Jump to content
  • 0

wil nie terug gaan


pollie

Question

:blink: HALLO JULLE

HET JULLE DIT OOK ONDERVIND AS MENS EERS HIER IS EN MENS BEGIN ONTSPAN DAN KAN MENS NIE GLO DAT DIT SO ERG GAAN IN SA NIE.DAN SKOK ALLES MENS EERS ERG.EK SIEN NET PROBLEME EN DIT WORD NIE OP GELOS NIE EN DIT WORD NET ERGER. HOE KAN ONS TERUG GAAN?

EK IS SO LIEF VIR DAARDIE LAND EN MY TAAL EN ONS EIE MENSE MAAR HOE KAN ONS DAAR BLY?HOE KAN ONS TROTS WEES DAAROP? :lol:

Link to comment
Share on other sites

11 answers to this question

Recommended Posts

  • 0

Hi Pollie,

Ek dink amper Gean het n rukkie terug n goeie voorbeeld gegee van hoe afgestomp ons eintlik is oor wat in SA aangaan.

Sy verduideliking het gegaan oor die padda in die water - nou nie heeltemal seker oor die bewoording nie maar dit se presies hoe ons dit aanvaar het.

En dan sal ek glo as mens eers gewoond is daar doer ver aan die kalmte en rustigheid hoe dom ons eintlik was om so lank te gewag het om die skuif te maak. Hoe ons net alles as vanselfsprekend te aanvaar en eintlik is dit totaal verkeerd en chaos.

R

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Nie so seer 'n geval van "wil nie terug nie" maar eerder "kan nie terug nie". Dis sal dom wees om my gesin weer aan die SA toestande bloot te stel nadat ek gesien het hoe mense hier in vrede kan saam leef.

Aan die einde van die reenboog is 'n pot goud. Maar die regering wil net 'n swart reenboog hê, so jy kan dink wat hulle kan verwag :rolleyes:

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Hi Pollie, ek stem saam met Rene, ek weet nie hoekom het ons al lankal hiernatoe gekom nie. Dit is regtig soos wat SA was baie baie lank terug. Ons mis ook ons land en ons taal, maar om onsself weer te gaan blootstel aan als is regtig nie die moeite werd nie. Ek mis my familie, troeteldiere vreeslik baie en ook ons vriende. Maar ons maak nuwe vriende, en ons het nogsteeds kontak met almal daai kant, hoop, glo en bid dat hulle almal graag sal wil oorkom hiernatoe. Ek lees gereeld die Beeld, net om te sien wat aangaan, want ons familie is nog daar, en dit maak jou verskriklik bang, kwaad en gefrustreerd as jy sien wat daar aangaan, en dit is besig om al hoe erger en erger te word. Ons kan maar almal net bid en vertrou op ons liewe Vader dat dinge tot 'n punt sal kom. Wie weet wat nog gaan gebeur.

Ek is bly julle geniet dit hier in Oz, ons kan regtig nie kla nie. Ons geniet Oz vreeslik baie en daar le nog so baie voor om te sien en te ervaar.

Lekker naweek en mooi bly

Telanie :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Hallo julle

Ek is so bly ek kon julle weergawes lees oor julle gevoel en lewe hier in Australia. Ek is verlig want ek het al begin skuldig voel oor die familie wat ons agtergelaat het en dat ons so baie gelukkig is hier. Ek dink almal se gevoel is dat ons wens ons familielede kan ook hiernatoe kom. nadat ek julle weergawes gelees het voel ek beter en sal defnintief minder skuldig voel oor ons voorspoed hier, en ja ons mis die mense en ek raak bewoe as ek Loftus Versfeld op TV sien en ek mis die pers Jakaranda bome van Pretoria maar ons geluk en die veiligheid van my kinders is baie meer belangrik as al daardie dinge. ons is veilig en gelukkig en dit is al wat saakmaak.

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Hi Liza

Ek bly in Brisbane en kom ook van Pta, en hier is baie Jakaranda bome. Ons was ook al by Suncorp Stadium en dis mooi daar, dis nie Loftus nie, maar dis nice al wat kort is die Blou Bul Gees !!!!!!

Ek sien jy is nuut op die forum, baie welkom.

Terug gaan nie sommer nie. Om eers so te kan leef, en soveel vryheid te he, nee wat ek sal dit nie maak in SA nie.

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Ek is nou so 2 jaar in Brisbane, en aangesien ek geskei is en my kinders by hul ma bly, moes ek my twee kinders in SA agterlaat. Dit is baie sleg om hier lekker veilig hier in Australie te sit en te hoor van die dinge in SA aangaan... om nie te praat van die verlange na jou eie vlees en bloed nie.

