Jump to content

Winkel toe in Ozland


5vannemerwea

Recommended Posts

Ek is uiteindelik terug na so week se spook en spartel met die onontbeerlike tegnologiese wonders om ons.

Soos gese, is Eden die klein idiliese dorpie aan die “Saphire coastâ€. Beslis die moeite werd indien julle eendag via die Prinsess Highway hierlangs verby ry.

Die werk wat ons doen is om rioolpype te vervang met ‘n proses wat hulle “pipe bursting" noem. Dit behels nogal ‘n mate van werk. My hoof verantwoordelikheid is om al die spogtuine uitmekaar uit te ry met “backactorâ€. Dan dolwe jy alles uitmekaar tot ons die punte gekry het waar die huise se rioolkonneksies by die munisipaliteit s’n aansluit. Op die manier sien ek die diepste geheime van die inwoners se tuine. Hier is ook nie eintlik heinings tussen die erwe nie. Die meeste heinings is slegs vir versieringsdoeleindes. Ek wonder wat sou Langenhoven hiervan gese het.

Hier werk ek in een tuin, lyk soos 'n regte sprokiestuintjie. Enige tyd kan daar 'n kaboutertjie of 'n smurfie onder die blare uitkom. Nou hol ek met myself weg! Elkgeval, alles in die tuin is fyn blommetjies en struikies. Hier het die Ozzies 'n slim plan. Hulle gooi in die beddings houtkapsels of bas. Dit voorkom dat die onkruid groei en bewaar vog en grondtempratuur. Slim. Die tannie se hele tuin het so gelyk, net struikies en "woodchip" waar jy kyk. Dit is nou die tuin wat ek kom omdolwe sodat die bevolking in rus en vrede kan gaan ..... sit en ontspan. Hierdie tannie is die tannie met die uitsig, vreeslik mooi, ek kon nie anders as om my te verkyk aan die uitsig nie. Ek het juis my masjien so geplaas dat ek darem so van tyd tot tyd die uitsig sonder belemmering kon aanskou. Ai, ek sou darem wat wou gee vir so uitsig, dit kan 'n man net goed doen. Dink net elke aand voor jy gaan slaap, so laaste loopsopie op die balkon en verwonder jou hoe die son oor die hawe en skiereiland sak. Hierdie tannie woon regtig op 'n wonderlike plek. Wat my vir my die beste van die dag was om die eenvoud en rustigheid te aanskou waarmee die mense leef.

Elke oggend stap die omie werk toe met sy "tucker bag" in die hand. Gewoonlik dra sy die blinkgevryfde kissie tot by die teerpad, soentjie, drukkie en "see ya". Daarna het die tannie weer in die huis verdwyn. Teen elfuur sit sy op die stoep wat op die hawetjie uitkyk en lees 'n boek. Dit gaan aan tot so net voor vyf wanneer die oom werk huistoe kom. Sjoe, so rustig. Ek dink ek het bietjie stadiger gewerk die dag as normaalweg.

Hier is die inkopiewinkels saans tot tienuur oop. Nogal regtig handig. Ek kan saans by die huis kom, stort, koffie drink, eet en dan ry ons gou BI-LO toe om die spensie aan te vul. Julle weet teen die tyd van die winkeltrollies wat met al vier wiele draai. Dit is darem 'n affere, onthou, jy moet al 360 grade gelyk dek. 'n Mens het agt bene soos 'n spinnekop nodig om al die kante te keer. Vroeer kon ek die kinders se waentjie en die winkelwaentjie lag-lag alleen hanteer. Nou is ek 'n toegewyde winkelwaentjiedrywer.

Daar is net een manier om die gedoente baas te raak. Ek het al alles probeer. Trek werk nie, jy moet kort-kort omdraai en alles terugsit op die rakke soos die waentjie dit agter jou afstamp. Die hele gangetjie vol, links en regs. Dwars is baie meer stabiel maar, dit neem te veel plek en jy ry te veel Ausies se tone raak. Die ouens met die staalpuntskoene gee die minste om, hulle prewel iets onverstaanbaar, glimlag en off you go. Nee, die waentjie werk as volg en ek daag enige ander nuwe Aussie uit om die teorie aan te vat. Vir julle wat nog oppad is, luister mooi.

Jy gaan staan agter die ding, met die handvatsels voor jou, van links na regs. Strek so bietjie daai hande en die vingers uit, maak seker die litte is lekker los en reg vir aksie. Werk die nekspiere so bietjie heen-en-weer soos boksers voor 'n boksgeveg. Plaas jou hande op die handvatsel so ver moonltik uit mekaar uit en maak seker van jou greep. Nou is daar twee opsies. Hou jou arms styf en kry jou skouers in die sluit posisie reguit na jou hande toe en daar gaan jy. Die tweede opsie is dalk meer toepasbaar vir korter persone. Buig jou arms dat jou elmboe so naby aan 90 grade buig as wat kan. Jy lyk wel soos 'n sklipad wat op soek is na sy dop maar, glo my, die aksie werk. Veral as die tempo so bietjie opgetel moet word. Wat jou bene betref moet jy maar vrede maak, jy gaan van heel links na heel regs dans om al die draai te maak. Eintlik nogal heel prettig as daar nie te veel mense en die winkel is nie.

