Jump to content

LOST


Biltongboer

Recommended Posts

Ek voel skoon verlore hier in donker Afrika. Ek sit reg om die laaste episode van season 4 van LOST te kyk, en wat gebeur? – nuwe reeks. La-die-da, blerrie epsiode is net LOST, vir ewig.

Nou luister mooi, ek kyk nie soapies en sulke twak nie. So nou en dan is daar ‘n reeks wat my regtig boei, en hierdie is een van hulle. Ek mis nooit ‘n episode nie. Ek reël alles om my sodat ek dit nie hoef te mis nie. Die storie se spanningslyn is ongelooflik, die musiek, alles is net vir my puik daar man. Bietjie weird goed soos time traveling, ysbere op die eiland en so aan, maar ek bly sit en kyk die ding. En as jy nie elke episode kyk nie dan mis jy die storielyn.

Ek is nou so kwaad soos ‘n skaap, om nou ‘n bekende skrywer aan te haal.

Jy betaal jou malle verstand af om net ten minste decent kanale te kan kyk op TV, want veral hier in Nam het ons net NBC wat uiters pateties is onder die beste van omstandighede. Hulle het een kamera waarmee hulle alles opneem, en ek dink Noag het die diere in die ark ook met hom afgeneem. Begin van die jaar was daar mos ‘n geskiedkundige Super 14 opwarmingswedstryd hier in Windhoek. Bulle teen die Leeus. (Die twee slegste spanne wat jy op ‘n veld bymekaar kan kry, maar dit daar gelaat...)

NBC saai hom toe nogal uit – wat ‘n fiasko. Ek was op die stadion, maar die mense wat probeer kyk het op TV sê dit was pragtag man, daai een kamera het gezoom dat die biesies bewe, en so nou en dan het hulle actually die bal ook op die screen gehad.

Blerrie Afrika. Wat moet mens nog sê oor al hierdie goed, sonder om as ‘n rassis uitgesonder te word? Ag, what the hell, noem my maar een, kyk of ek omgee. Of jy nou ‘n verlore Israeliet of Italianer is, noem my wat jy wil en vlieg in jou hel in.

Ek is so gatvol vir Afrika jy kan met my toor.

Ek gaan kyk op die internet, want miskien was ek verkeerd, maar wragtag, hulle sê daar is Episode 3 van die Episode “There’s no place like homeâ€. Dis die eintlike finale epsiode van hierdie season, en hy is sommer ‘n dubbele episode ook. Dink jy die mense by Multichoice weet van die goed? Lyk my nie so nie. Hoekom begin wys jy die reeks as jy hom nie wil klaar maak nie, wat se lamsakkigheid is dit? Of, as hy iewers in ‘n ander timeslot gewys het, sou dit nie dalk nice gewees het om mens te laat weet nie?

In die middel van die reeks het hy ook sommer van die lug af verdwyn vir drie weke. Ek bel hulle vriendelike customer care center, en raai wat ? Die ou wat antwoord het nie ‘n clue nie. Dis nie op die programme guide nie, en dis al wat hy weet. Ek kon hom ook dit vertel het.

Vind later op die internet uit dis oor die skrywers se staking daar in Hollywood, alles is so bietjie gebriek daar. Blykbaar het die Writers Guild of watse ding daar begin Necklace moorde doen en huise afbrand, daar was mos groot brande daar in Hollywood. Ek sal vir hulle skryf, wonder of hulle my verhale sal wil produseer? Kyk hoe vinnig het ek die staking by die brande uitgebring, dis mos nie enige ou wat so 'n soapie kan uitdink nie nê? En ek kan Engels skryf ook, jy kan maar kyk.

Blerrie Afrika. Ek is nou lekker beneuk. Selfs die goed waarvoor jy ten duurste betaal is useless verby. En almal aanvaar dit. Dis wat my die meeste pla. Aanvaar maar net dis hoe dinge is en neuk voort met die rustige lui-lekker lewe in Afrika.

