Jump to content

What to do when your bored


Gean

Recommended Posts

Nou ja, uiteindelik het ons lang beplande trip na die Macaneta eiland met die Vuka's die afgelope naweek plaasgevind.

Vrydag

Ek, Biker Faan en Gean het 07:00 op Vrydag die 13de op Graskop weggespring en vir Mossie (sou later die dag 'n road name kry, maar hieroor later meer) op Sabie gekry. Die luggie was nogal lekker fris en vandaar is ons na Komatipoort grenspos. Op Witrivier moes ons (maw Gean) net gou 'n fairing-boutjie op Mossie se Vuka vervang.

Ons was so teen 11:00 op Malelane waar ons 'n paar biere gekap het en 'n lekker dagwood by Wimpie ge-eet het. Toe na die BP-oase net voor die grenspos om die scooters op te top en toe deur die grens. Die grens-oefening sou eintlik heel maklik gewees het as Biker Faan bietjie meer gekonsentreer het. By die SA kant het hy al die nodige dokumente netjies ingevul en heel in sy skik deurgery na die Moz kant. Daar aangekom het ons in 'n langerige tou ingeval. Toe ons uiteindelik by die toonbank kom, verneem 'n verwarde Faan toe dat hy nie sy dokumente by die SA kant laat stempel het nie! Wel, hy moes toe terug gaan en alles oordoen. Daar's nie pille.......

Die res van die trip na die pond/ferry by Macaneta het sonder voorval verloop, behalwe dat ons soos besetenes moes "jaag" om teen 17:00 by die pond te wees. (Volgens Gean is dit dan die laaste trip na die eiland. Later sou ons uitvind die laaste trip is eintlik 19:00.) Wel, ons was toe 17:00 daar. Het Doshem (2M) bier gedrink en is toe met die Vukas op die pond vir die trip oor die Nkomati Rivier na Macaneta. Die afstand vanaf Graskop tot by die pond was 320 km.

By die eiland aangekom, is ons op die scooters en sterk oppad kamp toe. Die eerste 5km is basies 'n twee-spoor grondpad met moerse hobbels en gate en moes ons die pad deel met trekkers en local trapfietsryers. Dis toe net hier waar die oomblik vir Mossie te groot raak. Hy het blykbaar onder die wanindruk verkeer dat die local fietsryers hom jaag en vlieg toe met die Vuka op full-throttle weg. Deur gate en oor hobbels, die scooter was meer in die lug as op die grond. Die volgende oomblik sien jy net lee bierbottels, dokumente en paspoorte uit sy mandjie trek. Dit het hom tot bedaring gebring en laat stop om sy verlore begasie op te tel. Dis toe dat Gean hom die road name "Kaptein Kangaroo" gee.

Toe begin die pret! Ek moet net gou eers iets verduidelik: Voor die trip vra Gean my of die Vukas op sandpaaie kan ry. Ek antwoord toe ja, want ek het Desember op Xia-Xia met my Vuka op sandpaaie gery sonder enige probleme. Dit blyk toe dat ek en Gean se definisie van sandpaaie ietwat verskil - ek beskou dit as 'n pad met onder andere sand daarop, terwyl Gean dit beskou as sand met onder andere 'n pad daarop. Sand soos in duine!! Nou ja, ons sal nou nie toelaat dat 'n misverstand ons laat omdraai nie. En wat meer is, dis Vuka's, nie Yamaha's nie. Hak toe eerste rat en daar gaat ons. Die outomatiese clutch werk toe lekker in die sand en met die hulp van pompende bene weerskante van die scooters, maak ons stadig maar seker vordering in die dik sand. Dis toe nou al sterk skemer en ongeveer 500 meter verder kry ons 'n kukka-shop. Biker Faan is toe so opgewonde oor die vooruitsig van 'n vars bier, dat hy terstond neerslaan en sy gebruiklike plaas koop. As dit nie teen 'n boomvaring in sy drive-way of teen Rowerspas is nie, is dit bo-op 'n duin in die middel van 'n eiland...

Dit was nou al 18:00 en ons kry toe 'n paar koue 2M's. Gean stuur toe 'n local na die kamp om vir Solly met sy 4X4 Hilux op te kommandeer. Dit was nog ongeveer 2 km kamp toe en dit was op hierdie stadium 'n beter vooruitsig om die scooters verder met 'n bakkie aan te ry. So gemaak en teen 19:00 was al vier scooters veilig voor ons chalet.

