Jump to content

Plusse, minusse


5vannemerwea

Recommended Posts

Vandag was Sondag, een van daardie luilekker niksdoen Sondae. Ek het baie van daardie dae die laaste ruk. My enigste frustrasie is dat ek nie op Facebook kan inteken op my naam nie. Op GEEN manier nie. Ek was al lus en gee die facebook 'n facelift maar die gedagte aan 'n nuwe rekenaar koop bring selfbeheersing mee. Ek het die facebook ouens laat weet en een van twee dinge gebeur. Of hulle hou naweek, of hulle kry nie my probleem uitgesorteer nie. Ek hoop maar hulle hou naweek.

Ek lees vandag die post wat een van ons forumlede geskryf het waarin hy baie mooi die omstandighede in Australie skets. Dit, inteendeel met al die belaglike negatiewe publisiteit wat soms die rondte kan doen. Veral onder die SA'ners in Suid Afrika. Kyk, daarmee is ons goed. Kry die kat in die donker aan die stert beet, gryp 'n kwas en smeer die arme gedierte dik van die terpentyn en laat hom los dat hy die rieme kan neerle. Net om my punt te staaf. Ek ken mense wat my al in die eerste helfde van 2007 vertroulik meegedeel het dat Madiba is al twee weke dood, hy le in staatsie in Mosambiek :blink: . Kan jy jouself dit een oomblik indink? Belaglik, en dit vir kerkmense. Kyk, hier hol ek alweer.

Terug by die post. Die geskrewe het my laat dink. Die getrekery na 'n ander land is soos enige ding in die lewe. Elke besluit is in beginsel dieselfde. Toe ek besluit het om my jonge bruid om die hand te vra moes ek dieselfde doen. Pro's and con's noem die Engelse dit. Voor en nadele, plusse en minusse. Beskryf dit soos jy wil. Sjoe, ek sal my draaie moet ken wanneer vroulief die ding gaan lees. Ek hoor haar al: "Vertell my bietjie skattie, wat is my nadele?". Jy sien, hier moes ek al klaar die ops en afs oorweeg het.

Met ons oorweging om te emmigreer het ons die redes om te bly en die redes om te gly teenoor mekaar neergeskryf. Ek moet se, na daardie oefenig was die keuse besonder maklik en eenfoudig. Ai, kom ons probeer weer, maklik en eenvoudig. Daar's hy. Die v's en f's darem. Miskien moet ons hulle pro's and con's ook neerskryf, dalk kan ons een van die twee oorbodig verklaar en dan het ons een letter minder in die alvabet, alfabet mee te stoei. Dink net hoefeel, hoeveel minder spelvoute, spelfoute gaan ons he!!! :ilikeit: . Ek weet van een persoon wat die mosie sal ondersteun!!! Maar, die debat vir later.

Nou dat ons al amper 'n maand in Australie is raak die plusse aan die kant al hoe meer oorweldigend.

Selfde, ek moet nou soos 'n goeie en getroue broodwinner betroubare vervoer vir die spul Van der Merwes aanskaf. Al die opsies wat al oorweeg is en na gekyk is wissel van 'n 1991 Toyota Hi-ace bussie deur 'n 2003 Holden Commodore wagon tot by 'n 1994 Land Cruiser en weer terug. Met groot omsigtigheid word elke kar se voor en nadele oorweeg, heroorweeg en en dan ge-evalueer in die lig van ons huidige behoefdes en lewensvermoens. Elkeen se voor en nadele. Ek wonder of 'n man na die intense naforsing, navorsing sal kwalifiseer vir 'n Honneurs, M, of wat ook al :holy: .

Een van die dinge waarmee 'n mens moet vrede maak hier in Kangarooland is die feit dat hier word alles self gedoen. Ek het die laaste paar dae al so stywigheid hier in my nek en my skouers. Vroulief beweer dat dit die baie visvang is. Daar is nou maar net nie 'n manier nie. Ons manne is gemaak vir die klas van dinge, ons kan dit vat. G'n mens kan mos moeg raak of seer en styf wees van visvang nie, nooit nie. Ek sal gate grawe, in mangate rondkruip, met lugdrukbore werk, motorfiets ry, kilometers ver in die jagveld stap, alles met 'n lied in my hart. Ek dink die stywigheid is die gevolg van 'n wereldwye, onderduimse samesweerdery. Hier is heelwat ondergrondse magte aan die werk. Alles gemik teen die manwees en die selfbeeld van ons Adamsgelsag!!

Net voor ek met die sak patats uitkom, kyk my vissie, op pad oond toe!!

post-9745-1217761478.jpg

Hier kom dit nou. Die rolspelers? Ek is daarvan oortuig dat die volgende bedrywe almal kop in een mus is. Loodgieters, bouers, vroueregte organisasies, mediese fondse, hospitale, medisyne maatskappye en die moontlikheid van 'n geheime homoseksuele organisasie is ook nie uitgesluit nie. Ja nee, die ding neem epidermiese preporsies aan. Ongelukkig is 'n eerstewereld land soos Australie nie gevrywaar van die onderduimsheid nie. Dit het ek op die harde manier tot my spyt uitgevind. Hier is al die magte in volle swang.

