Jump to content

St Michaels buurt in Brackenfell tydens die 80's


JimmyC

Recommended Posts

Ek het grootgeword in Brackenfell, een van die voorstede van Kaapstad. Terug in die tagtigs was dit eintlik maar net ‘n groot dorp met ‘n Pick ‘n Pay Hypermarket. Ek het grootgeword in ‘n tipiese middelklas buurt. Ons het gewoon in ‘n tipiese drie slaapkamer huis met ‘n en-suite. Niks fancy nie. Toe ek in St3 was toe koop my pa ‘n swembad. Toe was ons nou darem vir jou grand hoor!

In ons buurt het ons so ‘n groot oop stuk gras veld gehad. Ons kinders in die buurt het gepraat van “die veldjieâ€. Dit was omtrent dieselfde size as ‘n rugbyveld, miskien dalk so effens kleiner. Wat my buurt so besonders gemaak het was die feit dat daar so baie kinders was. Ons was almal min of meer dieselfde ouderdom - give or take a few years.

Op daai veldjie het ons baie dinge gedoen. Ons het “Dryfens†met ‘n rygbybal gespeel, British Bulldog, Aan-aan, resies gehardloop, boomering gegooi (spesiaal gemodify sodat dit in die grond vassteek as hy land), visstok gegooi en gekyk wie die verste kon gooi, krieket gespeel en kites gevlieg. My heel gunsteling was die kites vliegery. My kite was ‘n zammo – twee stoke met die plastiek seil tussenin. Dan was daar drie gate in. Ek sal vir jou se – ons het die goed flippin hoog gevlieg! My pa het spesiaal sulke rolle “gut†(vislyn) by Pick ‘n Pay gaan koop vir die storie. Elke rol was 100m lank. Ek het daai ding een slag seker 300 – 400 m hoog gevlieg. Ek oordryf nie as ek se dat hy later so klein was dat jy hom amper nie meer kon sien nie. Ons het dan sulke stukkies papier aan die lyn vasgemaak en gekyk hoedat hulle opwaarts beweeg kite se rigting toe. Dit was groot prêt, totdat oom Charles ons gevra het om asseblief op te hou.Hy het oorkant ons gebly en die man het begin om met duiwe te boer. Toe ek my pa vertel was hy die dinges in en het so ‘n woordjie of twee met die oom gaan praat. Problem solved.

Daai selfde oom het so ‘n jong lat gehad wat seker so 4/5 jaar jonger as wat ek was. Nou daai outjie kon vir jou vloek hoor! Dis nie “magtigs†en wragtigs†nie, dis ander goeters wat mens nie hier kan se nie. Ek het self nie juis die skoonste bek gehad nie maar daai outjie het my regtig oortref. Ek en my vriend Danie (wat langsaan my gebly het) besluit mos toe om eendag ‘n poets te bak vir die mannetjie. Ons het ‘n rissie in die hande gekry en dit in ‘n lekkergoed papiertjie toegedraai. Ons het dit vir hom gegee en boeta, het sy bek gebrand! Hy’t natuurlik geskree vir die vale.

Daardie jare was karate, Bruce Lee en kung –fu flieks mos baie gewild. Ons kinders het erens stukke plaat in die hande gekry en vir ons ninja-sterre uitgesaag. Dit was vet prêt! Ek het telkemale die goed in ons huis se houthekkie vasgegooi. Dit was lekker.

Ons het ook sulke groot pea-shooters gemaak. Ons het ‘n gewone stuk PVC pyp gevat (vir elektriese bedrading)en dan alabasters daardeur geblaas. Daai goed was flippin potent! Ek’s seker jy sal ‘n kat daarmee kan doodskiet. Rerigwaar.

Ons het ook sulke speel gewere gemaak met wasgoedpennetjies , ‘n plank (hoe langer hoe beter) en rekkies. Ek sal nou nie in die mechanics daarvan ingaan nie maar daai goed kon ook lekker ver skiet. Ons het gereeld die strate se ligte prober uitskiet.

Ons het ook ketties gemaak van motor binnebande. My ma het peperwortels agter in die tuin geplant. Die goed het mos sulke mooi groot groen blare.Net jammer dit het altyd sulke groot slakke gelok. Ek het dikwels die slakke as ammo gebruik. Dan sit ek hulle in die kettie en skiet hulle KARPLAKS teen die muur. Hulle was opslag dood. Nie ‘n enkele slak het gely nie.