OK, ek steek niks weg nie. Ek is een van daardie mans wat hou van koop. Ek geniet dit om geld uit te gee (as ek het). Inkopies is vir ons gesin teen die tyd kwalitiet gesinstyd en ek mis nie een so sessie nie. Hierdie eerste keer hier was egter 'n perd van 'n ander kleur. Die keer het vroutjie my gestuur om so paar noodsaaklike aanvullings te doen. Met my lysie in die hand neem ek wie winkelwaentjiegreepposisie in en werk die plek van regs na links deur. Komende van Suid Afrika is die dollars wat ek het nog met Rande gekoop - eina - nog maar skraps! Die begroting is maar styf en daarom word die versameluitstappie met omsigtigheid benader. Goeie genade, waarvoorsoek jy? In Suid-Afrika het ek geweet as ek beskuit soek dan soek ek beige bokse met ons almal se ouma se gesig en koolstoof daarop. Ek het al gewonder of die Ouma se van nie dalk Hofmeyr is nie :lol: . As jy lees, "no offence Steve". Nou het ek geen idee hoe lyk die verpakking wat ek moet soek nie. Alles op die rak moet ek lees. Die ergste is dat die klomp pak hulle rakke somtyds so bietjie kokaai. Daar is vyf plekke in die winkel waar jy sap kan koop. Nie noodwendig elke keer dieselfde sap nie. Nes ek dog nou het ek die goedkoopste ordentlike sap, dan is daar 'n volgende wat op special is. Sit gou die nuwe keuse in die spinnekopwaentjie, gaan soek die plek waar die vorige bottel sap vandaan kom en bere hom op sy plek, indien jy dit weer kan opspoor. Die proses het hom so paar maal herhaal.

As jy net bietjie moeite doen kan mens baie spaar, ons het 'n week se behore met $50 gekoop. Toegee, dit is net onder die broodlyn, tog het ons oorleef en ons smile nog. Omtrent alles wat jy wil koop sal iewers in die winkel op uitverkoping wees. Loop maar net so bietjie (baie) rond en soek.

Nou ja, ek het van more af vir so week en 'n half "vakansie" terwyl ons wag vir ons toerusting van Brisbane af. Indien iemand goeie raad het vir hengel, laat weet asseblief, selfs oulike idees om kleuters op die strand besig te hou is welkom. Ja ja, ek sal kiekies neem en bysit - no worries mate!

Ai, dit is lekker om weer te kan gesels

Martin

Link to comment
Share on other sites

Ek is uiteindelik terug na so week se spook en spartel met die onontbeerlike tegnologiese wonders om ons

gaan van heel links na heel regs dans om al die draai te maak. Eintlik nogal heel prettig as daar nie te veel mense en die winkel is nie...

Nou ja, ek het van more af vir so week en 'n half "vakansie" terwyl ons wag vir ons toerusting van Brisbane af. Indien iemand goeie raad het vir hengel, laat weet asseblief, selfs oulike idees om kleuters op die strand besig te hou is welkom. Ja ja, ek sal kiekies neem en bysit - no worries mat

Hi 4vannemerwes

Het lekker gelees aan jou pos, dankie. Wat my opgewonde maak is dat jy die natuur so geniet wat absoluut gratis is! Ek en my vrou het sooooooooo lekker gelag oor al jul winskopies! Dit is voorwaar 'n avontuur.. koester dit, julle gaan dit dalk oor 'n paar jaar mis! :lol: Geniet jou paar dae af en rus lekker want dit klink na harde werk wat wag. Maar mag jy en jou familie al hierdie klein dingetjies geniet en dit 'n lewens plesier maak! Groette

Link to comment
Share on other sites

Fantastiese post Martin!! Alles waar!!

O, aangaande dit trollies.....moenie die ding stoot as jou rug seer is nie!! Dit werk ook as een agter stoot en die ander voor "op koers" hou!! LOL!! Die trollies darem!!

Link to comment
Share on other sites

Ek's bly jy't in Journals begin pos. Jy het sulke lekkerlees stories.

Doe so voort

Edited by somarie
Link to comment
Share on other sites

Ek het jou storie geniet Martin, ek dink dis baie goed dat jy bietjie 'n prentjie verf van alledaagse lewe hier vir die wat nog in SA is. Nie almal kan so goed skryf en storie vertel nie. :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Martin jy maak my man se dag.

Hy is nou al erger oor jou posts as wat ek is oor die hele forum.

Elke dag word ek benoud gevra of julle nog nie terug op die lug is nie. Het nou net jou post vir hom gelees en nou voel hy sommer stukke beter. Ek kan my man nie agter die waentjie kontrepsie sien nie, hy is nie juis geduldig met enige iets wat nie gebalanseerd en reg loop nie. Dit kom nou van n motorwerktuigkunidge wees vir n baie lang tyd al.

Groete vir die vrou en sien julle hopelik een van die dae.

Johnny en Rene

Link to comment
Share on other sites

Martin dankie vir jou stories. Maak dat ek wens ek was al daar. Ek sien mens sal moet gaan vir 'n liksensie vir daai trollies....

Link to comment
Share on other sites

Ek dink Biltongboer moet maar begin met sy voorgenome 'invention' om klampies te maak wat die agterwiele van die waentjies stabiel hou ! Dankie vir die lekker storie, Martin !

Link to comment
Share on other sites

Daarsy, die journals raak weer besig. My gunsteling afdeling van die forum!

Baie goed beskryf - ek like daai Ouma se foto oppie boksie!

Moenie nou stop nie, ons wil nog hoor, maat...

Link to comment
Share on other sites

Hi julle, volgens die Ouma boks sien ek haar van was toe Greyvensteyn. Ai, toe nie Hofmeyr. Die hele geskiedenis vn Ouma is op die boks.

Link to comment
Share on other sites

:ilikeit: Sorry alle Hofmeyrs.

Hofmeyer is Blou bul - niks goeds wat mens oor hulle kan se nie...

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...