Kom ek benader die saak vanuit 'n ander hoek. Hier is nie arbeid in hierdie land nie :ilikeit: . Hier is arbeid die probleem teenoor Suid Afrika waar die arbeid die probleem is :whome: . Elke huisheer wat soms sy "heergeit" in sy sak steek en vir vroulief in die huis help sal hom met die probleem kan identifiseer, wereldwyd. Ek glo al die wereldmagte het saamgespan en die eenvoudige maar, slinkse plan beding om hul doel subtiel te bereik. Die doel? Selfverryking, iets waarteen die Bybel baie duidelik gekant is. Het enige heer in sy huis al agterkom die onuithoudbare pyn en lyding, hoe mate van ongemak wat ervaar word tydens en selfs vir geruime tye na 'n goeie skottelgoedwas sessie? Ja skottelgoed, subtiel en in elke huishouding 'n noodsaaklikheid!! Is dit die skottelgoed wat die probleem is? Nee, nie dit nie. Het julle al gedink hoeveel minder probleme met die menslike rug en skouers ervaar sal word indien elke wasbak met 'n skamele 100 mm of so gelig sal word!!!!! Ja, maak die wasbakkie net effens te laag en ons het julle!!!! Buk rug, buk, en ook nie eens 'n ordentlike buk nie. Nee, so halfmas, ongesteunde effens regop ongemaklike bukaksie. Maak die manne se rugge seer, breek hulle af.

Ek het meenigmaal al 'n rebellie oorweeg. Twee opsies is beskikbaar. Kom nou manne, hier is ons kans. Ek het al oorweeg om botweg te weier om skottelgoed te was. Weer moes ek die plusse en minusse oorweeg en alle getroude mans sal weet dat die opsie besonder verreikende gevolge het. Die tweede is om 'n aksie te loots om wasbakke te lig, pak die bul by die horings!!! Op die oomblik blyk die laaste opsie so effektief te wees soos om 'n wind te breek teen donderweer. Weereens moet elkeen sy ops en afs oorweeg en die gevolge in berekening bring.

Desnieteenstaande al die vervolging en die stryd in die afdeling van ons samelewing bly ek nogsteeds net hier is Oz. Die plusse is nog BAIE meer as die minusse. Om die waarheid te se, van die kant af sukkel ek om plusse in SA raak te sien. Miskien oor 'n jaar wanneer die opwinding van 'n nuwe omgewing verby is :whome: . Dan skryf ek maar weer alles op 'n papier neer en heroorweeg my situasie op daardie oomblik.

Kyk dan net hoe mooi helder is die water hier in Eden:

post-9745-1217761668.jpg

Die strand by Merimbula:

post-9745-1217761706.jpg

Vreugde, dit is wat 'n vreeslose, streslose en veilige land aan 'n mens doen:

post-9745-1217761782.jpg

post-9745-1217761743.jpg

post-9745-1217761876.jpg

Die ou wat die springmatras uitgedink het verdien 'n nobelprys!!

Hier is 'n advertensie op televisie van 'n ou wat soos Mary Poppins aangetrek is. Hy verkoop pizzas. En in sy woorde wil ek die lewe in Oz beskryf:

"Supercellafreekenawsome!!!!!

Groete

Martin & kie

Link to comment
Share on other sites

Mmm, Martin, my man het ook al sy M-graad in karsoek. Eintlik al 'n paar. Maar, glo my, hy gee glad nie om nie. Dis seker die lekkerste navorsing wat hy al gedoen het, want dan is dit al wat vir daardie twee weke gedoen word.

En weet jy, ek het al net so baie gemoan oor wasbakke wat te laag is. Ek wonder wie besluit op die hoogte? Dink jy dis dalk mans ...? :holy:

Link to comment
Share on other sites

Jy moet nou net versigtig wees met die wasbakhoogte, of anders skiet jy jouself in die voet met 'n haelgeweer.

Lig jy die wasbak, dan is hy nou weer te hoog vir vroutjie, en hoe gaan jy dan die kinders leer om skottelgoed te was.

Jy sit dan met die gebakte pere deurdat jy alle skottelgoed sal moet was.Behalwe as jy so ou klein stepleertjie bou sodat

hulle dan gemaklik kan staan. Ek sal eerder se laat hom met nog so 100-200mm sak dan is jy veilig.

Moenie laat Vanessa die post sien nie, of enige ander vrou. Hulle kan my dalk net tromp oploop as ek in Oz land.

Groente

Edited by jacquesd
Link to comment
Share on other sites

Martin jy maak ons harte so seer, maar moet ek ook byvoeg jy maak ons net so uitsien na die groot trek.

Ek het vanoggend op n post gekerm oor net mooi niks gebeur met ons visa aansoek nie, en dan lees mens jou post en ek weet nie of ek wil lag huis skree of iets of iemand wurg nie.

Weereens baie dankie vir n puik stukkie skryfwerk.

ONS BEURT KOM - ONS BEURT KOM - ONS BEURT KOM - ONS BEURT KOM - ONS BEURT KOM - ok haal stadig asem en los die kat uit

Rene

Link to comment
Share on other sites

Staan wydsbeen...

Ek bedoel met die skottelgoed martel sessie, dit help vir die rugpyn...

Sterkte, sien julle binnekort!

Groete,

Louise

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...