Jump to content

SKOK STOK


Johnny & Rene

Recommended Posts

Kotie se skokstok

Deur ANONIEM...

Beste Koos

Koos, ou maat, het ek op groot skaal aangejaag die keer! Ek besluit toe mos

om vir Kotie op ons huweliksherdenking 'n skokstok te koop om haarself mee te verdedig.

Ek kom een Saterdag af op 'n model wat glo 100000 volt uitstuur, maar met geen langtermyn effek op die persoon wie jy skok nie.

Hy werk met twee trippel A batterye wat hulle sommer in die boksie saamgee.

Dit sal mos vir vroulief wat niks van 'n rewolwer te doen hê nie, darem 'n kans gee om weg te kom indien sy aangeval word. Blink idee, ne?

Lang storie kort, ek kom by die huis en laai die twee batterytjies.

Druk die knoppie . . . niks. Hel, was ek nou teleurgesteld!

Haal toe maar die aanwysings uit en daar staan toe dat mens dit kan toets deur dit teen metaal oppervlakte te druk en as jy DAN die knoppie druk, sal daar n blou vonkie tussen die twee vurke van die proter dans.

So sal n mens dan weet of hy werk of nie.

Ek maak toe so. INDRUKWEKKEND! (Ek sal nog aan Kotie moet verduidelik waar daai twee swart merke op die yskas vandaan kom)

In elk geval, ek en die kat is alleen by die huis en ek sit in my lazyboy die ding en ondersoek terwyl Toodles rustig toekyk.

Ek besluit toe om die ding op myself of die kat te toets.

Watter skade kan twee ou trippel A batterytjies nou juis aanrig?

Foei, ek het Toodles darem net vlugtig oorweeg.

Ek kon my indink hoe sy sou spring as ek haar met die ding sou bykom!

Tog, as ek wou seker wees Kotie is veilig met die ding, sou ek hom op n lewende wese moes toets.

Of is ek verkeerd?

So sit ek daar in my PT broekie en T-hempie, my leesbril delikaat op die brug van my neus gebalanseer en met die proter in die een hand en die aanwysings in die ander.

Dit staan daar dat n een sekonde lange skok net genoeg sal wees om die aanvaller effe deurmekaar te maak. .

Twee sekonde sarsie sal spierspasma en verlies van beheer oor die liggaam veroorsaak. .

Drie sekonde een sal mens glo soos 'n vis op droe grond laat rondflap.

Enigiets langer is glo net n mors van die batterye.

Daar sit ek toe met Toodles wat my so aankyk asof sy wil se "Moenie dit doen nie."

Watwo, reken ek, n een sekondetjie se skok kan mos nie so erg wees nie.

Met die sit ek woord by daad en druk ek die ding teen my binneboud vas en druk die knoppie

MOEDER MARIA! WAPENS VAN MASSAVERNIETIGING! @!@$$!%!@*!!!

Ek is redelik seker Jan Wilkens of Os Du Randt (of albei) het ingestorm en my uit die lazyboy gepluk en teen die vloer neer gem&^r.

Oor en oor en oor!

Ek onthou vaagweg ek het wakker geword, inmekaar gekrul op die vloer soos 'n ongebore baba.

Al twee my tepels was aan die brand.

My lyf was papnat gesweet en my klokke was skoonveld.

My linkerarm was onder my lyf vasgepen en my bene het soos riete gebewe.

Wees verseker, as 'n mens mal genoeg is om jouself te wil skok: daar is nie 'n ding soos 'n een sekonde skok nie.

Jy sal daardie proter nie laat los alvorens hy uit jou hand geruk word deur jou lyf wat heen en weer op die grond rond ruk en rol nie.

Netso 'n minuut of wat (tyd was baie relatief op daardie tydstip) het ek stadig orent gekom en die skade rondom my betrag.

My gebuigde leesbril het op die TV gele (hoe het dit daar gekom??)

My triseps, regterdy en my tepels het steeds onbeheersd gespring.

My gesig was verdoof soos by die tandarts en my onderste lip het gevoel of hy 30 kg weeg.

Toodles, die kat, en my eiers is steeds weg.

Jou vriend Roelf,

(wat nog aan skok ly)

Link to comment
Share on other sites

Okay now why is it that when I posted the SAME joke,it was censored???Any moderator care to enlighten me????? :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Okay now why is it that when I posted the SAME joke,it was censored???Any moderator care to enlighten me????? :ilikeit:

Because youre a bad bad boy :ph34r:

:ph34r:

Link to comment
Share on other sites

Maybe because you are not a GIRL.

I don't know sorry didn't know you posted this allready.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...