Nog pret. Op Gean se aanbeveling het ons geen kos saam gebring nie - volgens hom sou ons sommer by die restaurant op die eiland eet. Probleem is net dat die eetplek ongeveer 9 km van ons af is en hier sit ons tussen duine sonder enige vervoer. Ons slaag toe daarin om Solly se bakkie te leen om te gaan eet. Kyk, ek nou nie 'n hoender-liefhebber nie (as ek lus is vir groente, eet ek eerder 'n aartappel), maar dis ongetwyfeld die lekkerste peri-peri hoender wat ek ooit ge-eet het! En almal het hiermee saam gestem.

Honger soos ons was, het ons elkeen 'n deel van ons hoender in 'n doggie-bag gevat vir ontbyt die volgende oggend (ons het mos geen proviant nie, sien). Op pad kamp toe het ons ook 'n paar blikkies vis by die kukka-shop gekoop vir die volgende dag. Terug by die kamp het ons 'n paar lekker brannas en coke gedrink (sonder ys, natuurlik) en so teen 24:00 bed geslaan.

Saterdag

Die oggend strand toe geloop en later ontbyt ge-eet. Hier sit ons toe, skaars 100 meter van die see en eet vis uit 'n blik!! Later die dag, en na verskeie drankies, kry ons toe mos die bright idea om een van die Vuka's se bande so bietjie af te blaas ten einde traction in die sand te verbeter. Biker Faan bied toe aan om sy Vuka as proefkonyn te gebruik en gou-gou het Gean sy tyres afgeblaas. Daar trek Faan toe. Die scooter presteer toe verbasend goed op die sand en Faan vorder tot by die strand. Daar gekom, ry hy lekker op en af langs die see. Op 'n stadium het hy selfs aangebied om 'n ou wat met 'n 4X4 vasgesit het uit te sleep!! Die ou het glad nie gedink dis snaaks nie.

Kaptein Kangaroo (Mossie) vat toe ook Faan se papwiel-Vuka vir 'n spin. Blykbaar het hy bietjie ingedagte geraak en homself verbeel hy is Kaptein Nemo, want toe ons weer sien spoel 'n brander so amper knie-hoogte deur die Vuka. En daar staan hy. Scooter wil niks weet van start nie. Na 'n lang gesukkel het ons toe maar die scooter terug kamp toe gesleep-stoot. Met 'n hartseer Faan agterna....

By die kamp het ons in-house Vuka mechanic (Gean) sy bes probeer, maar die Vuka was so dood soos 'n Mossie. Daar was vuur by die plug en petrol in die carb, maar van start wou die scooter niks weet nie. Op hierdie stadium het Gean vermoed die cdi het gegaan. Biker Faan was nou al erg emosioneel. Mens kon sommer op sy gesig sien hy like die partie fokol. Dit was nou reeds donker en ons besluit toe om die volgende dag verder aan die bike te karring.

Die span was nou al weer erg honger en ons stap toe na die buur-kamp (seker so 1 km) om te kyk of daar dalk kos te koop is. Ongelukkig het die eienaar, Jacques Pretorius, net genoeg kos vir sy gaste gemaak. Een van die ouens wat daar kamp gee toe vir ons 'n pak vark tjops om te braai. Saam met pap en sous (en 'n knoffelbrood wat Faan gegaps het), het ons heerlik ge-eet. Na ete het ons 'n barshou in die kamp se kroeg gekuier. Later het Jacques ons met sy Pajero terug gevat kamp toe. Heerlik gekuier en gawe mense ontmoet.

Sondag

Vroeg die volgende oggend het ons wakker geword met Gean se gevroetel aan Faan se scooter. Hy het toe al so ver gegaan as om die enjin oop te maak en die kleppe te stel. Dit wou ook nie help nie. Uit pure moedeloosheid stel Gean toe voor ons strip die bike kaal om by al die drade en plugs uit te kom. Hy kry toe plugs wat sopnat en vol seesand is. Die plugs is toe uitgewas met petrol, droog geskud en weer aanmekaar gesit. Toe Faan die starter druk.....vat die scooter tot almal se verbasing. Faan skreeu van lekkerte en als is weer tien-vier met die Koning van Duin 7.

ooi

Die res van die dag het bestaan uit 'n ontbyt van blikkiesvis en pao (wat anders?) en weer 'n lekker kuier by Jacques se kroeg. Ons het darem daarin geslaag om 'n lekker vars Shjad te kry om die aand oor kole te braai - ons eerste en enigste seekos op die trip! Soos met 'n lekker sousie en pao het ons soos konings ge-eet.

