Jump to content

Aus onder my vel


5vannemerwea

Recommended Posts

Vandag was vir my regtig 'n rustige dag. Gereedskap weg gepak en reg gekry dat alles kan trek wie weer waar heen. Bendigo, Young, Canberra of dalk Brisbane. Hierdie bedryf is een van daardie kniee bedrywe. Terwyl jy werk, staan jy op jou kniee en werk want jy werk teen tyd. Waneer die kontrak klaar is staan jy weer op jou kniee vir die volgende werke.

Ek het laas so bietjie uitgebrei oor die inkope sage. Eenuur in die oggend dan onthou my brein nie alles wat ek wou se nie, dit is al klaar weer pampoenuur. Dalk pas dit beter in by vandag se tema.

In Suid Afrika laat ons hard werk en daarom eet ons baie, alles wat voorkom. In Ozland werk ons hard en daarom eet ons lekker en gesond. Ons is regtig in vervoering oor die kosse wat hier beskikbaar is. Ek moet met my gunsteling begin, melk. Die melk kom in 3l houers en proe baie anders as waaraan ons gewoond is - dalk is daar nie water in nie :ilikeit: . Lekker smaakvolle melk, ek gaan nog 'n gat in my beursie drink aan hierdie melk. Om gesond te eet is nie veel duurder nie, indien enigsinds. Omtrent elke kos of drinkding is gemerk met "no added sugar", "no artifcial colourants or preservatives". Soek net so klein bietjie rond, jy gaan hulle kry daar naby. Brood, verskillende soorte brood om van te kus en te keur. Pick n Pay het kwalik soveel brode op die rak gehad as wat hier soorte brode is. Alles, van heel gesond tot heel ongesond met seker die helfde op special. Eiers is gemerk, "cage laid eggs, barn laid eggs en free range eggs. Prys verskil? Nie regtig baie nie.

Hier het ons 'n ding ontdek, n' bruin brood met rosyntjies in. Ons praat sommer van bosluise, raai wie boer met beeste. Die bosluisbrood doen die ding vir ons, mens kan hom sommer net so eet. Sny vir sny. Vroulief sit graag so lagie plaasbotter op. Brode kom ook is dun snye, soos die stadsmese daarvan hou en dik snye, soos ons ouma se brood op die plaas altyd gesny het. Ongelukkig rek die dun snye die dollars so bietjie maar, die dik snye bly die lekkerste. Die ding is so lekker dat ons onsself moes dissiplineer. Ons koop nou net Vrydae van die brood met die bosluise in. 'n Stond in die mond en 'n ewigheid om die heupe, of boep. Jipee!!! Dis weer Vrydag!!!!

Neewat, lekker eet is die laaste probleem Down Under al is dit op 'n knyperige begroting. Dit is nog net vegimite wat soos pes vermy word. Die goed laat jou oe traan as 'n mens te lank na hulle kyk.

Jong, julle wat nog oppad is en julle wat nog twyfel, hou op "worry" en kom. Hierdie Oz doen iets aan 'n mens. Ek het nog nog nooit sulke stresvlakke beleef soos die laaste paar weke nie. Ek dink ek moet een of ander ekstreme sport begin beoefen. Net om weer adrinalien in my are in te kry. Ek kan dag vir dag nie oor die kalmte en rustigheid van die samelewing kom nie. As dit nie vir die koue en winderigheid van die laaste paar dae was nie sou ek dink ek is in daardie plek waar goeie mense heengaan waneer hulle onder die kluite le. Dalk is dit net die rustigheid van die plattelandse dorpie en is dit anders in die stede. Tog, daardie atmosfeer van vervallendheid en agteruitgang in Suid Afrikaanse plattelandse dorpe bestaan nie hier nie. Lekker man, lekker.

Ek het wel agtergekom dat ek baie meer vergeetagtig is. Ons ry iewers heen en vergeen om die huis se deure te sluit, die kar staan buite op die straat met beursie kamera en goed in. Soms onthou ek om die kar te sluit eers wanneer ons al in die bed le. Ek is seker dit moet die bosluisbrood wees wat my gehue so aantas!

Vandag het ons die werk se Holden stasiewa laat diens en nuwe bande op gesit. $140 vir die diens en $120 vir die bande, ek dink die prys was per band. Hier is klein getalletjies baie geld!! $1.75 vir petrol is "bloody expesive mate!" Dit neem 'n tyd om die goedkoop en duur persepsie te kry. Ek is nognie daar nie, oefen nog.

Waar was ek nou? O ja. By die bande plek staan 'n ou met 'n overall en vuil hande: "G'day, what can I do for ya? New tyres on the wagon please. Yep, just park her over there on the concrete and I'll set you up." Nog voor ek kon uitdink wat sou gebeur as Indiana Jones en Mary Poppins mekaar eendag ontmoed is al vier bande geruil, gebalanseer en terug aan die kar deur dieselfde "bloke" agter die toonbank. Hy slaan ook die till en neem die betaling. Hy is die eienaar en hy werk die hardste en word die vuilste. Net daar en dan neem ek dievolgende besluit. Hierdie Ozland doen dit vir my, hier bly ek. As my sake nie uitwerk nie, dan maak ek dit werk. Omdraai gaan ek nie. Vir die rus en vrede in my gemoed.

