortuig daarvan waarom jy Aus toe wil kom, sal jy/julle nie 'n probleem hê nie.

Ek erken ook dat dit 'n vreeslike emosionele 'roller coaster ride' is. Ek het deur 'n 6 maande dip gegaan. Ek wou nie terug gaan of so iets nie, dit was net 'n dip. Gelukkig het ons ander Suid Afrikaanse vriende en hulle verstaan waardeur 'n mens gaan, en die ondersteuning is al wat mens nodig het.

Dis 'n lekker plek die, dit het sy nadele maar die voordele is 10 foudig meer...

Moenie te veel worry nie...

D B)

Link to comment
Share on other sites

Guest Sunshine Sister

Hi Tania, (Proffie, Markus, Naomi en natuurlik Frikkie)

Baie welkom by ons forum ! Dis altyd lekker om van 'n goed georganiseerde familie te hoor, wat hulle drank kan hanteer... :lol:B) Emosionele ondersteuning is ons spesialiteit, jy't by die regte plek kom aanklop !! Ek kan helemal jou vrese en fronse oor jou kids verstaan, en die ander het dit al klaar so mooi gesê: Mens worry soms verniet oor allerhande what if's wat nooit eens waar word nie. Hier is BAIE afrikaanse kindertjies in Australia en ek persoonlik ken nie een wat sukkel nie. My kleinste het 2 ander Saffertjies in sy klas en hulle is altesaam 6 in prep. Jou kinders gaan jou nog aangenaam verras, ontspan liewer en prepare to be amazed !! :P

Sterkte met alles wat voorlê en nogmaals welkom.

Groete uit Oz

SS

:)

Link to comment
Share on other sites

Hi Tania & family - Welcome to the forum, I also only joined a few weeks ago, but I have received so much help and information already, it's been wonderful. Some people are really putting in a lot of effort & it's appreciated so much. We are still here in Lynnwood, but will move +-10 December to Adelaide.

We also had 4 burglaries in a row last year, and it takes a big toll on you, financially and emotionally, so you have my sympathies after your five!!! :P:lol:B) (What on earth is going on in Pretoria? It's like the Wild West).

Don't worry about your children they will be fine, I'm sure. :)

All the best with your plans!

Bronwyn

Link to comment
Share on other sites

Hi Tania,

Baie welkom hier by ons. Ek is seker jy sal self nog 'n baie positiewe bydrae lewer hier. :)

Soos almal al reeds gesê het, dinge is nie halfpad so erg soos ons dink dit gaan wees nie. Die kinders pas makliker aan as wat ons dink. My twee jonger kinders sukkel wel op skool, maar hulle het reeds in SA gesukkel. Hulle gaan baie beter aan hier as in SA. Die onderwysstelsel is baie meer positief en ondersteunend. As ons in SA gebly het, sou beide my kinders teruggehou geword het in hulle grade. Ons het hier aangeland, en hulle is suiwer volgens ouderdom geplaas, wat hulle dus 'n jaar vooruit geskuif het. Ons is nou al halfpad deur die jaar, en hulle vorder met rasse skrede. Hulle onderwysers gee gereeld terugvoer, en dit is gewoonlik positief van aard.

Dit is tog 'n goeie ding om jou kinders aan Engels bloot te stel, sodat hulle ten minste hulleself kan uitdruk wanneer hulle hier aanland. Ek was baie gelukkig dat my kinders Engels kan verstaan en praat, maar o, gonna, jy moet sien hoe skryf hulle! Die juffrouens het nou geleer om foneties te lees, nou kan hulle darem so bietjie verstaan wat my kinders skryf :unsure:

Die lewe is net anders hier, julle sal sien.

Groetnis,

Dreamy

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...