Het jy al ‘n skaap gesien as hy kwaad is? Hy raak ‘n vark.

Ek het darem vandag goeie nuus gekry wat die bui laat bedaar. Daai agentjie van my het begin wikkel, en ek het nou ‘n police case number, of wat hulle dit ook al noem. Ek het nou die volgende hoop papiere wat ek moet invul. Sug. En dan moet ek my laat deurboor met X-strale, en my kinders moet almal by Oom dokter verbygaan vir ‘n ondersoek. Ek wonder wat de hel dit my gaan kos. Daar’s net een dokter in die hele Namibia wat aanbeveel word deur die Australiese owerhede. Hy kan mos nou maar vra wat hy wil vir die storie, dis ‘n monopolie wat vir niks skrik nie.

Het ek iewers al genoem dat ek gatvol is vir Afrika?

Nou sien ek op die vorm, daars nou ‘n “Form 160EHâ€, dans daar “Form 26EHâ€. Vul in deel A en los B, en moenie koekeloer nie want dan is daar groot marakkas. En die dokter vul deel C in en so gaan dit aan tot doer by afdeling D wat die radiomannetjie met die X-ray masjien moet invul. Ek weet nie wat die radio met dit uit te waai het nie, maar wie is ek nou om die dinge te bevraagteken, solank ek net daai visa kan kry?

Ek het besluit ek gaan maar die vorms en goete apart verduidelik vir diegene wat wil hond haar afmaak met die proses.

In elk geval, hier gaat ons weer met “form dit†en “form datâ€. Crickey mate.

Ek post netnou my inligtingsessie vir diegene wat wil verstaan hoe hierdie 457 ding werk. Ek het nou-net ‘n brainwave gehad. Ek het dit goedgedink om hierdie hele 457 visa-tjie se proses vir die mense op te som. Op so manier dat ons gewone mense die ding kan verstaan. Dit sal my gemoed bietjie regkry. Dalk doen ek ‘n slag iets vir die arme siele hier op die forum.

Ek praat later weer.

Link to comment
Share on other sites

Ek en my vrou gaan jou in Aust kom opsoek as ons eendag n visa kan kry! Jy klink sommer net na n lekker vriend. Het al baie van jou posts gelees. Hou aan

Link to comment
Share on other sites

BB

Ek lei af van jou post jy is gatvol vir Afrika!

O my goodness, was it so obvious? :blush:

Link to comment
Share on other sites

O my goodness, was it so obvious? :blush:

Hallo BB,

Waar kry ek die 160EH en 26EH? As ek op die immigrasie webwerf soek, kry ek net die gewone 160 en 26 - daar is blykbaar 'n verskil.

Ek het dit ongelukkig nie net na ek die aansoek ingedien het afgetrek/gedruk nie.

Groete,

BCV (Ook GVol..)

Link to comment
Share on other sites

Hallo BB,

Ja wat, hier voel dit dieselfde. Die G...v..l gevoel vir alles. Die forum wat so baklei, my kinders wat baklei, ek wat met my agent baklei..., darem baklei ek en liefie nie.

Dis moeilik om jou frustrasies te bewoord sonder om rasisties te klink, of selfs prontuit een genoem te word nie. Ek gee ook nie meer om wat ek genoem word nie. Was al tot 'n ongelowige genoem omdat ek my wanhoop oor Afrika uitgespreek het. Niemand wil meer debatteer oor wat aangaan nie, gee net so 'n versluierde aanmerking oor rasisme en daar sterf die gesprek 'n skielike dood. Nou loop ek weg as 'n gesprek so 'n draai maak. Die PC gesprekke irriteer my eintlik.

Voel ook Lost in hierdie hele gemors. Stel nou nie meer belang nie, wil net my visa hê, sodat my kinders kan grootword in vryheid en vrede.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...