Maandag

So teen 05:30 opgestaan om die sonopkoms oor die see te sien. Om 07:00 het Solly gekom ons scooters weer met sy 4X4 oor die duine te vat vir ons terugtog. Om 09:00 en so 20km voor Maputo kry Biker Faan 'n blow-out op sy agterwiel. Ons spuit toe tyre-weld in, maar dit borrel orals tussen die tyre en rim uit. Gean trek toe die binneband uit en kry toe 'n skeur van so 4 duim lank. Enigste manier is toe om Maputo toe te ry en 'n nuwe 2.75 X 17 binneband te soek. Ek en Kaptein Kangaroo vertrek toe na Maputo terwyl Gean en Faan agterbly om solank die wiel los te maak. Met 'n moerse geluk kry ons toe 'n binneband (3.00 X 17) en om 11:40 trek ons weer weg met Faan se wiel gefix. Moet net noem dat Gean teen hierdie tyd al sy Bsc (Vuka) Graad met lof geslaag het.

Alles het verder goed verloop en is ons so 14:15 deur die grens. Op Malelane het Faan die span vir 'n Wimpie ete en 'n paar biere gestick. Gou petrol ingegooi en toe sien Faan sy agterwiel is weer aan die pap kant. Pomp dit en toe ry ons verder, maar die wiel was gou weer pap. Spuit weer tyreweld in en ry. Omtrent 2 km verder is die wiel weer pap. Gean kontak toe vir Justin in Nelspruit om Faan se scooter te kom laai. Hy het ongeveer 17:45 daar aangekom (5 km voor die tolhek) en gou die bike gelaai. Faan se kit is toe oorgepak op Jaco se Vuka (die scooter wat Gean gebruik het) en ek, Faan en Mossie is toe vandaar na Graskop terwyl Gean saam met Justin Nelspruit toe is. Ons het teen 20:30 op Graskop gestop.

Dit was weereens 'n onvergeetlike trip met baie eerstes en die Vuka's het orals aandag getrek. Sal dit beslis weer doen.

Die Kaptein

Link to comment
Share on other sites

Net wat mens nodig het om van al die stres ontslae te raak!

Klink heerlik!!

Link to comment
Share on other sites

Gean

Dit klink great, net een vraag..

Wat is 'n Vuka?

En o ja, watse tyd van ie jaar was dit, was daar nie prons op die strand nie? (sies, geblikte vis in mOz..)

Barries

Link to comment
Share on other sites

Gean

Dit klink great, net een vraag..

Wat is 'n Vuka?

En o ja, watse tyd van ie jaar was dit, was daar nie prons op die strand nie? (sies, geblikte vis in mOz..)

Barries

Hi Barries..........dit was nou die lang naweek 13-16 Junie

Vuka is n 110 cc scooter..........word in die Kaap aanmekaar gesit........gaan kyk bietjie by www.vukascuta.com

Ongelukkig was die see te skoon..........geen prawns : (

Groete

Link to comment
Share on other sites

Net wat mens nodig het om van al die stres ontslae te raak!

Klink heerlik!!

Dit was ongelooflik..........photos is ongelukig onsettend groot.........en het nie meer spasie om hulle te plaas : (

Link to comment
Share on other sites

Ai Gean, ek het darem nou lekker vit jou gesmile. Het die bike site gaan check, julle is lunies!! Ek kon my net voorstel hoe het daai manne op die ferry vir julle gekyk toe julle daar opklim!

Daai pad net na die ferry is vreeslik! Waar op die eiland was julle?

Nee wat, klink vir my soos 'n once in a lifetime trip.

ps. toevalig was kenisse van my ook op die eiland oor die lang naweek. Hulle was by tan n bietjie, klomp ouens met kayak's. Het jy hulle miskien gesien?

Link to comment
Share on other sites

Ai Gean, ek het darem nou lekker vit jou gesmile. Het die bike site gaan check, julle is lunies!! Ek kon my net voorstel hoe het daai manne op die ferry vir julle gekyk toe julle daar opklim!

Daai pad net na die ferry is vreeslik! Waar op die eiland was julle?

Nee wat, klink vir my soos 'n once in a lifetime trip.

ps. toevalig was kenisse van my ook op die eiland oor die lang naweek. Hulle was by tan n bietjie, klomp ouens met kayak's. Het jy hulle miskien gesien?

Hi Barries...........foto aangeheg vir die wat nog wonder hoe n Vuka lyk...........die bars hou wat ons die Saterdag aand gekuier het in die kroeg was daar n klomp manne van die kampe om ons ( omtrent die hele Brits was ook daar ) ons het by Barcos de Maqanette gebly. Toevallig ken ek vir Oom Lester van Tan n bietjie en nou ook vir Jaques hulle van Lugar do Mar.

Ek gaan Moz vreeslik mis..........so ek probeer soveel tyd daar spandeer as moontlik voordat ons vertrek !!

Groete

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...