Meeste mense kom Australie toe ter wille van hulle kinders, en al geniet hulle dit nie self so baie hier nie, is die feit dat hulle kinders veilig en gelukkig is vir hulle genoeg inspirasie om deur te druk hier in die vreemde. Dit het my al baie laat wonder wat de joos ek hier soek, want my kinders is dan nie hier nie..... ek is lekker veilig maar hulle moet elke dag die gevare in SA trotseer, en boonop is ek nie meer deel van hulle lewe nie, as gevolg van die afstand tussen ons!!

As gevolg van verlange het ek dit sterk oorweeg om terug te gaan SA toe sodra ek my Australiese burgerskap het. (My aansoek is reeds goedgekeur en ek wag net om die seremonie by te woon, dan is dit afgehandel.... hopelik in Februarie 2009), of altans dit was die plan.

Tot my verbasing het my seun (nou pas matriek voltooi) besluit hy wil in Australie kom studeer! Ek het vir hom aansoek gedoen vir toelating tot die universiteit en wag nou net om te sien of hy plek kry. Hou duime vas..... dit word 15 Januarie bekend gemaak. As hy plek kry is hy dan hopelik vroeg in Februarie hier by my in Brisbane! Natuurlik sal ek dan nie meer teruggaan SA toe nie. Nou moet ek (en almal wat wil) duime vashou dat alles reg uitwerk en hy wel 'n plek kry, en dan hoop my dogter kom ook hierheen wanneer sy met skool klaarmaak oor 2 jaar.

Hopelik sal ek eendag (wanneer hulle altwee hier is) dan ook soos die ander ouers voel en vir myself se "hoe kan ek teruggaan SA toe as ek sien hoe gelukkig en veilig my kinders hier is". Maar tot dan is dit baie tempting om terug te gaan ter wille van my bloedjies.

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Hi Willem

Baie geluk met die goedkeuring van jou burgerskap. Ons hou styf duime vas en hou aan bid dat jou seun sal toelating kry by the uni. Ek glo dat dinge op die ou end vir jou ook sal uitwerk. Dit moes baie moeilik gewees het vir jou sonder hulle. Ek kan nie saampraat nie, ons het nog nie kinders nie, maar het net viervoetige kinders gehad, en hulle moes in SA agterbly. Ek mis hulle natuurlik vreeslik baie.

Die beste word vir jou toegewens, en ons glo en bid als werk uit vir jou.

Robert & Telanie

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Hi daar.

Ons is nou 2 jaar en amper 3 maande hier en sal nooit ooit weer terug gaan nie al mis ek my vriende en familie en berge hoe baie n bom sal my nie eers weer daar kry nie.

Oz is nou ons huis en kan dit uiteindelik se met n gejuig en n lekker smile op n mens se gesig :ilikeit: ai wat n lekker feeling!!!

Willem ek kan net dink hoe moeilik moes dit vir jou wees sonder jou kiddies sjoe dit was seker niks lekker gewees nie.

Ek hoop jou kinders sluit sommer gou by jou aan !!

Edited by Allie en Urs
Link to comment
Share on other sites

  • 0

Well Done Willem I hope all works out for you and your on and before you know it your 2nd child will join you

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Dag se

Ons sit hier in koue nz en lees oor julle mense daar on oz en wens ons kan al daar wees. Nie te gaande oor die mense altyd nie maar die plek is ongelooflik. Om in die middle vandie nag deur die stad te kan loop en alles te kan besigtig en rond te kan ry met 'n oop venster of nie 'n enkele diefwering op die venster te sien nie is net iets wat ons, onsself nie kon voorstel nie. Die vryheid van beweeging is iets wat 'n mens nie prys op kan sit nie. Om te weet daar is nog van ons familie wat nie so gelukkig is nie of wat vir ons se dit is nie so erg soos ons dit uitmaak nie maak my so kwaad en al wat ons kan se is dat hulle nog nie genoeg verloor het nie. Wat is die prys van veiligheid.

Mense ons doen dit vir ons kinders want hulle verdien nie wat ons moes deurgegaan het nie

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Ja ek stem heeltemal saam. Dat daar mense is wat kan oorkom Oz toe en dit nie wil doen nie, dit gaan my verstand te bowe. Dink mense in SA is so gewoond aan die daaglikse vrees en angstigheid oor als, dat hul nie weet hoe dit voel om "vry" te wees nie. Vir die meeste van hulle is dit maar normaal. Ons vryheid kom met n groter prys as wat SA ners dink, want ons moet als opgee wat vir ons bekend is, maar dis die prys werd.......Cecile

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Answer this question...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...