Jump to content

Koffie kaskenades!


adeleb

Recommended Posts

Sit en dink ek nou so aan Mauritz se "snotblok en Koffie" , dink ek dis nodig om julle te vertel wat gebeur as 'n man sonder "training" in 'n "Coffee Shop" beland!

Ek het mos 3 meisiekinders ( seun ook darem) maar die ding is ons vroumense kuier mos lekker so in en uit die winkels en maak altyd ook 'n draai in een of ander "Coffee Shop". Nou manlief is glad nie lief vir winkels nie, wil in en uit sy ding doen en klaar kry. As ek nog so loop en se:" Dis mooi..." of voel en vat aan iets in die verbygaan, se hy sommer: "Koop dit maar vir jou..." Verstaan GLAD NIE dat mens moet voel en vat en kyk en 'comment' sonder dat jy eers WIL koop nie...

En boonop alles kan hy nie altyd sien vir wat wil ek altyd gaan koffie drink nie....en as dit MOET ...drink ons en kry klaar, watse 'gekuier' is dit dan?!?

Toe kom dit so dat manlief bietjie vroeg is vir 'n kwotasie en hy besluit hy gaan 'n "Coffee Shop" in 'n 'Mall' soek...lekker koffie bestel en daar sy koerant op die stoepie drink want daar kan hy mos ook 'n ou dampie maak! Alles loop volgens plan en manlief bestel. Lekker sit hy en lees...maar wonder later aan waar bly die koffie? Lees nog bietjie...loer oor die koerant...sien iemand se vuil koppie staan nog daar (dink sommer hoe onprofesioneel!)...lees nog bietjie...sien maar daar is solank 'n glas water ( hulle is seker nog te besig met die koffie dinge)...later kom vra 'n kelner of hulle hom kan help? "nee, se hy. Klaar bestel, dankie"...Lees nog en loer weer na die vuil koppie en wonder...Nog 'n kelner kom vra? Manlief se nee, kan nie verstaan waar sy kelner en sy koffie is nie???...Se kelnertjie..."Maar dis voor jou meneer!" Manlief se: 'Maar dis dan iemand se ou half gedrinkte koppie?"...."Nee! Se kelner dis joune!" Manlief vra nog nou wat moet hy doen? Voor hom staan die ou koppietjie met so bietjie swart koffie in...en 'n glas water?! Moet hy dan die water by die koffie gooi? Ek is seker kelnertjie wou alie skeur!!! "Nee meneer, dis mos 'n 'double espresso'!"

Nou ja...manlief sien ek drink altyd GROOT koppie koffie by sulke plekke en 'Double' is mos 'double'...of nie meer nie?!

Hy vra toe maar vir bietjie melk,sluk dit vinnig af,drink die glas water,kry een m*&^se 'hot flush', sit R20 onder die piering en gee pad!

Nodeloos om te se...Manlief KEN nou van 'espresso'...maar gelukkig ken daai 'Coffee shop' hom nie! Dink net al die stories ...

Link to comment
Share on other sites

Classic!

ek sal maar eerder niks se van 'ongetrainde mans' nie, DH is ook op die forum... :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Hehehe baie snaaks! Ek ken weet waarvan jy praat met "En boonop alles kan hy nie altyd sien vir wat wil ek altyd gaan koffie drink nie....en as dit MOET ...drink ons en kry klaar, watse 'gekuier' is dit dan?!?" My man drink glad nie koffie nie en ek is 'n addict. Die dae toe hy nog gerook het was dit 'n verskoning om darem by die coffee shop in te gaan en gou iets te bestel terwyl hy 'n rokie vang, maar dit is ook nou iets van die verlede. Bly dat hy opgehou rook het maar nie bly dat ek nou minder koffie kan drink nie :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Het vir Des vertel hy't omtrent dubbeld gevou van die lag!!!

Ja Swaer!! He he he he!!

Link to comment
Share on other sites

Nee wat, ek is een wat aandring daarop om koffieshops toe te gaan. Ek hou net nie van die ander winkels nie.

Ek het darem al my dogtertjie Mall toe gevat om skoene te gaan soek, en het nie een keer gekla nie!! :holy:

Link to comment
Share on other sites

Daai klein koppie Espresso staan ook bekend as "short black" en 'n dubbel as "short black with extra shot" het dit al geleer mal oor die koffie !!!

Link to comment
Share on other sites

Hi Mandyl,

Sal vir manlief moet waarsku!! Hy dink dalk dis vir mense wat net 'n vinnige koffietjie wil he.

Maar, ja...gelukkig is daar baaaaiiiiieeee tyd om hom op lei voor ons in Oz is. :lol:

Adele

Link to comment
Share on other sites

Laat hierdie kaffienolis nou vir julle mooi vertel.

Ek hou mos nou maar heel baie van my koffie, het al selfs van neuroloog gehoor dit is goed vir my van tyd-tot-tyd, elkgeval ek raak toe mos die een dag heel omge-ellie met hierdie stupid klein koppies espresso toe vra ek maar die vriendelike dogtertjie om maar vir my 'n behoorlike beker koffie te bring "maak nie saak hoeveel espresso's dit vat nie"

Daar kom toe 'n heel ordentlike beker onskuldige swartgoud by my tafel aan en ek vryf my hande saam en lek my lippe af "baie dankie" en dit was heel lekker met exstra skop.

Maar O wee die volgende oggend kom ek toe mos agter dat mens kan hangover kry van teveel goeie goed ook. Whew, ek dink my hart het laas so vinnig geklop toe ek my vrou ontmoet het... en my maag was gladnie beindruk met my nuwe idees nie en het my g@t probeer skop heeldag, gelukkig kon ek hom onderhou, maar elke nou en dan wil die ding net uitspring en my 'n taai klap gee.

Elkgeval sterkte met daai koffie en pasop vir die skop !

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...