Jump to content

otto: Hi from the Boland


Otto

Recommended Posts

Hi,

Name is Otto, a Boland based town planner. Am moving to Griffith NSW next month.

Going to Australia to see if I want to have kids there, because I am not going to have them here.

Married to a lovely wife that is going to join me after a month or two.

Link to comment
Share on other sites

Welcome!! Weet nie waar Griffith is nie, maar hoop dat julle dit daar gaan geniet.

Ons wil ook met 'n familie binnekort begin, maar eers as ons gesettle is in oz. Ons is nog jonk, so tyd is aan ons kant. Hopelik!

Link to comment
Share on other sites

Die tyd is teen ons, want ons het gewag om sake hier uit te kyk. Maar noudat de regering met alle geweld my besigheid hier wil toemaak en ontwikkeling hier stop, nou ja..........

Link to comment
Share on other sites

Hallo Otto

Ek het 'n www.whereis.com.au search gedoen en gesien dis so 560km van Sydney af. Maar dit lyk na 'n oulike dorp. Ek google mos gereeld.

Dit maak nie saak waar in Oz jy gaan bly nie, om kinders groot te maak met 'n PR visa is net voordelig en baie meer bekostigbaar as in SA. Ek glo julle gaan baie gelukkig wees daar. As jullie nie is nie, Australie is baie groot!

Groetnis

Madelein

Link to comment
Share on other sites

Madelein,

Dit lyk soos Worcester sonder die berge. En gelukkig het ek reeds vriende daar, en my baas daar is 'n Afrikaner. Inpas sal ons. Solank daar ruimte vir my stokperdjies is is ek gelukkig. En dan hoop ek maar vir die beste vir my vrou. Ek sal maar so gou as moontlik vir haar 'n kat daar aanskaf, dit is nou die een ding wat die lewe vir haar ophelder....

Link to comment
Share on other sites

Waar in die Boland kom jy vandaan?

Ek was in die Kaap gebore, meeste van die tyd daar rond gebly. Het in die goeie ou Paarl Hospitaal my in die Verpleegkunde geswot, het rondgetoer sover as Villiersdorp/Hermanus. Het vir 2 jaar in Namibie gedraai en op Outjo, naby die Etosha panne gebly. My Oom het in Worcester gebly, is daar oorlede so 10 jaar terug, maar my Tannie bly nog daar (is weer gelukkig getroud 3 jaar terug). Griffith se weer is min of meer naas aan Worcester s'n, met die koue winters en die warm somers. Klein dorpies is vir my lekker en ek wens baie dae ons kan uit die stadsgewoel. Nee wat, julle sal nie spyt wees nie en tyd sal daar altyd wees vir jou stokperdjies. Kry maar die kat tot tyd en wyl totdat die "pienkvoetjies" opdaag! Ons het vir ons een aangeneem (hy was 7 maande oud en katte is duur) en hy is 'n mannetjie met persoonlikheid hoor!

Groetnis

Madelein

Link to comment
Share on other sites

Madelein,

Ek bly in Paarl, en werk in Worcester.

Link to comment
Share on other sites

Nou toe nou otto; jy ook van die Paarl! Ons het op 'n kleinhoewe net buite die Paarl gebly (dorp se kant van Simonsvlei) totdat ons geƫmigreer het. Swaar afskeid swaer, swaar! So ... dan betaal jy mos elke dag tol om by die werk te kom? vir die du Toitskloof tonnel.

Ai!!!! hoe verlang ekke nou Kaaptoe!

Link to comment
Share on other sites

Ja Hendie ek betaal daai tonnel.

Ons woon tans in De Zoete Inval.

Link to comment
Share on other sites

Otto alle sterkte aan jou vrou. Ek was nou die een wat agter gebly het vir 7.5 weke waarvan 5 darem nou al verby is. Dis nie maklik nie en ek voel so verdeel tussen my man en familie en weet nie hoe gaan ek alleen op daai vliegtuig klim nie. Maar dit was seker nou nie so erg nie, ek het myself maar net bly herhinner aan die redes hoekom ons dit so gedoen het.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...