Op een spesifieke dag (ek was in st4) toe gebeur daar ‘n groot ding met my. Jy weet mos elke buurt het sy “rowwe†huis. Ek weet nie hoe om dit te se nie maar daar vind mos allerhande onheilighede plaas by so ‘n plek. Die oom het soos Magnum PI gelyk – genuine. Die tannie het altyd sulke joggers “hotpants†aangehad. Sulke blink, stywe broekies waarmee die drawers destyds mee geoefen het. Daar was selfs dae dat sy in haar pantie buite in die tuin was. Daar was ook gereeld sulke partytjies met harde musiek by hulle huis. Op die dag was daar ‘n matriek skoolseun wat by die mense gekuier het. Hy het voor in hulle tuin op die sypaadjie gestaan. Hy het vroueklere aangehad en was ten volle ge-makeup – mascara, lipstick en al daai goeters. Ek onthou ook hy’t so ‘n lekker string perels om sy nek gehad. Ek het met my resiesfiets verby gery en begin lag. Uit respek het ek my kop weggedraai sodat hy my nie moes sien nie. Ek het om die draai gery en langs die pad gaan stop met my een voet op die sypaadjie. Ek het daar toe ‘n bietjie gesels met my goeie vriend David (engelse outjie). Toe ek weer sien kom ta toe so skuins oor die veldjie aangestap – in my rigting oppad na my toe. Ek wou wegry maar ek se toe vir myself ek het niks verkeerd gedoen nie en bly maar sit. Ou David het maar stil geraak en gesien hier kom groot ………….nonsens. Die ou staan toe voor my en vra my toe “Is jy ‘ n man huh?†Ek kon sien die man se oe lyk watering (het nie destyde veel geweet van drugs nie). Hy het die vraag hehaal. Toe ek hom steeds nie antwoord nie toe klap hy my met die plathand deur die gesig. Toe skrik ek. Hy het toe iets afgerammel van dat hy ‘n man is en allerhande goed. Hy gryp toe my kop van agter vas (grip op my hare) en toe head-bang die ou my! Ek was geskok. Die ou het maar toe omgedraai en teruggeloop waarvandaan hy gekom het. My vriend David was in snot en trane! Ek het nie gehuil nie maar ek was wel geskok. Toe ek later die aand my ouers vertel toe wou my pa daai lat en die mense in daai huis gaan vermoor. Ek het hom nog nooit so kwaad gesien nie. Sy belt was om sy vuis gerol en sy oe was koelrond en vol trane van woede. Dit het my arme ma baie gepleit gekos om hom te keer. Op die ou end het sy met die vrou van die huis gaan praat. Daai plek was vir maande lank daarna stil.

Net langsaan ons buurt het hulle op een stadium gebou. Die erwe was skoongemaak en het vir so ‘n paar maande leeg gele. Ons klomp het twee bendes gevorm. Ons bende het ‘n DIEP gat in die grond gegrawe. Ons het toe ou vibacrete muur slabs in die hande gekry en die goed dwars oor die gat gegooi vir ‘n dak. Ons kruip toe weg onder in die gat. Die ander bende se gat was so 15 – 20m van ons s’n af – maar was nie so fancy soos ons s’n nie. Hulle het net ‘n tipe keerwal langs hulle gat gegooi. Nou ja, daarna het die pret begin – ons het mekaar met klippe bestook. Flip ons was darem maar ‘n onverantwoordelike klomp kinders! Dis net ‘n wonder dat nie een van ons ons oe verloor het nie! Maar nietemin, ek sal nooit vergeet toe ek per ongeluk vir Kallie Himmelstitcher (min of meer so ites) ‘n pot shot tussen die oe gooi nie. Ek het my gai afgeskrik want hy was groter en ouer as ek. Gelukkig het hy nie revenge gevat nie maar ek was vir ‘n paar maande maar lekker skrikkerig vir hom. Bygese – die arme ou het seker vir ‘n week of twee met ‘n groot knop op die kop rongeloop. Hy’t regtig soos ‘n baba unicorn gelyk.

In st5 was ek en Deon S ons skool se armdruk kampioene (Deon was ‘n goeie skool vriend en het nie in ons buurt gebly nie). Tot vandag toe kon ek nie hom of hy nie vir my beat nie. Dit was altyd gelykop met ons albei se hande wat in die lug bly staan. Maar op hierdie een aand wat ons kinders so buite gespeel het het ek my moses tegekom – en hoe! Dit was BAIE embarresing en my ego het ‘n GROOT knock gevat. Ons klomp kinders het die spesifieke aand so bietjie arm gedruk – sommer so oor ‘n munisipale elektriese kabinet afferre wat op die sypaadjie gestaan het. Dit was net die regte hoogte. Nadat ek deur so ‘n paar kinders “gehardloop†het (en hulle natuurlik gewen het), toe kom sit die meisie voor my. Ek kan nie haar naam onthou nie. Sy was effens geset en nogal jonger as ek – snaaks dat ek dit onthou. Ons het toe maar begin druk. En ons druk……en druk…. Nie een van ons kry die ander onder nie. So het dit vir ‘n hele paar minute aangehou. Uieindelik kon ek net nie meer nie en toe raak my arm slap. Sy het gewen. Man, ek het regtig nie lekker geslaap daai aand nie.

Ek moet nou maar gaan verder swot. Flip dis al laat.

Jammer hosts as dit te lank is - julle kan dit maar verwyder

JimmyC

Edited by JimmyC
Link to comment
Share on other sites

Skryf nog, jou lang storie is lekker man. Die hosts het nie 'n limit op hoe lank jou storie mag wees nie. :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Dankie man! Ek's net bang ek maak my naam gat.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...