Van elke karsoort wat jy aan kan dink maak die ouens 'n "wagon". Of soos ons dit sou ken, 'n stasiewa. Van die Toyota Corrola tot .... aag man, enige ding. Die een waarvan ek die meeste hou is die Camry stasiewa. Kan nie nou onthou wat noem hulle die ding nie. Dit lyk vir my oulik. Lig op brandstof, ruim, betroubaar, nie te aanstootlik nie, automaties. Alles wat 'n gesinsman in 'n verhouding, skies, 'n kar wil he. Hier is baie meer automatiese karre as waaraan ek gewoond is in SA. Ek is juis nou aan die uitkyk om 'n paar wiele aan te skaf, sal nog maar sien wat opduik. Ons het nou wel die maatskappy se voertuig om oor die weg te kom. Maar julle weet so goed soos ek dat leen het in die spruit verdink. Tans loer ek na 'n Subaru Outback, 1999 model vir so net onder die $10 000. Met eish ja!!! Ek kan darem nie dat Vroulief stoksiel alleen dag in en dag uit met die kinders by die huis sonder vervoer sit nie. Dit gaan die lewe en aanpassing onnodig moelik en uitgerek maak, veral vorentoe.

Nou ja, dit is alweer 01:17 en ek en my grootman pak die viswaters aan netnou, sommer net hier verder in die straat af is 'n lekker strandjie. Sal kiekies neem en vir julle wys.

Groete

Martin

Link to comment
Share on other sites

Martin dis heerlik om jou stories te lees. Nog nog..... :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

vdMerwe, jy's goed jy's blerrie goed!!

Dankie vir al die moeite met die Journal skryfwerk, dit is fantasties om te lees en saam te stem!! Die Ozland doen dit vir my ook!! Seeeriouus!!

Link to comment
Share on other sites

Ai, boeta, ai - kannie wag nie, jy laat mens se mond sommer water !! Ons was die naweek by vriende op 'n kampterrein in Hermanus, dit was soos ek my OZ sou voorstel - baie, groot Eucaluptus-bome, met 'n rustige leefstyl - behalwe dat 'n paar verdagte karakters en 'n polisiewa ons naweekvrede kom bederf het ! Kom, 457, kom !!!

Link to comment
Share on other sites

Hi Martin en familie.

Jy mag maar skryf en moet nie ophou nie. Ek geniet jou stories verskriklik baie. Alida jy moet maar vir my n paar bokse Kleenex in jou container sit, elke keer as jy n boodskap vir Martin op die Forum sit dan rol die trane. Ek mis my broer verskriklik baieeeeeeeeeee. Sterkte met die 457, hoop dat hy spoedig deurkom

Groete

Petro

Link to comment
Share on other sites

Lekka man, ek kwyl nou sommer. Wens daai blerrie blokes wil my visa nou uitsort. Eks lus vir die ding man...

Link to comment
Share on other sites

Het jy al ooit daaraan gedink om profesioneel te begin boeke skryf? Die manier waarop jy 'n storie vertel is asof jy hier voor my staan (al ken jou glad nie) en dit vir my persoonlik vertel. Dit is seker die lekerste lees wat ek nog gehad het.

Elke keer as ek iets van julle sien moet ek dit net gaan lees en klaar.

Dankie vir die mooi skryf en lekker stories

Aussie groete

Wilma

Link to comment
Share on other sites

Martin,

Ek stem saam met Wilna, begin n boek skryf oor jou eerste ervaringe in OZ. Glo my elke forumiet sal koop en die wat na ons volg.

Ons is al so gestress oor die 457 dat jou stories op die stadium al is wat maak dat ons nog nie by die werk begin drink het nie.

Dankie en groete

Rene

Link to comment
Share on other sites

Martin,

Ek stem saam met Wilna, begin n boek skryf oor jou eerste ervaringe in OZ. Glo my elke forumiet sal koop en die wat na ons volg.

Ons is al so gestress oor die 457 dat jou stories op die stadium al is wat maak dat ons nog nie by die werk begin drink het nie.

Dankie en groete

Rene

Drink julle nie by die werk nie? :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Biltongboer,

Jy maak dit nou vir my baie moeilik, my man is nie eintlik n groot drinker nie, en ek glo daar moet een ernstige drinker in die familie wees. Die taak het ek toe maar op myself geneem.

Toe ek nou so "polite" as moontlik wees oor die waggery en drinkery het manlief reg agter my gesit so ek moes baie versigtig wees. Netnou begin hy ruik aan al die botteltjies coke wat ek elke dag so sit en drink. Jy weet ek raak lelik agressief as ek nie coke het nie, nou wonder ek of dit regtig die coke is of die bymiddels.

Wel toemaar ek hoop jy voel nou beter, dis absoluut n nagmerrie om elke dag so te sit en wag, en dan hoor jy iemand het dit gekry, jy is regtig bly vir die persoon of familie maar jou gemoedere daal met elke gelukwensing.

Groete ek kan nie wag vir 5 uur nie - die GROEN WIMPY (O'Hagans) wag.

Rene

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...